GOD IS PERSOONLIK

Hom persoonlik moet ken!

God is persoonlik en wil ‘n persoonlike en intieme verhouding met elkeen van ons hê. Persoonlik of intiem ken beteken dat die persoon waarlik opdaag, deel neem aan jou, baie naby is in vriendskap, om ‘n diep kennis te hê van jou, om self bekend te maak, ‘n aksie soos om te soen. Dit is om jou self deursigtig te maak voor ‘n ander en om self ‘n ander se diepste gevoelens, drome, wense, optredes en gedagtes te ken.

Ons kan sien dat reg in die begin in Eksodus 25:8 – 27:38 het God aan die volk opdrag gegee om ‘n tent van ontmoeting te maak sodat die volk na Hom toe kan kom, voorskrifte vir beskerming kan ontvang en om God te ontmoet. God was dus nog altyd persoonlik en intiem en het nog van die begin af ‘n behoefte om persoonlik geken te word en intiem met ons te verkeer. God het ons, die mens geskape om ‘n persoonlike verhouding met ons te hê.

Lees Heb 9:1-12 en Mat 27: 50-51

Ons moet wel in ag neem dat God ook ander eienskappe het soos Regverdig, Heilig, Almalgtig ens. En ons mag nie een karakter eienskap belangriker ag as die ander nie want dan neem ons weg van God se karakter en kan ons Hom nie ten volle ken nie. God is Heilig en haat die sonde want Hy weet dit verwoes Sy mense (Hy haat nie die sondaar nie). Daarom kon slegs die hoëpriester in die Allerheiligste in gaan nadat bloed gesprinkel is om vir sy eie en die volk se sondes te betaal.

Dus, dit was ‘n groot storie om in God se teenwoordigheid te kom, baie rituele moes plaasvind en baie werke moes gedoen word. Maar Jesus het as Hoëpriester vir ons gekom en finaal die sondelas betaal deur Sy bloed. Toe Jesus sterwe aan die kruis het die voorhangsel tussen die Heiligste en Allerheiligste verskeur (Mat 27:51) sodat almal van ons met vrymoedigheid na God se genadetroon kan kom en intiem met Hom wees, sodat ons in Sy teenwoordigheid kan wees (Heb 10:19).

God is ook alomteenwoordig en kan elke oomblik intiem by elkeen van ons wees. Deur God se Gees is ons nie as weeskinders agter gelaat nie (Joh 14:18).

Hoekom ken ons nie God intiem nie?

Maar baie van ons besef nie wat dit is om intiem geken te word nie. Ons weet nie hoe dit werklik is om ander intiem te ken nie. Miskien sit jy ook nou hier en besef dat niemand in jou lewe jou werklik persoonlik ken nie: dat jou man, jou ouers, vriende of familie nie werklik bemoeienis maak om die innerlike diepte van jou te ken nie, jou wese, emosies en behoeftes te verstaan nie. Miskien was jou ouers nie baie betrokke in jou lewe en het nie werklik persoonlike aandag aan jou gegee nie. Daarom is dit ook vir ons moeilik om te verstaan dat God ons intiem wil ken. Dit maak ons selfs bang as ons daaraan dink.

Ons voel ook dat ons eers perfek moet wees voordat ons na God kan gaan. Ons dink ons is te vuil en vol sonde om voor God te verskyn en ons is bang dat Hy ons gaan veroordeel. Maar God wil reeds hê dat ons net soos ons is, met al ons sondes, vuilheid en seer voor Hom moet verskyn want ons kan nie ons self verander nie en dit is net in Sy teenwoordigheid en wanneer ons met Hom tyd spandeer (net soos ons is) dat God ons kan genees en verander. Wanneer ons ‘n ontmoeting het met God word ons verander soos Paulus op die Damaskus pad en ook al die ander gelowiges in die Bybel.

Baie keer doen ons ook soos die priesters eerder net al die werke in die Heiligste eerder as om in die Allerheiligste in te kom omdat ons bang is. Ons dink ons werke sal opmaak by God en ons aanvaarbaar maak vir Hom. Maar Hosea 6:6 sê: “Ek verwag liefde eerder as offers, toewyding aan My eerder as brandoffers.”

Kennis is nie genoeg nie:

As ek van ‘n huis hou en ek begin die bou van die huis en die argitektuur van die huis te bestudeer kan ek al die kennis op doen van die gebou en die argitek – waarvan hy hou en nie hou nie maar dit beteken nie dat ek die argitek persoonlik ken nie. Daar is ‘n verskil tussen om van iemand te weet en om hom/haar werklik persoonlik te ken. Ken jy God persoonlik of het jy slegs kennis van Hom?

Om God intiem en persoonlik te ken moet ons heel eerste Jesus Christus aanneem as ons Verlosser en alleen op Hom vertrou vir ons redding. Ons moet nie alleenlik net glo in Jesus Christus nie. Die demone glo ook en hulle sidder van angs (Jak 2:19). Dus moet ons ook ‘n verbintenis, ‘n verhouding met Jesus Christus die Seun van God het en Hom aanneem as ons Verlosser en Saligmaker (Joh 4:24).

Tweedens moet ons gevul wees met die Heilige Gees (1 Kor 2:10). Dit is nie moontlik om intiem en persoonlik met God te wees deur ons menslike kennis nie. Ons menslike verstand kan dit nie begryp nie en sal ons verhoed om persoonlik met God te wees. Ons moet dus daagliks vir die Heilige Gees vra om ons vol te maak en te lei.

Derdens moet ons ‘n behoefte en begeerte hê om God intiem te ken (Jer 29:13) en gereeld dit vir God vra in gebed.

Die volgende kan ‘n paar moontlike vrugte wees van ‘n persoon wat nie glo dat God met hom/haar persoonlik en intiem wil wees:

· Gevoel van eensaamheid

· Voel dat jy self moet veg om iewers in die lewe te kom

· Voel dat jy alleen die verantwoordelikheid dra vir die pligte en uitdagings in jou lewe

· Bang om tot God te nader

· Stiltetyd dood of groei vind nie plaas

· Beleef nie sommer God se teenwoordigheid nie

· Beleef nie God se liefde

· Glo nie God wil met jou praat of sukkel om Sy stem te hoor

· Sukkel om persoonlik en intiem met ander mense te wees

My vraag aan jou vandag is: ken jy God werklik intiem of kom jy net na Hom uit plig of omdat jy iets nodig het? Het jy ‘n behoefte om God intiem te ken, persoonlik met Hom te wees, Sy stem te hoor en Sy vriend te wees soos Moses Sy vriend was. Deut 23:29 verklaar dat: “ if you will seek (inquire for and require as necessity) the Lord your God, you will find Him if you (truly) seek Him with all your heart (and mind) and soul and life.

Jesus liefde: Jonanda Burger

God van die Nuwe Verbond/Testament

deur Jonanda Burger

Wat is ‘n verbond?

‘n Verbond of testament is ‘n geskrewe ooreenkoms of belofte tussen twee of meer partye wat die uitoefening van sekere aksies waarborg [1].

‘n Verbond druk die fundamentele betekenis van die Ou Testament Hebreeuse woord ‘berit’ en die Nuwe Testament Griekse woord ‘diatheke’. In albei Testamente verwys die woord verbond na ‘n besondere gewigtige verhouding van herstel en vrede wat ‘n periode van versoekings, uitdagings en oordeel volg [2].

Die verbond is ‘n daad van genade deur God om sodoende die mens met Homself te verenig. Die mens se reaksie en antwoord tot God moet egter nie oorgesien en misken word nie [3].

Alle verbonde tussen God en mens in die Bybel is ‘a bond in blood sovereignly administered by God’ – vertaal: ‘n bloed band kragtig deur God beheer [2].

God is die God van die verbond:

God het die mens geskape sodat ons in verhouding met Hom kan wees (Gen 1:26-27). Daarom het Hy verskeie ooreenkomste aangegaan met die mens. Sommige is voorwaardelike verbonde en ander onvoorwaardelik.

Die eerste Skriftelik voorbeeld waar God ‘n verbond met die mens aangegaan het is met Noag in Gen 6:18. God belowe om Noag en sy familie te spaar van die vloede. Hierdie verbond is hoofsaaklik ‘n bewys van God se genade.

Vêrder lees ons ook in Gen 17 van die verbond wat God gesluit het met Abraham. God se beloftes het die voorwaarde van Abraham se gehoorsaamheid.

Nog ‘n voorbeeld waar God ‘n verbond met die mens gesluit het is in 2Sam 7:14-17 met Dawid.

Dan lees ons in Eks 19: 5-8 dat God ‘n verbond sluit met die volk Israel. Moses tree as die middelaar op. Hierdie is ‘n voorwaardelike verbond. Die volk moet God gehoorsaam en aan Sy bepalings leef. Die voorwaardes van die verbond word in die res van Eksodus asook Deuteronomium uit een gesit. Israel aanvaar hierdie aanbod min wetend dat hul nie die voorwaardes van die verbond kan na kom nie as gevolg van hul sondige natuur. Israel verbreek dus hierdie verbond met God.

Nuwe Verbond:

Jer 31:31-34 profeteer oor ‘n Nuwe Verbond. Hoekom is dit nuut? Die Nuwe Testament gebruik twee woorde vir nuut. Neos beteken nuut in kontras met oud. Kainos beteken nuut in die sin van uniek. Dus die nuwe verbond is nuut in kontras met die oue asook uniek en beter as die ou verbond.

Lees ook: Jer 32:33-40; Luk 22:20; 2Kor3:6; Heb 8:8; Heb 9:15

Hoe is die Nuwe Verbond uniek en beter as die Ou Verbond:

Verandering van die menslike natuur: Deur die Nuwe Verbond vind internalisering van die Wet van God plaas. Israel het nie die hart of die natuur gehad om God te gehoorsaam nie. Die Ou Verbond het geen voorsiening gemaak vir innerlike motivering om God te gehoorsaam nie. In die Nuwe Verbond belowe God om Sy wette op ons harte en ons gedagtes te skryf.

Wat beteken dit? Soos Dawid sê in Ps 40:8: “Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe.” Dit is nie ‘n menslike reaksie om mens self in die wil/wet van God te verbly nie asook nie te sien as die een begeerte van ons harte nie (Rom 8:7). Die Nuwe Verbond belowe krag om God te gehoorsaam. Hoe? Deur die inwonende krag van die Heilige Gees (Rom 8:1-4, 9). Hierdie is ‘n unieke kenmerk van die Nuwe Verbond.

Die fundamentele basis van die Nuwe Verbond is die bekerings/veranderings proses. God bekragtig die Nuwe Verbond deur die sterwe van Jesus Christus aan die kruis. Wanneer ons Jesus aanneem as ons Verlosser kom hierdie verbond en bekering tot werking in ons lewe.

In die Nuwe Verbond skryf God self Sy wette op ons harte en gedagtes en gee ons die begeerte en krag om getrou en gehoorsaam te wees. Deur die transformerende krag van die Heilige Gees help God ons om Sy wette te internaliseer. Dus, die nuwe verhouding met God is innerlik van aard en nie die uiterlike nakoming van wette nie.

Maar bekering sit nie die brein op ‘auto pilot’ nie. Dit is ook nie soos ‘n skielike brein oorplanting nie. Dit is ‘n daaglikse proses (2Kor4:16) van die vernuwing van gedagtes (Rom 12:2). Christus kry in ons gestalte (Gal 3:19) soos God ons gewillig en bekwaam maak om Sy wil uit te voer (Fil 2:13). Hierdie verandering in ons natuur gee aanleiding tot ‘n intieme verhouding met God (Heb 8:10).

Vergewing van sondes: Die vergewing van ons sondes wat ook noodsaaklik is in ons verhouding met God (Jes 59:1-2) is ‘n vêrdere unieke voordeel van die Nuwe Verbond (Heb 8:12). Die bloed van bulle en bokke kan nie sondes weg neem nie (Heb 10:4). Jesus se bloed het vir ons gevloei en sodoende vir ons sondes betaal en dus ons sondes weg gevat (Mat 26:27-28).

Ewige lewe: Die ewige lewe is ‘n derde en beter belofte wat in die Nuwe Verbond belowe word (Heb 9:11-15). Die ewige lewe is ‘n ewig durende verhouding met God (Joh17:3). Watter betekenis sal die ewige lewe hê sonder God? Dus die Nuwe Verbond belowe dat ons na die dood vir ewig in God se teenwoordigheid sal wees, Sy liefde vir ons volkome ervaar, nie meer hartseer en pyn beleef en in perfektheid leef saam God.

Kind van God: Die Ou Verbond belowe dat ons God se volk sal wees as ons gehoorsaam is aan Hom. Die Nuwe Verbond belowe dat wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanneem ons God se kinders word (Joh 1:12). Deur die Nuwe Verbond is ons ook nou erfgename van God saam met Jesus Christus (Rom 8:16-19). Die Nuwe Verbond is dus uniek en beter as die Ou Verbond omdat ons beweeg van ondergeskiktes, dienaars en volk na God se kind, erfgenaam en broers en susters van Jesus Christus.

Nuwe identiteit in Jesus Christus: Deur die Nuwe Verbond hoef ons ook nie ons aanvaarding, waarde en veiligheid in die wêreld te vind nie. Ons leer in die Nuwe Testament dat ons ‘n nuwe identiteit in Jesus Christus het en dat al ons behoeftes bevredig en vervul is in Jesus. Ons kan nou ‘n goeie selfbeeld in Hom hê.

Notas:

1. Webster’s 9th New Collegiate

2. Hierdie definisie van verbond is van O. Palmer Robertson se boek The Christ of the Covenants. Dit het ‘n aanvaarbare definisie onder geleerdes geword.

3. Smith’s Bible Dictionary

Why Did God Create Marriage?

Gary Thomas

There’s an old rabbinical story about how the spot was chosen for God’s holy temple. Two brothers worked a common field and a common mill. Each night they divided whatever grain they had produced and each took his portion home.

One brother was single and one was married with a large family. The single brother decided that his married brother, with all those kids, certainly needed more grain than he did, so at night he secretly crept over to his brother’s granary and gave him an extra portion. The married brother realized that his single brother didn’t have any children to care for him in his old age. Concerned about his brother’s future, he got up each night and secretly deposited some grain in his single brother’s granary.

One night they met halfway between the two granaries, and each brother realized what the other was doing. They embraced, and as the story goes. God witnessed what happened and said, "This is a holy place—a place of love—and it is here that my temple shall be built." The holy place is that spot where God is made known to His people, "the place where human beings discover each other in love."

Marriage can be that holy place, the site of a relationship that proclaims God’s love to this world.

The Reasons for Marriage

The early church fathers recognized that the analogy of reconciliation is the highest aim of marriage, pointing as a sign to the union of Christ with His church. Paul explores this theme in his letter to the Ephesians (5:22-33).

One of these early thinkers, Augustine (A.D. 354-430), suggested that there are three benefits of marriage: offspring, faith (fidelity), and sacrament. Of the three benefits, he clearly points to the latter (sacrament) as the greatest. This is because it is possible to be married without either offspring or faith, but it is not possible to be (still) married without indissolubility, which is what a sacrament points toward. As long as a couple is married, they continue to display—however imperfectly—the ongoing commitment between Christ and His church. Thus, simply "sticking it out" becomes vitally important.

Knowing why we are married and should stay married is crucial. This will lead us into a discussion brilliantly argued by Maryland pastor C.J. Mahaney in an audiotape series on marriage titled According to Plan. The key question is this: Will we approach marriage from a God-centered view or a man-centered view? In a man-centered view, we will maintain our marriage as long as our earthly comforts, desires, and expectations are met. In a God-centered view, we preserve our marriage because it brings glory to God and points a sinful world to a reconciling Creator.

More than seeing marriage as a mutual comfort, we must see it as a word picture of the most important news humans have ever received—that there is a divine relationship between God and his people. Paul explicitly makes this analogy in his letter to the Ephesians. You’ve probably read these words (or heard these words quoted) dozens, if not hundreds, of times: "Husbands, love your wives, just as Christ loved the church and gave Himself up for her to make her holy, cleansing her by the washing with water through the word, and to present her to Himself as a radiant church, without stain or wrinkle or any other blemish, but holy and blameless" (Ephesians 5:25-27).

In fact, both the Old and New Testaments use marriage as a central analogy—the union between God and Israel (Old Testament) and the union between Christ and His church (the New Testament). Understanding the depth of these analogies is crucial, as they will help us determine the very foundation on which a truly Christian marriage is based. If I believe the primary purpose of marriage is to model God’s love for His church, I will enter this relationship and maintain it with an entirely new motivation, one hinted at by Paul in his second letter to the Corinthians: "So we make it our goal to please Him" (2 Corinthians 5:9).

What Makes God Happy?

Paul answers a lot of questions for us when he says, "We make it our goal to please Him." When something is the motive force behind all we do, it becomes the driving force for every decision we make. And Paul is crystal clear: The first question we should ask ourselves when doing anything is, "Will this be pleasing to Jesus Christ?"

The first purpose in marriage—beyond happiness, sexual expression, the bearing of children, companionship, mutual care and provision, or anything else—is to please God. The challenge, of course, is that it is utterly selfless living; rather than asking, "What will make me happy?" we are told that we must ask, "What will make God happy?" And just in case we don’t grasp it immediately, Paul underscores it a few verses later: "Those who live should no longer live for themselves but for Him who died for them and was raised again" (2 Corinthians 5:15).

I have no other choice as a Christian. I owe it to Jesus Christ to live for Him, to make Him my consuming passion and the driving force in my life. To do this, I have to die to my own desires daily. I have to crucify the urge that measures every action and decision around what is best for me. Paul is eloquent regarding this fact: "We always carry around in our body the death of Jesus, so that the life of Jesus may also be revealed in our body" (2 Corinthians 4:10).

Just as Jesus went to the cross, so I must go to the cross, always considering myself as carrying around "the death of Jesus" so that His new life—His motivations, His purposes, His favor—might dominate in everything I do.

Pleasing God Through Marriage

This reality calls me to look at my spouse through Christian eyes: "So from now on we regard no one from a worldly point of view …" (2 Corinthians 5:16a). The reason is clear: "If anyone is in Christ, he is a new creation; the old has gone, the new has come!" (5:17). Part of this new identity is a new ministry, one that is given to every Christian, as it is inherent in the person of Jesus Christ: "All this is from God, who reconciled us to Himself through Christ and gave us the ministry of reconciliation" (5:18).

Think about this. The very nature of Christ’s work was a reconciling work, bringing us together again with God. Our response is to become reconcilers ourselves. C. K. Barrett defines reconciliation as "to end a relation of enmity, and to substitute for it one of peace and goodwill."

Clearly Paul is talking about carrying the message of salvation. But we cannot discuss with any integrity the ending of "a relation of enmity" and the dawning of "peace and goodwill" if our marriages are marked by divorce, fighting, and animosity. Everything I am to say and do in my life is to be supportive of this gospel ministry of reconciliation, and that commitment begins by displaying reconciliation in my personal relationships, especially in my marriage.

If my marriage contradicts my message, I have sabotaged the goal of my life: to be pleasing to Christ and to faithfully fulfill the ministry of reconciliation, proclaiming to the world the good news that we can be reconciled to God through Jesus Christ. If my "driving force" is as Paul says it should be, I will work to construct a marriage that enhances this ministry of reconciliation—a marriage that, in fact, incarnates this truth by putting flesh on it, building a relationship that models forgiveness, selfless love, and sacrifice.

The last picture I want to give the world is that I have decided to stop loving someone and that I refuse to serve this person anymore, or that I have failed to fulfill a promise I made many years before. Yet this is precisely the message many Christians are proclaiming through their actions. According to pollster George Barna, self-described "born-again" Christians have a higher rate of divorce than unbelievers (twenty-seven percent to twenty-three percent). Those who adopt the label "fundamentalist Christian" have the highest divorce rate of all (thirty percent). We can’t carry a message well if we don’t live it first.

I know there are exceptions. But one of the reasons I am determined to keep my marriage together is not because doing so will make me happier (although I believe it will); not because I want my kids to have a secure home (although I do desire that); not because it would tear me up to see my wife have to "start over" (although it would). The first reason I keep my marriage together is because it is my Christian duty. If my life is based on proclaiming God’s message to the world, I don’t want to do anything that would challenge that message.

Excerpted from Sacred Marriage by Gary Thomas, copyright 2000 by Gary Thomas. Used by permission of Zondervan. All rights reserved.

God se doel met die huwelik

Deur Jonanda Burger

Om die antwoord te kry op hoekom God die huwelik ingestel het moet ons terug gaan na die Boek van oorspronge. Dit is daar waar ons drie Goddelike doelwitte vir die huwelik sal ontdek:

Wederkerige aanvulling:

In Gen 2:18 lees ons: “Verder het die Here God gesê: "Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke."

Wanneer God jou roep om te trou, gee Hy vir jou ‘n maat wat volgens Goddelike plan jou sal voltooi. Jou maat vul jou plekke tekortkominge aan en jul vul jou maat se tekortkominge aan.

Saam is julle sterker en meer effektief as wanneer julle alleen bly.

Byvoorbeeld, ek is baie georganiseerd en taak georiënteerd. My man is weer meer van ‘n dromer en geniet die lewe ten volle. So vul ons mekaar aan dat ek hom help om dinge te onthou en te vind. Hy help my weer om af te skakel en die mooi in die lewe te geniet.

Pasop dat die mooi wat julle in die begin na mekaar aangetrek het nou die oorsaak van jul bakleiery is nie. Sien die andersheid van jou maat eerder as die aanvulling in jou lewe sodat jy voluit kan leef.

Vermenigvuldiging van ‘n Goddelike erfenis:

Gen 1:28 wys ons na die tweede doel vir die huwelik: “Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: "Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit.”

Kinders is nie alleen ‘n geskenk en seën nie maar ook ‘n essensiële deel in God se plan om Sy Woord oor te dra aan die volgende geslag. Alhoewel nie elke paar hul eie kinders kan hê nie, is dit God se bedoeling dat elke paar tot in die volgende geslag sal bedien. Dus hul geloof in God oor te dra sodat die volgende geslag op hulle beurt dit kan oordra na die volgende.

Dit was God se oorspronklike plan dat die gesin ‘n “kweekhuis” sou wees waar kinders opvoeding sal ontvang in karakterbou, waardes en integriteit. In geen ander omgewing leer ‘n kind meer van die lewe en hoe om ‘n verhouding met God te hê nie.

Om God se beeld uit te dra:

In Gen 1:26-27 het God gesê: "Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip." God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.”

God het ons geskape om Sy beeld uit te dra. Dit beteken dat God gekies het om iets van Sy karakter en wese aan ons te openbaar deur ons verhoudings.

Byvoorbeeld, wanneer my man my liefdevol omhels en onvoorwaardelik aanvaar nadat ek hom seer gemaak het, weerspieël hy ons God wat ons onvoorwaardelik lief het en in Christus vergewe het.

Wanneer ‘n man en vrou verenig in ‘n huwelik waarin God die middelpunt van hulle verhouding is, sal hulle Sy beeld weerspieël. Die wêreld sal in so ‘n verhouding die uitbeelding sien van God en Sy liefde, vergifnis en geduld.

Lewe jy hierdie doelwitte in jou huwelik uit? Wat kan jy doen om dit deel van jou optrede teenoor jou maat te maak?

Bron: Rainey, D. 2002. Voorbereiding van die huwelik. FamilyLife

God keur jou volkome goed – Hy verheug Homself oor jou!

In al my soeke na wat tevredenheid is en hoe mens dit bereik hoor ek die Here baie duidelik in my binneste fluister dat ons nooit sal kan leer om waarlik tevrede te wees totdat ons besef dat Hy, die Volmaakte, Reine, Almagtige Skepper – die Een wat geen foute kan begaan nie, ons volkome en onvoorwaardelik aanvaar en lief het. Nee nog meer as dit, dat Hy die Een wat eendag oor ons almal sal oordeel, Homself verheug, verbly en jubel oor my en jou, dat Hy self stil tevrede is oor ons.

Jy sien solank as wat ons voel dat ons nie opmeet teenoor wat God van ons verwag nie, solank as wat ons voel dat ons kort kom en dat ons eers ‘n klomp dinge moet verander voordat God ons sal aanvaar en tevrede is met ons sal ons altyd ontevrede met ons self wees. En ontevredenheid met self veroorsaak ontevredenheid met die wêreld waarin ons leef en sy mense. Maar God wil hê ons moet besef dat Hy tevrede is met ons wat glo in Jesus Christus as ons Verlosser want in Jesus Christus is ons regverdig en blaamloos! Dit beteken nie dat God nie nog steeds die beste vir ons wil hê en ons dus daagliks wil verander om meer soos Jesus te wees nie maar dat as Hy na ons kyk gelukkig voel in Sy binneste oor ons. Die feit bly staan dat ons nie onsself kan verander nie maar deur die Gees van God kan ons verander! Daarom soos ons op die pad van verandering is het God ons met ‘n tevrede, verheugde, onvoorwaardelike liefde lief.

Kom ons kyk na wat die Bybel sê:

Delight: by implication literally to bend; figuratively to be pleased with, desire, favour, like, move, be well pleased, have pleasure, will, would.

Pleasure: to be pleased with; specifically to satisfy a debt: – be acceptable, accomplish, set affection, approve, consent with, delight (self), enjoy, favourable, liked, observe, pardon, reconcile self. To spin around (under the influence of any violent emotion

Rejoice: to be bright, that is, cheerful: – be glad, X greatly, joy, make mirth, rejoice.

Zep 3:17 Die HERE jou God is by jou, ‘n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde (Hy is stil tevrede oor jou); Hy juig oor jou met gejubel.
Zep 3:17 The LORD your God is with you. He is a hero who saves you. He happily rejoices over you, renews you with his love, and celebrates over you with shouts of joy.

Isa 62:4-5 Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het ‘n behae in jou, en jou land sal getroud wees.
Want soos ‘n jonkman ‘n jongedogter trou, so sal jou kinders jou trou; en soos die bruidegom bly is oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees.
Isa 62:4-5 No longer will you be called “Forsaken,” Or your land be called “The Deserted Wife.” Your new name will be “God Is Pleased with Her.” Your land will be called “Happily Married,” Because the LORD is pleased with you And will be like a husband to your land.
Like a young man taking a virgin as his bride, He who formed you will marry you. As a groom is delighted with his bride, So your God will delight in you.

Psa 147:11 Die HERE het ‘n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.
Psa 147:11 The Lord takes pleasure in his worshippers, and in those who trust in his constant love.

Psa 149:4 Want die HERE het ‘n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.
Psa 149:4 The LORD takes pleasure in his people; he honors the humble with victory.

Isa 65:19 En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie.
Isa 65:19 And I will be glad over Jerusalem, and have joy in my people: and the voice of weeping will no longer be sounding in her, or the voice of grief.

Jer 32:41 En Ek sal My oor hulle verheug om aan hulle goed te doen; en Ek sal hulle duursaam in hierdie land plant, met my hele hart en met my hele siel.
Jer 32:41 I will take pleasure in doing good things for them, and I will establish them permanently in this land.

Luk 15:-6 En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers.
En as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was.
Luk 15:5-6 When you find it, you are so happy that you put it on your shoulders and carry it back home. Then you call your friends and neighbors together and say to them, ‘I am so happy I found my lost sheep. Let us celebrate!’

Joh 15:11 Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.
Joh 15:11 I have said these things to you so that I may have joy in you and so that your joy may be complete.

Gen 1:31 Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed.
Gen 1:31 God looked at everything he had made, and he was very pleased and he approved it completely.

God keur jou en my volkome goed net soos ons is terwyl ons besig is om verander te word om meer te wees soos wat Hy ons geskape het om te wees. God sal nooit van ons verwag om met ander mense en ons omstandighede tevrede te wees net soos dit is, as Hy self nie ook met ons tevrede is net soos ons is nie. Die wete dat Hy ons aanvaar, goedkeur en lief het net soos ons is, vandag, hier met al ons foute raak mens so diep en innerlik aan dat dit ons verander om ook ander mense met al hul foute te aanvaar, goed te keur en lief te hê – net soos hulle is. maar ons moet hierdie waarhede ons eie maak want ons kan nie weg gee wat ons nie het nie.

GOD IS HEILIG


JEHOVA-M’KADDESH: Hy reinig my sodat ek ook heilig lewe!

God is heilig:
Eks 5:11: o HERE, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid, gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?
Isa 6:3: En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!

God se Heiligheid verwys na beide Sy majesteit en morele reinheid. Heiligheid is die absolute afwesigheid van boosheid en verwys na alles wat rein, heel en regverdig is in die heelal. 1 Joh 1:5: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.

Die Bybel verwys meer na God se heiligheid as enige van Sy ander karakter eienskappe. God se heiligheid is die karakter wat al die ander karakter eienskappe in balaans hou. Omdat God heilig is sal Hy nooit Sy almag misbruik nie. Omdat God heilig is sal Hy getrou bly aan Sy beloftes.

A. W. Tozer verklaar: “We know nothing like the divine holiness. It stands apart, unique, unapproachable, incomprehensible and unattainable. The natural man is blind to it. He may fear God’s power and admire His wisdom, but His holiness he cannot even imagine.”

God verwag van ons om ook heilig te wees:
1Pet 1:15-16: Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

Wat beteken dit om heilig te wees:
• Mens wat afgesonder, geskei en anders as gewone vir God is.
• Opgedra en ingeseën vir God.
• Toewyding aan God alleen.
• Weerhouding van alle onreinhede en afgodsdiens.
• Onskendbaar, vroom, onskuldig, Godvrugtig, skoonheid, rein.
• Toestand van die hart.

Hoe moet ons dan lewe?
God se heiligheid vereis lof en aanbidding:
(Jes 6:3) as ons God se heiligheid aanskou kan ons nie anders as om in verwondering voor Hom te staan nie. Ons natuurlike reaksie op sulke skoonheid moet lof en verheerliking tot Hom wees. Hoe meer ons gefokus is op God se heiligheid, hoe meer sal ons besef dat Hy alleen werklik waardig is om te aanbid en ook dan in ooreenstemming daarmee wil lewe.
God se heiligheid vereis heilige vrees vir Hom: (Sp 9:10) dit beteken nie dat ons bang moet wees vir God nie maar om eerbiedige respek vir Sy verbasende grootheid en onbeperkte outoriteit te hê. Wanneer ons in die teenwoordigheid van ‘n koning of baie belangrike persoon gaan verkeer, berei ons onsself voor en is baie bewus van ons optrede voor die persoon. Soveel meer moet dit so wees met God want Hy is die Koning van al die konings en altyd waardig om verheerlik te word. Daar is nie veel meer wat ons vir God kan gee behalwe ons self, ons keuses en optrede wat God verheerlik.
God se heiligheid verafsku sondes: God haat sonde omdat sondes ons, sy kinders vernietig en verwoes. God het ons met die doel geskape om heilig te wees. Daarom moet ons daarna strewe. Dit begin met ‘n hartsbegeerte wat sal oorloop tot ons optrede. Ons moet die skoonheid van God se heiligheid reflekteer en nie die houding en opinie van die wêreld nie. Ons sal slegs die sondes in ons lewe oorwin as ons leer en kies om God liewer te hê as die sondes.
God moet die belangrikste plek in ons lewens besit: John Piper verklaar dat: “God is most glorified when we are most satisfied in Him.” Is jy tevrede / vervul in God. Het jy God lief bo alles in die lewe? Is God werklik die mees belangrikste in jou lewe? Niks moet God se plek in ons hart oorneem nie (1Joh5:21).

Goeie nuus: God het ons reeds heilig gemaak!
God het ons geskape om heilig te wees. Toe Jesus Christus op die kruis vir ons gesterwe het, het hy ons onskuldig, skoon, rein en heilig gemaak. Ons moet besef dat ons alreeds heilig, rein en onskuldig gemaak is deur Jesus se kruisdood en opstanding (1Kor 1:2).

Sp 32:7 verklaar: Want soos hy in sy siel bereken, so is hy (AOV). Dus, hoe meer ons hierdie waarheid glo, hoe meer sal ons ook in ooreenstemming daarvolgens lewe en optree.

Om heilig te leef is ‘n proses van skoonmaking deur die Here. Dit is iets wat God in ons doen deur Sy Heilige Gees.

Malachi 3:3 says: ‘He will sit as a refiner and purifier of silver.’
This verse puzzled some women in a Bible study and they wondered what this statement meant about the character and nature of God. One of the women offered to find out the process of refining silver and get back to the group at their next Bible Study. That week, the woman called a silversmith and made an appointment to watch him at work. She didn’t mention anything about the reason for her interest beyond her curiosity about the process of refining Silver. As she watched the silversmith, he held a piece of silver over the fire and let it heat up. He explained that in refining silver, one needed to hold the silver in the middle of the fire where the flames were hottest as to burn away all the impurities. The woman thought about God holding us in such a hot spot; then she thought again about the verse that says: ‘He sits as a refiner and purifier of silver.’ She asked the silversmith if it was true that he had to sit there in front of the fire the whole time the silver was being refined. The man answered that yes, he not only had to sit there holding the silver, but he had to keep his eyes on the silver the entire time it was in the fire. If the silver was left a moment too long in the flames, it would be destroyed. The woman was silent for a moment. Then she asked the silversmith, ‘How do you know when the silver is fully refined?’ He smiled at her and answered, ‘Oh, that’s easy — when I see my image in it.’ If today you are feeling the heat of the fire , remember that God has his eye on you and will keep watching you until He sees His image in you.

Life is a coin. You can spend it anyway you wish, but you can only spend it once.’

Jy moet besef dat God toevertrou is tot jou heiligmaking en dat Hy getrou sal wees om alles wat onheilig in jou lewe is heel te maak sodat jy heilig kan optree. Met ander woorde, as jy graag vry wil kom van verslawing (drank, dwelms, kos, inkopies ens), God sal dit volbring in jou lewe want dit is Sy wil ook. As jy graag geduldiger, vreugdevoller, liefdevoller ens wil optree, God sal dit volbring in jou lewe want dit is Sy wil ook. As jy graag beter verhoudings wil hê


Hoe kry ons dit reg om heilig te lewe?

1. Spandeer tyd by God: Toe Moses in Eks 34:29-30 van die berg af gekom het nadat hy tyd saam met God spandeer het, het God se heerlikheid van sy gesig af gestraal. Dit is vir ons wat in Christus glo ook waar! 2Kor 3:18 verklaar: En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is. When a child of God looks into the Word of God and sees the Son of God they are changed by the Spirit of God into the image of God for the Glory of God.
2. Fokus op die heiligheid van God: jou gedagtes en hart moet gevul wees met God se heiligheid en skoonheid dan kan mens nie anders as om Hom te wil eer en respekteer nie. Loof en prys God se heiligheid.
3. Fokus en besef wat Jesus vir jou aan die kruis gedoen het: Hy het Sy lewe in jou plek gegee, Hy is verwerp, gemartel, bespot en aan ‘n kruis gehang. Jesus het geweet al die dinge sal met Hom gebeur en tog het Hy dit gekies sodat Sy bloed kon loop om die volkome prys vir jou sondes te betaal sodat jy die ewige lewe kan ontvang! Wanneer mens dit besef kan mens nie anders as om te doen wat eer aan Hom sal bring.
4. Gee self en eie ek daagliks aan God vir heiligmaking: ons is alreeds heilig gemaak maar moet nou elke dag ons self oor gee aan God sodat Hy dit kan afskuur wat nie soos Jesus is nie.
5. Glo dat jy alreeds heilig en gereinig is deur Jesus se kruisdood: hoe meer ons hierdie waarheid glo, hoe meer sal ons ook in ooreenstemming daarvolgens lewe en optree. God wil ons optrede verander deur die vernuwing van ons gedagtes (Rom 12:2). As ons dus nuut oor ons self dink (dink soos God oor ons dink) sal ons ook meer en meer heilig begin lewe.

Voordeel van ‘n heilige lewe?
• Mat 5:8: Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
• As ons begeerte is om rein te wees sal God vir ons skoonheid in die plek van hartseer en vuilheid gee (Jes 61: 3).
• Sondes maak dood en bring verwoesting maar heiligheid bring gesondheid en die lewe in oorvloed.

Om heilig voor God te leef, beteken nie dat ons nou ’n staat van sondeloosheid bereik nie. Heiligmaking is ‘n proses wat tyd neem. God roep elke kind van Hom om afgesonderd en op ’n ander wyse in die wêreld te leef dat mense kan sien dat ons ’n heilige God aanbid en dien. Ons leefwyse moet daarvan getuig dat ons teen die sonde stry, dat ons die sonde deur die werking van die Heilige Gees oorwin en uit ons lewe wil weer.

MAAK DIT JOU EIE:
JEHOVA-M’KADDESH: GOD IS HEILIG: Hy reinig my sodat ek ook heilig lewe!

Oordenkings vrae:
1. Wat beteken God se heiligheid vir jou?
2. Glo jy dat Jesus jou alreeds geheilig het?
3. Is daar enige iets in jou lewe wat God se plek in jou hart opneem? Wat God se tyd in jou lewe steel? Wat vir jou belangriker is as God? Jou kinders, sport, stokperdjie, man, inkopies, kos …..?
4. Is daar enige sondes waarmee jy sukkel om mee af te reken?

Lees:
1 Pet 1:13-23
Die leuen: “Ek kan nie in volgehoue oorwinning oor sonde leef nie.”
Die waarheid: “Wanneer ek ‘n kind van God is, hoef ek nie te sondig nie (Rom 6:14).”
Die waarheid: “Ek is nie ‘n slaaf van die sonde nie. Christus het my vrygemaak van die sonde (Rom 6:6-7).”
Die waarheid: “Deur God se genade en deur die voltooide werk van Christus aan die kruis kan ek oorwinning oor die sonde behaal (Gal 2:20).
Die leuen: “Ek is nie heilig nie.”
Die waarheid: “Ek is God die heilige van God geheilig en skoon gemaak deur Christus.”

Opdrag:
Maak ‘n lys van die dinge waarmee jy sukkel in jou lewe. Maak dan ‘n belydenis lys wat die waarheid oor jou lewe verklaar ten opsigte van die dinge en sê dit elke dag hardop vir jouself.

Bid dat:
1. God jou elke oomblik deur Sy heilige gees moet herhinner aan Sy heiligheid.
2. God jou moet help om te glo dat jy heilig is.

3. God die belangrikste in jou lewe sal wees en dat jy Hom sal lief hê bo alles in die wêreld.

Lofprysing:
1. Verklaar aan God Sy heiligheid. Sê in jou eie woorde hoe heilig God is en wat dit vir jou beteken.
2. Verklaar aan God dat daar niks is in die wêreld wat met Hom vergelyk nie (Fil 3:8). Verklaar aan God dat jy Hom bo alles lief het-met jou hele hart, hele siel, al jou krag en jou hele verstand (Mar 12:33).
3. Sing saam ‘n aanbiddings lied vir God hoe heilig Hy is.

Skrif om te bestudeer:
Joh 15:5 1Kor 6:9-11
Gal 5:22-25 Joh 8:31-32, 36
Joh 14:6 Sp 9:10

ELOHIM: GOD IS GETROU/BETROUBAAR

Ek kan Hom vertrou om altyd Sy beloftes na te kom!

Miskien sit jy hier vandag en jy is al innig seer gemaak deur mense naby aan jou, dalk het jy die mense in jou lewe vertou maar hulle het jou al telke male teleurgestel? Miskien voel jy op hierdie oomblik dat daar niemand is wat jy kan vertou nie en as iets moet gebeur jy dit maar self moet laat gebeur of as daar iets is om te doen jy dit maar self moet doen.

Wie van ons is nog nie teleurgestel deur die mense naby ons nie? Die waarheid is dat die mens maar mens bly, vol foute en die gawe om teleur te stel. Ek is seker as jy gaan terug kyk in jou verlede het jy ook al die mense naby jou teleurgestel. Gelukkig is daar vir ons vergifnis hiervoor by God. En alhoewel vertroue in die wêreld na ‘n hopelose situasie lyk is daar baie goeie nuus:

God is getrou en betroubaar!
Num 23:19: God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?
Psa 89:8: o HERE, God van die leërskare, wie is soos U? Grootmagtig is U, o HERE, en u trou is rondom U!
Psa 36:5: o HERE, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.
2Kor 1:20: Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.
Sp 3:5: Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
Ps 37:3: Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal sorg;

God se getrouheid beteken dat, in ‘n wêreld waar alles onseker is, mense nie vertou kan word nie en alles net tydelik is:

Daar sekuriteit en stabiliteit is by God.
• God vas staan soos ‘n rots en Hy nooit verander.
• God gister, vandag en more dieselfde is.
• God eerlik is en nooit lieg nie, in Hom is net waarheid te vinde.
• God geloofwaardig en opreg is. Hy lieg nooit, het nog nooit en sal ook nooit nie.
• God toegewyd is tot jou en Sy plan vir jou lewe.
• Geen gebeurtenis kan God beperk of maak dat Hy onbetroubaar optree nie.
• Dat as ek volgens God se wil/beloftes bid, Hy dit vir my sal gee.
Approximately 2500 prophecies appear in the pages of the Bible, about 2000 of which already have been fulfilled to the letter—no errors. The remaining 500 or so reach into the future and may be seen unfolding as days go by.

Minderwaardigheid:
Die probleem is dat as jy met minderwaardigheid sukkel en glo dat jy nie God se beloftes waardig is nie, sal jy ook nie ‘n verwagting koester vir God se beloftes om oor jou waar te word nie, jy sal nog minder God vertrou om dit te doen wat Hy belowe.

Wat dink jy sal gebeur as God in jou oor die beloftes van Sy hart vir jou fluister?

Hoekom is jy waardig:
Jy moet verstaan dat as ‘n Christen is jy outomaties geregtig op al die goeie dinge wat die Here in Sy Woord belowe. Verseker nie as gevolg van iets wat jy persoonlik gedoen of bereik het nie. Jy is waardig omdat God so sê, omdat jy Jesus Christus as jou Verlosser aangeneem het en Hy jou daardeur gered het van ‘n lewe vol sonde, bindings en dood. Jy is waardig, het die reg om waardig te voel en het die reg tot elke goeie gawe wat God jou wil gee omdat Jesus gesterf het om vir jou daardie reg te gee. En as jy glo dat jy nie waardig is vir enige sukses, oorwinning, vreugde, vrede of enige ander goeie ding, funksioneer jy nog volgens die vyand se plan.

Dus, dit maak nie saak wat jy gedoen het nie, wat jy tans doen of nog gaan doen nie maar die erkenning dat jy die wedergebore kind is van die Allerhoogste God. Dit gaan nie oor werke wat jy moet doen, jy het

alreeds die heel belangrikste ding gedoen: Jesus aangeneem.

Jy sien daar is niks wat jy kan DOEN om waardig te wees nie, jy IS alreeds waardig omdat God so sê.

Indien jy nogsteeds glo dat jy nie waardig is nie moet jy jouself afvra hoekom nie? Het jou ouers, onderwysers, familielede of vriende jou minderwaardig laat voel, jou konstant afgebreek en vertel hoe sleg jy is? Moes jy konstant goeie dinge doen sodat jou ouers aanvaarding en liefde aan jou betoon. Is daar iemand wat jou tans konstant afbreek en sleg oor jouself laat voel?

Moontlike vrugte van iemand wat nie glo in hart dat God getrou is nie:
• Voel nie waardig om God se beloftes te ontvang nie.
• Voel nie so spesiaal en belangrik soos ander Christene.
• Voel alleen en eensaam in probleme en uitdagings in lewe.
• Probeer probleme self op te los.
• Dink nie eers daaraan om vir God vir hulp in situasies te vra.
• As hulp vra, hou jy aan probleem vas en gee dit nooit werklik oor in God se hande nie – probeer nog steeds self op los.
• Ervaar selde vrede en rus.
• Voel frustreerd, moeg en uitgeput.
• Voel moedeloos en hulpeloos, selfs depressief.
• Sien nie uit na toekoms, toekoms lyk vaal en donker.

God is getrou om:
My te beskerm van versoekings en die vyand:

1Kor 10:3: Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra. Wanneer jy versoek word moet nie op die aantreklikheid van die versoeking fokus nie maar fokus op God se getrouheid om jou te verlos uit daardie versoeking.
My te vergewe self al is ek ontrou aan Hom:
Omdat ons steeds in ‘n vleeslike liggaam is het ons nog steeds die geneigheid om te sondig en dus ongetrou te wees. 2Tim 2:13: As ons ongetrou is, God bly getrou, God kan homself nie verloën nie. Maar jy moet opreg wees in jou belydenis en nie God se genade misbruik nie. 1 Joh 1:9: As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig en vergewe ons die sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
My van ongeregtighede skoon te maak:
Dit is God se plan dat jy heilig en deel moet wees van Sy Koninkryk plan. En Hy is getrou om die plan uit te voer. Fil 1:6: Ek is oortuig dat God wat ‘n goeie werk in julle begin het, end uit sal voer en volbring op die dag wanneer Jesus Christus kom.
Om al Sy beloftes na te kom:
Verkillende bronne gee verskillende inligting deur oor hoeveel beloftes God in die Bybel maak. Dit wissel tussen 3000 en 7000 beloftes. Dis egter irrelevant hoeveel beloftes daar is maar wat relevant is, is dat God getrou is aan elkeen van daardie beloftes. God sal jou nooit faal nie. Hy is betroubaar. Hy kan nie anders wees nie. Jou heilige en liefdevolle God is getrou.

Aksie stappe: bid saam met iemand anders (Jak 5: 13-14)
Teleurstellings in verlede: nou is die tyd om mense in die verlede wat jou teleurgestel het te vergewe sodat jy gehoorsaam kan wees aan God en vry kan kom van jou seer en teleurstelling.
• Maak ‘n lys van al hierdie mense se name.
• Vat dan een vir een en vra vir God om jou te help om hulle te vergewe soos Hy jou vergewe.
• Kies dan om hulle te vergewe en verklaar dit hardop.
• Vra God dan om die seer oor die teleurstelling in jou hard te kom genees en jou vertroue in Hom te herstel.
Mense wat jou afgebreek het: nou is die tyd om mense in die verlede wat jou afgebreek het te vergewe sodat jy gehoorsaam kan wees aan God en vry kan kom van jou seer en lae self waarde.
• Maak ‘n lys van al hierdie mense se name.
• Vat dan een vir een en vra vir God om jou te help om hulle te vergewe soos Hy jou vergewe.
• Kies dan om hulle te vergewe en verklaar dit hardop.
• Vra God om die seer in jou hard te kom genees en jou te wys hoe Hy jou sien.
• Vra God dan om die negatiewe woorde wat oor jou uitgespreek is te vernietig en jou nuwe gedagtes oor jouself te gee.

Maak dit jou eie: God is Almagtig

Oordenkings vrae?
1. Sukkel jy om God ten volle te vertrou?
2. Sukkel jy om, wanneer jy probleme het, dit totaal oor te gee in God se hande?
3. Voel jy alleen in die uitdagings en probleme in jou lewe?
4. Voel jy moedeloos, frustreerd of depressief?
5. Sien jy uit na die toekoms?

Lees:
Ps 9:11; Ps 37:3-5; Ps 40:5
Die leuen: “Ek kan nie God vertrou nie”
Die waarheid: “God sal my nooit in die steek laat nie, my nooit alleen laat nie, Sy beloftes staan vas en niks kan dit verander nie.” (ELOHIM: Sterk, Betroubare en Enigste ware God).”
Die leuen: “Ek is nie God se beloftes waardig nie”
Die waarheid: “Ek is God se beloftes waardig omdat ek aan Hom behoort en Hy my waardig maak.”

Opdrag:
Waarmee sukkel jy om God te vertrou? Maak ‘n lys van alles waarmee jy sukkel, al jou probleme en soek die waarheid oor God en jouself in die Woord maw vervang die leuen dan met die waarheid. Byvoorbeeld:

Areas nog nie filtreer met God
1) Finansies

2) Gewig / liggaam / gesond eet
Waarheid
1)Ps 37:3: Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal sorg;
2)Sp 3:5: Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.

Maak seker dat jy gedurig deur hierdie waarhede vir jouself herhaal sodat jou gedagtes vernuwe kan word en jy anders kan optree.

Bid dat:
1. God jou moet help om te kan onderskei tussen die leuen en die waarheid.
2. Die Heilige Gees binne in jou herinneringe en gevoelens moet kom en jou genees van enige seer in die verlede.
3. God Sy beeld van Homself binne in jou sal herstel.
4. God jou sal help Sy betroubaarheid te glo en om Hom volkome te vertrou in elke area van jou lewe.
5. God vir jou genoeg sal wees.

Lofprysing:
1. Verklaar aan God dat jy daarna smag om Hom as Betroubaar te ervaar en ook so op Hom te vertrou. Sê vir Hom in jou eie woorde hoe betroubaar Hy is.
2. Sit ‘n bekende aanbiddingsliedjie op en dans voor die Here. Beeld die woorde van die liedjie deur jou liggaamsbewegings uit. Om te dans is ‘n taal.

Skrif om te bestudeer:
Ps 40:5 Ps 65:6-8
Sp 3:26-26 Jes 30:15
Sp 3:5-6 Ps 9:11

GOD IS ALMAGTIG

GOD IS ALMAGTIG – dus Hy kan my met enige iets help! EL-SHADDAI

Het jy al ooit in jou Christelike wandel gevoel asof jy stroom op teen die golwe swem? Jy probeer die regte dinge doen en sondes af lê maar jy raak moeg, misluk en word moedeloos.

Te veel Christene probeer die Christelike lewe deur hul eie krag lewe, hul probeer om die sonde deur hul eie krag te oorwin, probeer om van God te getuig deur hul eie woorde en probeer swaar tye te oorkom deur hul eie vermoëns.

Die slegte nuus is dat ons NOOIT in hierdie lewe deur ons eie krag in oorwinning sal kan leef nie.

Die goeie nuus:
Jer 32:17 U naam is Here die Almagtige

God is almagtig. God het slegs deur Sy woorde die heelal geskape. Dit word deur sterrekykers bereken dat die heelal uit meer as 100 biljoen Melkweë bestaan. Maar al die krag wat in die hele heelal saam gevat is, is maar ‘n klein verteenwoordiging van die onbeperkte krag van God. Die gesamentlike krag van die hele aarde se storms, winde, oseaan golwe en ander kragte van die natuur is nie eers gelyk aan ‘n klein deeltjie van God se almagtige krag nie.

Daar is so baie plekke in die natuur waar ons kan beleef en ervaar dat God Almagtig is, maar persoonlike ondervinding en persepsie beperk ons denke oor God se grootheid. Dink byvoorbeeld aan ‘n waterval. Elkeen se waterval se grootte en prag lyk anders in ons gedagtes.

1 Konings 10:1-7 Het die Koning van Skeba gewonder oor die wysheid en prag van Salomo en die Here wat hy dien – en tot haar verbasing toe sy gaan kyk was dit meer as wat sy haar kon voorstel.

Prediker 11:5 Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van ‘n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles.

Josua 10:12-13 Dié dag toe die Here die Amoriete in die mag van die Israeliete gegee het, het Josua die Here om hulp gevra. Ten aanhore van Israel het hy gesê: “Son, staan stil in Gibeon, en maan, staan stil in Ajalonlaagte!” Die son het stilgestaan, die maan het nie geroer nie totdat Israel sy vyande verslaan het. Dit staan so geskrywe in die Boek van die Opregte. Die son het halfpad in die hemel bly staan. Byna ‘n volle dag was hy nie haastig om onder te gaan nie.

Alle krag/mag is nog altyd God sin gewees en sal Syne vir ewig wees. Enige krag wat ons het word aan ons gegee deur God.

God se krag kan nie beperk word deur enige mens, demoon of enige iets anders wat Hy geskape het nie. Mense en nasies is magteloos wanneer hul gekonfronteer word deur God se mag.

Omdat God almagtig is het Hy die vermoë en krag om enige iets te doen wat Hy wil solank as wat dit nie enige van sy ander karakter eienskappe skend nie. Geen taak is te groot vir God nie. Hy misluk nooit. Hy is nooit moeg, frustreerd of mismoedig nie.

Maar ons almagtige God gee om vir jou en Hy wil graag Sy krag in jou lewe openbaar en uitstort.

God kan jou help:
Maak nie saak wat jou in die gesig staar nie, God kan jou help. Niks is vir God te moeilik nie. Geen behoefte is vir God te groot om te bevredig nie. Geen probleem is vir God te moeilik om op te los nie. Geen vyand is te sterk vir God om te oorwin nie. Geen gebed is te swaar vir God om te beantwoord nie (Ef 3:20).

As jou hart en motiewe suiwer is en jou opreg daarna soek om God se wil te doen dan is daar, soos jy op God se krag staat maak, niks te moeilik wees vir jou nie (Fil 4:13).

Moontlike vrugte van ‘n persoon wat nie glo (in hart) dat God Almagtige is nie:
• Maak op eie krag staat om probleme, uitdagings en sondes te oorwin.
• Lewe ‘n kragtelose lewe.
• Sukkel om sekere sondes te oorwin.
• Sukkel om God volkome te vertrou.
• Sukkel om te getuig van God en geloof te del met ander.
• Voel swak en soos ‘n mislukking.

• Voel oorweldig, moedeloos, hopeloos en selfs depressief.
• Beleef konstant vrees oor gebeure in wêreld.

Ry die golf:
Te veel Christene probeer die Christelike lewe deur hul eie krag lewe, hul probeer om die see terug te druk soos hul vorentoe swem met al hul krag. Maar ons mis uit op die pure genot om die golf van God se Gees te ry.

Ons moet leer hoe om saam met die golf te swem. Klink eenvoudig genoeg nè? Maar dit vat fokus, in oefening, risiko, uithouvermoë, tyd, inspanning en moed.

Dit is presies wat Joh 15:5 oor handel. Jesus verklaar: “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra baie vrugte; want sonder My kan julle niks doen nie.”

In My: posisie van afhanklikheid wat ons moet in neem in Jesus Christus. ‘n Verhouding van rus in Christus. ‘n Posisie wat ons ten alle tye moet in neem.
Bly: remain; aankleef, verenig, afhanklik; leef in; staan in; teenwoordig in; posisie in; toestand; woon in; stil staan by; staande bly; volhard; aanhou; verhouding; verwagting – ons moet dit in oefen. Ons moet ook in die Woord (Bybel) bly. Jesus is die Woord (Joh1:1).
Ek in hom: krag, liefde, genade, voeding vloei van Christus na jou. Ontvang hulp soos nodig. Christus leer, lei en troos ons.
Vrugte: liefde; vreugde; vrede; vriendelikheid; geduld; goedhartigheid; getrouheid; nederigheid; selfbeheersing; uitoefening van genade teenoor ander; om goeie dade te doen; om soos Jesus Christus te wees.
Sonder My: verwyderd; op eie; deur self; lood nie sonder boom vrug dra – ons nie sonder God.

Ek dink aan saad wat in ‘n saadvorm 1000 jare so stil en oënskynlik lewelose kan wag vir die regte omstandighede om te ontkiem, dan kan dit groei in bome van 50 tot 84m hoog. Dit noem ek “abundant life”. Daar is ‘n groot misterie opgesluit in so ‘n saadjie – sy potensiaal.

Dit is hoe ons sonder God is: dood. Maar met Sy krag binne in ons is ons tot alles in staat. Ons moet egter in Hom bly. Om in die wynstok te bly, soos om die golf te ry, is nie ‘n passiewe aksie nie maar ‘n aktiewe aksie. Dit vereis inspanning, in oefening, risiko en vasberadenheid. Maar op die einde beleef ons die suiwere vreugde van God se krag wat ons vorentoe dra deur die Heilige Gees.

Om die golf te ry moet ons God vertrou om deur Sy onbeperkte krag van Sy Gees deur ons te lewe. Dit is wat die Bybel die Geesvervulde lewe noem.

Maar as jy nie vir God werklik ken nie, hoe kan jy Hom vertrou? En as jy Hom nie vertrou nie hoe sal jy ooit op Hom staat maak om jou ten volle bekragtig deur Sy Gees om bonatuurlik die golf te ry? Ons misluk meestal om die Geesvervulde lewe te leef omdat ons ‘n verkeerde siening het van wie God is.

So ek vra weer, voel jy asof jy teen die seestrome swem?

Die antwoord is nie om harder te swem nie maar eerder om:
God werklik te leer ken: bestudeer Bybel en wie God is, laat dan toe dat die waarheid jou gedagtes oor God vernuwe.
• Te leer om God te vertrou: dat God jou self help in elke situasie en dat Hy krag vir jou sal gee.
• ‘n Begeerte te hê om Geesvervuld te lewe: dus dat Heilige Gees jou bekragtig en lei.
• God te vra om jou te vul met Sy Gees: dit is ‘n voortdurende lewenslange gebed.
• Elke area van jou lewe oor te gee aan God: elke oggend maar ook deur die dag soos jy voor versoekings en uitdagings te staan kom.
• Deur geloof die volheid van die Heilige Gees in jou lewe te eis (Ef 5:18 en 1Joh 5:14-15): elke oggend maar ook deur die dag soos jy voor versoekings en uitdagings te staan kom.
• Dan Geesvervuldheid en selfbeheersing oor en oor in te oefen: elke keer eie wil neer le en deur God se krag die regte ding te doen. As jy misluk, dadelik te bely en weer oor te begin.

Uitdaging: Vat een ‘probleem’ waarmee jy sukkel (byvoorbeeld om gesond te eet en gewig te verloor):
1. Erken aan God dat jy sukkel hiermee en dat jy dit nie op jou eie kan reg kry of oorkom nie.
2. Verklaar jou afhanklikheid van God: gee dit oor aan God en vra Hom om jou te help daarmee want dit is net Hy en Sy wonderwerke (krag) wat dit kan verander.
3. Glo en vertrou God dan om dit te kom verander in jou lewe.
4. Bly in God, bly afhanklik van Hom en Sy krag om oorwinning te bereik.
5. Getuig oor hoe God jou gehelp het om jou probleem te oorwin.

Maak dit jou eie: God is Almagtig

Oordenkingsvrae?
1. Sukkel jy met enige sondes in jou lewe?
2. As jy misluk probeer jy nog harder uit jou eie krag?
3. Maak jy staat op God en Sy krag om jou lewe in oorwinning te leef?
4. Is God vir jou genoeg of het jy altyd ander dinge ook nodig om jou gelukkig te maak?

Moontlike vrugte van ‘n persoon wat nie glo (in hart) dat God Almagtige is nie:
• Maak op eie krag staat om probleme, uitdagings en sondes te oorwin.
• Lewe ‘n kragtelose lewe.
• Sukkel om sekere sondes te oorwin.
• Sukkel om God volkome te vertrou.
• Sukkel om te getuig van God en geloof te deel met ander.
• Voel swak en soos ‘n mislukking.
• Voel oorweldig, moedeloos, hopeloos en selfs depressief.
• Beleef konstant vrees oor gebeure in wêreld.

Lees:
Ps 23:1; Ps 73:23-26; Kol 2:9-10
Die leuen: “God is nie genoeg nie”
Die waarheid: “God is genoeg. Wanneer ek Hom in my lewe het het ek alles wat ek nodig het (EL-Shaddai: Allmighty, All-Sufficient God).”

Opdrag:
Dink bietjie of jy werklik God sien:
a) As Almagtig in jou lewe en dat Hy oor die krag beskik om jou te help in elke area van jou lewe
b) Dat Hy genoeg is vir jou in elke area van jou lewe.
Lys dan die bogenoemde areas en soek die waarheid oor God en jouself in die Woord maw vervang die leuen dan met die waarheid.

Byvoorbeeld:


Areas nog nie filtreer met God Waarheid
Ek sukkel met vrees veral oor geweld en inbrake. Ps 18:3: Die HERE is my rots en my skuilplek en my redder; my God,
my rots by wie ek skuil; my skild en my sterk verlosser, my veilige
vesting.
Ek sukkel met my eetgewoontes en draai na kos om spanning, hartseer
en verveeldheid te hanteer.
Mat 5:6: Happy are those who’s greatest desire is to do what God
requires; God will satisfy them fully!

Maak seker dat jy gedurig deur hierdie waarhede vir jouself herhaal sodat jou gedagtes vernuwe kan word en jy anders kan optree.

Bid dat:
1. God jou moet help om te kan onderskei tussen die leuen en die waarheid.
2. Die Heilige Gees binne in jou herinneringe en gevoelens moet kom en jou genees van enige seer in die verlede.
3. God Sy beeld van Homself binne in jou sal herstel.
4. God Sy Almag aan jou bekend sal maak en in jou hart werklik sal maak.
5. God vir jou genoeg sal wees.

Lofprysing:
1. Verklaar aan God dat jy daarna smag om Hom as Almagtig te ervaar en ook so op Hom te vertrou. Sê vir Hom in jou eie woorde hoe jy oor Hom voel.
2. Sit ‘n bekende aanbiddingsliedjie op en dans voor die Here. Beeld die woorde van die liedjie deur jou liggaamsbewegings uit. Om te dans is ‘n taal.

Skrif om te bestudeer:
Gen 1:17 Luk 18:17
Job 37:23 Ef 3:20
Ef 5:18 1Joh 5:14-15

GOD IS PERSOONLIK

Hy smag daarna dat ons Hom persoonlik moet ken.

God is persoonlik en wil ‘n persoonlike en intieme verhouding met elkeen van ons hê. Persoonlik of intiem ken beteken dat die persoon waarlik opdaag, deel neem aan jou, baie naby is in vriendskap, om ‘n diep kennis te hê van jou, om self bekend te maak, ‘n aksie soos om te soen. Dit is om jou self deursigtig te maak voor ‘n ander en om self ‘n ander se diepste gevoellens, drome, wense, optredes en gedagtes te ken.

Ons kan sien dat reg van die begin in Eksodus 25:8 – 27:38 het God aan die volk opdrag gegee om ‘n tent van ontmoeting te maak sodat die volk na Hom toe kan kom, voorskrifte vir beskerming kan ontvang en om God te ontmoed. God was dus nog altyd persoonlik en intiem en het nog van die begin af ‘n behoefte om persoonlik geken te word en intiem met ons te verkeer. God het ons, die mens geskape om ‘n persoonlike verhouding met ons te hê.

Lees Heb 9:1-12 en Mat 27: 50-51

Ons moet wel in ag neem dat God ook ander eienskappe het soos Regverdig, Heilig, Almalgtig ens. En ons mag nie een karakter eienskap belangriker ag as die ander nie want dan neem ons weg van God se karakter en kan ons Hom nie ten volle ken nie. God is Heilig en haat die sonde want Hy weet dit verwoes Sy mense (Hy haat nie die sondaar nie). Daarom kon slegs die hoëpriester in die Allerheiligste in gaan nadat bloed gesprinkel is om vir sy eie en die volk se sondes te betaal. Die priester het self klokkies aan die onderkant van hul mantel vas gemaak en ‘n tou om hul lyf en met vrees en bewing die Allerheiligste in gegaan (Eks 28:33). As hy nie heilig in God se oë was nie sou hy dan sterwe. Die klokkies was ‘n aanduiding dat die hoëpriester nog lewe en indien dit vir ‘n lang tyd stil was het die mense buite geweet die persoon is dood en het hom dan met die tou uit die Allerheiligste getrek.

Dus om in die vroëer jare in God se teenwoordigheid te kom was ‘n groot storie, baie rituele moes plaasvind en baie werke moes gedoen word. Maar Jesus het as Hoëpriester vir ons gekom en finaal die sondelas betaal deur Sy bloed en die voorhangsel tussen die Heiligste en Allerheiligste verskeur (Mat 27:51) sodat ons met vrymoedigheid na God se genadetroon kan kom en intiem met Hom wees, sodat ons in Sy teenwoordigheid kan wees (Heb 10:19).

God is ook almomteenwoordig en kan elke oomblik intiem by elkeen van ons wees. Deur God se Gees is ons nie as weeskinders agter gelaat nie (Joh 14:18).

Hoekom ken ons nie God intiem nie?
Maar baie van ons besef nie wat dit is om intiem geken te word nie. Ons weet nie hoe dit werklik is om ander intiem te ken nie. Miskien sit jy ook nou hier en besef dat niemand in jou lewe jou werklik persoonlik ken nie: dat jou man, jou ouers, vriende of familie nie werklik bemoeienis maak om die innerlike diepte van jou te ken nie, jou wese, emosies en behoeftes te verstaan nie. Miskien was jou ouers nie baie betrokke in jou lewe en het nie werklik persoonlike aandag aan jou gegee nie. Daarom is dit ook vir ons moeilik om te verstaan dat God ons intiem wil ken. Dit maak ons selfs bang as ons daaraan dink.

Ons voel ook dat ons eers perfek moet wees voordat ons na God kan gaan. Die satan lieg vir ons om te sê dat ons te vuil en vol sonde is om voor God te verskyn, want hy weet as ons na God toe gaan soos ons is God ons kragtig sal aanraak en verander. Maar God wil reeds hê dat ons net soos ons is, met al ons sondes, vuilheid en seer voor Hom moet verskyn want ons kan nie ons self verander nie en dit is net in Sy teenwoordigheid en wanneer ons met Hom tyd spandeer (net soos ons is) dat God ons kan genees en verander. Wanneer ons ‘n ontmoeting het met God word ons verander soos Paulis op die Damaskus pad en ook al die ander gelowiges in die Bybel.

Baie keer doen ons ook soos die priesters eerder net al die werke in die Heiligste eerder as om in Allerheiligste in te kom omdat ons bang is. Ons dink ons werke sal opmaak by God en ons aanvaarbaar maak vir Hom. Maar Hosea 6:6 sê: “Ek verwag liefde eerder as offers, toewyding aan My eerder as brandoffers.”

Kennis is nie genoeg nie:
As ek van ‘n huis hou en ek begin die bou van die huis en die argitek van die huis te bestudeer kan ek al die kennis op doen van die gebou, die argitek – waarvan hy hou en nie hou nie maar dit beteken nie dat ek die argitek persoonlik ken nie. Daar is ‘n verskil tussen om van iemand te weet en om hom/haar werklik persoonlik te ken. Ken jy God persoonlik of het jy slegs kennis van Hom?

Om God intiem en persoonlik te ken moet ons heel eerste Jesus Christus aangeneem het as ons Verlosser en alleen op Hom vertrou vir ons redding. Dit help nie net dat ons glo in Jesus Christus nie. Die demone glo ook en hulle sidder van angs (Jak 2:19). As ‘n man en vrou trou en dus ‘n persoonlike intieme verhouding binne tree, vra die dominee nie of hulle in mekaar glo nie maar of hul mekaar aanneem as man en vrou. Dus moet ons ook Jesus Christus die Seun van God aanneem as ons Verlosser en Saligmaker (Joh 4:24).

Tweedens moet ons gevul wees met die Heilige Gees (1 Kor 2:10). Dit is nie moontlik om intiem en persoonlik met God te wees deur ons menslike kennis nie. Ons menslike verstand kan dit nie begryp nie en sal ons verhoed om persoolik met God te wees. Ons moet dus daagliks vir die Heilge Gees vra om ons vol te maak en te lei.

Derdens moet ons ‘n behoefte en begeerte hê om God intiem te ken (Jer 29:13).

Vrugte (optrede) van persoon wat nie ten volle glo dat God intiem met hul wil wees:
Soms as mens ‘n sekere aspek bespreek dink ons dat ons nie werklik ‘n probleem in die area het nie terwyl ons egter wel kan groei daarin. Hierdie afdeleing is hier sodat jy introspeksie kan doen en kan opweeg of jy werklik God as intiem en persoonlik in jou lewe ervaar.

Verkeerde en ongesonde optredes (vrugte) kom van verkeerde denkpatrone en geloofoortuigings (wortels). In hierdie geval sal dit verkeerde geloofsoortuigings wees van God en Sy intieme betrokkenheid in jou lewe.

Mar 7:21: Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.

Mat 12:33-35: Julle moet òf die boom goed maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken. Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond. Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.

Dus, as ons goeie dinge doen, is daar goeie dinge in ons hart maar die slegte dinge wat ons doen ontstaan as gevolg van die slegte dinge in ons hart. Maw elke slegte optrede, gewoonte of lewenswyse het ‘n slegte wortel in ons hart.

Sp 4:23: Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.

Die volgende kan ‘n paar moontlike vrugte wees van ‘n persoon wat nie glo dat God met hom/haar persoonlik en intiem wil wees:
• Gevoel van eensaamheid
• Gevoel van alleenheid
• Voel dat jy self moet veg om iewers in die lewe te kom
• Voel dat jy alleen die verandwoordelikheid moet dra vir die pligte en uitdagings in jou lewe
• Bang om tot God te nader
• Stiltetyd dood of groei vind nie plaas
• Beleef nie sommer God se teenwoordigheid nie
• Beleef nie God se liefde
• Glo nie God wil met jou praat of sukkel om Sy stem te hoor
• Sukkel om persoonlik en intiem met ander mense te wees

My vraag aan jou vandag is: ken jy God werklik intiem of kom jy net na Hom uit plig of omdat jy iets nodig het? Het jy ‘n behoefte om God intiem te ken, persoonlik met Hom te wees, Sy stem te hoor en Sy vriend te wees soos Moses Sy vriend was. Deut 23:29 verklaar dat: “ if you will seek (inquire for and require as necessity) the Lord your God, you will find Him if you (truly) seek Him with all your heart (and mind) and soul and life.

Maak dit jou eie: God is persoonlik
Oordenkingsvrae?
1. Hoe was jou verhouding met jou ouers toe jy klein was?
2. Was hul betrokke in jou lewe?
3. Het jy persoonlik met hul gesels oor die dinge in jou lewe (intieme dinge ingesluit)?
4. Het jou ouers jou opgebou met mooi woorde van aanvaarding?
5. Het jou ouers jou ooit warm liefde bewys, vas gehou en gedruk?

Vrugte (optrede) van persoon wat nie ten volle glo dat God intiem met hul wil wees:
Die volgende kan ‘n paar moontlike vrugte wees van ‘n persoon wat nie glo dat God met hom/haar persoonlik en intiem wil wees:
• Gevoel van eensaamheid
• Gevoel van alleenheid
• Voel dat jy self moet veg om iewers in die lewe te kom
• Voel dat jy alleen die verandwoordelikheid moet dra vir die pligte en uitdagings in jou lewe
• Bang om tot God te nader
• Stiltetyd dood of groei vind nie plaas
• Beleef nie sommer God se teenwoordigheid nie
• Beleef nie God se liefde
• Glo nie God wil met jou praat of sukkel om Sy stem te hoor
• Sukkel om persoonlik en intiem met ander mense te wees

Lees:
Joh 1:1; Heb 1:3
Die leuen: “God is net soos my pa (of ouers)”
Die waarheid: “God is presies soos Hy Hom in Sy Woord openbaar.” “God is oneindig wyser en liefdevoller as wat enige aardse pa ooit kan wees.” “God is altyd daar vir my (Jehovah Shammah).”

Opdrag:
Dink bietjie aan hoe jou en jou ouers (veral pa) se verhouding was. Hoe het jy in die verlede en dalk nog vandag oor jou self gevoel binne jou en jou pa se verhouding? Wat het jy van jouself beging glo agv jul verhouding? Hoe het dit joun gedagtes oor God se betrokkenheid en gevoellens teenoor jou begin beinvloed? Lys dan die gedagtes wat jy oor jouself begin glo het asook die gedagtes oor God en soek die waarheid oor God en jouself in die Woord maw vervang die leuen dan met die waarheid. Byvoorbeeld:

Gedagtes & siening van God Waarheid

Maak seker dat jy gedurig deur hierdie waarhede vir jouself herhaal sodat jou gedagtes vernuwe kan word en jy anders kan optree.

Vergewe ook jou ouers as hul ongeregtig teenoor jou opgetree sodat genesing kan plaas vind.

Bid dat:
1. God jou moet help om te kan onderskei tussen die leuen en die waarheid.
2. Die Heilige Gees binne in jou herhinneringe en gevoelens moet kom en jou genees van enige seer in die verlede.
3. God Sy beeld van Homself binne in jou sal herstel.
4. God persoonlik vir jou sal wees.

Lofprysing:
1. Verklaar aan God dat jy daarna smag om Hom persoonlik, intiem en as jou Vader te ken. Sê vir Hom in jou eie woorde hoe jy oor Hom voel.
2. Sit ‘n bekende aanbiddingsliedjie op en dans voor die Here. Beeld die woorde van die liedjie deur jou liggaamsbewegings uit. Om te dans is ‘n taal.

Skrif om te bestudeer:
Heb 12:9-10, Jes 41:10
Jos 1:9, Mat 28:20
2 Kor 6:16, Ps 16:11

OM GOD INTIEM TE KEN

Eph 1:17-19 bid ek dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid gee en Hom aan julle so openbaar dat julle Hom werklik kan ken, verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;

Hoe sien jy God?
Jou siening van God en Sy betrokkenheid in jou lewe beïnvloed elke aspek van wie jy is. Elke deel van jou lewe – begeertes, motiewe, houdings, woorde en aksies – word beïnvloed deur jou persepsie van wie God is. Elke probleem wat ek en jy ervaar kan direk gekoppel word aan ‘n onakkurate/verkeerde siening wat ons van God het.

Vind jy dat jy twyfel aan God se goedheid vir jou wanneer jy in ‘n moeilike situasie is? Word jy maklik frustreerd deur negatiewe omstandighede? Is dit vir jou moeilik om God te vertrou met die uitdagings in jou lewe? Voel jy soms God is nie goed genoeg nie. As Hy was sou Hy …. Voel jy God het jou nie werklik lief nie? Dink jy soms God is nes jou pa? Dat God is nie rerig genoeg is nie?

Is dit moontlik dat jy ‘n verkeerde persepsie van God het?
Sommige mense sien God as ‘n genadelose diktator ander sien God as ‘n Goddelike Kersfees Vader. Baie mense vrees God omdat hulle ‘n verwronge beeld het van God se karakter.

Elkeen van ons kyk na God, die lewe en ons self deur ons eie bril. Alles wat met ons gebeur, ons lewenservarings, maak merke op ons bril wat veroorsaak dat ons nie die ware beeld van God, die lewe en ons self kan sien nie.

Wat is die uitkoms as ons ‘n korrekte beeld van God kry?
Dit beteken nie dat jy nooit weer probleme sal ervaar nie maar as jy God werklik ken vir wie Hy is sal jy in oorwinning in elke situasie begin leef. Jy sal waarlik God se liefde vir jou beleef en Hom ten volle vertrou. Jou selfbeeld sal verbeter as jy besef hoe groot en wonderlik God is en hoe waardevol jy vir Hom is. Hoe nader jou siening van wie God is en Sy betrokkenheid in jou lewe aan die waarheid is, sal jy meer gemotiveerd raak om te uitblink in jou tyd, talente en vermoëns.

Kan my verkeerde siening van God reg gestel word?
Ons kan slegs verander en vernuwe word tot die graad wat ons beeld van God verbeter en vernuwe word. Ons kan nie ons self verander nie (ek het al baie probeer). Dit is ‘n saak van oorsaak en gevolg. ‘n Verkeerde siening van God is die siekte en ons probleme is die simptome. God wil ons gedagtes oor Hom vernuwe sodat ons werklik ook nuut kan lewe (Rom 12:2).

God wil nie net hê dat ons Hom korrek moet sien en verstaan nie maar ook dat ons Hom intiem moet ken. Hoe meer ons op God fokus en wie Hy werklik is hoe meer word ons verander. Hoe meer ons op ons self fokus en probeer om ons self te verander hoe meer frustreerd en oorwonne word ons.

Ons kan ‘n nuwe en korrekte siening van God kry. So hoe begin ons om God werklik te leer ken? Dit gebeur nie net oornag nie, dit is ‘n lewenslange reis vol opwinding. En ons moet begin deur die leuens wat ons oor God glo te identifiseer en dit dan deur die waarheid te vervang. Ons grootste bron vir die waarheid oor God is die Bybel want daar openbaar Hy homself en Sy ware karakter.

So hou op om na jou omstandighede te kyk om God te verduidelik en begin kyk na die Bybel en hou daaraan vas maak nie saak want gebeur.

Stap saam met my oor die volgende paar weke terwyl ons die karakter eienskappe van God gaan bestudeer.