HOEKOM CHRISTENE NIE VRY IS NIE

deur Jonanda Burger

GEBROKENHEID: het nog nie tot die iende van hulfels gokom nie en het nogsteeds vertroue in hul eie hulpbronne en vermoëns. ‘n Goeie indikasie hiervan is wanneer hulle vrae “vertel my wat om te doen?”

ONVERGEWENSGESINDHEID: een manier waarop satan vryheid van ons steel. Meeste mense het onopgeloste kwaad. Vergifnis is God se enigste metode dit te hanteer. Onvergewensgesindheid = vesting (Ef 4:26-27).

SEER WAT VESTINGS VEROORSAAK: as daar onopgeloste seer is wat deur die Gees van God genees moet word.

AANVAAR NIE HULSELF NET SOOS HUL IS: moet besef dat God hulle aanvaar net soos hulle is en moet hulself vergewe en aanvaar.

PROBEER OM GEVOELLENS TE KRY OM IN LYN TE KOM MET DIE WAARHEID: wat nooit sal gebeur nie omdat vryheid ervaar word wanneer ons deur geloof in die waarheid lewe, ten spyte van ons gevoellens.

ONDERSKEI NIE TUSSEN DIE VLEES EN DIE WARE JY: die vlees voer voortdurig oorlog teen die Gees maar dit is nie wie ons is nie, ons is nie verslaafdes, perfeksioniste, anoreksies ens.

ONVOLDOENDE BEGRIP VAN GENADE: weet nie hul is dood vir die wet en dat alles toelaatbaar/geoorloof is. Hul probeer nogsteeds aanvaarding en waarde kry deur dade en om te probeer op meet.

VERKEERDE KONSEP VAN GOD: weet nie dat God hul aanvaar net soos hul is en dat Hy nie verander as gevolg van hul sondes. Hy haat sonde maar nie sondaars nie.

NOG NOOIT HUL WARE IDENTITEIT IN CHRISTUS HUL EIE GEMAAK: dit is net informasie vir hulle en/of hou nogsteeds vas aan ‘n vals identiteit in die vlees. Ons tree altyd ooreenstemed op met hoe ons onself sien.

HET NOG NOOIT GELEER HOE OM DIE DUIWEL TE WEERSTAAN NIE: verstaan nie geestelike oorlogvoering nie. Verstaan ook nie dat satan oorwin is deur die kruis en dat ons outoriteit het oor hom en die demone.

HET NOG NIE GELEER HOE OM HUL EIE GEDAGTES TE DISSIPLINEER NIE: geen volstaande oorwinning kan bestaan as ons nie elke gedagte gevangenis neem en ons gedagres vernuwe deur alles wat mooi, edel, waar ens is te oordink. Ons moet ons gedagtes rig op dit wat in die hemel is en nie op die aarde nie.

DEUR NIE IN DIE WOORD TE BLY: ons moet eiende maak aan ons sondes/vlees deur die Gees (Rom 8:13) en dit kan ons slegs doen as ons op die Woord van God mediteer.

Indien jy sukkel met enige van die bogenoemde en graag in vryheid wil lewe, kan jy my kontak by 082 9225051 vir ‘n afspraak.

HAAL AF DIE MASKERS

Lees Mat 23:25-26 en Joh 8:3-11

Kyk hoe drasties verskillend tree Jesus op teenoor die twee verskillende groepe.

1. Wat is ‘n masker?

‘n Masker is iets wat ek dra om die ware ek vir ander weg te steek.

Die VIA Africa Learners Dictonary beskryf die woord ‘mask’ as: “Covering for the face, used as disguise, for protection. Anything used to hide the real nature of something.”

2. Hoekom dra mense maskers?

Ons dra maskers want ons is bang as ons die ware ek vir ander wys hulle nie van ons sal hou nie en ons dan sal verwerp. Baie keer hou ons nie van ons self nie en dink ander sal ook nie van ons hou nie. Ons wil nie die ‘slegte dinge’ in ons lewens vir ander wys nie.

Die media is so vol van hoe die ‘ware, beeldskone, aanloklike, goeie’ en dus ‘perfekte’ persoon moet lyk dat ons dan begin voorgee om hierdie ‘perfekte’ persoon te wees en terselfde tyd verloor ons die ware ek.

3. Hoekom moet maskers afgehaal word?

Die andwoord is drieledig:

Eerstens, wat in ons hart aangaan maak baie saak vir God. Hy is meer geintereseerd oor wat in ons hart aangaan as wat ons sê of doen. 1 Sam 16:7 sê: “Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike maar die Here na die innerlike mens.” Dit is nie ons uiterlike eienskappe wat ons karakter bepaal nie maar dit wat in ons hart aangaan maak saak vir God.

As ons bly voorgee om iets te wees wat ons nie werklik is nie kan ons nooit verander word nie. As ons nie ons eie tekortkominge wil erken nie sal ons nie kan vernader nie. Maar as ons eerlik en opreg na God gaan met ons tekortkoming sal Hy ons gedagtes vernuwe en ons verander (Rom 12:2); Hy sal dan vir ons ‘n nuwe hart gee (Es 11:19). Dit sal ons ook help om voordurend te reflekteer sodat ons weet waaraan gewerk moet word.

Tweedens, Jak 5:16 sê: “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.” Wanneer ons kies om maskers te dra weerhou ons die wonderlike seën wat God vir ons wil gee deur Goddelike familie en omgee vir mekaar. Wanneer ons eerlik is teenoor mekaar kan ons:

l Luister en mekaar bemoedig: net om jou storie te vertel en die probleem in die lig te bring is al klaar genesend. Deur eerlik te wees help jy dus ook ander om hul hart met jou te deel en hulp te kry vir hul eie seer. Nog meer jy kan genesing ontvang deur iemand wat luister en die regte woorde op die regte tyd spreek. Jou mede Christen waarteenoor jy bely kan ‘n spreekbuis vir God word.

l Vir mekaar bid: as ons ons maskers afhaal kan ons opreg vir mekaar bid en gesond word. As ek nooit die ware ek met iemand deel sal ek nooit ware gebedsbedekking ontvang.

l Vir mekaar aanvaarding gee: ‘n plek waar die ware ek aanvaarding kan kry en ek ook onvoorwaardelike aanvaarding vir ander kan gee. As ons net aanvaar word vir die valse persoon wat ons voorgee dan word net die vals persoon eintlik aanvaar en nie die ware ek nie. Die ware ek is dan eintlik ongelooflik eensaam. Aanvaarding skep ‘n klimaat vir verandering.

l Christelik aanspreeklik teenoor mekaar wees: om mekaar verandwoordelik en aanspreeklik te hou vir die veranderings wat moet plaasvind.

Laastens, as ‘n mens ‘n masker dra verloor mens totaal en al wie God ons gemaak het om te wees. Ons verloor ons gawes, talente, passies in die lewe, waarvan ons hou ens. Ons probeer so hard om dit te wees wat die wêreld wil hê ons moet wees dat ons die kosbare skatte wat God in ons geplaas het onderdruk. Sodoende kan ons sonder ‘n doel en passie deur die lewe gaan. Hierdie wêreld het meer mense nodig om te weet wie hul is in Christus, wat se skatte en talente daar in hul is en dan dit passievol uit te lewe tot eer van God. Dit sal maak dat die wêreld ‘n beter plek word.

4. Hoe haal mens maskers af?

Dit is nie iets wat jy op jou eie kan doen nie. Dit is die werk van die Heilige Gees binne in jou.

· Bid en vra God om jou te help. Dit is God se wil dat ons opreg voor Hom moet staan, Hy sal ons ook help om opreg te word (Joh 15:7-8).

· Neem dan ‘n besluit om jou masker af te haal en kies dan om dit te doen deur God se krag binne in jou. Jy mag vrees ervaar maar doen dit al is jy bang, die vrees sal met tyd weggaan.

· Jy moet saam met God werk om jouself in ‘n posisie vir transformasie te plaas.

· Leer om jouself onvoorwaardelik te aanvaar en lief te hê. Bely jou sondes dadelik en vra God om jou te verander. Praat dan positief met jouself in plaas daarvan om jouself aftebreek oor jou foute en sondes.

· Leer om ander onvoorwaardelike te aanvaar. Mat 7:12 sê ons moet doen aan ander wat ons wil hê ander moet aan ons doen.

Onthou Christus het nie gekom om die gesonde mense te help nie maar juis die gebrokenes van hart. Sy genade is genoeg vir jou. Hy is sterk as jy swak is (2 Kor 12:9). Soos God Sy werk in jou voltooi sal jy nie meer ‘n valse beeld van jouself reflekteer nie maar die karakter van Sy Seun. Nou is die tyd om jou masker af te haal want God wil jou karakter vorm en jou identiteit in Hom ontwikkel sodat jy jou roeping kan vervul.

Indien jy graag met ‘n gekwalifiseerde berader wil gesels skakel gerus vir Jonanda Burger by 082 922 5081.

Lewe jy onder ‘n halwe Evangelie?

Soos ons die Fees seisoen in beweeg, geskenke gekoop, voorbereidings tref vir familie wat kom of reis reëlings tref ens. mis ons soms die ware geskenk van Jesus Christus se koms, sterwe en opstanding.

Dis waaraan ek jou graag wil herinner met hierdie laaste uitgawe van die Riviertjie in 2009.

Wanneer ons in verbintenis is met Jesus Christus en Hom aanneem as ons Verlosser gee Sy geboorte, sterwe en opstanding vir ons die grootste geskenk ooit: Die Ewige lewe! Ef 2:8-9 verklaar: “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.”

Dit beteken dat ons nie die ewige lewe kan verdien deur ons eie werke en goeie dade nie maar ons verkry die ewige lewe deur te glo in Jesus Christus as die Seun van God wat vir ons sondes aan die kruis betaal en gesterwe het en uit die dood opgestaan het, satan oorwin het en opgevaar het na God waar Hy vir ons intree.

Maar dit is nie waar die Goeie Nuus op hou nie. Ek glo dat baie Christene onder ‘n halwe Evangelie leef. Die totale Evangelie getuig dat Jesus Christus se sterwe en opstanding vir ons soveel meer as net die ewige lewe as geskenk gegee. Christus se kruisdood gee dat ons hier op aarde in oorwinning kan lewe. Dit beteken nie dat ons nooit moeilikhede en uitdagings sal beleef nie maar dat Christus se kruisdood sekere gevolge in ons lewe het. Ons moet hierdie gevolge besef sodat ons alles kan wees en leef wat Christus se kruisdood vir ons as wedergebore Christene tot gevolg het.

Die wedergebore Christen is nie ‘n sondaars wat vergewe is nie maar ‘n verloste/vrygekoopte heilige. Ons kry nie net alleenlik iets – die ewige lewe- uit wedergeboorte nie maar ons word ook iets: heilig, nuut, ‘n kind van God, ‘n kind van die lig, ‘n burger van die hemel. En hierdie transformasie vind plaas tydens wedergeboorte nie eers die dag as jy fisies sterwe nie. As gelowiges probeer ons nie heilig te word nie. Ons is heiliges wat elke dag meer soos Jesus word.

Dit absoluut noodsaaklik om hierdie identiteit in Christus te besef as ons die Christelike lewe in oorwinning wil leef. Die mens kan nie aanhou om op te tree op ‘n manier wat nie ooreenstem met hoe hy homself sien nie. Wanneer jy jouself as ‘n sondaar sien tree jy ooreenstemmend op. Wanneer jy die waarheid glo en jouself sien as ‘n nuwe mens, dood vir die sondes en dat jy daagliks verander word om meer soos Jesus te wees sal jy ook ooreenstemmend begin op tree.

‘n Kennis van God, wat Christus deur Sy kruisdood bewerkstellig het en wie jy werklik in Christus is, is van die mees kardinale kennis wat ‘n persoon oor kan beskik.

Glo jy net ‘n halwe evangelie? Wie is Jesus Christus vir jou en wat glo jy het Sy kruisdood en opstanding vir jou bewerkstellig?

Hier is paar waarhede om jou siening te vernuwe:

Vry van die sondes:

Ef 4: 23-24, Kol 3:1

Vry deur God se Genade:

Rom 9: 14-16, Ef 2: 4-7

Vry deur God se Liefde:

Jes 43: 4, Jer 31: 3

Vry deur God se Getrouheid:

Deut 31: 6-8, Ps 89:1-2

Vry van Vrees:

Jos 1: 9, Ps 91: 1-12

Vry van Kwaad/Woede:

Ps 37: 7-8, Sp 15: 1 & 18

Vry van Mismoedigheid:

Ps 42: 5, Ps 138: 7

Vry van Frustrasie:

Jes 51: 17, Ef 4: 1-3

Vry van Depressie:

Jes 61: 1-3, Joh 16: 20-22

Vry om nie oor te gee aan versoekings:

Luk 22: 31-32, Joh 16: 33

Vry van Huweliksprobleme:

Gen 2:18, 21-25, Sp 10: 12

Vry van Finansiële bekommernis:

Ps 34: 9-10, Mal 3: 10-12

Vry om te vind wat God wil hê:

Ps 32: 8, Sp 3: 5-6, 16: 3

Vry om ander te Vergewe:

Mat 6: 14-15, 18: 21-35, Mar 11: 25-26

Vry om in Geloof te Groei:

Luk 17: 5-6, Rom 10: 8-10

Vry om Lief te hê:

Deut 6: 5, Mat 5: 43-48

Satan is oorwin en ek deel in hierdie oorwinning:

Kol 2:10, 15, 1Joh 4:4

Vry vir Lofprysing:

Ps 111, Jes 25: 1

Vry om te Bid:

Ps145: 17-19, Mat 18: 19-20

Vry om terug te draai na God:

Hand 3: 19, 2Kor 7: 9

Vry om Sterk te Staan:

Ps 31: 23-24, Jes 40: 29-31

Vry om die Ewige Lewe te ontvang:

Tit 3: 1-8, 1Joh 2: 24-25

Jesusliefde: jonanda

Indien jy hulp of ondersteuning nodig het kan jy my gerus skakel by 082 922 5081 vir ‘n afspraak.

LEER DIE BELANGRIKHEID VAN VERGIFNIS

deur Roderick C Meredith

’n Uiters noodsaaklike vereiste vir ’n gelukkige huwelik is die bereidwilligheid om te VERGEWE. Wanneer twee mense hul hele lewe deel, wanneer hulle vir die grootste gedeelte van elke dag en nag saam is, sal daar wel soms wrywing ontstaan. Ons is immers steeds menslik. Die beste manier om hierdie probleem op te los, is op GOD se manier.

Om nukkerig te wees, bose gedagtes teenoor u lewensmaat te koester en om verkeerde bedoelings aan u maat toe te skryf, is sinneloos. Dit veroorsaak net meer moeilikheid, ontevredenheid en moontlik selfs egskeiding.

Praat eerderoor dinge wat u kwets en oor misverstande. Luister waarlik na u maat se standpunt – MOENIE net sit en dink wat u volgende gaan sê nie! MOENIE net dink hoe u hom of haar gaan antwoord of gaan “terugbetaal” nie. WIE moet terugbetaal word? As u die feit volkome begryp dat u en u lewensmaat “een vlees” is en deur

God SAAMGEBIND is vir die res van u lewens, sou u dan eintlik U SELF terugbetaal! U sal net uself seermaak. U sal dan letterlik ’n “teenaanval” op uself loods.

Wat is dan die regte ding om te doen? Doen eenvoudig wat God beveel vir so ’n situasie – VERGEWE die ander persoon!

“Maar dit was eintlik hulle skuld!” sê ons gewoonlik. “Hulle het ook nie eens om verskoning gevra nie, hoe kan ek hulle vergewe?” Deur innige gebed en God se leiding, kan u leer om elke persoon allerhande werklike óf denkbeeldige “onregte” teen u te vergewe.

Toe Christus baie erg seer gemaak is, het Hy gesê: “Vader, VERGEEF hulle, want hulle weet nie wat

hulle doen nie” (Luk. 23:34).

Ons moet almal begin besef dat die meeste mense nie “bedoel” om ons seer te maak nie. Hulle “bedoel” nie om iemand kwaad aan te doen nie.

Hulle is bloot menslik. Hulle slinger kwetsende woorde rond en doen verkeerde dinge sonder om te dink wat hulle werklik doen.

Die Een wat Sy lewe vir ons gegee het, gee dié opdrag aan ons: “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie” (Matt. 6:14-15).

As ons dan elke persoon op dié wyse moet vergewe, hoeveel te meer moet ons nie ons eie maat vergewe wat nou ons eie vlees en liggaam geword

het nie?

Wat daarvan as u man byvoorbeeld aanhou om grond uit die tuin of olie uit die motorhuis die huis in te trap? Wat daarvan as u vrou aanhou om een of twee keer per week die boontjies te verbrand?

Leer om met ’n opbouende gesindheid daardie probleem met u lewensmaat te bespreek. As party

van hierdie menslike swakhede jare lank duur, hou eenvoudig aan om te vergewe . Sou u eerder verkiesom u gebrande boontjies nou en dan af te krap, ofom ALLEEN te woon, u eie kos te maak en niemandte hê om mee te gesels of om snoesig mee te weesop ’n koue winteraand nie?

Moet nooit Jesus seopdrag vergeet nie: “Toe kom Petrus na Hom en sê:

‘Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe?’ Jesus antwoord hom: ‘Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe’” (Matt. 18:21- 22).

Die gees van vergifnis

Ons moet almal gereeld vir God in gebed vra om aan ons die “gees van vergifnis” te gee. Party mense vind dit blykbaar baie moeilik om ander te vergewe. Dis amper asof hulle dit “geniet” om die pyne en griewe vir jare met hulle saam te dra.

Onthou, u toorn teenoor ander maak hulle gewoonlik nie seer nie. Hulle is dalk nie eens bewusdaarvan nie! Maar dit maak u egter seer. Dit maak unors en ongelukkig en dikwels moeilik om mee saamte leef. Deskundiges het bevind dat hierdienegatiewe emosies baie bydra tot kankers,maagongesteldhede, hoë bloeddruk, beroerte ofhartaanvalle. U negatiewe emosies kan u letterlikDOODMAAK!

Weereens, vra u Hemelse Vader om u te help om dié neiging heeltemal te oorwin en leer om almal lief te hê en te vergewe, veral u eie lewensmaat!

Probeer om u denkpatroon te verander sodat u nie so maklik “seerkry” nie. Onthou, God word die “Vader van ontferminge” genoem (2 Kor. 1:3).

Namate u besef hoe baie daar is waarvoor God u moet vergewe, vra God om u te help om ander tevergewe.

Dink ’n bietjie hieroor – hoe moeilik dit dalk vir u lewensmaat is om al die selfsugtige dade en eienaardighede te verdra wat u (en almal van ons)

het! Indien die situasie omgekeer was, sou u dit met U SELF kon uithou?

“En eindelik wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik. Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe. Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie. Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag” (1Pet 3:8-11).

Ons behoort almal die huwelik te beskou as ’n soort “werkswinkel” waar ons leer hoe om te gee, hoe om te deel en hoe om ander mense op ’n voortdurende grondslag te vergewe.

Nie een van ons kan vreugdevol wees as ons met pyn en wrokke rondloop nie, vernaamlik nie teenoor ons lewensmaats nie! Leer dus om met God se hulp u lewensmaat op ’n daaglikse grondslag ten volle te VERGEWE, beweeg vorentoe en bou ’n werklik intieme en liefdevolle verhouding.

WAT IS BERADING?

Jes 61:1-3: “Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die mense in nood; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep ‘n jaar van die genade van die HERE en ‘n dag waarop ons God sy vyande straf maar al die treurendes vertroos; om vir die treurendes in Sion eer te gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer; sodat hulle genoem kan word Bome van Redding, die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder.”

Jes 61 verwys na die roeping van Jesus Christus. Die Bybels verklaar dat Jesus gekom het om die gebrokenes van hart – die wat hartseer is, verbitterd is, rou en treur – gesond te maak: die wat gevange is in allerhande verkeerde optredes en houdings vry te maak; en om vreugde en blydskap aan Sy kinders te besorg sodat hulle vol lewens kan lei en alles kan word wat God hul geskape het om te wees!

In Luk 4: 21 verklaar Jesus dat hierdie woorde reeds in vervulling gekom het. Met ander woorde hierdie belofte het meer as 2000 jaar terug waar geword vir die wat in Jesus Christus glo.

‘n Vry, vreugdevolle, geseënde en oorwinnaars lewe is nie slegs vir die hemel bedoel nie maar ons kan en moet reeds hierdie dinge hier op aarde beleef. Dit is God se opdrag en wil!

Dit is die rol wat berading speel. Berading is die proses van versoening met God en herstel van lewens. Tydens die proses is die berader ‘n instrument is in die hande van God sodat genesing gebring kan word aan gebrokenes se lewens en mense versoen kan word met God en nader kan beweeg in verhouding met Hom.

In Hand 1:8 staan die volgende: “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde.”

Die berader is ten regte slegs ‘n instrument in God se hande. Die Heilige Gees werk deur die berader om God se beloftes in mense se lewe te bewerkstellig.

Die beradingsproses is ook ‘n proses van getuienis vir en van Jesus sodat die gebroke persoon die waarheid sal ken en sodat die waarheid haar sal vry maak (Joh 8:32). Die eind doel is dat die stukkende persoon sal weet wat Jesus aan die kruis vir hom/haar gedoen het en dat hy/sy alles kan word wat God hom/haar geskape het om te wees.

Maar dis baie belangrik om te besef dat Jesus nie net as ‘n instrument gebruik moet word om te kry wat die gebrokene wil hê nie (genesing). Ons moet besef dat volkome genesing en heel wording kan slegs verkry word deur ‘n intieme verhouding met Jesus en alhoewel Jesus lewens heel maak tydens beradingsessies die gebrokene slegs alles kan word wat God wil hê hy/sy moet wees soos hy/sy nader beweeg aan Jesus en meer van Hom in haar lewe toelaat.

Die doel van die beradingsproses is om die volgende te bewerkstellig:

§ genesing van wonde wat ontstaan het uit seer gebeurtenisse van die verlede (Jes 53:5),

§ vrymaking van leuens oor self, God, ander mense en die wêreld wat ontstaan het uit wonde (Joh 8:32),

§ vrymaking van bindings wat ontstaan het uit wonde (2 Kor 5:19),

§ vrymaking van optredes wat mense bind en terug hou (Rom 6:11),

§ verandering van persoon en sy/haar optredes deur vernuwing van gedagtes deur God (Rom 12:2),

§ heiligmaking van persoon (2 Kor 3:19),

§ herstel van persoon se siel, liggaam en gees soos God bedoel het sy moet wees (1 Thes 5:23),

§ dissipelskap en oprigting van persoon vir diens aan God en uitreik na ander (Mat 28:19),

§ ontdekking van skeppingsdoel, gawes, passies en roeping (Jes 49:1) – hoe kan God jou storie gebruik vir Sy glorie?

Berading is nie ‘n proses waartydens situasies, omstandighede en mense in die kliënt se lewe verander kan word nie maar dit is ‘n proses waartydens die kliënt verander en vernuwe word om hierdie situasies, omstandighede en mense in haar lewe met oorwinning te kan hanteer.

BYBELSE OPDRAG EN GESAG VIR BERADING:

Luk 10:9: En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom.

Luk 10:18-20: Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val. Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.

Luk 4:18-19: Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.

Mar 16:17-18: En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

Mat 28:18-20: En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

2Kor 10:3-5: Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

Fil 2:9-10: Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is.

Ps 147:3: Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.

BYBELSE GENESINGS METODES:

Nie almal is op dieselfde vlak in hul geloof nie. Maar God maak genesing aan elkeen van ons beskikbaar net waar ons is om ons op ons vlak van geloof te ontmoet sodat ons genesing kan ontvang (Le Roux, 2004: 3).

Gebruik die outoriteit van die naam van Jesus Christus:

Fil 2:9-11: Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: "Jesus Christus is Here!" tot eer van God die Vader.

In my Naam:

§ By my authority, and using the power that I would in such cases, if bodily present.

§ By the authority and influence of the Almighty Jesus.

§ By the power and authority of Christ, and not their own, and by calling upon, and making use of His name, such miraculous operations were wrought by the apostles.

Outoriteit kom nie net deur die gebruik van die Naam nie maar deur ‘n verhouding te hê met die Een wie se Naam dit is.

Vra in die naam van Jesus Christus:

Joh 16:23-24: Daardie dag sal julle nie meer vrae aan My stel nie. Dít verseker Ek julle: “Wat julle die Vader ook al in my Naam sal bid, sal Hy vir julle gee. Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.

Jesus het gesê dat ons die Vader enige iets in Sy Naam kan vra en dit sluit genesing in. As ons dit doen sal ons dit ontvang en ons blydskap sal volkome wees.

Twee wat in eenheid saam bid:

Mat 18:19: Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle."

Die twee mense wat saam bid moet in ooreenstemming wees oor dit wat gevra word asook in harmonie met mekaar.

Salwing met olie:

Jak 4:14-15: As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word.

Die siek persoon word gesalf met olie in die Naam van Jesus Christus en deur ‘n gebed van geloof.

Oplê van hande:

Mark 16:18b: … hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word.

Dit is ‘n saak van gehoorsaamheid. Ons moet die hande oplê en God bring die genesing. Om te doen wat God ons beveel om te doen en dan ‘n verwagting te hê dat Hy sal doen wat Hy belowe, dit is geloof.

Genesing deur die Gawes van die Gees:

1Kor 12:9b & 11: aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees.

Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik ‘n gawe uitdeel soos Hy wil.

Gawes van genesing is ‘n bo natuurlike genesing gebeurtenis.

Indien jy sukkel met houdings, gevoelens, gebeure of enige iets wat jou terug hou om die lewe in oorwinning te leef of om alles te wees wat God jou geskape het om te wees, skakel asb. die kerkkantoor vir beradingshulp.

Vyf waarhede wat jou huwelik kan verander

Ek is verantwoordelik vir my eie houding:

Moeilikhede is onvoorkombaar maar om ellendig te voel is ‘n keuse. Houding het te doen met die keuse wat ek maak oor hoe om te dink oor dinge byvoorbeeld twee vroue het eggenote wat hul werk verloor het. Wendy sê: “My man het in die afgelope drie jaar nie ‘n voltydse werk gehad nie. Die voordeel daarvan is dat ons nie DSTV kan bekostig nie. ons gesels nou baie meer en ons het al baie uit hierdie ervaring geleer.”

Lou Ann sê: “my man het die afgelope tien maande nie ‘n werk nie. Ons het nou net een kar oor, geen fone en ons ontvang kos van die kerk. Die lewe is ellendig by ons huis.

Die verskil tussen die twee vroue is hulle gesindheid. Ons kies om negatief te dink en vervloek die donker of ons kies om die Silver randjie om elke donker wolk raak te sien.

My houding beïnvloed my optrede:

Die rede waarom houdings so belangrik is, is omdat dit my optrede en woorde bepaal. Ek mag miskien nie in beheer wees van my omgewing nie: siektes, alholistiese eggenoot, tiener verslaaf aan dwelms ens. maar ek is wel in verantwoordelik vir wat ek doen met my omgewing. My houding sal tot ‘n baie groot mate my optrede beïnvloed.

As ek vir die positiewe in my huwelik soek sal ek heel moontlik meer positief praat, opbouende woorde teenoor my maat spreek en iets doen wat die lewe vir albei van ons sal verbeter.

Maar as ek op die negatiewe fokus, sal ek meer geneig wees om teenoor my maat kritiese, veroordelende woorde te uiter. My optrede sal binne een van twee kategorieë val: ek sal dinge doen om my maat seer te maak of ek sal onttrek en dit oorweeg om my maat te verlaat. Ja my houding beïnvloed my optrede!

Ek kan nie ander mense verander nie maar ek kan ander mense positief beïnvloed:

Dit is waar, jy kan nie jou maat verander nie maar jy kan en beïnvloed elke dag jou maat. As jy nog steeds besig is om jou maat te wil verander is jy heel moontlik ‘n meester in manipulasie. Jou redeneer: “As ek dit doen sal my maat so optree.” “As ek hom ongelukkig genoeg of gelukkig genoeg maak sal ek kry wat ek graag wil hê.” Hierdie is ‘n doodloop straat. Al verander jou maat sal hy/sy jou kwalik neem omdat jy hom/haar manipuleer het.

‘n Beter metode is om ‘n positiewe invloed op jou maat uit te oefen. Jy kan ‘n invloed uitoefen deur jou woorde en optrede. Wanneer jy na iets positief in jou maat soek en hom/haar komplimenteer daaroor, oefen jy ‘n positiewe invloed op jou maat uit. Wanneer jy iets doen waarvan hy/sy hou beïnvloed jou optrede hom/haar op ‘n positiewe manier. Die werklikheid van die krag van positiewe invloed het baie groot potensiaal vir huwelike wat sukkel.

My optrede hoef nie beheer te word deur my emosies nie:

In die Westerse Samelewing plaas ons ongelooflike baie klem op emosies. Wanneer hierdie filosofie op ‘n huwelik wat sukkel toegepas word, is die advies: “Wanneer jy nie meer liefde voel nie erken dit en beëindig die huwelik.” “As jy kwaad en seer voel sal jy ‘n tweegesig wees as jy iets mooi vir jou maat sê.” Hierdie filosofie kom kort in die feit dat die mens meer is as net sy/haar gevoelens.

Ja ons het gevoelens maar ons het ook houdings, waardes en optredes. As ons van emosie na optrede spring en ons houdings en waardes ignoreer, sal ons ons huwelike vernietig. Stop, dink, soek die positiewe, bevestig dit en doen dan iets wat positiewe potensiaal het. Optrede wat deur positiewe houdings en waardes gelei word het ‘n groter waarskynlikheid om produktief te wees.

Om my eie tekortkominge te erken beteken nie dat ek ‘n mislukking is nie:

Meeste huwelike wat sukkel het ‘n steen muur tussen man en vrou wat oor die jare opgebou is. Elke steen verteenwoordig ‘n gebeurtenis in die verlede waar een die ander teleurgestel het. Hierdie muur van pyn en teleurstelling is ‘n versperring vir eenheid in die huwelik. Dit is belangrik om hierdie muur af te breek. Deur jou deel in die bou van die muur te erken maak nie van jou ‘n mislukking nie. dit beteken dat jy menslik is en bereid is om jou menslikheid t erken. Om jou foute in die verlede te erken en vergifnis daarvoor te vra is die eerste stap tot ‘n groeiende huwelik.

Vertaal uit Adapted from Loving Solutions: Overcoming Barriers in Your Marriage by Dr. Gary Chapman.

Indien jy hulp of ondersteuning nodig het in jou huwelik kan jy Jonanda gerus skakel by 082 922 5081 vir ‘n afspraak.

Die oorlog tussen ons sondige natuur en die Gees van God

Deur Jonanda Burger

Lees Gal 5:16-18

As Christen weet ons dat God van ons verwag om gehoorsaam aan Sy wette te lewe. Tog sukkel ons so om die sondes in ons lewe te oorwin. Vers 16 is ‘n belofte dat wanneer jy jou lewe deur die Gees van God laat beheer dan sal jy nie swig voor jou sondige begeertes nie. Dit is ‘n wonderlike en kragtige belofte maar wat beteken dit om deur die Gees beheer te word? Hoekom is dit belangrik om deur die Gees beheer te word? Hoe kry ek dit reg om my lewe te laat beheer deur die Gees?

Voordat ons hierdie vra beantwoord is dit belangrik om eers te verstaan wat bedoel word met die sondige natuur. Wanneer ons die Bybel bestudeer kan mens sien dat daar na die sondige natuur ook verwys word as die werke van die vlees of die vlees. Dit is alles wat teenoor die werke en wil van die Heilige Gees staan.

Die amplified Bybel beskryf die sondige natuur as begeertes en drange en die menslike natuur sonder God.

John Piper beskryf die vlees as die ego van die mens wat behoeftes het (leegheid / leemte binne in self) en wat alle moontlike hulpbronne en kragte tot sy/haar beskikking buite / behalwe God gebruik om hierdie behoeftes te bevredig. Hy sê dit is die bewustheid van diepe begeertes en die idee om na God te gaan vir hulp of op Hom te vertrou om die begeerte te vervul, te verafsku en daarom die behoeftes deur eie kragte en hulpbronne te vervul.

Wat beteken dit dat jou lewe deur die Heilige Gees beheer word?

Dit beteken dat jy jou eie wil en begeertes neer lê en toelaat dat die Heilige Gees jou lei in wat reg en verkeerd is. Die Geesvervulde lewe is een wat gelei word deur die Heilige Gees en waarin jy die Gees volg. As die Gees ons lei sal ons nie oorgee aan sondige begeertes nie (v16).

Dit beteken ook dat jy die vrug van die Heilige Gees in jou lewe dra (v22). Dus lewe jy nie meer in sonde nie maar in gehoorsaamheid aan God.

Maar dit is egter baie belangrik om te besef dat om die Christelike lewe te leef, het mens die bo natuurlike krag van God nodig. Ons kan dit nie deur ons eie krag lewe nie. Die Geesvervulde lewe is soos om ‘n wae aan ‘n stoomtrein te wees. Ons word getrek deur die stoomtrein op die spore om die wil van God te doen.

Om deur die Gees van God beheer te word is dus die werk van God. Maar vir hierdie werk om plaas te vind moet ons dit BAIE graag wil hê. Ons eie wil hierin is baie belangrik. God sal nooit iets doen wat ons nie wil hê Hy moet doen nie – God forseer nooit sy wil af op ons nie! Ons moet dus verlang en smag daarna om deur die Heilige Gees beheer te word en nie deur ons sondige begeertes nie. Ons moet die sonde haat.

Hoekom is dit belangrik om deur die Heilige Gees beheer te word?

Ons leer uit vers 17 dat ons sondige natuur in oorlog is met wat die Gees wil hê. Dus ervaar alle Christene konflik van binne af. Christene is nie mense wat geen verkeerde begeertes beleef nie. Maar ‘n Christen is ‘n persoon wat deur die Gees in oorlog is met daardie begeertes (John Piper). As Christen moet jy dus leer om daardie begeertes te haat.

Maar as jy jou deur die Heilige Gees laat lei dan sal jy nie die begeertes van jou sondige natuur bevredig nie (v16). Hierdie is ‘n belofte. Dus as die Heilige Gees ons lei en beheer dan sal ons die sondige begeertes in ons lewe oorwin en nie toelaat dat dit ons beheer nie.

Tweedens, volgens vers 18, wanneer ons toe laat dat die Heilige Gees ons lewe beheer dan staan ons nie meer onder die wet nie. Dit beteken egter nie ons hoef nie die wet na te kom nie maar dat ons die krag van die Heilige Gees het om die wet na te kom. Dit kan soos volg voorgestel word: wanneer die Gees ons lewe beheer is gehoorsaamheid aan die wet soos om getrek te word deur hierdie stoom trein op die spore. Dit gebeur maklik. Maar wanneer ons dit deur ons eie krag die wet probeer na kom is dit soos om ‘n lang leer te klim. Dit is baie moeiliker en amper onmoontlik.

Wanneer ons lewe deur die Gees van God beheer word, word die leegheid binne in ons wat al die begeertes veroorsaak, opgevul met die Heilige Gees, wat dan vrugte produseer.

Hoe kry ek dit reg dat die Heilige Gees my lewe beheer?

Deur my hart gelukkig, tevrede en vredevol in God te hou. Dit gebeur deur geloof en vertroue in God se beloftes vir ons.

Kyk na die volgende verse:

Gal 5:6: “In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.”

Gal 3:23-24: “Voordat hierdie geloof gekom het, is ons deur die wet gevange gehou en bewaak totdat die tyd van die geloof sou aanbreek. Ons was dus onder die toesig van die wet totdat Christus sou kom, sodat ons deur te glo, vrygespreek sou word.”

Gal 3:5: “Hy wat julle met die Heilige Gees toerus en kragtig onder julle werk, doen Hy dit omdat julle die wet onderhou of omdat julle die evangelie glo?”

Gal 2:20: “en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.”

Ons moet in plaas daarvan om ons eie sondige begeertes te bevredig glo in die beloftes van God om ryklik aan elkeen van ons behoeftes te voldoen. Dit is wanneer ons kies om te glo dat ons nuut is en die Gees ons krag gee om ons sondige begeertes te oorkom in plaas daarvan om ons oor te gee aan ons begeertes en dit self te bevredig. Kom ek verduidelik dit met ‘n voorbeeld: ek gaan deur ‘n stresvolle tyd, eks gejaag en voel ek kan almal wat voor my kom verskeur, ek voel bang en onveilig, ek het ‘n behoefte om te ooreet om veilig te voel en te ontvlug. Om volgens die vlees te wandel sal ek oorgee aan die sondige begeertes en doen wat my behoeftes is. Maar wanneer ek toelaat dat die Gees my beheer sal ek glo in die beloftes van God vir my situasie soos byvoorbeeld dat God vir my voorspoed beplan en nie teëspoed nie, ‘n toekoms en ‘n verwagting. Dat ek niks hoef te vrees nie want God is by my en sal my nooit verlaat nie. God sal aan my oorwinning gee. Dit help my om rus, vrede en vreugde in God te vind.

Dus, wanneer ek deur die Gees gelei word kies ek om op God te vertrou. Ek kyk met Geestelike oë na my situasie en nie met vleeslike gevoelens nie. Dan word my behoeftes deur die Gees vervul en ek het geen begeerte om oor te gee aan my sondige drange nie.

Wanneer ek kies om bg. te doen hou ek my hart gelukkig en tevrede in God. Ons wandel volgens die Gees wanneer ons harte in die beloftes van God rus. En ons harte rus in God wanneer ons ‘n lewe van geloof in God en Sy beloftes lewe.

Om dus in die Gees te wandel is om die geveg van geloof te veg en die beloftes van God voor ons oë te hou. Dit is om met geestelike oë na elke situasie, uitdaging en behoefte te kyk en nie met vleeslike oë en gevoelens op te tree nie. Maar geloof kan net kom deur die Woord van God aan te hoor (Rom 10:17) en as ons dus volgens die Gees wil wandel moet ons mediteer op die Woord van God.

George Muller verklaar dat die nommer een ding waaraan hy elke dag eerste aandag gee is nie om God se werk te doen of Hom te verheerlik nie maar om homself eers te kry dat sy siel, innerlike mens, gelukkig en tevrede is in die Here. Dit is hoe mens toe laat dat die Gees jou lei: om jou hart gelukkig te kry in God.

Opsomming:

· Erken dat jy nie sonder die Heilige Gees in oorwinning kan leef nie.

· Vra God voortduring om jou te help om deur die Gees beheer te word.

· Glo en vertrou in God om dit ook te doen.

· Tree dan op of dit al so is.

· Dank die Heilige Gees voortdurend dat Hy jou help om jou sondige natuur te oorkom.

God keur jou volkome goed – Hy verheug Homself oor jou!

In al my soeke na wat tevredenheid is en hoe mens dit bereik hoor ek die Here baie duidelik in my binneste fluister dat ons nooit sal kan leer om waarlik tevrede te wees totdat ons besef dat Hy, die Volmaakte, Reine, Almagtige Skepper – die Een wat geen foute kan begaan nie, ons volkome en onvoorwaardelik aanvaar en lief het. Nee nog meer as dit, dat Hy die Een wat eendag oor ons almal sal oordeel, Homself verheug, verbly en jubel oor my en jou, dat Hy self stil tevrede is oor ons.

Jy sien solank as wat ons voel dat ons nie opmeet teenoor wat God van ons verwag nie, solank as wat ons voel dat ons kort kom en dat ons eers ‘n klomp dinge moet verander voordat God ons sal aanvaar en tevrede is met ons sal ons altyd ontevrede met ons self wees. En ontevredenheid met self veroorsaak ontevredenheid met die wêreld waarin ons leef en sy mense. Maar God wil hê ons moet besef dat Hy tevrede is met ons wat glo in Jesus Christus as ons Verlosser want in Jesus Christus is ons regverdig en blaamloos! Dit beteken nie dat God nie nog steeds die beste vir ons wil hê en ons dus daagliks wil verander om meer soos Jesus te wees nie maar dat as Hy na ons kyk gelukkig voel in Sy binneste oor ons. Die feit bly staan dat ons nie onsself kan verander nie maar deur die Gees van God kan ons verander! Daarom soos ons op die pad van verandering is het God ons met ‘n tevrede, verheugde, onvoorwaardelike liefde lief.

Kom ons kyk na wat die Bybel sê:

Delight: by implication literally to bend; figuratively to be pleased with, desire, favour, like, move, be well pleased, have pleasure, will, would.

Pleasure: to be pleased with; specifically to satisfy a debt: – be acceptable, accomplish, set affection, approve, consent with, delight (self), enjoy, favourable, liked, observe, pardon, reconcile self. To spin around (under the influence of any violent emotion

Rejoice: to be bright, that is, cheerful: – be glad, X greatly, joy, make mirth, rejoice.

Zep 3:17 Die HERE jou God is by jou, ‘n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde (Hy is stil tevrede oor jou); Hy juig oor jou met gejubel.
Zep 3:17 The LORD your God is with you. He is a hero who saves you. He happily rejoices over you, renews you with his love, and celebrates over you with shouts of joy.

Isa 62:4-5 Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het ‘n behae in jou, en jou land sal getroud wees.
Want soos ‘n jonkman ‘n jongedogter trou, so sal jou kinders jou trou; en soos die bruidegom bly is oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees.
Isa 62:4-5 No longer will you be called “Forsaken,” Or your land be called “The Deserted Wife.” Your new name will be “God Is Pleased with Her.” Your land will be called “Happily Married,” Because the LORD is pleased with you And will be like a husband to your land.
Like a young man taking a virgin as his bride, He who formed you will marry you. As a groom is delighted with his bride, So your God will delight in you.

Psa 147:11 Die HERE het ‘n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.
Psa 147:11 The Lord takes pleasure in his worshippers, and in those who trust in his constant love.

Psa 149:4 Want die HERE het ‘n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.
Psa 149:4 The LORD takes pleasure in his people; he honors the humble with victory.

Isa 65:19 En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie.
Isa 65:19 And I will be glad over Jerusalem, and have joy in my people: and the voice of weeping will no longer be sounding in her, or the voice of grief.

Jer 32:41 En Ek sal My oor hulle verheug om aan hulle goed te doen; en Ek sal hulle duursaam in hierdie land plant, met my hele hart en met my hele siel.
Jer 32:41 I will take pleasure in doing good things for them, and I will establish them permanently in this land.

Luk 15:-6 En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers.
En as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was.
Luk 15:5-6 When you find it, you are so happy that you put it on your shoulders and carry it back home. Then you call your friends and neighbors together and say to them, ‘I am so happy I found my lost sheep. Let us celebrate!’

Joh 15:11 Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.
Joh 15:11 I have said these things to you so that I may have joy in you and so that your joy may be complete.

Gen 1:31 Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed.
Gen 1:31 God looked at everything he had made, and he was very pleased and he approved it completely.

God keur jou en my volkome goed net soos ons is terwyl ons besig is om verander te word om meer te wees soos wat Hy ons geskape het om te wees. God sal nooit van ons verwag om met ander mense en ons omstandighede tevrede te wees net soos dit is, as Hy self nie ook met ons tevrede is net soos ons is nie. Die wete dat Hy ons aanvaar, goedkeur en lief het net soos ons is, vandag, hier met al ons foute raak mens so diep en innerlik aan dat dit ons verander om ook ander mense met al hul foute te aanvaar, goed te keur en lief te hê – net soos hulle is. maar ons moet hierdie waarhede ons eie maak want ons kan nie weg gee wat ons nie het nie.

Gehoorsaamheid aan God: Vlees vs. Gees

Luister daarna op geesvervuld (8mb, 30 Min) (*Right Click Save As)

Die oorlog tussen die sondige natuur en die Gees van God
Lees Gal 5:16-18

As Christen weet ons dat God van ons verwag om gehoorsaam aan Sy wette te lewe. Tog sukkel ons so om die sondes in ons lewe te oorwin. Vers 16 is ‘n belofte dat wanneer jy jou lewe deur die Gees van God laat beheer dan sal jy nie swig voor jou sondige begeertes nie. Dit is ‘n wonderlike en kragtige belofte maar wat beteken dit om deur die Gees beheer te word? Hoekom is dit belangrik om deur die Gees beheer te word? Hoe kry ek dit reg om my lewe te laat beheer deur die Gees?

Voordat ons hierdie vra beantwoord is dit belangrik om eers te verstaan wat bedoel word met die sondige natuur. Wanneer ons die Bybel bestudeer kan mens sien dat daar na die sondige natuur ook verwys word as die werke van die vlees of die vlees. Gal 5:19 verwys na die sondige natuur as: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Dit is alles wat teenoor die werke en wil van die Heilige Gees staan.
Die amplified Bybel beskryf die sondige natuur as begeertes en drange / die menslike natuur sonder God.
John Piper beskryf die vlees as die ego /deel van die mens wat behoeftes het (leegheid / leemte binne in self ervaar) en wat alle moontlike hulpbronne en kragte tot sy/haar beskikking buite / behalwe God gebruik om hierdie behoeftes te bevredig. Hy sê dit is die bewustheid van diepe begeertes en die idee om na God te gaan vir hulp of op Hom te vertrou om die begeerte te vervul, te verafsku en daarom die behoeftes deur eie kragte en hulpbronne te vervul. Eenvoudig gestel: dit is om behoeftes bevrediging sonder God te doen.

Wat beteken dit dat jou lewe deur die Heilige Gees beheer word?
Dit beteken dat jy jou eie wil en begeertes neer lê en toelaat dat die Heilige Gees jou lei in wat reg en verkeerd is. Die Geesvervulde lewe is een wat gelei word deur die Heilige Gees en waarin jy die Gees volg. As die Gees ons lei sal ons nie oorgee aan sondige begeertes nie (v16).

Dit beteken ook dat jy die vrug van die Heilige Gees in jou lewe dra (v22). Dus lewe jy nie meer in sonde nie maar in gehoorsaamheid aan God. Dan kan Jesus deur jou lewe.

Maar dit is egter baie belangrik om te besef dat om die Christelike lewe te leef, het mens die bo natuurlike krag van God nodig. Ons kan dit nie deur ons eie krag lewe nie. Die Geesvervulde lewe is soos om ‘n wae aan ‘n stoomtrein te wees. Ons word getrek deur die stoomtrein op die spore om die wil van God te doen.

Om deur die Gees van God beheer te word is dus die werk van God. Maar vir hierdie werk om plaas te vind moet ons dit baie baie graag wil hê. Ons eie wil hierin is baie belangrik. God sal nooit iets doen wat ons nie wil hê Hy moet doen nie – God forseer nooit sy wil af op ons nie! Ons moet dus verlang en smag daarna om deur die Heilige Gees beheer te word en nie deur ons sondige begeertes nie. Ons moet die sonde haat.

Lei deur HG – God se werk
Dra vrug HG – God se werk
Strewe daarna – My werk

Hoekom is dit belangrik om deur die Heilige Gees beheer te word?
Ons leer uit vers 17 dat ons sondige natuur in oorlog is met wat die Gees wil hê. Dus ervaar alle Christene konflik van binne af. Christene is nie mense wat geen verkeerde begeertes beleef nie. Maar ‘n Christen is in persoon wat deur die Gees in oorlog is met daardie begeertes (John Piper). As Christen moet jy dus leer om daardie begeertes te haat. Maar as jy jou deur die Heilige Gees laat lei dan sal jy nie die begeertes van jou sondige natuur bevredig nie (v16). Hierdie is ‘n belofte. Dus as die Heilige Gees ons lei en beheer dan sal ons die sondige begeertes in ons lewe oorwin en nie toelaat dat dit ons beheer nie.

Tweedens, volgens vers 18, wanneer ons toe laat dat die Heilige Gees ons lewe beheer dan staan ons nie meer onder die wet nie. Dit beteken egter nie ons hoef nie die wet na te kom nie maar dat ons die krag van die Heilige Gees het om die wet na te kom. Dit kan soos volg voorgestel word: wanneer die Gees ons lewe beheer is gehoorsaamheid aan die wet soos om getrek te word deur hierdie stoom trein op die spore. Dit gebeur maklik. Maar wanneer ons dit deur ons eie krag die wet probeer na kom is dit soos om ‘n lang leer te klim. Dit is baie moeilike en amper onmoontlik.

Wanneer ons lewe deur die Gees van God beheer word, word die leegheid binne in ons wat al die begeertes veroorsaak, opgevul met die Heilige Gees, wat vrugte produseer.

•Leemte binne word vervul deur Gees
•Nie meer onder wet
•Oorwin sondes

Hoe laat ek toe / kry ek dit reg dat die Heilige Gees my lewe beheer?
Hierdie is die miljoen dollar vraag. Dit kan beantwoord word deur na die volgende verse te kyk:
Gal 5:6: “In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.”
Gal 3:23-24: “Voordat hierdie geloof gekom het, is ons deur die wet gevange gehou en bewaak totdat die tyd van die geloof sou aanbreek. Ons was dus onder die toesig van die wet totdat Christus sou kom, sodat ons deur te glo, vrygespreek sou word.”
Gal 3:5: “Hy wat julle met die Heilige Gees toerus en kragtig onder julle werk, doen Hy dit omdat julle die wet onderhou of omdat julle die evangelie glo?”
Gal 2:20: “en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.”

Ons moet in plaas daarvan om ons eie sondige begeertes te bevredig glo in die beloftes van God om ryklik aan elkeen van ons behoeftes te voldoen. Dit is wanneer ons dus kies om te glo dat ons nuut is en die Gees ons krag gee om ons sondige begeertes te oorkom in plaas daarvan om ons oor te gee aan ons begeertes en dit self te bevredig. Kom ek verduidelik dit met ‘n voorbeeld: ek gaan deur ‘n stresvolle tyd, eks gejaag en voel ek kan almal wat voor my kom verskeur, ek voel bang en onveilig, ek het ‘n behoefte om te ooreet om veilig te voel en te ontvlug. Om volgens die vlees te wandel sal ek oorgee aan die sondige begeertes en doen wat my behoeftes is. Maar wanneer ek toelaat dat die Gees my beheer sal ek glo in die beloftes van God vir my situasie soos byvoorbeeld dat God vir my voorspoed beplan en nie teëspoed nie, ‘n toekoms en ‘n verwagting. Dat ek niks hoef te vrees nie want God is by my en sal my nooit verlaat nie. God sal aan my oorwinning gee. Wanneer ek deur die Gees gelei word kies ek om op God te vertrou. Ek kyk met Geestelike oë na my situasie en nie met vleeslike gevoelens nie. Dan word my behoeftes deur die Gees vervul en ek het geen begeerte om oor te gee aan my sondige drange nie.

Wanneer ek kies om bg. te doen hou ek my hart gelukkig en tevrede in God. Ons wandel volgens die Gees wanneer ons harte in die beloftes van God rus. En ons harte rus in God wanneer ons ‘n lewe van geloof in God en Sy beloftes lewe. Om dus in die Gees te wandel is om die geveg van geloof te veg en die beloftes van God voor ons oë te hou. Dit is om met geestelike oë na elke situasie, uitdaging en behoefte te kyk en nie met vleeslike oë en gevoelens op te tree nie. Maar geloof kan net kom om die Woord van God aan te hoor (Rom 10:17) en as ons dus volgens die Gees wil wandel moet ons mediteer op die Woord van God.

George Muller verklaar dat die nommer een ding waaraan hy aandag gee is nie om God se werk te doen of Hom te verheerlik nie maar om homself eers te kry dat sy siel, innerlike mens, gelukkig en tevrede is in die Here. Dit is hoe mens toe laat dat die Gees jou lei: om jou hart gelukkig te kry in God.

•Mediteer op Woord
•Siel versadig
•Siel gelukkig in God
•Geloof
•Vrugte

Jy is gebore vir die onmoontlike!

Jesus se wandel op aarde:
Joh 1:14: “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.”

Tydens Jesus se tyd op die aarde was Hy 100% God maar het Hy gekies om al Sy Goddelike kragte en vermoëns neer te lê om volle mens te word. Dus het Jesus geen bonatuurlike vermoëns gehad nie, Hy het dit neergelê om sodoende met die selfde beperkings te lewe as wat die mens beleef nadat hul verlos is. Jesus sê in Joh 5:19: “Dít verseker Ek julle: Die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen; wat die Vader ook al doen, doen die Seun ook net so.

Jesus is die perfekte voorbeeld vir elkeen van ons wat die uitnodiging sal aanvaar om die onmoontlike in Sy Naam te doen. Hy het wonderwerke, tekens en die onmoontlike as ‘n gewone man in die regte verhouding met God gedoen. Dan verklaar Hy in Joh 14:12-13: “Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.
As Jesus hierdie wonders gedoen het omdat Hy God was sou dit onmoontlik vir ons gewees het om dieselfde te doen as Hy. Vêrder sou dit onredelik van Jesus wees om dit ook van ons te verwag. Maar as Jesus dit as gewone mens gedoen het, is ek verantwoordelik om Sy leefstyl na te volg.
Heb 4:15 verklaar: “Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie.” As Jesus dan Sy Goddelike kragte behou het sou Hy nie werklik met ons versoekings, moeilikhede, probleme en ongeloof kan medelye hê nie maar omdat Hy alles ervaar en deurgemaak het as normale mens kan Hy werklik hierdie medelye hê met ons. Jesus weet hoe dit voel om verwerp te word, iemand naby aan jou te verloor, versoekings te beleef en selfs om afhanklik van God te gewees het om die onmoontlike deur Hom doen.
Die verskil van Jesus se menswees met ons sin is dat Hy nooit gesondig het nie en dat Hy totaal en al afhanklik was van die krag van die Heilige Gees wat deur Hom gewerk het.

Wat van jou?
En 1Joh 2:6: sê: “Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.”
As ons werklik in Christus is moet ons lewe soos Hy gelewe het. Hoe het Jesus gelewe? Hy het die mense om Hom innig lief gehad en omgegee vir hulle, Hy het siekes gesond gemaak, Hy het die behoeftes en situasies van mense met bonatuurlik insig hanteer, Hy het kragtig in die lewens van ongereddes gespreek, Hy het die behoeftes van mense bevredig deur hul na die Koninkryk van God te lei. Jesus gee ons die opdrag om ook soos Hy te lewe. As Hy dan van ons verwag om die selfde dinge as Hy te doen hier op aarde sal Hy ons ook oprig en bekwaam maak om soos Hy te lewe en te doen wat Hy gedoen het. En omdat Jesus as mens wonderwerke gedoen het uit God se krag, bemoedig Hy ons ook aan om dieselfde te doen, om alles te beryp wat die Vader deur ons wil doen, om gehoorsaamheid en geloof in God toe te pas, net soos Hy het.

Die rede hoekom God jou nie saam met Hom geneem het toe jy wedergebore is nie is omdat jy die goddelike opdrag het om die onmoontlike te betree. Bill Johnson argumenteer dat die realiteit van die Christelike lewe moet gemeet word aan die impak van die onmoontlike. Hy verklaar dat ons as Christene dit hierdie wêreld verskuldig is om God se krag hier op aarde bekend te maak. Ek stem saam met hom, ons wêreld is honger en dors na iets groter as hulself, hul verlang na God en Sy almagtigheid, hal smag daarna om die God se grootheid te sien en te beleef sodat hul kan glo.

Soveel meer as ons uit God se krag lewe:
In Mar 16:17 staan daar: “Die volgende wondertekens sal voorkom by dié wat glo: in my Naam sal hulle bose geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat; met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets drink wat dodelik giftig is, sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word.”
In hierdie wêreld is ons geleer om deur ons eie krag deur moeilike situasies en uitdagings te druk. Maar werke wat nie gelei word deur die Heilige Gees nie loop uit op sweet, frustrasie en mislukking. Probeer ons met al ons energie om die wêreld te oortuig van ‘n God wat groter is as enige uitdaging of moeilikheid? Probeer ons verniet om God se liefde aan mense te openbaar?

Jesus het ‘n wonderlike model om verlorenes te bereik, geïllustreer. Hy het nie redenasies gebruik om mense te oortuig nie maar het deur bonatuurlike openbarings en krag (die Heilige Gees) mense tot die waarheid gelei, bv. die Samaritaanse vrou by die put waardeer sy en die hele dorp tot bekering gekom het.
Is ons so ‘sterk en kragtevol’ dat ons nie vir God kans gee om deur ons te werk nie? Soos Paulis in 1Kor2:3-5 moet ons ook besef dat ons nie deur ons eie krag en oortuiging mense kan bekeer nie maar alleenlik deur die krag van God. Ons moet ook plek maak vir God se Gees om God se krag en natuur deur ons bekend te maak. Hoekom wil ons net doen wat alle mense van alle gelowe kan doen?
Die Gees van die opgestane Jesus Christus lewe in jou en Hy wil deur jou Sy krag hier op aarde bekend maak! Glo jy? Kom daar wondertekens in jou lewe voor?

Wat verhoed jou om die onmoontlike te betree?
Hoe kan ons lewe soos Jesus gelewe het en doen wat Hy hier op aarde gedoen het?
Joh 14:14: “Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.”
· Glo dat Jesus vir jou aan die kruis betaal het vir jou sondes en aanneem as jou Verlosser: jy moet alleenlik op die werk van Jesus Cjristus aan die kruis staat maak vir jou verlossing. Glo dat omdat jy op Sy werke vertrou en in verhouding met Hom is jy Hemel toe gaan. Dit maak ons navolgelinge van Jesus en dus ook Sy dissipels wat moet lewe soos Hy gelewe het (Joh 3:16).
· Hart vir verlorenes ontwikkel: as ons oor verlore mense voel soos wat Jesus en God voel sal ons alles moontlik wil doen om hul die waarheid te wys. God doen wonderwerke om mense te oortuig van die Evangelie, Sy krag en liefde. Ons moet die instrument wees waardeer God dit kan openbaar aan ‘n verlore wêreld.
· Geloof in wat God kan, wil en sal doen: ons geloof moet wees in God en dit wat Hy belowe in Sy Woord. Ons moet nie twyfel in dit wat God kan doen nie, ons moet ook nie dink God kan maar wil nie. Ons moet oortuig wees van God se karakter en wie Hy is.
· Afhanklikheid van God: ons moet besef ons kan nie sonder God enige iets doen nie. Ons moet ‘n afhanklik houding teenoor God kweek om deur ons te werk. Ons moet toelaat dat die Heilige Gees ons lei in elke situasie en dus moet ons in Jesus bly om vrugte te dra (Joh 15:5).
· Lewe om eer aan God te bring: ons moet nie lewe om self raak gesien te word nie maar dat mense God se Gees in ons sal raak sien en sodat daar eer aan Sy Naam gebring kan word. God doen wonderwerke om eer aan Sy eie naam te bring en om Sy liefde aan die mensdom te wys, Hy deel nie Sy glorie met enige mens nie. Ons kan maar daarvan vergeet om die onmoontlike te leef as ons dit vir verkeerde redes wil doen. Daarom moet ons altyd met nederige harte God soek.

Skrif:
Hand 1:8: “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.”