POSITIEWE TAAL

Deur Riaan Pienaar van e-kerk

Esther voel dat haar man nie in haar persoonlike en emosionele behoeftes voorsien soos wat sy gedink het gaan gebeur in die huwelik nie.

Sy wil graag haar man sover kry om in haar behoeftes te voldoen. Sy begin nou om tegnieke te gebruik wat instinktief kom. Tegnieke wat ons almal dink gaan help en van tyd tot tyd gebruik.

Daar is ‘n lekker Engelse woord vir die subtiele stryd wat nou ontstaan. Die “power struggle”. Dit is stryd om my huweliksmaat te verander dat hy moet wees soos ek hom wil hê. Hierdie gedrag kom onbewustelik.

Ons begin eers neul of kerm oor goed wat ons graag wil hê ons maats moet anders doen. Ons begin ook gebruik maak van kritiek.

Wanneer ons sien dat kritiek nie werk nie dan begin ons gebruik maak van afkoopgedrag.

Afkoopgedrag is die stel van voorwaardes: “As jy dit doen dan sal ek dit doen.”

Dan begin ons met dreigemente en later begin ons maats te straf.

Die punt is natuurlik dat geen van hierdie tegnieke enige verandering teweeg bring in ons maats nie en hulle wel eerder miskien wegstoot. Niemand het nog ooit verander as gevolg van sulke gedrag nie.

Jou maat probeer om uit jou pad te bly.

Wanneer jy dus graag wil hê iets moet verander. Beskryf dit as ‘n optrede wat jy graag verander wil hê. Moet dus nie jou maat se persoonlikheid of karaktertrek beskryf nie: “Ek wens jy wil meer liefdevol wees.” Beskryf eerder wat jy gedoen wil hê aan jouself as ‘n bewys van liefde. Vra dus vir ‘n verandering van gedrag.

Kom ons neem nog ‘n voorbeeld. Moenie sê: “Ek wens jy wil minder slordig wees.” Dit is ‘n persoonlikheidseienskap. Party mense se slordig en netheid verskil van ander mense. Nee beskryf eerder net die gedrag wat jy verander wil hê. Sê vir hom: “Die handdoek lê nog op die vloer, sal jy dit in die mandjie gooi.”

Miskien glimlag jy nou meewarig en dink by jouself dat dit sal nie gebeur nie. Waarskynlik nie. Miskien gebeur dit wel wanneer jy dreigemente gebruik, maar stelselmatig dryf julle egter van mekaar weg en moet jy jou tegnieke verskerp om veranderde gedrag te kry.

Onthou eerder om volgende keer gebruik te maak van ‘n kompliment indien dinge gebeur soos jy daarvan hou.

Dankie vir die wasgoed wat jy ingegooi het. Dankie vir die skottelgoed wat jy gewas het .

Bestudeer jou maat en kyk na die dinge wat hy vir jou doen en maak opmerkings daaroor en spreek jou dank uit. Kortom skep ‘n atmosfeer van waardering.

Dan gaan jou versoeke om gedragsverandering nie op dooie ore val nie.

Indien jy probleme ervaar in jou huwelik en graag met iemand wil gesels kan jy Jonanda Burger, ’n Christelike Berader by 082 922 5081 skakel.

RAAK ONTSLAE VAN BITTERHEID

Deur Jonanda Burger

Is jy al ooit seer gemaak deur jou eggenoot/e? Indien wel, is daar ‘n moontlikheid dat jy kwaad gevoelens en bitterheid teenoor jou hom/haar voel.

Wat gaan jy met hierdie sterk emosies doen wat lyk of dit nie wil weg gaan nie?

Daar is twee negatiewe en een positiewe manier om te reageer wanneer jy kwaad en bitter voel:

Onuitgesproke kwaad is wanneer jy die kwaad gevoelens binne in jou hou en toelaat dat dit broei. Wanneer ons dit doen word die bitterheid soos ‘n kwaadaardige kanker want stadig maar seker jou lewe vernietig. Dit bereik niks goeds nie.

Dan is daar onbeheersde kwaad wat uitbarstings is van jou gevoelens. Soos ‘n ontploffing verwoes dit alles in sy omtrek. So ‘n uitbarsting is soos ‘n emosionele hartaanval wat permanente skade kan berokken. Dit bereik niks goeds nie.

Daar is ‘n beter manier: gee die gevoelens oor aan God. Dit begin deur vir jouself te sê: “ek is vreeslik kwaad, bitter en seer oor wat my eggenoot/e aan my gedoen het. Maar ek sal nie toelaat dat sy/haar verkeerde optrede my vernietig nie en ek sal ook nie probeer om hom/haar te vernietig nie. Ek sal my eggenoot/e oorgee aan God wat regverdig is. Ek sal ook my bitterheid oorgee aan God.”

Dan, bely teenoor God dat jy kwaad gevoelens binne in jou het en dat jy bitter is. Vra God om die seer, bitterheid en kwaad weg te vat en jou te genees. Vra God om jou te help om jou eggenoot te vergewe soos wat God jou vergewe.

Indien nodig, vind ‘n berader of betroubare Christelike vriend/in wat jou kan help om jou eggenoot vry te spreek. Vergewe en spreek jou eggenoot/e vry. Dit sal jou huwelik vry maak, herstel en jou help om voluit te lewe.

Bely dan jou bitterheid teenoor jou eggenoot/e en vra onvergifnis.

Paulis sê in Rom 12:17 vergeld niemand kwaad vir kwaad nie;

Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.

Maak nie saak hoe seer jou eggenoot/e jou gemaak het nie, dit is nie jou verantwoordelikheid om hom/haar te straf nie. Jou eggenoot moet vergelding doen oor sy/haar sonde teenoor God. Verbale aanvalle bereik geen konstruktiewe doel. Maar om die beste vir jou maat te wil hê, wat die Bybel liefde noem, het groot potensiaal vir baie goeie dinge.

Indien jy verbitterd voel of met kwaad gevoellens sukkel is jy welkom om my te kontak vir hulp. 082 922 5081

5 Stappe om konflik in jou huwelik op te los

Konflik is algemeen in alle huwelike. Neem twee selfsugtige mense met verskillende agtergronde en persoonlikhede. Voeg nog slegte gewoontes by, ‘n klomp verwagtings en maak dit nog meer warmer met daaglikse uitdagings. Raai wat? Jy sal definitief konflik beleef. Dit is onvermydelik.

Aangesien alle huwelike konflik beleef is die vraag nie hoe om die konflik te voorkom nie maar hoe om konflik op te los.

Die volgende stappe kan gevolg word om konflik in die huwelik op te los:

Ken, aanvaar en pas aan by jou maat se verskille:

Teenoorgesteldes trek mekaar aan. Dit is hoekom jy met jou maat getrou het. Die andersheid in hom/haar het jou aangetrek. Maar nadat mens trou verander hierdie aangetrokkenheid baie keer in die dinge wat mens af sit.

Dit is belangrik om hierdie verskille in jou maat te verstaan en dan om dit te aanvaar en daarby aan te pas. Net soos Adam God se geskenk van Eva aanvaar het, word jy ook geroep om God se geskenk vir jou te aanvaar. God het jou ‘n maat gegee wat jou aanvul op maniere wat jy nog nie eers besef nie.

Vernietig selfsugtigheid:

Al die verskille tussen jou en jou maat word vergroot omdat dit voed op die grootste bron van konflik – ons selfsugtige, sondige natuur.

Die antwoord tot selfsugtigheid kan gevind word in Jesus en Sy Woord. Hy het ons gewys dat in plaas daarvan dat jy eerste wil wees moet jy laaste wees. In plaas daarvan dat jy bedien wil word moet jy ander bedien. In plaas daarvan dat jy jou lewe wil behou moet jy dit verloor. Jy moet jou maat lief hê soos jy jouself lief het. In kort, as jy selfsugtigheid wil oorwin moet jy op gee, oor gee en alles gee!

Jaag jou maat na:

As mens in vrede met jou maat wil lewe moet mens vrede najaag. Dit beteken dat jy die inisiatief moet neem om konflik op te los eerder as om te wag dat jou maat die eerste stap neem. Dit beteken jy sal jou eie seer, kwaad en bitterheid een kant moet sit en die vrede moet najaag.

Liefdevolle konfrontasie:

In plaas daarvan om jou maat aan te val, te kritiseer en te blameer moet jy jou maat met liefde en genade nader wanneer jy oor ‘n saak wil praat.

Ondersoek jou motivering, jou houding en die omstandighede. Bespreek net een saak op ‘n slag en fokus op die probleem en nie die persoon nie. Probeer jou maat te verstaan en luister aandagtig wat hy/sy sê.

Vergewe:

Maak nie saak hoe hard twee mense probeer om mekaar lief te hê en tevrede te stel nie, hul sal mekaar teleurstel. Saam met teleurstelling kom pyn. En die enigste volkome verligting vir pyn is vergifnis.

Die sleutel tot ‘n oop, intieme en gelukkige huwelik is om vir vergifnis te vra en om vergifnis vinnig aan te bied. En die moontlikheid om dit te doen hang af van elke persoon se verhouding met God. Hoe meer ons besef hoe God ons volkome vergewe, wat Hy vir ons gedoen het en dat Hy dieselfde van ons verwag hoe makliker sal die proses geskied.

Vergifnis beteken om die wraak, kwaad en behoefte om te straf op te gee. Jy maak die ander persoon vry deur ‘n besluit te neem – ‘n keuse te maak.

Ons hoop:

Maak nie saak hoe moeilik dit is om deur konflik in die huwelik te werk nie, jy kan altyd vas hou aan God se beloftes. God sê nie alleenlik dat Hy jou moeite en handewerk sal seën nie maar dat Hy ‘n doel vir elke moeilikheid en versoeking het (1Pet1:6-7).

God se doel vir konflik is om jou geloof te toets, om uithouvermoë te bewerkstellig, om jou meer soos Jesus te maak en glorie aan Homself te bring. Dit is die hoop wat God ons gee: dat jy jou konflikte kan benader asof dit ‘n geleentheid is om jou geloof te versterk en aan God eer te bring.

Jesus liefde: jonanda

Bron:

Rainey, D. Staying Close. Thomas Nelson Publishers.

Indien jy hulp of ondersteuning nodig het in hierdie area van jou lewe of in jou huwelik kan jy my gerus skakel by 082 922 5081 vir ‘n afspraak.

‘n Lewe van tevredenheid-1

‘n Lewe van tevredenheid-1

Lees Fil 4:10-14: Ek was baie bly in die Here dat julle na so ‘n lang tyd weer gewys het dat julle nog aan my dink. Nie dat julle my ooit vergeet het nie, julle het net nie die kans gehad om iets te doen nie. Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Nietemin het julle goed gedoen deur my in my moeilike omstandighede by te staan.

Wat weet ons van Paulus se situasie toe hy hierdie brief geskryf het:
Paulus het hierdie brief aan die Filippense geskryf toe hy in die tronk was. Hy was dag en nag bewaak deur ‘n wag. Paulus kon nie die werk doen waarvoor hy lief was nie, hy kon nie sy passie uitleef nie, hy kon nie sy gunsteling kos eet nie, hy kon nie die avontuur van die lewe geniet nie, hy kon nie die mense waarvoor hy lief was gesien en tyd met hulle spandeer het nie ens. Maar tog herhaal hy 16 keer in hierdie brief dat die Christen bly moet wees. Hierdie brief is die mees verblydende en oorwinnende brief uit al die briewe wat Paulus geskryf het.

Hy verklaar ook dat hy in sy omstandighede binne die tronk nie gebrek ly nie want hy het geleer om in elke omstandigheid tevrede te wees terwyl hy al hierdie dinge kort kom.

Wat beteken dit om tevrede te wees? Wat is tevredenheid?
Wikipedia definieer contentment as (also called complacence) the neuro-physiological experience of satisfaction and being at ease in one’s situation.

Tevredenheid word in die Afrikaanse woorde boek beskryf as voldoening, bevrediging, genoegdoening, voldaanheid en versadig. Om te ontvang wat mens nodig het of wil hê.

Dit is egter belangrik om te besef dat as mens tevredenheid wil bereik mens die korrekte definisie van die woord tevredenheid moet het. Die wêreld het ons geleer dat tevredenheid bereik word deur dit te bekom wat mens graag wil hê. Hoe meer mens besit hoe meer tevrede is ‘n mens, hoe meer situasies is soos wat mens dit wil hê hoe meer tevrede is ‘n mense, hoe meer mense optree soos ons wil hê hoe meer is mens tevrede. As dit die waarheid is oor hoe om tevredenheid te bereik het ek baie slegte nuus vir ons almal: ons sal nooit tevrede kan wees nie, altyd voel of ons gebrek lei en ontevrede deur hierdie lewe gaan.

Tevredenheid begin nie met ‘n gevoel nie maar ‘n keuse wat mens maak, ‘n mindset wat ‘n tevrede gevoel mettertyd tot gevol sal hê. As ons die Bybel bestudeer kan mens die ware definisie van tevredenheid vind. Die Amplified Bybel beskryf contentment as satisfaction to the point where I do not feel disturbed or disquieted in whatever state I find myself in.

My definisie van ware tevredenheid is nie om alles te besit wat jy graag wil besit nie, dat alles is soos wat jy dit graag wil hê nie of dat mense optree soos jy wil hê hulle moet nie maar om tevrede te wees met dit wat jy het en hoe jou omstandighede is. Dit is die vermoë om jouself in elke situasie te verbly en vrede te ervaar.

Wat leer Filippense ons oor tevredenheid:
Tevredenheid moet aangeleer word (11):
die menslike natuur is om meer te wil besit en vir meer te strewe. Paulus wys ons daarop uit dat hy geleer het om in elke situasie tevrede te wees. Hier moet ons eerstens die ware definisie van tevredenheid leer volgens die Woord van God en tweedens moet ons dan aanleer om tevrede te wees. Wanneer ons gedagtes vernuwe word oor om tevrede te wees en ons besef dat dit nie begin by ‘n gevoel en bereik word deur alles te kry wat jy graag wil hê nie sal mens leer hoe om tevrede te wees in elke situasie.
Armoede en rykdom is gelykes in terme van uitdagings (13): die wêreld het ons geleer dat armoede ‘n erge uitdaging is en rykdom ‘n wonderlike seëning. 1Tim 6:17 verklaar: Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. Armoede en rykdom kan albei vernietigend wees vir die mens en ons moet soos Paulus leer om in oorwinning oor albei armoede en rykdom te leef sodat dit nie ons tevredenheid bepaal nie. 1Tim6:6-9 verklaar: Die godsdiens is ‘n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees. Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word.
Mens kan slegs deur die krag van Jesus Christus in elke situasie tevrede wees (13): ons kan nie deur ons eie vermoëns dit reg kry om tevrede in elke situasie te wees nie. Wêreld wyd groei die vlak van ontevredenheid daagliks al het ons soveel meer as wat die mens ‘n honderd jaar gelede oor die weg gekom het. Paulus sê dat hy het die geheim geleer van hoe om tevrede in elke situasie te wees (12 Amplified) en dit is dat hy tot alles in staat is deur die krag van Jesus Christus. Dus is elke Christen deur Jesus Christus se krag in staat om in elke situasie tevrede te wees. Of ons baie of min het om te eet of ons duursame label of no name gewone klere dra of ons mans ons romantiseer of nie of ons maer of vet is, in elke situasie kan ons tevrede wees.
Ontwikkel ‘n behoefte om ten alle tye tevrede te wees: alle verandering begin met ‘n behoefte om te verander. Niemand kan jou verander as jy nog nie wil verander nie. Nie eers God sal jou op Hom afdwing nie. Hy lei ons en druk dit op ons harte maar ons moet dit kies.
Bid en vra God: om jou te verander sodat jy nie meer sal begeer nie, dat jy sal leer om tevrede in elke situasie te wees en dat Hy jou ontevredenheid sal weg neem. Gebed is die krag wat alle verander te wee bring. Fil 4:6-7 verklaar: Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
Vergelyk die ware waarde van dinge (wat jy begeer) met die ware waarde van Jesus Christus en om Hom te ken: Fil 3: 7-11: Maar wat eers vir my ‘n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat ‘n mens in Hom glo. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. Paulus het besef dat alles in die lewe, selfs sy gawes, vermoëns en die werk wat hy doen nie kan vergelyk daarmee om Jesus Christus te ken en die ewige lewe te beërwe nie. Wanneer ons besef wat se waarde in Jesus Christus geleë is en wat se rykdom daar vir ons in Hom is sal alles anders ook vir ons waardeloos word. God het ons geskape om dinge te gebruik en mense lief te hê maar soveel mense gebruik mense en is lief vir dinge.
Ons moet ‘n Goddelike perspektief oor die lewe hê: ons moet dinge en situasies sien soos wat God dit sien en nie met ons menslike oë daarna kyk nie. Ons moet fokus op wat ons moet doen en nie wat ons wil hê of begeer nie.
Ons moet ‘n houding van dankbaarheid in neem: ons moet in elke situasie die dinge soek waarvoor ons dankbaar kan wees en nie fokus op die negatiewe en wat kort kom nie. Dus ons moet ons gedagtes in beheer neem. In plaas van ‘n kritiese gesindheid moet ons ‘n dankbare gesindheid in neem en fokus op alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig (Ef 4:8).
Moenie jouself met ander vergelyk nie: Paulus vergelyk homself nie met die Filippense wat nie in die tronk is of dalk beter af is nie. Hy aanvaar waar hy is en aanvaar ook ander mense se omstandighede. Wanneer ons onsself met ander begin vergelyk is wanneer die ontevredenheid ontstaan.

Vir volgende week:
• Soek nog skrif oor tevredenheid.
• Lees Ps 27:4, Ps 34:9-10, Ps 34:11, Ps 65:5, Ps 104:28.

Geesvervulde en gehoorsame lewe aan God wat Hom verheerlik

Wat is die sondige natuur:
Wanneer ons die Bybel bestudeer kan mens sien dat daar na die sondige natuur ook verwys word as die werke van die vlees of die vlees. Gal 5:19 verwys na die sondige natuur as: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Dit is alles wat teenoor die werke en wil van die Heilige Gees staan.

Die Amplified Bybel beskryf die sondige natuur as begeertes en drange of die menslike natuur sonder God.
John Piper beskryf die vlees as die deel van die mens wat behoeftes het (leegheid binne in self ervaar) en wat alle moontlike hulpbronne en kragte tot sy/haar beskikking buite / behalwe God gebruik om hierdie behoeftes te bevredig. Hy sê dit is die bewustheid van diepe begeertes en die idee om na God te gaan vir hulp of op Hom te vertrou om die begeerte te vervul, te verafsku en daarom die behoeftes deur eie kragte en hulpbronne te vervul. Eenvoudig gestel: dit is om behoeftes te bevrediging sonder God te doen.

Wat beteken dit dat jou lewe deur die Heilige Gees beheer word?
Dit beteken dat …
· Jy jou eie wil en begeertes neer lê en toelaat dat die Heilige Gees jou lei in wat reg en verkeerd is (Gal 6:16). Nie wat ek wil hê nie maar wat God wil hê, nie wat ek begeer nie maar wat reg is om te doen.
· Jy die vrug van die Heilige Gees in jou lewe dra (Gal 5: 22). Dus lewe jy nie meer in sonde nie maar in gehoorsaamheid aan God.
· Mens besef dat om die Christelike lewe te leef, het mens die bo natuurlike krag van God nodig. Ons kan dit nie deur ons eie krag lewe nie. Die Geesvervulde lewe is soos om ‘n wae aan ‘n stoomtrein te wees. Ons word getrek deur die stoomtrein op die spore om die wil van God te doen.
Dus, om deur die Gees van God beheer te word is die werk van God. Maar vir hierdie werk om plaas te vind moet ons dit baie graag wil hê. Ons eie wil hierin is baie belangrik. God sal nooit iets doen wat ons nie wil hê Hy moet doen nie! Ons moet dus verlang en smag daarna om deur die Heilige Gees beheer te word en nie deur ons sondige begeertes nie. Ons moet die sonde haat en vir God liewer word as vir die bevrediging van ons sondige natuur.

Hoe laat ek toe dat die Heilige Gees my lewe beheer?
· Ontwikkel ‘n behoefte om te sterwe aan sondes en gehoorsaam aan God te lewe.
· Erken dat jy nie sonder die Heilige Gees (God se krag) in oorwinning kan leef nie.
· Bid en vra God voortdurig om jou te help om deur die Gees beheer te word. Bid ook spesifiek vir elke area in jou lewe wat jy weet jy mee sukkel – waak en bid sodat jy nie in versoeking kom nie, die gees is gewillig maar die vlees is swak (Mat 26: 41).
· Glo en vertrou in God om jou oorwinning te gee deur Sy Gees. Glo ook in die beloftes van God om ryklik aan elkeen van ons behoeftes te voldoen in plaas daarvan om ons eie sondige begeertes onafhanklik van God te bevredig glo.
· Tree dan op of dit al so is.
· Dank die Heilige Gees voortdurend dat Hy jou help om jou sondige natuur te oorkom.
· Mediteer en bestudeer die Woord. Dit kweek geloof (Rom 10:17) en versadig jou siel.
· Kry elke dag jou hart tevrede in God. Wanneer jy tevrede is in God kort jy niks en sal jy ook nie ‘n behoefte kry om oor te gee aan versoekings nie.
· Besef wat wedergeboorte werklik beteken (Rom 1-3): wanneer ons besef dat Jesus aan die kruis vir ons die sonde oorwin het, die houvas van die sonde oor ons dood gemaak het en dat ons nou nuwe lewens in Hom het, sal mens radikaal anders begin lewe. Hoe meer mens tot hierdie besef kom hoe meer word ons verander om gelykvormig te word aan die beeld van Jesus (2Kor3:19).
· Hou gedagtes en lewe besig met die dinge van die Gees (Rom 8:5): waaraan ons dink beïnvloed ons optrede. As ons ons gedagtes die hele tyd besig hou met die dinge van die sondige natuur sal mens ook die begeertes van die sondige natuur bevredig. Maar as ons fokus, dink aan en ons self besig hou met die dinge van die Heilige Gees sal ons gelei en beheer word deur die Gees.
· Maak ‘n einde aan die sondige praktyke deur die Heilige Gees (Rom 8: 13): deur die Heilige Gees moet ons die dade van die sondige natuur dood maak. Hierdie is ‘n sleutel vir die Christelike lewe. Een manier om deur die Gees ons sondes dood te maak is om ons gedagtes te rig op die dinge van die Gees. So wat is die dinge van die Gees dan? 1Kor 2:13-14 verklaar dat die dinge van die Gees is die Woorde van God. Dit is nie menslike wysheid nie. Dus ons moet ons gedagtes rig op die Woord van God, die Bybel.

Voorbeeld van hoe ons ‘n einde maak aan ons sondige praktyke:
‘n Sendeling word gedwing om uit Tanzanië te wees binne die volgende 30 dae. Die man verklaar dat emosies van donkerheid en onbekende toekoms by hom wil op kom. Wat is die sondes wat dood gemaak moet word voordat dit die opper hand kry? Kwaad, mismoedigheid, self bejammering, ongeduld en geïrriteerdheid. So hoe maak mens hierdie sondes en die dade wat daaruit wil ontstaan dood? Die man verklaar dat hy aan die volgende waarhede vas hou: God is good, He is in control, He loves us more than we can comprehend, and He has plans to give us hope and future, plans to prosper us (Jer 29:11). Our spirits are understandably low, we are emotionally and physically exhausted. BUT “because of the Lord’s great love, we are not consumed, for his compassions never fail. They are new every morning” (Lam 3:22-23).

Gehoorsaamheid aan God: Vlees vs. Gees

Luister daarna op geesvervuld (8mb, 30 Min) (*Right Click Save As)

Die oorlog tussen die sondige natuur en die Gees van God
Lees Gal 5:16-18

As Christen weet ons dat God van ons verwag om gehoorsaam aan Sy wette te lewe. Tog sukkel ons so om die sondes in ons lewe te oorwin. Vers 16 is ‘n belofte dat wanneer jy jou lewe deur die Gees van God laat beheer dan sal jy nie swig voor jou sondige begeertes nie. Dit is ‘n wonderlike en kragtige belofte maar wat beteken dit om deur die Gees beheer te word? Hoekom is dit belangrik om deur die Gees beheer te word? Hoe kry ek dit reg om my lewe te laat beheer deur die Gees?

Voordat ons hierdie vra beantwoord is dit belangrik om eers te verstaan wat bedoel word met die sondige natuur. Wanneer ons die Bybel bestudeer kan mens sien dat daar na die sondige natuur ook verwys word as die werke van die vlees of die vlees. Gal 5:19 verwys na die sondige natuur as: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Dit is alles wat teenoor die werke en wil van die Heilige Gees staan.
Die amplified Bybel beskryf die sondige natuur as begeertes en drange / die menslike natuur sonder God.
John Piper beskryf die vlees as die ego /deel van die mens wat behoeftes het (leegheid / leemte binne in self ervaar) en wat alle moontlike hulpbronne en kragte tot sy/haar beskikking buite / behalwe God gebruik om hierdie behoeftes te bevredig. Hy sê dit is die bewustheid van diepe begeertes en die idee om na God te gaan vir hulp of op Hom te vertrou om die begeerte te vervul, te verafsku en daarom die behoeftes deur eie kragte en hulpbronne te vervul. Eenvoudig gestel: dit is om behoeftes bevrediging sonder God te doen.

Wat beteken dit dat jou lewe deur die Heilige Gees beheer word?
Dit beteken dat jy jou eie wil en begeertes neer lê en toelaat dat die Heilige Gees jou lei in wat reg en verkeerd is. Die Geesvervulde lewe is een wat gelei word deur die Heilige Gees en waarin jy die Gees volg. As die Gees ons lei sal ons nie oorgee aan sondige begeertes nie (v16).

Dit beteken ook dat jy die vrug van die Heilige Gees in jou lewe dra (v22). Dus lewe jy nie meer in sonde nie maar in gehoorsaamheid aan God. Dan kan Jesus deur jou lewe.

Maar dit is egter baie belangrik om te besef dat om die Christelike lewe te leef, het mens die bo natuurlike krag van God nodig. Ons kan dit nie deur ons eie krag lewe nie. Die Geesvervulde lewe is soos om ‘n wae aan ‘n stoomtrein te wees. Ons word getrek deur die stoomtrein op die spore om die wil van God te doen.

Om deur die Gees van God beheer te word is dus die werk van God. Maar vir hierdie werk om plaas te vind moet ons dit baie baie graag wil hê. Ons eie wil hierin is baie belangrik. God sal nooit iets doen wat ons nie wil hê Hy moet doen nie – God forseer nooit sy wil af op ons nie! Ons moet dus verlang en smag daarna om deur die Heilige Gees beheer te word en nie deur ons sondige begeertes nie. Ons moet die sonde haat.

Lei deur HG – God se werk
Dra vrug HG – God se werk
Strewe daarna – My werk

Hoekom is dit belangrik om deur die Heilige Gees beheer te word?
Ons leer uit vers 17 dat ons sondige natuur in oorlog is met wat die Gees wil hê. Dus ervaar alle Christene konflik van binne af. Christene is nie mense wat geen verkeerde begeertes beleef nie. Maar ‘n Christen is in persoon wat deur die Gees in oorlog is met daardie begeertes (John Piper). As Christen moet jy dus leer om daardie begeertes te haat. Maar as jy jou deur die Heilige Gees laat lei dan sal jy nie die begeertes van jou sondige natuur bevredig nie (v16). Hierdie is ‘n belofte. Dus as die Heilige Gees ons lei en beheer dan sal ons die sondige begeertes in ons lewe oorwin en nie toelaat dat dit ons beheer nie.

Tweedens, volgens vers 18, wanneer ons toe laat dat die Heilige Gees ons lewe beheer dan staan ons nie meer onder die wet nie. Dit beteken egter nie ons hoef nie die wet na te kom nie maar dat ons die krag van die Heilige Gees het om die wet na te kom. Dit kan soos volg voorgestel word: wanneer die Gees ons lewe beheer is gehoorsaamheid aan die wet soos om getrek te word deur hierdie stoom trein op die spore. Dit gebeur maklik. Maar wanneer ons dit deur ons eie krag die wet probeer na kom is dit soos om ‘n lang leer te klim. Dit is baie moeilike en amper onmoontlik.

Wanneer ons lewe deur die Gees van God beheer word, word die leegheid binne in ons wat al die begeertes veroorsaak, opgevul met die Heilige Gees, wat vrugte produseer.

•Leemte binne word vervul deur Gees
•Nie meer onder wet
•Oorwin sondes

Hoe laat ek toe / kry ek dit reg dat die Heilige Gees my lewe beheer?
Hierdie is die miljoen dollar vraag. Dit kan beantwoord word deur na die volgende verse te kyk:
Gal 5:6: “In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.”
Gal 3:23-24: “Voordat hierdie geloof gekom het, is ons deur die wet gevange gehou en bewaak totdat die tyd van die geloof sou aanbreek. Ons was dus onder die toesig van die wet totdat Christus sou kom, sodat ons deur te glo, vrygespreek sou word.”
Gal 3:5: “Hy wat julle met die Heilige Gees toerus en kragtig onder julle werk, doen Hy dit omdat julle die wet onderhou of omdat julle die evangelie glo?”
Gal 2:20: “en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.”

Ons moet in plaas daarvan om ons eie sondige begeertes te bevredig glo in die beloftes van God om ryklik aan elkeen van ons behoeftes te voldoen. Dit is wanneer ons dus kies om te glo dat ons nuut is en die Gees ons krag gee om ons sondige begeertes te oorkom in plaas daarvan om ons oor te gee aan ons begeertes en dit self te bevredig. Kom ek verduidelik dit met ‘n voorbeeld: ek gaan deur ‘n stresvolle tyd, eks gejaag en voel ek kan almal wat voor my kom verskeur, ek voel bang en onveilig, ek het ‘n behoefte om te ooreet om veilig te voel en te ontvlug. Om volgens die vlees te wandel sal ek oorgee aan die sondige begeertes en doen wat my behoeftes is. Maar wanneer ek toelaat dat die Gees my beheer sal ek glo in die beloftes van God vir my situasie soos byvoorbeeld dat God vir my voorspoed beplan en nie teëspoed nie, ‘n toekoms en ‘n verwagting. Dat ek niks hoef te vrees nie want God is by my en sal my nooit verlaat nie. God sal aan my oorwinning gee. Wanneer ek deur die Gees gelei word kies ek om op God te vertrou. Ek kyk met Geestelike oë na my situasie en nie met vleeslike gevoelens nie. Dan word my behoeftes deur die Gees vervul en ek het geen begeerte om oor te gee aan my sondige drange nie.

Wanneer ek kies om bg. te doen hou ek my hart gelukkig en tevrede in God. Ons wandel volgens die Gees wanneer ons harte in die beloftes van God rus. En ons harte rus in God wanneer ons ‘n lewe van geloof in God en Sy beloftes lewe. Om dus in die Gees te wandel is om die geveg van geloof te veg en die beloftes van God voor ons oë te hou. Dit is om met geestelike oë na elke situasie, uitdaging en behoefte te kyk en nie met vleeslike oë en gevoelens op te tree nie. Maar geloof kan net kom om die Woord van God aan te hoor (Rom 10:17) en as ons dus volgens die Gees wil wandel moet ons mediteer op die Woord van God.

George Muller verklaar dat die nommer een ding waaraan hy aandag gee is nie om God se werk te doen of Hom te verheerlik nie maar om homself eers te kry dat sy siel, innerlike mens, gelukkig en tevrede is in die Here. Dit is hoe mens toe laat dat die Gees jou lei: om jou hart gelukkig te kry in God.

•Mediteer op Woord
•Siel versadig
•Siel gelukkig in God
•Geloof
•Vrugte

Jy is gebore vir die onmoontlike!

Jesus se wandel op aarde:
Joh 1:14: “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.”

Tydens Jesus se tyd op die aarde was Hy 100% God maar het Hy gekies om al Sy Goddelike kragte en vermoëns neer te lê om volle mens te word. Dus het Jesus geen bonatuurlike vermoëns gehad nie, Hy het dit neergelê om sodoende met die selfde beperkings te lewe as wat die mens beleef nadat hul verlos is. Jesus sê in Joh 5:19: “Dít verseker Ek julle: Die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen; wat die Vader ook al doen, doen die Seun ook net so.

Jesus is die perfekte voorbeeld vir elkeen van ons wat die uitnodiging sal aanvaar om die onmoontlike in Sy Naam te doen. Hy het wonderwerke, tekens en die onmoontlike as ‘n gewone man in die regte verhouding met God gedoen. Dan verklaar Hy in Joh 14:12-13: “Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.
As Jesus hierdie wonders gedoen het omdat Hy God was sou dit onmoontlik vir ons gewees het om dieselfde te doen as Hy. Vêrder sou dit onredelik van Jesus wees om dit ook van ons te verwag. Maar as Jesus dit as gewone mens gedoen het, is ek verantwoordelik om Sy leefstyl na te volg.
Heb 4:15 verklaar: “Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie.” As Jesus dan Sy Goddelike kragte behou het sou Hy nie werklik met ons versoekings, moeilikhede, probleme en ongeloof kan medelye hê nie maar omdat Hy alles ervaar en deurgemaak het as normale mens kan Hy werklik hierdie medelye hê met ons. Jesus weet hoe dit voel om verwerp te word, iemand naby aan jou te verloor, versoekings te beleef en selfs om afhanklik van God te gewees het om die onmoontlike deur Hom doen.
Die verskil van Jesus se menswees met ons sin is dat Hy nooit gesondig het nie en dat Hy totaal en al afhanklik was van die krag van die Heilige Gees wat deur Hom gewerk het.

Wat van jou?
En 1Joh 2:6: sê: “Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.”
As ons werklik in Christus is moet ons lewe soos Hy gelewe het. Hoe het Jesus gelewe? Hy het die mense om Hom innig lief gehad en omgegee vir hulle, Hy het siekes gesond gemaak, Hy het die behoeftes en situasies van mense met bonatuurlik insig hanteer, Hy het kragtig in die lewens van ongereddes gespreek, Hy het die behoeftes van mense bevredig deur hul na die Koninkryk van God te lei. Jesus gee ons die opdrag om ook soos Hy te lewe. As Hy dan van ons verwag om die selfde dinge as Hy te doen hier op aarde sal Hy ons ook oprig en bekwaam maak om soos Hy te lewe en te doen wat Hy gedoen het. En omdat Jesus as mens wonderwerke gedoen het uit God se krag, bemoedig Hy ons ook aan om dieselfde te doen, om alles te beryp wat die Vader deur ons wil doen, om gehoorsaamheid en geloof in God toe te pas, net soos Hy het.

Die rede hoekom God jou nie saam met Hom geneem het toe jy wedergebore is nie is omdat jy die goddelike opdrag het om die onmoontlike te betree. Bill Johnson argumenteer dat die realiteit van die Christelike lewe moet gemeet word aan die impak van die onmoontlike. Hy verklaar dat ons as Christene dit hierdie wêreld verskuldig is om God se krag hier op aarde bekend te maak. Ek stem saam met hom, ons wêreld is honger en dors na iets groter as hulself, hul verlang na God en Sy almagtigheid, hal smag daarna om die God se grootheid te sien en te beleef sodat hul kan glo.

Soveel meer as ons uit God se krag lewe:
In Mar 16:17 staan daar: “Die volgende wondertekens sal voorkom by dié wat glo: in my Naam sal hulle bose geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat; met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets drink wat dodelik giftig is, sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word.”
In hierdie wêreld is ons geleer om deur ons eie krag deur moeilike situasies en uitdagings te druk. Maar werke wat nie gelei word deur die Heilige Gees nie loop uit op sweet, frustrasie en mislukking. Probeer ons met al ons energie om die wêreld te oortuig van ‘n God wat groter is as enige uitdaging of moeilikheid? Probeer ons verniet om God se liefde aan mense te openbaar?

Jesus het ‘n wonderlike model om verlorenes te bereik, geïllustreer. Hy het nie redenasies gebruik om mense te oortuig nie maar het deur bonatuurlike openbarings en krag (die Heilige Gees) mense tot die waarheid gelei, bv. die Samaritaanse vrou by die put waardeer sy en die hele dorp tot bekering gekom het.
Is ons so ‘sterk en kragtevol’ dat ons nie vir God kans gee om deur ons te werk nie? Soos Paulis in 1Kor2:3-5 moet ons ook besef dat ons nie deur ons eie krag en oortuiging mense kan bekeer nie maar alleenlik deur die krag van God. Ons moet ook plek maak vir God se Gees om God se krag en natuur deur ons bekend te maak. Hoekom wil ons net doen wat alle mense van alle gelowe kan doen?
Die Gees van die opgestane Jesus Christus lewe in jou en Hy wil deur jou Sy krag hier op aarde bekend maak! Glo jy? Kom daar wondertekens in jou lewe voor?

Wat verhoed jou om die onmoontlike te betree?
Hoe kan ons lewe soos Jesus gelewe het en doen wat Hy hier op aarde gedoen het?
Joh 14:14: “Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.”
· Glo dat Jesus vir jou aan die kruis betaal het vir jou sondes en aanneem as jou Verlosser: jy moet alleenlik op die werk van Jesus Cjristus aan die kruis staat maak vir jou verlossing. Glo dat omdat jy op Sy werke vertrou en in verhouding met Hom is jy Hemel toe gaan. Dit maak ons navolgelinge van Jesus en dus ook Sy dissipels wat moet lewe soos Hy gelewe het (Joh 3:16).
· Hart vir verlorenes ontwikkel: as ons oor verlore mense voel soos wat Jesus en God voel sal ons alles moontlik wil doen om hul die waarheid te wys. God doen wonderwerke om mense te oortuig van die Evangelie, Sy krag en liefde. Ons moet die instrument wees waardeer God dit kan openbaar aan ‘n verlore wêreld.
· Geloof in wat God kan, wil en sal doen: ons geloof moet wees in God en dit wat Hy belowe in Sy Woord. Ons moet nie twyfel in dit wat God kan doen nie, ons moet ook nie dink God kan maar wil nie. Ons moet oortuig wees van God se karakter en wie Hy is.
· Afhanklikheid van God: ons moet besef ons kan nie sonder God enige iets doen nie. Ons moet ‘n afhanklik houding teenoor God kweek om deur ons te werk. Ons moet toelaat dat die Heilige Gees ons lei in elke situasie en dus moet ons in Jesus bly om vrugte te dra (Joh 15:5).
· Lewe om eer aan God te bring: ons moet nie lewe om self raak gesien te word nie maar dat mense God se Gees in ons sal raak sien en sodat daar eer aan Sy Naam gebring kan word. God doen wonderwerke om eer aan Sy eie naam te bring en om Sy liefde aan die mensdom te wys, Hy deel nie Sy glorie met enige mens nie. Ons kan maar daarvan vergeet om die onmoontlike te leef as ons dit vir verkeerde redes wil doen. Daarom moet ons altyd met nederige harte God soek.

Skrif:
Hand 1:8: “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.”

Rom 8:1-13

Luister daarna op Romeine8.WMA (9mb, 35 Min) (*Right Click Save As)

Geregverdig daarom maak ons ‘n einde aan ons sondige praktyke:
Word ons opgeroep om sondeloos te lewe sodat ons geregverdig kan word of omdat dit die manier is wat geregverdigde, vrygesproke Christene lewe?

Voordat ons ‘n einde wil maak aan die sondes wat ons doen, is dit belangrik om te besef hoekom ons as Christene die sondes moet dood maak. Dit is nie om die ewige lewe te verkry nie. Ons kan nie deur ons eie werke vrygespreek en in die hemel kom nie. Ons kan nie deur op te hou sondes doen geregverdig word voor God nie (Jak 2:10). Dit is reeds omdat ons uit genade, in geloof deur Jesus se perfekte werk aan die kruis vrygekoop en regverdig is, dat ons sondeloos wil en kan begin lewe (2Kor5:21). Wilberforce verklaar: “Christianity is a scheme for justifying the ungodly” [Rom 4:5], by Christ’s dying for them when yet sinners [Rom 5:6-8], a scheme for reconciling us to God – when enemies [Rom 5:10]; and for making the fruits of holiness the effects, not the cause, of our being justified and reconciled.”

‘n Lewe wat dus deur die Heilige Gees gelei word, is ‘n teken van die vryspraak van God. A.g.v. God se vryspraak wil ons nou en begin ons nou sondeloos lewe, begin ons nou oorlog verklaar teen die sondes en word ons elke dag heiliger en heiliger. Daar kan nie vryspraak wees sonder dat dit uitloop op heiligmaking nie.

Dus, die strewe om sondeloos te lewe is ‘n nagevolg van wat Christus alreeds vir ons gedoen het. “Right standing with God comes before right doing for God” (1-2). Dit is onmoontlik om ‘n sonde te oorwin wat nog nie vergewe is nie. Maar wanneer ons besef al ons sondes is vergewe deur ons geloof in Jesus Christus se werke vir ons aan die kruis kan en wil ons ook hierdie sondes begin oorwin deur die krag van die Heilige Gees. As vrygespreekte Christene kan ons nie anders as om oorlog te verklaar teen ons sonde nie.

Hoekom is dit nodig om ‘n einde te maak aan ons sondige praktyke:
Ons moet ons sondes dood maak anders sal ons sondes ons dood maak. Die dinge van die sondige natuur loop uit op die dood (6). Om ons sondige natuur te bevredig mag vir ‘n oomblik goed voel maar loop op die lang duur uit op gevangenskap, vestings bindings en dood. Byvoorbeeld verslawing wat vir ‘n oomblik die seer verdoof of ontvlug maar op die lang duur groter seer en slawerny veroorsaak.

Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou is vyandskap teenoor God (7). God haat die sonde. Hy haat nie ons wat sonde doen nie maar dit wat die sonde aan ons, Sy geliefde kinders doen.

Ons kan nie ons sondige natuur bevredig en ter selfde tyd die wil van God doen nie (8). Ons kan net die een of die ander doen. Ons moet kies.

As ons lewe deur die sondige natuur laat beheer gaan ons die dood tegemoet (13). As ons nog nie ‘n behoefte het om ons sondige natuur te wil dood maak nie besef ons dalk nog nie werklik wat by die wedergeboorte van ‘n Christen gebeur nie. As ons werklik besef dat ons dood is vir ons sondige natuur en lewe vir Christus, dat dit Hy is wat deur ons lewe sal ons nie anders kan as om ons sondige natuur neer te lê en beheer te word deur die Heilige Gees.

Hoe oorwin ons ons sondige natuur volgens Rom 8:
Besef wat wedergeboorte werklik beteken (1-3): wanneer ons besef dat Jesus aan die kruis vir ons die sonde oorwin het, die houvas van die sonde oor ons dood gemaak het en dat ons nou nuwe lewens in Hom het, sal mens radikaal anders begin lewe. Hoe meer mens tot hierdie besef kom hoe meer word ons verander om gelykvormig te word aan die beeld van Jesus (2Kor3:19).
Hou gedagtes en lewe besig met die dinge van die Gees (5): waaraan ons dink beïnvloed ons optrede. As ons ons gedagtes die hele tyd besig hou met die dinge van die sondige natuur sal mens ook die begeertes van die sondige natuur bevredig. Maar as ons fokus, dink aan en ons self besig hou met die dinge van die Heilige Gees sal ons gelei en beheer word deur die Gees. ‘n Goeie voorbeeld hiervan in die Bybel is in 2Sam11 waar David as koning op die oorlogsveld saam met sy manskappe moes wees maar tuis gebly het en versoek is met Batseba. As hy besig was met die dinge waarmee hy besig moes wees sou hierdie versoeking dalk nie oor sy pad gekom het nie en sou hy as dit het, dit kon weerstaan.
Maak ‘n einde aan die sondige praktyke deur die Heilige Gees (13): deur die Heilige Gees moet ons die dade van die sondige natuur dood maak. Dus deur die Gees moet ons ons sondes dood maak. Hierdie is ‘n sleutel vir die Christelike lewe. Een manier om deur die Gees ons sondes dood te maak is om ons gedagtes te rig op die dinge van die Gees (5). So wat is die dinge van die Gees dan? 1Kor 2:13-14 verklaar dat die dinge van die Gees is die Woorde van God, gespreek deur die apostels en geleer deur die Heilige Gees. Dit is nie menslike wysheid nie. Dus ons moet ons gedagtes rig op die Woord van God, die Bybel. In Ef 6:17 verklaar Paulus dat in ons geveg teen die bose moet ons die helmet van verlossing en die swaard van die Gees, wat die Woord van God is, opneem. Met al die wapenrusting wat ons moet aansit in ons stryd teen die bose is die enigste offensiewe wapen waarmee ons kan dood maak, die swaard van die Gees – die Woord van God – die Bybel.

Paradoks?
So ons elkeen moet die sondes in ons lewe dood maak maar ons moet dit deur die Heilige Gees doen. Dus ons doen dit maar op so ‘n wyse dat dit Hy is wat dit doen. Om die Christelike lewe te lewe kan nie sonder God se krag gebeur nie.

Hoe bring ons dan die Heilige Gees in werking sodat Hy die sondes kragtige kan dood? Gal 3:5 vra Paulus of Hy wat vir ons die Heilige Gees gegee het en wonderwerke verrig dit doen deur werke of deur geloof? M.a.w. hy vra of die Heilige Gees in ons lewe werk deur werke of geloof. En die antwoord is baie duidelik: nie deur werke nie maar deur in geloof die waarheid aan te hoor. Die Heilige Gees kom en werk kragtig in ons lewens en vernietig sondes nie net deur geloof nie maar om die Waarheid in geloof aan te hoor en te aanvaar. Wanneer die Woord van God – die Swaard van die Gees – aangehoor en geglo word, beweeg die Heilige Gees om die sonde kragtige dood te maak.

M.a.w. die konneksie tussen jou en die Heilige Gees is die Woord van God en geloof. Dit is soos ‘n muurprop en die prop: wanneer die prop van ons geloof in die muurprop van God se Woord gedruk word, vloei die Heilige Gees. En wanneer Hy vloei vernietig Hy sondes.

Vêrder, ons maak sondes dood op die selfde manier as wat ons gered word. Ef 2:8-9 sê dat ons deur genade gered is en nie uit ons eie krag nie, dit is ‘n geskenk van God, nie as ‘n resultaat van ons eie werke nie sodat niemand kan spog nie. Deur geloof en nie werke nie, word ons regverdig deur God. En geloof nie werke nie, is die manier waarop die Heilige Gees die sondes in ons lewe vernietig.

Ons sal nooit die behoefte aan geloof ontgroei nie. Ons begin ons Christelike wandel deur geloof in God se geskenk van geregtigheid en loop die oorwinningspad van die heilige lewe deur geloof in die werke van die Heilige Gees.

Voorbeeld van hoe ons ‘n einde maak aan ons sondige praktyke:
‘n Sendeling word gedwing om uit Tanzanië te wees binne die volgende 30 dae. Die man verklaar dat emosies van donkerheid en onbekende toekoms by hom wil op kom. Wat is die sondes wat dood gemaak moet word voordat dit die opper hand kry? Kwaad, mismoedigheid, self bejammering, ongeduld en geïrriteerdheid. So hoe maak mens hierdie sondes en die dade wat daaruit wil ontstaan dood? Die man verklaar dat hy aan die volgende waarhede vas hou: God is good, He is in control, He loves us more than we can comprehend, and He has plans to give us hope and future, plans to prosper us (Jer 29:11). Our spirits are understandably low, we are emotionally and physically exhausted. BUT . . . “because of the Lord’s great love, we are not consumed, for his compassions never fail. They are new every morning” (Lam 3:22-23).

‘n Vrou wat graag gewig wil verloor het ‘n slegte dag beleef en word versoek om ongesonde kos te eet of te eet terwyl sy nie werklik honger is nie. Wat is die sondes wat dood gemaak moet word voordat dit die opper hand kry? Draai na kos vir ontferming i.p.v. na God, gebruik nie haar liggaam as ‘n werktuig vir geregtigheid nie, mismoedigheid en self bejammering. So hoe maak mens hierdie sondes en die dade wat daaruit wil ontstaan dood? Die vrou verklaar en hou vas aan die volgende waarhede: ek is meer as ‘n oorwinnaar deur Jesus Christus wat my lief het (Rom 8:37), ek sal nie swig voor hierdie sondige begeertes nie maar sal my laat beheer deur die Heilige Gees (Gal 5:16), kos is nie werklik ‘n ‘comfort’ nie, dit sal net tydelik my seer verdoof, ek sal na God draai want Hy bevredig elkeen van my behoeftes (Fil 4:19) en ontferm homself oor my (Jes 30:18). Ek sal die Woord van God eet want dit versadig my (Jes 55:2). Hierdie vrou moet dan ook dadelik haarself besig hou (dade) met die dinge van die Gees soos Bybels lees en waarhede glo, aanbiddingsmusiek luister asook bid om die versoeking te weerstaan.

Ons moet die sonde uit trek en die Gees aantrek!

Jy is gebore vir die onmoontlike!

Jesus se wandel op aarde:
Joh 1:14:
“Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.”

Tydens Jesus se tyd op die aarde was Hy 100% God maar het Hy gekies om al Sy Goddelike kragte en vermoëns neer te lê om volle mens te word. Dus het Jesus geen bonatuurlike vermoëns gehad nie, Hy het dit neergelê om sodoende met die selfde beperkings te lewe as wat die mens beleef nadat hul verlos is. Jesus sê in Joh 5:19: “Dít verseker Ek julle: Die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen; wat die Vader ook al doen, doen die Seun ook net so.

Jesus is die perfekte voorbeeld vir elkeen van ons wat die uitnodiging sal aanvaar om die onmoontlike in Sy Naam te doen. Hy het wonderwerke, tekens en die onmoontlike as ‘n gewone man in die regte verhouding met God gedoen. Dan verklaar Hy in Joh 14:12-13: “Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.
As Jesus hierdie wonders gedoen het omdat Hy God was sou dit onmoontlik vir ons gewees het om dieselfde te doen as Hy. Vêrder sou dit onredelik van Jesus wees om dit ook van ons te verwag. Maar as Jesus dit as gewone mens gedoen het, is ek verantwoordelik om Sy leefstyl na te volg.

Heb 4:15 verklaar: “Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie.” As Jesus dan Sy Goddelike kragte behou het sou Hy nie werklik met ons versoekings, moeilikhede, probleme en ongeloof kan medelye hê nie maar omdat Hy alles ervaar en deurgemaak het as normale mens kan Hy werklik hierdie medelye hê met ons. Jesus weet hoe dit voel om verwerp te word, iemand naby aan jou te verloor, versoekings te beleef en selfs om afhanklik van God te gewees het om die onmoontlike deur Hom doen.
Die verskil van Jesus se menswees met ons sin is dat Hy nooit gesondig het nie en dat Hy totaal en al afhanklik was van die krag van die Heilige Gees wat deur Hom gewerk het.
Wat van jou?
En 1Joh 2:6: sê: “Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.”
As ons werklik in Christus is moet ons lewe soos Hy gelewe het. Hoe het Jesus gelewe? Hy het die mense om Hom innig lief gehad en omgegee vir hulle, Hy het siekes gesond gemaak, Hy het die behoeftes en situasies van mense met bonatuurlik insig hanteer, Hy het kragtig in die lewens van ongereddes gespreek, Hy het die behoeftes van mense bevredig deur hul na die Koninkryk van God te lei. Jesus gee ons die opdrag om ook soos Hy te lewe. As Hy dan van ons verwag om die selfde dinge as Hy te doen hier op aarde sal Hy ons ook oprig en bekwaam maak om soos Hy te lewe en te doen wat Hy gedoen het. En omdat Jesus as mens wonderwerke gedoen het uit God se krag, bemoedig Hy ons ook aan om dieselfde te doen, om alles te beryp wat die Vader deur ons wil doen, om gehoorsaamheid en geloof in God toe te pas, net soos Hy het.
Die rede hoekom God jou nie saam met Hom geneem het toe jy wedergebore is nie is omdat jy die goddelike opdrag het om die onmoontlike te betree. Bill Johnson argumenteer dat die realiteit van die Christelike lewe moet gemeet word aan die impak van die onmoontlike. Hy verklaar dat ons as Christene dit hierdie wêreld verskuldig is om God se krag hier op aarde bekend te maak. Ek stem saam met hom, ons wêreld is honger en dors na iets groter as hulself, hul verlang na God en Sy almagtigheid, hal smag daarna om die God se grootheid te sien en te beleef sodat hul kan glo.

Soveel meer as ons uit God se krag lewe:
In Mar 16:17 staan daar: “Die volgende wondertekens sal voorkom by dié wat glo: in my Naam sal hulle bose geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat; met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets drink wat dodelik giftig is, sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word.”
In hierdie wêreld is ons geleer om deur ons eie krag deur moeilike situasies en uitdagings te druk. Maar werke wat nie gelei word deur die Heilige Gees nie loop uit op sweet, frustrasie en mislukking. Probeer ons met al ons energie om die wêreld te oortuig van ‘n God wat groter is as enige uitdaging of moeilikheid? Probeer ons verniet om God se liefde aan mense te openbaar?

Jesus het ‘n wonderlike model om verlorenes te bereik, geïllustreer. Hy het nie redenasies gebruik om mense te oortuig nie maar het deur bonatuurlike openbarings en krag (die Heilige Gees) mense tot die waarheid gelei, bv. die Samaritaanse vrou by die put waardeer sy en die hele dorp tot bekering gekom het.
Is ons so ‘sterk en kragtevol’ dat ons nie vir God kans gee om deur ons te werk nie? Soos Paulis in 1Kor2:3-5 moet ons ook besef dat ons nie deur ons eie krag en oortuiging mense kan bekeer nie maar alleenlik deur die krag van God. Ons moet ook plek maak vir God se Gees om God se krag en natuur deur ons bekend te maak. Hoekom wil ons net doen wat alle mense van alle gelowe kan doen?
Die Gees van die opgestane Jesus Christus lewe in jou en Hy wil deur jou Sy krag hier op aarde bekend maak! Glo jy? Kom daar wondertekens in jou lewe voor?

Wat verhoed jou om die onmoontlike te betree?
Hoe kan ons lewe soos Jesus gelewe het en doen wat Hy hier op aarde gedoen het?
Joh 14:14: “Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.”
· Glo dat Jesus vir jou aan die kruis betaal het vir jou sondes en aanneem as jou Verlosser: jy moet alleenlik op die werk van Jesus Cjristus aan die kruis staat maak vir jou verlossing. Glo dat omdat jy op Sy werke vertrou en in verhouding met Hom is jy Hemel toe gaan. Dit maak ons navolgelinge van Jesus en dus ook Sy dissipels wat moet lewe soos Hy gelewe het (Joh 3:16).
· Hart vir verlorenes ontwikkel: as ons oor verlore mense voel soos wat Jesus en God voel sal ons alles moontlik wil doen om hul die waarheid te wys. God doen wonderwerke om mense te oortuig van die Evangelie, Sy krag en liefde. Ons moet die instrument wees waardeer God dit kan openbaar aan ‘n verlore wêreld.
· Geloof in wat God kan, wil en sal doen: ons geloof moet wees in God en dit wat Hy belowe in Sy Woord. Ons moet nie twyfel in dit wat God kan doen nie, ons moet ook nie dink God kan maar wil nie. Ons moet oortuig wees van God se karakter en wie Hy is.
· Afhanklikheid van God: ons moet besef ons kan nie sonder God enige iets doen nie. Ons moet ‘n afhanklik houding teenoor God kweek om deur ons te werk. Ons moet toelaat dat die Heilige Gees ons lei in elke situasie en dus moet ons in Jesus bly om vrugte te dra (Joh 15:5).
· Lewe om eer aan God te bring: ons moet nie lewe om self raak gesien te word nie maar dat mense God se Gees in ons sal raak sien en sodat daar eer aan Sy Naam gebring kan word. God doen wonderwerke om eer aan Sy eie naam te bring en om Sy liefde aan die mensdom te wys, Hy deel nie Sy glorie met enige mens nie. Ons kan maar daarvan vergeet om die onmoontlike te leef as ons dit vir verkeerde redes wil doen. Daarom moet ons altyd met nederige harte God soek.

Skrif:
Hand 1:8: “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.”

OM GOD INTIEM TE KEN

Eph 1:17-19 bid ek dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid gee en Hom aan julle so openbaar dat julle Hom werklik kan ken, verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;

Hoe sien jy God?
Jou siening van God en Sy betrokkenheid in jou lewe beïnvloed elke aspek van wie jy is. Elke deel van jou lewe – begeertes, motiewe, houdings, woorde en aksies – word beïnvloed deur jou persepsie van wie God is. Elke probleem wat ek en jy ervaar kan direk gekoppel word aan ‘n onakkurate/verkeerde siening wat ons van God het.

Vind jy dat jy twyfel aan God se goedheid vir jou wanneer jy in ‘n moeilike situasie is? Word jy maklik frustreerd deur negatiewe omstandighede? Is dit vir jou moeilik om God te vertrou met die uitdagings in jou lewe? Voel jy soms God is nie goed genoeg nie. As Hy was sou Hy …. Voel jy God het jou nie werklik lief nie? Dink jy soms God is nes jou pa? Dat God is nie rerig genoeg is nie?

Is dit moontlik dat jy ‘n verkeerde persepsie van God het?
Sommige mense sien God as ‘n genadelose diktator ander sien God as ‘n Goddelike Kersfees Vader. Baie mense vrees God omdat hulle ‘n verwronge beeld het van God se karakter.

Elkeen van ons kyk na God, die lewe en ons self deur ons eie bril. Alles wat met ons gebeur, ons lewenservarings, maak merke op ons bril wat veroorsaak dat ons nie die ware beeld van God, die lewe en ons self kan sien nie.

Wat is die uitkoms as ons ‘n korrekte beeld van God kry?
Dit beteken nie dat jy nooit weer probleme sal ervaar nie maar as jy God werklik ken vir wie Hy is sal jy in oorwinning in elke situasie begin leef. Jy sal waarlik God se liefde vir jou beleef en Hom ten volle vertrou. Jou selfbeeld sal verbeter as jy besef hoe groot en wonderlik God is en hoe waardevol jy vir Hom is. Hoe nader jou siening van wie God is en Sy betrokkenheid in jou lewe aan die waarheid is, sal jy meer gemotiveerd raak om te uitblink in jou tyd, talente en vermoëns.

Kan my verkeerde siening van God reg gestel word?
Ons kan slegs verander en vernuwe word tot die graad wat ons beeld van God verbeter en vernuwe word. Ons kan nie ons self verander nie (ek het al baie probeer). Dit is ‘n saak van oorsaak en gevolg. ‘n Verkeerde siening van God is die siekte en ons probleme is die simptome. God wil ons gedagtes oor Hom vernuwe sodat ons werklik ook nuut kan lewe (Rom 12:2).

God wil nie net hê dat ons Hom korrek moet sien en verstaan nie maar ook dat ons Hom intiem moet ken. Hoe meer ons op God fokus en wie Hy werklik is hoe meer word ons verander. Hoe meer ons op ons self fokus en probeer om ons self te verander hoe meer frustreerd en oorwonne word ons.

Ons kan ‘n nuwe en korrekte siening van God kry. So hoe begin ons om God werklik te leer ken? Dit gebeur nie net oornag nie, dit is ‘n lewenslange reis vol opwinding. En ons moet begin deur die leuens wat ons oor God glo te identifiseer en dit dan deur die waarheid te vervang. Ons grootste bron vir die waarheid oor God is die Bybel want daar openbaar Hy homself en Sy ware karakter.

So hou op om na jou omstandighede te kyk om God te verduidelik en begin kyk na die Bybel en hou daaraan vas maak nie saak want gebeur.

Stap saam met my oor die volgende paar weke terwyl ons die karakter eienskappe van God gaan bestudeer.