LIEFDE IS ‘N KEUSE

Soveel van ons het ’n verkeerde idee oor wat die liefde werklik is. Ons word groot met die televisie en flieks waarin liefde slegs as ’n gevoel weerspieel word . Ons leer dat as dié gevoel weg is ons nie meer die ander persoon lief het nie.

Alhoewel dit waar is dat liefde ’n gevoel is, is dit maar een derde van wat liefde werklik is. Daar bestaan drie tipes liefde:

Eros liefde is romantiese liefde. Dit is wanneer mense sê: “ek is verlief” en verwys na enige iets vanaf skoenlappers in die maag tot sterk sensuele passie. Volgens Newton (2002) is daar drie interessante eienskappe van Eros liefde. Eerstens, Eros se bestaan hang af van die situasie en omstandighede. So lank as was ‘n paartjie ‘n romantiese situasie geniet kan Eros liefde seëvier. Maar sodra verkeerde woorde of aksies geuiter word of ‘n uitdagende oomblik beleef, word verdwyn Eros liefde net eenvoudig.

Tweedens, Eros word ook bepaal deur elke persoon se persepsie. As iemand ‘n stil aandete met kerslig as romanties beskou sal Eros liefde sterk brand. Maar die passie sal vernietig word sodra die huidige situasie ongewens is. Eros liefde ontvlam en verdwyn sommer weer soos ons persepsies verander.

Eros liefde kan nie ‘n betroubare basis gee waarop mens ‘n diep en doel volle verhouding kan bou nie omdat dit so maklik beïnvloed word en kan verander. Omdat daar onbeheerbare situasies in mens se lewe opduik soos siekte en ongelukke, is dit onvoorkombaar dat elke situasie romanties ervaar gaan word en Eros liefde dus nie beleef gaan word nie.

Alhoewel Eros liefde mens goed laat voel en dit lekke is, is dit dus baie gevaarlik om mens se huwelik te bou op Eros liefde omdat dit tydelik is en so maklik beïnvloed kan word.

Phyla liefde kom van die naam Philadelphia wat die stad van broederlike liefde is. Phyla liefde verwys na broederlike en vriendskaplike liefde. Om saam met daardie mense te wees wat jy geniet.

Phyla liefde is wonderlik en moet geoefen en toegepas word in die huwelik. ‘n Egpaar kan mekaar se beste vriende wees, saam aktiwiteite beoefen en tyd saam geniet. Maar die huwelik moet nie alleen op Phyla liefde gebou word nie. Dit word ook beïnvloed deur situasies en ander mense se persepsies en verwagtinge. Ons almal is seker bekend met ‘n vriendskap wat dood geloop het as gevolg van tyd, afstand, woorde ens.

Dan is daar Agape liefde. In teenstelling met die b.g. twee tipes liefde word Agape liefde nie beïnvloed deur situasies, omstandighede en mense se persepsies nie. Die rede hoekom Agape liefde bo hierdie dinge kan uit styg is omdat hierdie liefde gebaseer is op ‘n besluit. Dit behels onder andere die besluit om proaktief iemand anders se voordeel te soek. Omdat Agape liefde nie ‘n gevoel is wat gebaseer is op hoe ek behandel is nie kan dit bestaan binne in ‘n vyandige situasie. Byvoorbeeld, soos Jesus ons in Luk 6:35 leer om ons vyande lief te hê.

Jesus verklaar ook dat die wêreld sal weet dat ons Sy dissipels is as ons met agape liefde optree (Joh 13:35). Dit beteken dat ons die beste vir ons maat wil hê, dat ons soos Jesus ons maat behandel en nie moed op gee op ons maat al verdien hy/sy dit nie. Wanneer ons kies om met hierdie liefde lief te hê in ons huwelik kweek ons ook die omgewing waarin Eros en Phyla liefde kan ontstaan en styg ons bo ons omstandighede uit.

Verder, dit wat jy oor jou maat dink beïnvloed hoe jy oor hom/haar voel. Jy kan nie slegte gedagtes oor jou maat dink en verlief en lief voel vir hom/haar nie. Dit is hoekom Paulus ons vermaan om slegs aan die goeie en mooi dinge te dink (Fil 4:8).

So, voel jy dat jy nie meer jou maat lief het nie? Miskien moet jy dan bietjie ondersoek in stel oor wat jy oor jou maat dink en wat se besluite jy omtrent hom/haar geneem het. Sodra jy kies om aan die mooi in jou maat te dink en kies om hom/haar lief te hê ten spyte van hoe hy/sy optree, sal dit weer die liefde, vriendskap en romanse in jul huwelik ontvlam.

Onthou liefde is nie ‘n gevoel nie maar ‘n keuse wat tot ‘n gevoel oorloop.

Bronne:

Newton, B. (2002). A Short Handbook on Love. http://www.sjchurchofchrist.org/agape.shtml

Five Realities That Can Change Your Marriage

1. I am responsible for my own attitude.

Trouble is inevitable, but misery is optional. Attitude has to do with the way I choose to think about things. Two wives have husbands who have lost their jobs. Wendy said, "My husband hasn’t had a full-time job in three years. The good part is not being able to afford cable TV. We’ve done a lot more talking on Monday nights. We’ve learned a lot. Our philosophy is ‘Let’s see how many things we can do without that everybody else thinks they have to have.’ It’s amazing how many things you can do without."

On the other hand, Lou Ann said, "My husband hasn’t had a job for ten months. We are down to one car, no phone, and we’re getting food from the food bank. Life is miserable at our house." The difference in these two wives was basically a matter of attitude. We choose to think negatively and curse the darkness, or we choose to look for the silver lining behind the clouds.

2. Attitude affects actions.

The reason attitudes are so important is that they affect my behavior and words. I may not be able to control my environment: sickness, alcoholic spouse, teenager on drugs, aging parents, etc. but I am responsible for what I do within my environment. My attitude will greatly influence my behavior.

If I look for the positive in my marriage, then I’m more likely to talk positively; to give my spouse affirming words, and to do something that has the potential for enhancing life for both of us.

On the other hand, if I focus on the negative, I’m more likely to give my spouse critical, condemning words. My behavior will fall into one of two categories: I’ll do things to hurt my spouse, or I’ll withdraw and consider leaving my spouse. Yes, my attitude affects my actions.

3. I cannot change others, but I can influence others.

It’s true, you cannot change your spouse, but you can and do influence your spouse every day. If you are still trying to change your spouse, then you are probably a master manipulator. You reason, "If I do this, then my spouse will do that." "If I can make him miserable enough, or happy enough, then I’ll get what I want." I hate to discourage you, but you’re on a dead end road. Even if he changes, he will resent you for manipulating him.

A better approach is to be a positive influence on your spouse. You influence by your words and actions. If you look for something your spouse is doing that you like and give him verbal compliments, you are having a positive influence on him. If you do something for him that you know he will like, your actions influence him in a wholesome way. Your model begins to rub off on him. The reality of the power of positive influence holds tremendous potential for troubled marriages.

4. My actions need not be controlled by my emotions.

For the past thirty years in Western Society we have given undue emphasis to emotions. When applied to a troubled marriage, this philosophy advises, "If you don’t have love feelings, admit it and get out of the marriage." "If you feel hurt and angry, you would be hypocritical to say or do something kind to your spouse." This philosophy fails to reckon with the reality that man is more than his emotions.

We have feelings, yes, but we also have attitudes, values, and actions. If we jump from emotions to actions and ignore attitudes and values, we will destroy our marriages. Stop, think, look for the positive, affirm it, and then, do something that has positive potential. Actions that are guided by values and positive attitudes are more likely to be productive.

5. Admitting my own imperfections does not mean that I am a failure.

Most troubled marriages include a stone wall between husband and wife, built over the years. Each stone represents an event in the past where one of them has failed the other. These are things about which people talk when they sit in the counseling office. The husband complains, "She has always been critical of everything I do. I’ve never been able to please her." The wife complains, "He’s married to his job. He has no time for me or the children. I feel like a widow." This wall of hurt and disappointment stands as a barrier to marital unity. Demolishing this emotional wall is essential for rebuilding a troubled marriage. Admitting your part in building this wall, does not make you a failure. It means that you are human and are willing to admit your humanity. Confessing past failures is the first step toward a growing marriage.

Adapted from Loving Solutions: Overcoming Barriers in Your Marriage by Dr. Gary Chapman. To find out more about Dr. Chapman’s resources, visit www.fivelovelanguages.com

DIE ONBLUSBARE LIEFDESENERGIE VAN ‘N HEMELSE HUWELIK!

Lees Ef 5:21-31

God behoort DIE groot Faktor in elke huwelik te wees. Veral as die liefde in huwelike geblus begin word en die vlam van liefde net nie meer hoog brand nie.

U ken dit tog almal. U wat getroud is, u wat reeds geskei is en diegene wie se Pa en Ma oor jare alreeds ongelukkig is. Dit is deesdae amper asof mense eerder verbaas en skepties is oor mense wat gelukkig getroud is. Mense neem soms so ‘n wag en sien houding in.

Watter rol behoort die Here regtig in ‘n huwelik te speel.

Die VENNOOTSKAP met God gee sekuriteit!

Die Here wil baie meer in ons lewe beteken as wat ons dink.

Die huwelik moet nie net ‘n saak tussen mens en mens wees nie. Dit is nie net ’n ooreenkoms wat tussen twee mense aangegaan word nie. Regdeur die Bybel, sal u altyd hoor en sien, dat God gedurigdeur betrek word. Daarom, as jy die dag trou, is God betrokke en beskikbaar. God gee immers man en vrou vir mekaar.

Die een manier om die onuitblusbaarheid van die liefdes energie te beleef, is om die DERDE VENNOOT of HOOGSTE AANDEELHOUER te vertrou en voluit vir mekaar binne die vennootskap met God te leef.

Die LIEFDE van God is die bron van energie!

Soms kry ‘n mens die idee dat Christenskap net voor die huwelik ‘n rol speel. Voor die huwelik, hier by die kys fase en sleep fase, is dit belangrik vir die man of die meisie om ‘n christen maat te kan hê.

Mettertyd verdwyn die belangrikheid hiervan, en verander die paartjie binne die huwelik, in iets afskuwelik. Waar daar eens op Christelike waardes en christelike liefde gefunksioneer is, word dit ‘n mens gedrewe selfgerigte inrigting waarin geen kind, vrou of man meer in kan oorleef nie.

Wat het dan van LIEFDE geword? Nou vra iemand my: Wat is liefde?

Die bron van liefde is volgens die skrif niks anders as God nie. Aan sy voete leer ons hoe om as Christene nuut te leef. Sonder Christus haat ons mekaar en ons is haatlik! Met Christus het ons lief soos God ons lief het.

Efes 5 sê: Elkeen moet sy vrou lief hê soos hy homself liefhet, of eerder mans moet hul vrouens liefhê, soos Christus die kerk liefhet. Heilig en onberispelik.

Dit is nie verbasend dat baie mense skei nie. Baie mense het nie meer liefdesenergie nie. Ons is te moeg, oorstress, gespanne om nog te wil liefhê. Daar is soveel dinge wat ons van energie beroof, maar ook: Ons kom nie meer by God uit nie. Ons kom nie in kontak met sy liefde vir my, om daardie liefde aan te gee nie.

Wanneer jy weer bewus word van God se liefde vir jou, kry jy weer inspirasie om lief te hê!

DIE LIEFDFE VAN GOD IS DIE BRON VAN ENERGIE!

Die VERBINTENIS met God verseker kameraderie!

Hoe funksioneer die gemiddelde huwelik vandag? Daar is soveel ruimte binne elke huwelik vir werklike kameraderie. Die verhouding tussen man en vrou in die hemelse huwelik, het soveel potentiaal tot ‘n gesonde verhouding. Lees ‘n mens Efes 5 en kom terme voor soos ‘daarom sal ‘n man sy pa en ma verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees’, dan hoor ‘n mens mos die noue verbintenis wat tussen man en vrou behoort te bestaan. ‘n Noue verbintenis wat juis deur die liefde gevul word, met lojaliteit, respek en kameraderie. Dan hoor ‘n mens met opgewondenheid dat God nie dit so beskik het, dat die mens alleen moet wees nie, maar dat hy sy eie hulp/vriend/kameraad moet hê.

Die liefde word onuitblusbaar as hierdie verbintenis met God in ‘n verhouding met mekaar saam beleef word. God bepaal die kwaliteit van die verbintenis. Dit lei tot ‘n diepgegronde kameraderie met mekaar.

Dit is ‘n uitdaging om weer hierdie kameraderie in ons huwelike terug te vind. Om met God in ‘n verbintenis te leef, gee aan die huwelik ‘n nuwe dimensie.

Here, U het my maatjie vir my gegee en ek het haar/hom nodig!

God se TROU skep die ruimte vir vertroue!

Efes 5:23 verklaar: Christus is die hoof van die kerk. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk. Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees.

Dus, Jesus Christus moedig dy dissipels voor sy hemelvaart aan om in God en ook in Hom te glo. Die kerk se verhouding tot Christus is die van absolute vertroue. Geloof en vertroue in God, is feitlik die hoeksteen van ons geloof. Ons glo dat God aan ons as sy kerk getrou is, daarom vertrou ons Hom. Ons kan Hom volg, waar Hy ons lei. Ons gee ons lewe oor aan Hom en is aan Hom onderdanig, wetende, Hy weet die beste en het die beste vir my in gedagte.

‘n Mens wat in die huwelik nie dieselfde sekerheid het nie, sal nooit onderdanig wees nie en sal nooit vertrou nie. Mans /Vroue wat hulleself en hulle eie belang voortdurend hoër ag as hul lewensmaats sin, verdien nie vertroue nie.

Om die liefdesvlam en liefdes energie weer in jou huwelik te laat hoog vlam, moet jy dalk juis weer gaan kyk na wat jou gesindheid is teenoor jou lewensmaat. Dit kan dalk juis wees dat :

• Hy/sy jou nie meer emosioneel vertrou nie, want jy ondersteun haar nie meer nie.

• Hy/sy jou nie meer finansieel vertrou nie, want jy verkwis jou geld doelloos en twyfel aan die toekoms wat jy van praat. Jy is dan voortdurend in die skuld. Hoe moet sy jou glo?

• Hy/sy jou nie meer seksueel vertrou nie, want jy konsentreer net op jou eie behoeftes.

• Hy/sy jou nie meer geestelik vertrou nie, want jy het nie meer insig nie en neem nie die leiding nie.

Baie huwelike het, onbewustelik, op hierdie vlak probleme. ‘n Man het nie altyd hiervoor begrip nie. Ons dink nooit hieraan nie. Daarom praat vroue baie keer negatief oor hul lewensmaats. En dit lê op hierdie vlak.

Leer uit wat Jesus in jou en vir jou doen. As jy Hom vertrou, verdien en beleef dan weer jou maat se vertroue. As jy Hom vertrou, vertrou dan weer die Here met jou maat.

God se DEERNIS energeer die romantiese!

In die Bybel, is daar dikwels romantiese liefdesbriefies wat ons op die verhouding tussen God en sy kerk kan toepas. Die Here God versorg sy bruid, die kerk met liefde en deernis.

Lees ‘n mens die boek hooglied en Spreuke en ander gedeeltes, dan is talle verhale in die Bybel so romanties. So vol deernis en vol liefde. Want die romantiek is deel van ‘n man en vrou se wese. Waar kan ‘n mens mooier en romantiese liefdestaal vind as juis in die boek HOOGLIED. So teer, so mooi, so rein, so waar!

Iemand het eendag gesê: Wie ‘n liefdevolle lewensmaat het, dra die hemel in sy/haar hoed.

Kom ons belei dit ook ‘n slag: Here, ons is selfsugtig onkundig. Here ons is dom met die romantiek. Here, help ons om, in ons huwelike, met deernis, romanties te leef.

Keith Miller verklaar: Jy het jou vingers liggies oor my siel gestreel en waar jy krake gevoel het, het jy saggies jou liefde daarin laat drup!

Ons verloor êrens tussen doeke en swangerskap, tussen werksdruk en moegheid, tussen kommer en laste, die vermoë om met deernis romanties te wees.

In Pred 9:7-9 staan daar: Kom ons eet dan ons brood met vreugde, en drink ons wyn met ’n vrolike hart. Kom ons geniet die lewe met die mens wat ons liefhet, al die dae van ons nietige lewe wat Hy ons gegee het onder die son.

Die INTIMITEIT met God beinvloed die seksuele!

God het die vermoë om meer vir ons te beteken as wat ons dink. God is in totaliteit jou God en Hy kan jou bevry van al die ‘hang-ups’ en ‘issues’ in jou lewe. Wanneer ons met Hom ‘n openlike en eerlike verhouding het, kan God ons bevry van ons geestelike, emosionele en fisiese letsels wat ons dalk opgedoen het. Wanneer ons intiem met God leef en ons Hom toelaat om juis dit te doen, kan God ons help om ook met ons lewensmaats intiem emosioneel, intiem psigies en intiem fisies te leef.

God, die Skepper van die mens, wat ons liggaamlik so aanmekaar gesit het, weet hoe belangrik die seksuele intimiteit tussen man en vrou is. Al die dinge wat ons nou vooraf gehoor het, speel as pakket saam om juis die intimiteit tussen lewensmaats so te verhoog, dat seksuele omgang ‘n onbeskryflike aanvulling van mekaar en vervulling van ‘n mens se hele wese is.

En God het agter die toe kamerdeur, alles daarmee te make. Daarom geskied die seksuele omgang net binne die intieme en permanente verhouding van een man met een vrou. Dit is tog al waar hierdie intimiteit werklik ervaar kan word.

Om die liefdesvlam van die hemelse huwelik onuitblusbaar te maak, leef intiem met God en met jou lewensmaat!

God se HART bepaal ons gesindhede!

Waar leer jy jou ambag? Waar leer ons om lief te hê? Waar leer ons om te vergewe? Waar leer ons geduld en deernis? Waar leer ons om nederig te wees en om ander horë te ag as onsself? Waar leer ons om ander onvoorwaardelik te aanvaar?

Dit is dikwels skandelik om te sien hoe hierdie dinge in Hemelse/Christen huwelike toe gepas word. Dit is alles behalwe Godverheerlikend. Dit is dikwels groot selfsug en vernietiging van mekaar. Die duiwel lag en seëvier in talle huwelike!

Waarom het ons dan ‘n Vader? Waarom dra ons dan sy Naam as Hy nie agter die deur van my adres mag inkom nie?

Kom bely ‘n slag jou aandeel aan jou huweliksverbrokkeling! Jou hart is soos klip! Jou hart is nie ‘n hart van vlees nie. Jy laat dikwels die Gees glad nie toe nie!

God se hart moet jou hart se gesindheid bepaal. Dan sal jy die vlam van die liefde weer beleef.

God se TEENWOORDIGHEID bepaal ons volhoubaarheid!

Jesus kan dinge in ‘n huwelik verander. Wanneer die liefde en die deernis van Jesus Christus die skerpkante in ons verhoudinge stomp maak, kan ons gesindhede en ons benaderinge van mekaar verander en vernuwe. Die hele agtergrond van Efesiërs is juis die nuwe mens wat teen die ou mens afgespeel word. Die verandering wat die Heilige Gees in ons lewe meebring, is die verandering wat ‘n huwelik kan ondergaan wanneer die Gees oor ons kom.

Daarom, wanneer God TENWOORDIG word, en gedien en aanbid word, maak Hy ons huwelik volhoubaar. God gee kraag en liefde, juis wanneer dit kortkom of wanneer dit nie meer bestaan nie.

Bron: http://www.ngheuwelkruin.org.za/preke/AMDieOnblusbareLiefdesenergie.htm

LIEFDE IS ‘N KEUSE

Deur Jonanda Burger

Soveel van ons het ’n verkeerde idee oor wat die liefde werklik is. Ons word groot met die televisie en flieks waarin liefde slegs as ’n gevoel weerspieel word . Ons leer dat as dié gevoel weg is ons nie meer die ander persoon lief het nie.

Alhoewel dit waar is dat liefde ’n gevoel is, is dit maar een derde van wat liefde werklik is. Daar bestaan drie tipes liefde:

Eros liefde is romantiese liefde. Dit is wanneer mense sê: “ek is verlief” en verwys na enige iets vanaf skoenlappers in die maag tot sterk sensuele passie. Volgens Newton (2002) is daar drie interessante eienskappe van Eros liefde. Eerstens, Eros se bestaan hang af van die situasie en omstandighede. So lank as was ‘n paartjie ‘n romantiese situasie geniet kan Eros liefde seëvier. Maar sodra verkeerde woorde of aksies geuiter word of ‘n uitdagende oomblik beleef word verdwyn Eros liefde net eenvoudig.

Tweedens, Eros word ook bepaal deur elke persoon se persepsie. As iemand ‘n stil aandete met kerslig as romanties beskou sal Eros liefde sterk brand. Maar die passie sal vernietig word sodra die huidige situasie ongewens is. Eros liefde ontvlam en verdwyn weer sommer soos ons persepsies verander.

Eros liefde kan nie ‘n betroubare basis gee waarop mens ‘n diep en doel volle verhouding kan bou nie omdat dit so maklik beïnvloed word en kan verander. Omdat daar onbeheerbare situasies in mens se lewe opduik soos siekte en ongelukke is dit onvoorkombaar dat elke situasie nie romanties ervaar gaan word en Eros liefde dus nie beleef gaan word nie.

Alhoewel Eros liefde mens goed laat voel en dit lekker is, is dit dus baie gevaarlik om mens se huwelik te bou op Eros liefde omdat dit tydelik is en so maklik beïnvloed kan word.

Philo liefde kom van die naam Philadelphia wat die stad van broederlike liefde is. Philo liefde verwys na broederlike en vriendskaplike liefde. Dit is om saam met daardie mense te wees wat jy geniet.

Philo liefde is wonderlik en moet geoefen en toegepas word in die huwelik. ‘n Egpaar kan mekaar se beste vriende wees, saam aktiwiteite beoefen en tyd saam geniet. Maar die huwelik moet nie alleen op Philo liefde gebou word nie. Dit word ook beïnvloed deur situasies en ander mense se persepsies en verwagtinge. Ons almal is seker bekend met ‘n vriendskap wat dood geloop het as gevolg van tyd, afstand, woorde ens.

Dan is daar Agape liefde. In teenstelling met die b.g. twee tipes liefde word Agape liefde nie beïnvloed deur situasies, omstandighede en mense se persepsies nie. Die rede hoekom Agape liefde bo hierdie dinge kan uit styg is omdat hierdie liefde gebaseer is op ‘n besluit. Dit behels onder andere die besluit om proaktief iemand anders se voordeel te soek. Omdat Agape liefde nie ‘n gevoel is wat gebaseer is op hoe ek behandel is nie, kan dit bestaan binne in ‘n vyandige situasie. Byvoorbeeld, soos Jesus ons in Luk 6:35 leer om ons vyande lief te hê.

Jesus verklaar ook dat die wêreld sal weet dat ons Sy dissipels is as ons met Agape liefde optree (Joh 13:35).

Dit beteken dat ons die beste vir ons maat wil hê, dat ons soos Jesus ons maat behandel en nie moed op gee op ons maat al verdien hy/sy dit nie. Wanneer ons kies om met hierdie liefde lief te hê in ons huwelik kweek ons ook die omgewing waarin Eros en Philo liefde kan ontstaan en styg ons bo ons omstandighede uit.

Vêrder, dit wat jy oor jou maat dink, beïnvloed hoe jy oor hom/haar voel. Jy kan nie slegte gedagtes oor jou maat dink en verlief en lief voel vir hom/haar nie. Dit is hoekom Paulis ons vermaan om slegs aan die goeie en mooi dinge te dink (Fil 4:8).

So, voel jy dat jy nie meer jou maat lief het nie? Miskien moet jy dan bietjie ondersoek in stel oor wat jy oor jou maat dink en wat se besluite jy omtrent hom/haar geneem het. Sodra jy kies om aan die mooi in jou maat te dink en kies om hom/haar lief te hê ten spyte van hoe hy/sy optree, sal dit weer die liefde, vriendskap en romanse in jul huwelik ontvlam.

Onthou liefde is nie ‘n gevoel nie maar ‘n keuse wat tot ‘n gevoel oorloop. Kies vandag om jou maat lief te he en beleef hoe God jou huwelik oprig tot dit wat Hy bedoel het dit moet wees: gevul met liefde, kameraadskap, eenheid, vreugde, vervulling en self romanse.

Bronne:

Newton, B. (2002). A Short Handbook on Love. http://www.sjchurchofchrist.org/agape.shtml

Indien jy enige hulp benodig in die area voel asb. vry om my te skakel by 082 922 5081.

Hoekom is romanse in die huwelik belangrik?

Het jy al ooit romantiese verlowings stories gehoor? Ek het al soveel sprokies verlowing stories gehoor. Daar is geen einde aan ons inisiatief wanneer ons die een wat ons lief het probeer wen nie.

So wat is dit aangaande die huwelik wat veroorsaak dat ons romantiese kreatiwiteit verflou? Op een of ander punt in min of meer elke huwelik besef die egpaar dat hulle verlowing die opwindende inleiding was tot ‘n vervelige boek.

‘n Daaglikse diet:

Romanse is nie die fondasie van ‘n huwelik nie. dit is die vuur in die kaggel – die warmte en sekuriteit van ‘n verhouding wat sê: “Ons mag probleme ondervind maar ek het jou lief en alles is reg!” Ons moet romanse deel maak van ons alledaagse diet in ons huwelik.

Kyk wat se die Bybel in Spreuke 5:18-19: “Sing die lof van jou eie fontein, verheug jou oor jou eie vrou, so vol liefde, so mooi soos ‘n takbok, soos ‘n ribbok. Geniet voluit van haar liefkosings, laat dit jou deurentyd bedwelm.”

Dit is ‘n baie kragtige beeld – om letterlik deur jou maat bedwelm te word. Hierdie tipe romanse is wat ‘n huwelik onderskei van ‘n gewone vriendskap. Jou huweliksmaat moet jou vriend wees maar jul verhouding moet ook vêrder as dit gaan – julle moet ‘n huweliksbed deel, saam drome droom en intimiteit deel wat met geen ander persoon op hierdie aarde gedeel word nie. Dit is wat God bedoel het met die huweliks verhouding.

God het romanse geskep:

Dit is interessant om te sien dat God romanse so belangrik ag dat Hy ‘n hele boek in die Bybel, Hooglied, daaraan toegewy het sodat ons bemoedig sal word om dit te ervaar. Hierdie poëtiese boek verskaf ‘n ryk beskrywing van wat ‘n romantiese, seksuele verhouding tussen man en vrou moet wees. Kyk net hoe begin die boek in Hooglied 1:2a & 4a:

Soen my, soen my weer en weer! Jou liefkosings is beter as wyn … Vat my saam met jou, kom ons hardloop.”

Deur die hele boek praat Salomo en sy geliefde entoesiasties oor romanse, seksuele liefde en mekaar se liggame. Romantiese liefde is deel van God se karakter. Hy het ons geskape na Sy beeld en het ons Sy emosies gegee. Net soos God ons aanmoedig om Hom te volg en ons liefde aan Hom te openbaar, moet ‘n man en vrou ook strewe om mekaar se toegeneentheid en liefde te wen.

Ons kan argumenteer dat ‘n egpaar modelleer wat God doen as Hy ‘n individue najaag. Dus is ons romantiese verhouding met ons maat ‘n getuienis oor hoe God verlorenes najaag. Hoe getuig jou romanse vir jou man/vrou van God se romanse vir die wêreld?

Oswald Chambers skryf in sy boek My Utmost for His Highest: “Human nature if it is healthy demands excitement. And if it does not obtain thrilling excitement in the right way it will seek it in the wrong. God never made bloodless stoics, He made passionate saints.”

Dit is hoe God sy mense lief het. Hy het ons geskape om opwinding, avontuur en sensasie te beleef. Romantiese liefde was bedoel om ons op ‘n stabiele stroom deur ons hele getroude lewe van ons voete af te sweep. Terwyl mens nie die huwelik totaal op romantiese gevoelens kan baseer nie, kan mens ook nie die menslike behoefte aan nabyheid en intimiteit ontken nie. sonder daardie kwaliteite in ‘n huwelik sal ‘n paartjie gedryf word tot isolasie.

Ontvlam weer die vuur:

Maak nie saak hoe goed ons huwelik is nie, meeste van ons kort meer romanse in ons huwelik. Christen huwelike was bedoel om ‘n opwindende avontuur te wees. So as jy die ‘spark’ terug in jou huwelik wil bring het Dennis en Barbara Rainey die volgende twee rade:

Word ‘n student van jou maat:

Mans en vroue sien romanse verskillend. Mans fokus op die fisiese: mooi nagklere of ‘n avontuurlustige seksuele ontmoeting. Vrouens word gemotiveer deur verhouding. Hulle mag dit eerder verkies om by ‘n vuur te sit, om tyd te spandeer om te gesels.

Neem dus elke dag die tyd om jou maat te bestudeer en om agter te kom wat sy/haar voorkeure is. Vra vrae oor wat hy/sy sal geniet en leer jou maat werklik ken.

Neem tyd om kreatiewe romanse te beplan:

Doen iets anders en buite gewoonte, iets wat jou maat se aandag sal vas vang. Neem tyd om die romantiese geleentheid te beplan en moet nie net iets doen om te sê dat jy romanties was en probeer het nie. doen dit asof jy die vir die Here doen – met uitnemendheid, passie en absolute entoesiasme. As dit jou nie motiveer nie, doen dit dan asof jy dit vir jou baas doen en dat jy betaal sal word vir jou moeite en vindingrykheid! Maak elke romantiese geleentheid asof dit die enigste en laaste keer is wat jy vir jou maat kan sê en wys hoe lief jy hul werklik het, asof dit sy/haar laaste dag is op aarde.

Die laaste raad wat ek kan gee is:

Hou aan maak nie saak wat nie:

Miskien reageer jou maat glad nie soos jy gehoop het hy/sy moet nie, dalk doen jou maat nie iets romanties terug vir jou nie, dalk flop jou eerste pogings onherstelbaar – hou net aan en bly volhard. Sukses en romanse sal kom met tyd en oefening. En jy sal die vrug van jou handwerk pluk. Jy kan niks verloor nie en al hoe jy kan verloor is as jy moet op gee!

Bronne:

Chambers, O. (1963). My Utmost for His Highest. Michigan: Discovery House Publishers.

Rainey, D. & Rainey, B. 1994. Simply Romantic Nights. Arkansas: Family Life.

Indien jy hulp en ondersteuning nodig het of huweliksberading benodig kan jy my gerus skakel by 082 922 5081.

Family life het ook die volgende boeke beskikbaar as hulpmiddele:

Moments Together for Couples.

Two Hearts are better than One.

Jesus liefde: Jonanda Burger

Rolle in die huwelik

Deur Jonanda Burger

Die Bybel stel spesifieke en duidelike rolle vir ’n man en ’n vrou vas wat noukerig verstaan en prakties uitgevoer moet word.

Die wete dat God se voorskrifte vir ons nie beperkend is nie maar beskermend, help ons om met vrymoedigheid hierdie rolle te vervul omdat God se wil vir ons die beste insluit en uitloop op die lewe.

In die huwelik het beide man en vrou “kernrolle” en “kern reaksies”. ’n Kernrol is ’n essensiele funksie, wat God aan mans en vrouens gegee het om te vervul, binne ’n huweliksverhouding.

’n Kern reaksie is ’n primêre reaksie, wat God van mans en vrouens verwag wat hulle eggenotes in staat stel en aan moedig om hul kernrolle te vervul.

God se kernrol vir die Man: Dienaar – Leier:

Ef 5:23 sê: Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk. Volgens hierdie gedeelte is Jesus Christus die model vir ‘n man se dienaar-leierskap.

Vêrder sê Mar 10: 43-45: Jesus roep hulle toe nader en sê vir hulle: "Julle weet dat dit by die nasies so is dat hulle sogenaamde regeerders oor hulle baasspeel en dat hulle groot manne die mag oor hulle misbruik. Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen onder julle wat die eerste wil wees, moet julle almal se dienaar wees. Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense."

Ons kan drie tipes leierskap in die huwelik onderskei. Jesus se leierskap en die wêreld se leierskap: baasspelerige leier en passiewe nie-leier. As watter een kan jy jouself of jou gesin jou as klassifiseer?

In die huweliksverhouding roep God die man om ‘n dienaar-leier te wees. Dit is sy kernrol. Sy leierskap moet soos Jesus sin wees. ‘n Dienaar-Leier dien soos Jesus en het lief soos Jesus! Hy is ‘n kombinasie van beide ‘n dienaar en ‘n leier. Ef 5:25 verklaar: Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het.

Kernreaksie van die Vrou op die Man se rol: Onderdanigheid:

Ef 5: 22-24: Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.

Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk. Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees. Onderdanig beteken om die man die volmag te gee om die leier te wees; dit is ‘n vrou se kern reaksie op haar man se dienaar-leierskap. As die vrou kies om onderdanig te wees moedig dit haar man aan om sy rol as dienaar-leier te vervul.

Die pleidooi in vers 22 is per slot van sake tussen die vrou en haar Here is. Dus, den spyte van haar mans se optrede moet die vrou daarna strewe om hierin gehoorsaam aan God te wees.

God se kernrol vir die Vrou: Helper-Tuisteskepper:

Gen 2:18 sê: Vêrder het die Here God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke. Hieruit kan mens baie duidelik agterkom dat die vrou geskape is as die man se helper.

Maar om helper te wees is nie ‘n minderwaardige rol nie. In Heb 13:6 staan daar: Daarom kan ons met vertroue sê: "Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ‘n mens aan my doen? God beskryf Homself hier as ‘n helper en daarom kan die vrou met blydskap en trots die rol van helper vervul.

‘n Akkurate begrip van die vrou se rol as helper wys hoe essensieel hierdie rol is om die man te voorsien met wat hy nodig het om ‘volledig’ te wees. Vrouens is op ‘n unieke wyse toegerus om die leemtes wat mans in hulle lewens het, te vervul.

Die teenoorgestelde van helper is mededinger. Mededingers gebruik hul maats se swakhede om die oorhand te kry. ‘n Kompeterende vrou dryf ‘n man tot aggressie, vergelding en onttrekking eerder as sorgsaamheid, ondersteuning en voorsiening in die vrou se behoeftes.

Help jy jou maat en op watter maniere kan jy jou eggenoot meer help?

Kernreaksie van die Man op die Vrou se rol: Lof en Eer:

1 Per 3:7: Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

Lof en eer is die manlike ekwivalent van onderdanigheid. Dit is die kern reaksie op lof en eer wat die vrou aanspoor en in staat stel om haar roeping as helper-tuisteskepper te vervul.

Bronne: Voorbereiding vir die Huwelik: ‘n hulpbron van familylife

Indien jy uitdadings in hierdie area van jou lewe het en bemoediging benodig is jy welkom om Jonanda te skakel by 082 922 5081.

God se doel met die huwelik

Deur Jonanda Burger

Om die antwoord te kry op hoekom God die huwelik ingestel het moet ons terug gaan na die Boek van oorspronge. Dit is daar waar ons drie Goddelike doelwitte vir die huwelik sal ontdek:

Wederkerige aanvulling:

In Gen 2:18 lees ons: “Verder het die Here God gesê: "Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke."

Wanneer God jou roep om te trou, gee Hy vir jou ‘n maat wat volgens Goddelike plan jou sal voltooi. Jou maat vul jou plekke tekortkominge aan en jul vul jou maat se tekortkominge aan.

Saam is julle sterker en meer effektief as wanneer julle alleen bly.

Byvoorbeeld, ek is baie georganiseerd en taak georiënteerd. My man is weer meer van ‘n dromer en geniet die lewe ten volle. So vul ons mekaar aan dat ek hom help om dinge te onthou en te vind. Hy help my weer om af te skakel en die mooi in die lewe te geniet.

Pasop dat die mooi wat julle in die begin na mekaar aangetrek het nou die oorsaak van jul bakleiery is nie. Sien die andersheid van jou maat eerder as die aanvulling in jou lewe sodat jy voluit kan leef.

Vermenigvuldiging van ‘n Goddelike erfenis:

Gen 1:28 wys ons na die tweede doel vir die huwelik: “Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: "Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit.”

Kinders is nie alleen ‘n geskenk en seën nie maar ook ‘n essensiële deel in God se plan om Sy Woord oor te dra aan die volgende geslag. Alhoewel nie elke paar hul eie kinders kan hê nie, is dit God se bedoeling dat elke paar tot in die volgende geslag sal bedien. Dus hul geloof in God oor te dra sodat die volgende geslag op hulle beurt dit kan oordra na die volgende.

Dit was God se oorspronklike plan dat die gesin ‘n “kweekhuis” sou wees waar kinders opvoeding sal ontvang in karakterbou, waardes en integriteit. In geen ander omgewing leer ‘n kind meer van die lewe en hoe om ‘n verhouding met God te hê nie.

Om God se beeld uit te dra:

In Gen 1:26-27 het God gesê: "Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip." God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.”

God het ons geskape om Sy beeld uit te dra. Dit beteken dat God gekies het om iets van Sy karakter en wese aan ons te openbaar deur ons verhoudings.

Byvoorbeeld, wanneer my man my liefdevol omhels en onvoorwaardelik aanvaar nadat ek hom seer gemaak het, weerspieël hy ons God wat ons onvoorwaardelik lief het en in Christus vergewe het.

Wanneer ‘n man en vrou verenig in ‘n huwelik waarin God die middelpunt van hulle verhouding is, sal hulle Sy beeld weerspieël. Die wêreld sal in so ‘n verhouding die uitbeelding sien van God en Sy liefde, vergifnis en geduld.

Lewe jy hierdie doelwitte in jou huwelik uit? Wat kan jy doen om dit deel van jou optrede teenoor jou maat te maak?

Bron: Rainey, D. 2002. Voorbereiding van die huwelik. FamilyLife

5 Stappe om konflik in jou huwelik op te los

Konflik is algemeen in alle huwelike. Neem twee selfsugtige mense met verskillende agtergronde en persoonlikhede. Voeg nog slegte gewoontes by, ‘n klomp verwagtings en maak dit nog meer warmer met daaglikse uitdagings. Raai wat? Jy sal definitief konflik beleef. Dit is onvermydelik.

Aangesien alle huwelike konflik beleef is die vraag nie hoe om die konflik te voorkom nie maar hoe om konflik op te los.

Die volgende stappe kan gevolg word om konflik in die huwelik op te los:

Ken, aanvaar en pas aan by jou maat se verskille:

Teenoorgesteldes trek mekaar aan. Dit is hoekom jy met jou maat getrou het. Die andersheid in hom/haar het jou aangetrek. Maar nadat mens trou verander hierdie aangetrokkenheid baie keer in die dinge wat mens af sit.

Dit is belangrik om hierdie verskille in jou maat te verstaan en dan om dit te aanvaar en daarby aan te pas. Net soos Adam God se geskenk van Eva aanvaar het, word jy ook geroep om God se geskenk vir jou te aanvaar. God het jou ‘n maat gegee wat jou aanvul op maniere wat jy nog nie eers besef nie.

Vernietig selfsugtigheid:

Al die verskille tussen jou en jou maat word vergroot omdat dit voed op die grootste bron van konflik – ons selfsugtige, sondige natuur.

Die antwoord tot selfsugtigheid kan gevind word in Jesus en Sy Woord. Hy het ons gewys dat in plaas daarvan dat jy eerste wil wees moet jy laaste wees. In plaas daarvan dat jy bedien wil word moet jy ander bedien. In plaas daarvan dat jy jou lewe wil behou moet jy dit verloor. Jy moet jou maat lief hê soos jy jouself lief het. In kort, as jy selfsugtigheid wil oorwin moet jy op gee, oor gee en alles gee!

Jaag jou maat na:

As mens in vrede met jou maat wil lewe moet mens vrede najaag. Dit beteken dat jy die inisiatief moet neem om konflik op te los eerder as om te wag dat jou maat die eerste stap neem. Dit beteken jy sal jou eie seer, kwaad en bitterheid een kant moet sit en die vrede moet najaag.

Liefdevolle konfrontasie:

In plaas daarvan om jou maat aan te val, te kritiseer en te blameer moet jy jou maat met liefde en genade nader wanneer jy oor ‘n saak wil praat.

Ondersoek jou motivering, jou houding en die omstandighede. Bespreek net een saak op ‘n slag en fokus op die probleem en nie die persoon nie. Probeer jou maat te verstaan en luister aandagtig wat hy/sy sê.

Vergewe:

Maak nie saak hoe hard twee mense probeer om mekaar lief te hê en tevrede te stel nie, hul sal mekaar teleurstel. Saam met teleurstelling kom pyn. En die enigste volkome verligting vir pyn is vergifnis.

Die sleutel tot ‘n oop, intieme en gelukkige huwelik is om vir vergifnis te vra en om vergifnis vinnig aan te bied. En die moontlikheid om dit te doen hang af van elke persoon se verhouding met God. Hoe meer ons besef hoe God ons volkome vergewe, wat Hy vir ons gedoen het en dat Hy dieselfde van ons verwag hoe makliker sal die proses geskied.

Vergifnis beteken om die wraak, kwaad en behoefte om te straf op te gee. Jy maak die ander persoon vry deur ‘n besluit te neem – ‘n keuse te maak.

Ons hoop:

Maak nie saak hoe moeilik dit is om deur konflik in die huwelik te werk nie, jy kan altyd vas hou aan God se beloftes. God sê nie alleenlik dat Hy jou moeite en handewerk sal seën nie maar dat Hy ‘n doel vir elke moeilikheid en versoeking het (1Pet1:6-7).

God se doel vir konflik is om jou geloof te toets, om uithouvermoë te bewerkstellig, om jou meer soos Jesus te maak en glorie aan Homself te bring. Dit is die hoop wat God ons gee: dat jy jou konflikte kan benader asof dit ‘n geleentheid is om jou geloof te versterk en aan God eer te bring.

Jesus liefde: jonanda

Bron:

Rainey, D. Staying Close. Thomas Nelson Publishers.

Indien jy hulp of ondersteuning nodig het in hierdie area van jou lewe of in jou huwelik kan jy my gerus skakel by 082 922 5081 vir ‘n afspraak.

GOD IS PERSOONLIK

Hy smag daarna dat ons Hom persoonlik moet ken.

God is persoonlik en wil ‘n persoonlike en intieme verhouding met elkeen van ons hê. Persoonlik of intiem ken beteken dat die persoon waarlik opdaag, deel neem aan jou, baie naby is in vriendskap, om ‘n diep kennis te hê van jou, om self bekend te maak, ‘n aksie soos om te soen. Dit is om jou self deursigtig te maak voor ‘n ander en om self ‘n ander se diepste gevoellens, drome, wense, optredes en gedagtes te ken.

Ons kan sien dat reg van die begin in Eksodus 25:8 – 27:38 het God aan die volk opdrag gegee om ‘n tent van ontmoeting te maak sodat die volk na Hom toe kan kom, voorskrifte vir beskerming kan ontvang en om God te ontmoed. God was dus nog altyd persoonlik en intiem en het nog van die begin af ‘n behoefte om persoonlik geken te word en intiem met ons te verkeer. God het ons, die mens geskape om ‘n persoonlike verhouding met ons te hê.

Lees Heb 9:1-12 en Mat 27: 50-51

Ons moet wel in ag neem dat God ook ander eienskappe het soos Regverdig, Heilig, Almalgtig ens. En ons mag nie een karakter eienskap belangriker ag as die ander nie want dan neem ons weg van God se karakter en kan ons Hom nie ten volle ken nie. God is Heilig en haat die sonde want Hy weet dit verwoes Sy mense (Hy haat nie die sondaar nie). Daarom kon slegs die hoëpriester in die Allerheiligste in gaan nadat bloed gesprinkel is om vir sy eie en die volk se sondes te betaal. Die priester het self klokkies aan die onderkant van hul mantel vas gemaak en ‘n tou om hul lyf en met vrees en bewing die Allerheiligste in gegaan (Eks 28:33). As hy nie heilig in God se oë was nie sou hy dan sterwe. Die klokkies was ‘n aanduiding dat die hoëpriester nog lewe en indien dit vir ‘n lang tyd stil was het die mense buite geweet die persoon is dood en het hom dan met die tou uit die Allerheiligste getrek.

Dus om in die vroëer jare in God se teenwoordigheid te kom was ‘n groot storie, baie rituele moes plaasvind en baie werke moes gedoen word. Maar Jesus het as Hoëpriester vir ons gekom en finaal die sondelas betaal deur Sy bloed en die voorhangsel tussen die Heiligste en Allerheiligste verskeur (Mat 27:51) sodat ons met vrymoedigheid na God se genadetroon kan kom en intiem met Hom wees, sodat ons in Sy teenwoordigheid kan wees (Heb 10:19).

God is ook almomteenwoordig en kan elke oomblik intiem by elkeen van ons wees. Deur God se Gees is ons nie as weeskinders agter gelaat nie (Joh 14:18).

Hoekom ken ons nie God intiem nie?
Maar baie van ons besef nie wat dit is om intiem geken te word nie. Ons weet nie hoe dit werklik is om ander intiem te ken nie. Miskien sit jy ook nou hier en besef dat niemand in jou lewe jou werklik persoonlik ken nie: dat jou man, jou ouers, vriende of familie nie werklik bemoeienis maak om die innerlike diepte van jou te ken nie, jou wese, emosies en behoeftes te verstaan nie. Miskien was jou ouers nie baie betrokke in jou lewe en het nie werklik persoonlike aandag aan jou gegee nie. Daarom is dit ook vir ons moeilik om te verstaan dat God ons intiem wil ken. Dit maak ons selfs bang as ons daaraan dink.

Ons voel ook dat ons eers perfek moet wees voordat ons na God kan gaan. Die satan lieg vir ons om te sê dat ons te vuil en vol sonde is om voor God te verskyn, want hy weet as ons na God toe gaan soos ons is God ons kragtig sal aanraak en verander. Maar God wil reeds hê dat ons net soos ons is, met al ons sondes, vuilheid en seer voor Hom moet verskyn want ons kan nie ons self verander nie en dit is net in Sy teenwoordigheid en wanneer ons met Hom tyd spandeer (net soos ons is) dat God ons kan genees en verander. Wanneer ons ‘n ontmoeting het met God word ons verander soos Paulis op die Damaskus pad en ook al die ander gelowiges in die Bybel.

Baie keer doen ons ook soos die priesters eerder net al die werke in die Heiligste eerder as om in Allerheiligste in te kom omdat ons bang is. Ons dink ons werke sal opmaak by God en ons aanvaarbaar maak vir Hom. Maar Hosea 6:6 sê: “Ek verwag liefde eerder as offers, toewyding aan My eerder as brandoffers.”

Kennis is nie genoeg nie:
As ek van ‘n huis hou en ek begin die bou van die huis en die argitek van die huis te bestudeer kan ek al die kennis op doen van die gebou, die argitek – waarvan hy hou en nie hou nie maar dit beteken nie dat ek die argitek persoonlik ken nie. Daar is ‘n verskil tussen om van iemand te weet en om hom/haar werklik persoonlik te ken. Ken jy God persoonlik of het jy slegs kennis van Hom?

Om God intiem en persoonlik te ken moet ons heel eerste Jesus Christus aangeneem het as ons Verlosser en alleen op Hom vertrou vir ons redding. Dit help nie net dat ons glo in Jesus Christus nie. Die demone glo ook en hulle sidder van angs (Jak 2:19). As ‘n man en vrou trou en dus ‘n persoonlike intieme verhouding binne tree, vra die dominee nie of hulle in mekaar glo nie maar of hul mekaar aanneem as man en vrou. Dus moet ons ook Jesus Christus die Seun van God aanneem as ons Verlosser en Saligmaker (Joh 4:24).

Tweedens moet ons gevul wees met die Heilige Gees (1 Kor 2:10). Dit is nie moontlik om intiem en persoonlik met God te wees deur ons menslike kennis nie. Ons menslike verstand kan dit nie begryp nie en sal ons verhoed om persoolik met God te wees. Ons moet dus daagliks vir die Heilge Gees vra om ons vol te maak en te lei.

Derdens moet ons ‘n behoefte en begeerte hê om God intiem te ken (Jer 29:13).

Vrugte (optrede) van persoon wat nie ten volle glo dat God intiem met hul wil wees:
Soms as mens ‘n sekere aspek bespreek dink ons dat ons nie werklik ‘n probleem in die area het nie terwyl ons egter wel kan groei daarin. Hierdie afdeleing is hier sodat jy introspeksie kan doen en kan opweeg of jy werklik God as intiem en persoonlik in jou lewe ervaar.

Verkeerde en ongesonde optredes (vrugte) kom van verkeerde denkpatrone en geloofoortuigings (wortels). In hierdie geval sal dit verkeerde geloofsoortuigings wees van God en Sy intieme betrokkenheid in jou lewe.

Mar 7:21: Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.

Mat 12:33-35: Julle moet òf die boom goed maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken. Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond. Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.

Dus, as ons goeie dinge doen, is daar goeie dinge in ons hart maar die slegte dinge wat ons doen ontstaan as gevolg van die slegte dinge in ons hart. Maw elke slegte optrede, gewoonte of lewenswyse het ‘n slegte wortel in ons hart.

Sp 4:23: Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.

Die volgende kan ‘n paar moontlike vrugte wees van ‘n persoon wat nie glo dat God met hom/haar persoonlik en intiem wil wees:
• Gevoel van eensaamheid
• Gevoel van alleenheid
• Voel dat jy self moet veg om iewers in die lewe te kom
• Voel dat jy alleen die verandwoordelikheid moet dra vir die pligte en uitdagings in jou lewe
• Bang om tot God te nader
• Stiltetyd dood of groei vind nie plaas
• Beleef nie sommer God se teenwoordigheid nie
• Beleef nie God se liefde
• Glo nie God wil met jou praat of sukkel om Sy stem te hoor
• Sukkel om persoonlik en intiem met ander mense te wees

My vraag aan jou vandag is: ken jy God werklik intiem of kom jy net na Hom uit plig of omdat jy iets nodig het? Het jy ‘n behoefte om God intiem te ken, persoonlik met Hom te wees, Sy stem te hoor en Sy vriend te wees soos Moses Sy vriend was. Deut 23:29 verklaar dat: “ if you will seek (inquire for and require as necessity) the Lord your God, you will find Him if you (truly) seek Him with all your heart (and mind) and soul and life.

Maak dit jou eie: God is persoonlik
Oordenkingsvrae?
1. Hoe was jou verhouding met jou ouers toe jy klein was?
2. Was hul betrokke in jou lewe?
3. Het jy persoonlik met hul gesels oor die dinge in jou lewe (intieme dinge ingesluit)?
4. Het jou ouers jou opgebou met mooi woorde van aanvaarding?
5. Het jou ouers jou ooit warm liefde bewys, vas gehou en gedruk?

Vrugte (optrede) van persoon wat nie ten volle glo dat God intiem met hul wil wees:
Die volgende kan ‘n paar moontlike vrugte wees van ‘n persoon wat nie glo dat God met hom/haar persoonlik en intiem wil wees:
• Gevoel van eensaamheid
• Gevoel van alleenheid
• Voel dat jy self moet veg om iewers in die lewe te kom
• Voel dat jy alleen die verandwoordelikheid moet dra vir die pligte en uitdagings in jou lewe
• Bang om tot God te nader
• Stiltetyd dood of groei vind nie plaas
• Beleef nie sommer God se teenwoordigheid nie
• Beleef nie God se liefde
• Glo nie God wil met jou praat of sukkel om Sy stem te hoor
• Sukkel om persoonlik en intiem met ander mense te wees

Lees:
Joh 1:1; Heb 1:3
Die leuen: “God is net soos my pa (of ouers)”
Die waarheid: “God is presies soos Hy Hom in Sy Woord openbaar.” “God is oneindig wyser en liefdevoller as wat enige aardse pa ooit kan wees.” “God is altyd daar vir my (Jehovah Shammah).”

Opdrag:
Dink bietjie aan hoe jou en jou ouers (veral pa) se verhouding was. Hoe het jy in die verlede en dalk nog vandag oor jou self gevoel binne jou en jou pa se verhouding? Wat het jy van jouself beging glo agv jul verhouding? Hoe het dit joun gedagtes oor God se betrokkenheid en gevoellens teenoor jou begin beinvloed? Lys dan die gedagtes wat jy oor jouself begin glo het asook die gedagtes oor God en soek die waarheid oor God en jouself in die Woord maw vervang die leuen dan met die waarheid. Byvoorbeeld:

Gedagtes & siening van God Waarheid

Maak seker dat jy gedurig deur hierdie waarhede vir jouself herhaal sodat jou gedagtes vernuwe kan word en jy anders kan optree.

Vergewe ook jou ouers as hul ongeregtig teenoor jou opgetree sodat genesing kan plaas vind.

Bid dat:
1. God jou moet help om te kan onderskei tussen die leuen en die waarheid.
2. Die Heilige Gees binne in jou herhinneringe en gevoelens moet kom en jou genees van enige seer in die verlede.
3. God Sy beeld van Homself binne in jou sal herstel.
4. God persoonlik vir jou sal wees.

Lofprysing:
1. Verklaar aan God dat jy daarna smag om Hom persoonlik, intiem en as jou Vader te ken. Sê vir Hom in jou eie woorde hoe jy oor Hom voel.
2. Sit ‘n bekende aanbiddingsliedjie op en dans voor die Here. Beeld die woorde van die liedjie deur jou liggaamsbewegings uit. Om te dans is ‘n taal.

Skrif om te bestudeer:
Heb 12:9-10, Jes 41:10
Jos 1:9, Mat 28:20
2 Kor 6:16, Ps 16:11

HOU VAN JOUSELF – DIT IS ‘N OPDRAG!

Lees: Mar 12:30-31, Ps 8:4-7, Gen 1:26-27 en 1 Sam 16:7

Wat beteken dit om nie van jouself te hou nie?
Hoe jy jouself sien is soos ‘n foto wat jy in die beursie van jou hart saam jou rond dra.

Een van die grootste probleme wat meeste mense het is dat hul diep binne in hulself nie werklik van hulself hou nie. Nie almal is egter ewe veel bewus van hul eie gevoellens teenoor hulself nie. Hierdie gevoellens is egter in hul onderbewussyn en beinvloed hul vreugde, lewenslus, verhoudings (ook met God), uitkyk op die lewe, uitleef van hul roeping en hul optredes. Dit is onmoontlik om met ander mense vrede te hê, hul te aanvaar en oor die weg te kom met hulle as jy nie eers hierdie emosies teenoor jouself koester nie.

Wanneer jy nie vrede het met jouself sal jy dalk dinge sê soos: ‘ek haat hierdie ding omtrent myself, ek wens ek kan dit aan my verander, ek sal eers gelukkig wees as hierdie ding van my verander.’

Jy sal dalk soos volg voel: waardeloos, onaanvaarbaar en dat ander mense nie werklik van jou kan hou, onveilig in verhoudings en dat ander mense jou gaan verwerp of seer maak, dat die mense in jou lewe ander dinge belangriker as jy beskou en dat jy almal se tweede keuse is, onseker van jouself en jou waarde vir ander.

Jy hou nie van hoe jy lyk, wat jy doen en wie jy is. Jy sal jou graag ten alle kostes wil verander.
Jy voer die hele tyd ‘n stryd binne in jou wat veroorsaak dat jy nie vrede kan ervaar nie maar eerder jouself veroordeel, analiseer en kritiseer. Sommige mense hou ‘n deurlopende rekord van al hul foute wat veroorsaak dat hul voordurende skuld en veroordeling leef. Jy sal jou self opmeet teenoor ander en minderwaardig voel teenoor hulle.

Jy mag dalk dink dat jy nie belangrik is vir God en dat Hy nie ‘n plan met jou lewe het nie, dat jy nie iets waardevol vir hierdie wêreld kan bied nie.

Mense wat nie vrede het met hulself en onseker voel oor hulself moet 24/7 hoor dat hul geliefd is, mooi is, slim is …..ens. Mense wat in ‘n verhouding is met ‘n onseker persoon spandeer al hul tyd om hul maat oortuig te hou van sy/haar waarde. Sulke verhoudings kry gewoonlik baie swaar en kan nie alles wees wat God beplan het dit moet wees nie.

Hoekom is dit belangrik dat jy van jou self moet hou?

Dit is ‘n opdrag van God aan ons (Mar 12:31). God se opdragte vir ons is nie beperkend nie maar beskermend – dit is goed vir ons. God wil hê ons moet reg voel oor ons self sodat ons reg kan voel oor ander mense en dan die regte verhouding met Hom sal hê.
As ons ons self kritiseer, kritiseer ons God se handewerk asook Sy beeld. Lees Gen 1:27.
God het ons lief en wil hê dat daardie liefde ons heel moet maak en dan deur ons vloei na ander toe. Soos ons met ons self handel sal ons ook met ander handel. Die hoeveelheid verdraagsaamheid, liefde, aanvaarding, geduld of genade wat ons vir ons self het sal ons ook vir ander hê. Jy kan nie iets weggee wat jy nie het nie.
Ons kan nie ‘n vreugdevolle, oorwinnings en oorvloedige lewe geniet sonder ‘n gesonde liefde vir ons self. As ons konstant besig is om sleg te voel oor ons self kan ons nie ter selfde tyd vreugde ervaar nie. Die Bybel verklaar dat God wil hê dat ons die lewe moet geniet en ons kan dit nie doen as ons nie ons self geniet nie (Joh 10:10). Jy is die een persoon waarvan jy nooit kan af weg kom nie, nie eers vir ‘n sekonde nie. As jy nie begin om jouself te geniet en te waardeer nie gaan jy verseker ‘n aaklige lewe leef.
Ons sal nie geliefd voel nie. As ons ons self nie lief het en van ons self hou nie sal ons nie maklik kan glo dat ander ons lief het en van ons hou nie.
Ons sal nie ons self kan wees en die roeping op ons lewe tot eer van God kan uitleef nie. As ons net op die slegte in ons lewe fokus sal ons nooit die mooi wat God in ons geplaas het raak sien nie, nooit die God gegewe gawes en talente ontdek nie en nooit die God gegewe drome en doel in ons lewe bereik nie. Die duiwel gebruik ‘self haat’ om ons te verlam sodat ons nie kragtige wapens in God se hande kan wees nie (Joh 14:12).
As ons voordurend alles identifiseer wat fout is met ons trek dit ons aandag af van Jesus. Sulke optrede kan ons so besig hou dat ons nie God kan ontmoet en Hom kan ervaar nie.

Hoekom hou jy nie van jou self nie?

Hoe jy ander mense se optrede, liefde en aanvaarding van klein tyd ervaar, het ‘n direkte invloed op hoe jy oor jou self voel. Ander se optrede moet nie ons waarde bepaal nie maar satan mislei ons om te glo dat hoe ander ons behandel ons waarde aandui. God het ons waardevol gekape. Ons is wie ons is as gevolg van Jesus se werke aan die kruis en oor niks wat ons kan doen of nie doen nie. Ons is ‘worthy’ punt! Ons moet ons waarde in God soek en nie in ander se optrede nie.
Baie keer is ons siening van ons self gebaseer op ons optrede. Meeste van ons se optredes is nie konstant goed nie, ons almal maak foute. As jy jou waarde gaan opmeet teenoor wat jy doen sal jy nooit konstant goed voel oor jouself: jy hou nie van wat jy doen nie en hou ook daarom nie van jou self nie. Ons moet besef dat ons onvolmaakte mense is wat foute maak en dat dit nie ons waarde bepaal nie. ‘n Dwelmverslaafde is nie minder waardevol omdat hy dwelms gebruik nie, net so ook nie jy agv die foute wat jy maak.
Ons besef nie God se liefde vir ons nie. Ons besef nie wie God ons geskape het om te wees nie. Ons besef nie wat se plan en doel God met ons lewe het nie. Ons moet ons waarde in God soek wat die ware bron is wat vir ons kan wys hoe waardevol en spesiaal ons werklik is.
Die media stel vir ons ‘n verkeerde beeld van wat ‘n waardevolle persoon is. Ons moet uiterlik aantreklik wees, so maer, soveel liggaamsvet, soveel spiere, soveel geld, soveel diplomas ens. Ons sal nooit aan hierdie standaarde voldoen nie. Hierdie is mens gemaakte standaarde en waardeloos. Meeste van hierdie standaarde verander ook konstant. Dit laat geen nalatenskap agter en ek glo dit is ook nie op God se prioriteitslys nie.

Wat kan ek doen sodat ek op ‘n gesonde manier van myself sal hou?

Bid en vra God om jou oë oop te maak sodat jy sal besef hoe kosbaar jy vir Hom is. Wanneer jy jou waarde in God besef sal jy jou eie talente, gawes en roeping begin begryp. Jy sal God se doel met jou lewe begin uitleef tot Sy eer (Jak 1:5). God het jou lief en dit is al wat tel. Ander se optredes en opinies mag hiervan verkil maar dit het geen gewig nie. God weet alles, het alles geskape en wat Hy sê IS!
Moet nie toelaat dat ander se optredes jou waarde bepaal nie. God het jou waardevol gekape. Jy is wie jy is as gevolg van Jesus se werke aan die kruis. Daar is niks wat jy kan doen om jou waarde meer te maak nie en niks wat jy kan doen om dit minder te maak nie. Soek jou waarde in God (1 Kor 2:5). As ander jou afbreek, soek die waarheid by God en vra Hom om jou te verander soos Hy wil.
Moenie jouself voordurend analiseer en kritiseer nie. Koester vrede teenoor jouself ten alle kostes (1Pet 3:11). Alhoewel ons moet reflekteer oor ons lewe en toelaat dat die Heilige Gees ons moet oortuig van plekke waar ons moet groei en verander om meer soos Jesus te word, moet ons nie ons self afbreek.
Omhels (embrace) / roem in jou swakhede. Wanneer jy swak is, is God sterk in jou (2 Kor 12:10). Wanneer jy op jou einde kom kan God groot dinge in en deur jou doen. Wanneer jy roem in jou swakhede maak dit jou vry en kan satan jou nie meer sleg laat voel daaroor.
Moet nie toelaat dat jou optrede jou waarde bepaal nie. Ons moet besef dat ons onvolmaakte mense is wat foute maak en dat dit nie ons waarde bepaal nie. Kom eerder nes jy is na God toe, met al jou foute en vra Hom om jou te verander (Fil 1:6).
As jy foute maak vra dadelik onvergifnis vir God. Glo dan dat Hy jou vergewe het en kies ook om jouself dan te vergewe. Moet nie skuld en veroordelings gevoellens teenoor jouself koester nie. God doen nie (1 Joh 1:9).
Moenie jouself met ander vergelyk nie. As God meer as een van ‘n persoon wou gehad het sou Hy almal dieslefde gemaak het. Maar Hy het elkeen individueel geskape omdat Hy een soos jy wou gehad het. Wees daardie persoon!!
Moet nie toelaat dat die media vir jou ‘n verkeerde beeld stel van wat ‘n waardevolle persoon is. Hierdie opinies verander voordurend, is onmoontlik om te bereik en het geen ewigheidwaarde nie. Op die ou end van die dag beteken dit niks en is dit ook nie op God se prioriteitslys nie (Mat 6:19).
Maak ‘n besluit dat jy meer respek vir jouself sal hê. Al is jy nie waar jy graag wil wees, besluit om jou eie beste vriend te wees, wie jy is te geniet en te waardeer terwyl jy oppad is na wat jy graag wil wees.
Dank God vir wie jy is en hoe Hy jou geskape het. Kies om die mooi in jou raak te sien en dank God daarvoor. Dank God ook vir die dinge wat Hy belowe in Sy Woord wat Hy nog sal doen (2 Kor 3:18).
Sê elke dag vir jouself hardop dat jy lief is vir jouself en jouself aanvaar nes jy is. Hoe meer jy dit hoor hoe meer sal jy dit glo en hoe meer sal jy so begin lewe (Rom 10:17).
Gee alles wat jy voel fout is met jou vir God. Vra Hom om dit te vernader as dit nodig is en los dit dan by Hom. Vertrou God hiervoor.
Gebruik elke deel van jou liggaam en wie jy is tot eer van God. Gee veral die dele waarvan jy nie hou en sê vir God dat jy dit wil gebruik om Hom te verheerlik.
Moenie moet opgee nie. ‘Keep on keeping on.’ Moet nie moet op gee as dinge swaar raak of wanneer jy foute maak. Staan op en gaan aan waar jy laas opgehou het. ‘n Wedloop word nie voltooi deur nooit te stap of te rus nie maar deur nie op te gee nie.

Waarop lood dit uit?
Wanneer jy onvoorwaardelik van jou self beging hou sien jy jouself soos God jou sien, jy voel oor jou self soos God oor jou voel en jy het die lewens ideale wat God vir jou het. Met ander woorde: jy is oortuig jy is waardevol, aanvaarbaar en veilig wat dit is wat God jou gemaak het om te wees. Jy het vrede met jouself. Jy reflekteer oor jou lewe maar gaan na God met jou foute sodat Hy jou kan verander. Jy weet jy is nie noodwendig waar jy moet (of wil) wees geestelike, fisies, emosioneel of met jou ideale nie maar geniet die reis oppad na wat God jou geskape het om te wees.

Opdrag
• Maak vir oulaas ‘n lys van alles waarvan jy nie van jouself hou, alles wat jy graag sal wil verander van jouself en gee dit eens en vir altyd een vir een Jesus.
• Plaas dit by Jesus se voete neer en vra Hom om dit te verander indien dit nodig is, anders om jou te help om daarmee vrede te maak indien dit nie hoef te verander nie.
• Vra Jesus dat jy sal leer om van jouself te hou soos Hy van jou hou en jouself deur Sy oë te sien.
• Loof God vir hoe Hy jou geskape het. Ontdek elke dag iets wat mooi is binne/van jou en loof Vader daarvoor. Gebruik dit om Hom te verheerlik.
• Gebruik elke dag jou liggaamsdele (veral die dele waarvan jy nie so baie hou) om God te verheerlik. Verklaar aan Hom dat jy ook die dele sal gebruik om Sy Naam te verheerlik (wanneer jy dan weer negatief daaroor wil voel verklaar hardop dat jy nie sleg sal voel oor jouself maar nou kies om God in dit te verheerlik).
• Vra God om ‘n swak selfbeeld oor jou lewe te breek en Sy Heilige Gees oor jou uit te stort sodat Hy totaal en al oor elke deel van jou lewe beheer sal neem.
• Vra God dat Hy Sy plan vir jou lewe aan jou sal openbaar en in werking sal bring.