in Christus

Rom 3:24 en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

Rom 6:3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?

Rom 6:11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.

Rom 6:23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

Rom 8:1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Rom 8:2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

Rom 8:39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

Rom 12:5 so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.

1Co 1:4 Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is,

1Co 1:30 Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.

1Co 15:22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;

2Co 1:21 Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God,

2Co 2:14 Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.

2Co 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

2Co 5:19 naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.

2Co 12:2 Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede—of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit—dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel.

Gal 2:16 terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.

Gal 3:14 sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.

Gal 3:17 Maar ek sê dít: die wet wat vier honderd en dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte tot niet te maak nie.

Gal 3:26 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;

Gal 3:27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

Gal 3:28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.

Gal 5:6 Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.

Eph 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,

Eph 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,

Eph 2:6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,

Eph 2:7 sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.

Eph 2:10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Eph 2:13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

Eph 3:6 dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie

Eph 4:32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

Phi 3:3 Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie;

Phi 3:9 en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;

Phi 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

Phi 4:7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

1Th 4:16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

1Ti 3:13 Want die wat goed gedien het, verkry vir hulle ‘n eervolle plek en veel vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.

2Ti 1:9 wat ons gered en geroep het met ‘n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is,

2Ti 2:1 Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is;

1Pe 5:10 En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!

WIE IS JY?


Die dinge wat ons doen bepaal nie wie ons is nie. Dit wat ons glo van ons self bepaal wat ons doen en hoe ons lewe.

Wat glo jy van jouself? Dat jy depresief is? Dat jy ‘n sondaar is? Dat jy ‘n mislukking is?

Kyk wat staan in die Bybel oor ons wat glo in Jesus Christus as ons Verlosser:
Iemand wat aan Christus behoort is ‘n nuwe mens. Die oue is verby die nuwe het gekom (2 Kor 5:17)

Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo (Joh 1:12)

Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondigre bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie (Rom 6:6).

Jy mag dalk nou dink dat die skrif nie op jou van toepassing is nie. Wel, God tref nie onderskeid nie en dit is vir ALMAL wat in Jesus Christus glo.

God se Woord is nie waar omdat ons dit glo nie. Die Woord van God is en bly waar, irrelevant of ons dit glo of nie. Sy Woord is waar en daarom moet ons dit glo!

Soveel gelowiges probeer om die ou sondige self neer te lê (dood te maak) maar misluk elke keer. Hoekom? Want die ou self is alreeds dood! Ons kan nie vir ons self doen wat God alreeds vir ons gedoen het nie.

Baie Christene vra wat se belewenis of gebeurtenis moet hul ervaar voordat hul hierdie lewe sal leef, hierdie nuwe mens in Christus kan wees of oorwinning sal ervaar. Die enigste gebeurtenis wat plaas moet vind het ALREEDS 2000 jaar gelede tydens die Kruisdood van Jesus Christus gebeur. Die enigste manier hoe ons in die ervaaring kan beweeg is deur GELOOF! Ons moet kies om die waarheid te glo en dan moet ons daarvolgens lewe deur geloof.

Dit is soos ‘n straatkind wat se miljoenêr oom oorlede is en al die geld aan die straatkind nalaat. Die waarheid is dat hiedie kind nou ‘n miljoenêr is, of hy dit nou glo of nie. Hierdie kind moet nou net die goeie nuus hoor en glo, na die bank gaan, die geld trek en daarvolgens begin lewe.

So is dit ook met ons. Ons moet hoor en glo wat Cjristus vir ons aan die kruis gedoen het en dan daarvolgens lewe.

Moenie probeer om iemand te word wat jy alreeds is nie!

Dit is egter belangrik om te besef dat die wet van die sonde en dood nogsteeds in werking is.

Hoe kan ek dan lewe as ‘n nuwe mens in Christus vry van sonde? Deur die wet van die Gees van die lewe. Kom ons verduidelik dit as volg: kan ons as mense vlieg deur ons eie krag? Nee want die wet van gravitasie sal ons gebonde laat bly hier op aarde. Maar ons kan vlieg as ons onsself vereenig met ‘n krag groter as grawitasie. Solank as wat ons in die vliegtuig bly en funksioneer volgens daardie krag kan ons vlieg. Die oomblik as ons egter uit die vliegtuig klim sal ons baie vinnig agterkom dat die wet van gravitasie nogsteeds in werking is.

Solank as wat ons volgens die leiding van Heilige Gees lewe sal ons nie die begeertes van die vlees vervul nie (Gal 5:16). Maar die oomblik as ons nie meer afhanklik is van God nie en ons kies om deur die vlees te wandel sal ons misluk. Die oomblik wat ons glo dat ons deur ons eie kragte sukses kan behaal vaal ons alreeds. Ons kan sonde en die wereld slegs oorwin deur ‘n Krag groter as dit self: die krag van God ons Vader, die Heilige Gees.

Ons moet dus weet wie ons is in Christus, dit glo, vir God konstant vra vir hulp en dan deur die krag van die Heilige Gees lewe.

WIE EK IN CHRISTUS IS:
Ek is aanvaar….
· Ek is ‘n kind van God (Joh 1:12)
· As ‘n dissipel is ek ‘n friend van Jesus (Joh 15:15)
· Ek is geregverdig/verskoon (Rom 5:1)
· Ek is verenig met die Here en ek is een met Hom in gees (1Kor 6:17)
· Ek is gekoop met ‘n prys en behoort aan God (1Kor 6:19-20)
· Ek is ‘n lid van Christus se liggaam (1Kor 12:27)
· Ek is uitverkies deur God en aangeneem as Sy kind (Ef 1:3-8)
· Ek is vrygekoop/verlos en vergewe van al my sondes (Kol 1:13-14)
· Ek is volmaak in Christus (Kol 2:9-10)
· Ek het direkte toegang tot die troon van genade deur Jesus Christus (Heb 4:14-16)

Ek is vielig….
· Ek is vry van veroordeling (Rom 8:1-2)
· Ek is versekerd dat God in elke omstandigheid alles ten goede laat meewerk vir my (Rom 8:28)
· Ek is vry van enige veroordeling wat teen my gebring word en ek kan nie geskei word van die liefde van God (Rom 8:31-39)
· Ek is gevestig, gesalf en verseël deur God (2Kor 1:21-22)
· Ek is versteek saam met Christus binne in God (Kol 3:1-4)
· Ek is versekerd dat God die goeie werk wat Hy in my begin het sal voltooi (Fil 1:6)
· Ek is ‘n burger van die hemel (Fil 3:20)
· Ek is nie ‘n gees van vrees gegee nie maar van krag liefde en selfbeheersing (2Tim 1:7)
· Ek is gebore uit God en die duiwel kan nie aan my raak nie (1Joh 5:18)

Ek is waardevol….
· Ek is ‘n loot van Jesus Christus wat die ware wynstok is en ‘n kanaal van Sy lewe (Joh 15:5)
· Ek is uitgekies en aangestel om vrugte te dra (Joh 15:16)
· Ek is God se temple (1Kor 3:16)
· Ek is versoen met God, ‘n dienaar van versoening van God (2 Kor 5:17-21)
· Ek sit saam met Jesus in die hemel (Ef 2:6 )
· Ek is God se handwerk/maaksels (Ef 2:10)
· Ek kan God nader met vrymoedigheid en vertroue nadir (Ef 3:12)
· Ek kan alles doen deur Christus wat my krag gee (Fil 4:13)

http://www.youtube.com/get_player