OM JOUSELF TE OFFER

Deur Jonanda Burger

In Levitikus 1 tot 7 word ’n lys gegee van die belangrikste offers wat die Israeliete vir God moes bring.

Brandoffers om God se guns te soek.

Graanoffers om toewyding aan God te verklaar en erkenning dat die kos uit God se hand kom. Maaltydoffers om dank-baarheid teenoor God te betuig en saam met Hom te verkeer. Sondeoffers om vergifnis te verkry van sondes wat nie doelbewus gedoen is nie. Skuldoffers om die onreg wat ‘n ander aangedoen is weer goed te maak.

Eerstens, was hierdie offers bedoel om vergewing by God te soek vir die oortredings wat begaan is. Tweedens, was die offers gebring om die verhouding met God te herstel en in stand te hou. Derdens, om uiting te gee van dankbaarheid teenoor God.

Die persoon wat so ‘n offer gemaak het, het die offer totaal en al (geheel) oor gegee. Dus die persoon het alle reg of aanspraak op die offer neer gelê sodat die offer gebruik kon word tot eer van God.

Vir die wat glo in Jesus Christus as hul enigste Verlosser, is die volmaakte en finale offer gebring toe Jesus Christus aan die kruis vir ons sondes betaal het en die wat aan Hom behoort finaal met God versoen het. Daarom hoef ons nou nie meer dinge te doen om deur God vergewe te word of ons verhouding met Hom te herstel nie.

Hoe wonderlik is dit nie om met sekerheid te weet dat my en jou sondelas volkome, finaal en geheel betaal is. Dat ek en jy nooit weer allerhande offers en werke hoef te doen om ons verhouding met God reg te stel nie.

Kyk egter wat Jesus in Mat 16:24 vir sy dissipels sê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.”

Dus, ons moet ons eie sondige self, ons wil, ons liggaam, ons siel, ons hele wese oorgee aan God.

Paulus sê dit vir my so mooi in Rom 12:1: “En nou doen ek ‘n beroep op julle broeders, op grond van die groot ontferming van God: gee julself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is.”

As ‘n mens werklik besef wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het: dat Hy Sy lewe vir ons neergelê het, gesterf het in ons plek, ons gered het van ‘n ewige en brandende vuur – ‘n plek verwyderd van God, en ‘n oorwinningslewe hier op aarde gegee het, kan mens nie anders as om te sê Here hier is my lewe nou, ek gee dit vir U terug sodat U dit vir U eie eer en Koninkryk kan gebruik.

Dit klink groot, erg en baie swaar om mens se eie lewe as offer neer te lê maar dis ‘n leuen van die duiwel. Die beste plek om te wees is in God se perfekte en volmaakte wil. God gee vir ons voorskrifte nie om ons te beperk of te bind nie maar omdat Hy vreeslik lief is vir ons, ons wil beskerm en ware vreugde wil laat geniet.

Jak 1:27 beskryf ons oorgee aan God soos volg: “Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jouself skoon te hou teen die besmetting van die wêreld.”

Om ons lewe dus neer te lê en lewende en heilige offers vir God te wees beteken dus om nie meer vir ons self en ons eie voordeel en genot te lewe nie maar om te lewe soos wat Jesus gelewe het, te doen wat Hy gedoen het en te gee soos Hy gegee het – Sy alles! Dit is om ‘n kop skuif te maak om dinge te doen vir die hier en nou, na om dinge te doen wat ‘n ewigheidswaarde het, wat skatte vir jou in die hemel gaan versamel (Mat 6:19) en ‘n nalatenskap op aarde vir na te laat.

Ons moet ook onthou dat alles wat ons besit kom uit God se hand (Jak 1:17) en ons is slegs rentmeesters daarvan wat eendag voor God verslag sal moet doen oor wat ons met Sy besittings gemaak het: uitgebuit en vir ons self gehou of gedeel en versprei in Sy Koninkryk.

Die wonderlikste van alles is dat ons selfs iets terug ontvang as ons ons self, besittings en lewe vir God gee:

God sê in Mal 3:10 “Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.

Wat jy gee sal jy ook terug ontvang – wat ons saai sal ons maai (Gal 6:7).

Dit is lekkerder om te gee as om te ontvang. Dis die mees vervullendste en lekkerste gevoel as mens vir ander iets doen of bydrae om iemand anders se lewe te verander. Vra enige iemand wat al op ‘n uitreik was!

My vraag aan jou is: wil jy lewe vir jouself, net na jouself omsien en selfsugtig sterwe of wil jy lewe vir God en ‘n verkil maak in hierdie wêreld?

Indien jy graag ‘n verskil wil maak sê dit dan nou vir God, sê vir God dat jy jou lewe neerlê as ‘n lewendige en heilige offer vir Hom en dat Hy jou en dit wat jy besit moet gebruik om eer aan Hom te bring. Gaan dan uit en kyk waar jy ‘n verskil kan maak!

“In Christus – baie lede maar een Liggaam”

Deur Jonanda Burger

Wanneer mens die verskillende stukke in 1Kor12:27; Rom 12:5 en Ef 4:12 lees oor “In Christus- baie lede maar een Liggaam” is dit baie duidelik hoe ons as Christene elkeen kosbaar is, sekere gawes, vermoëns en take het om te verrig in die Koninkryk van God, dat ons mekaar nodig het om God se wil hier op aarde te bereik en dat ons in eenheid moet saam werk en leef. Dit is werklik ‘n kragtige waarheid.

Maar toe ek weer elkeen van hierdie stukke gaan deur lees vir die voorbereiding van Wêreld biddag vir vroue het die Heilige Gees vir my iets helemaal nuuts oopgebreek. In so ‘n opsig dat ek vir myself moes afvra….

Van al die voorbeelde wat Paulus kon gebruik om die lewe en doel van ‘n Christen te verduidelik, het die Heilige Gees Paulus geïnspireer om Jesus se liggaam as voorbeeld te gebruik.

Behalwe dat ons Jesus se werk hier op aarde moet voortsit, het jy al ooit gewonder hoekom juis Jesus se eie liggaam? Hoekom nie die liggaam van ‘n donkie (wat ‘n kosbare kommodityd in daardie tyd was) of self ‘n donkiekar nie? Of net ‘n liggaam. Dit sou dieselfde boodskap kon oordra.

Maar nee, Paulus sê ek en jy is Jesus Christus se liggaam. Hoe dink jy behandel Jesus Sy eie liggaam. Ek sou sê:

· Jesus Christus is lief vir Sy eie liggaam: Hy is goed en pas Sy eie liggaam op. Hy wil Sy eie liggaam koester.

· Jesus ken Sy eie liggaam ten volle en weet wat dit nodig het.

· Hy wil ‘n gesonde liggaam hê: elke orgaan en lid heel, lewendig en funksioneer ten volle.

· Jesus Christus soek ‘n liggaam wat funksioneer soos dit moet – elke orgaan en lid moet doen wat dit geskape was om te doen. ‘n Liggaam wat ten volle lewendig is!

Omdat ek en jy Jesus Christus se liggaam is, is dit wat Hy ook vir ons soek:

Christus is vir jou lief soos Hy Homself lief het:

Hy wil in ‘n persoonlike en intieme verhouding met jou staan en Hy wil sy liefde oorvloedig op jou uit stort. Hy wil jou koester as jy alleen voel en versorg as jy hulp nodig het. Bowenal wil God hê dat jy oortuig moet wees van Sy liefde vir jou. Self in die moeilike tye. Hierdie liefde moet nie net kop kennis wees nie maar ‘n werklikheid, deel van jou.

Hierdie oortuiging van God se onvoorwaardelike en volmaakte liefde vir ons kom slegs as ons honger is daarvoor en die Heilige Gees vra om dit so aan ons te openbaar. Dan bly dit nie net kop kennis nie maar kom leef ook in ons harte.

Het jy Hom dit al gevra? Hoekom nie? Hoor wat se God oor jou:

Jer 3:14: Ek het gesê: Hoe graag wil Ek jou ‘n seun van My maak en aan jou ‘n lieflike land gee, ‘n besitting liefliker as enigiets wat enige nasie het. Ek het gesê: Noem My "Vader", en moet nooit weer van My af wegdraai nie.

Jesus ken jou ten volle en weet wat jy nodig het:

Jy is Sy liggaam en Hy wil die goeie wat jy nodig het vir jou gee. Jesus sal en wil nie vir jou gemors kos gee wat jou gaan siek maak en terug hou in die lewe nie. Nee, Hy wil vir jou die gesonde, sappige, goeie voedsel gee wat jy nodig het sodat jy ten volle kan funksioneer en werklik lewendig kan wees.

Christus weet wat jy nodig het en sal nie die goeie van jou weerhou nie maar ook nie die onnodige wat sleg is vir jou gee nie. Ons mag nie altyd verstaan hoekom Hy nie altyd vir ons alles gee wat ons dink ons nodig het en van Hom vra nie maar ons moet kies om op Hom te vertrou. Ons moet oortuig wees van Sy goedheid en dat Hy ons beste belang op die hart dra want dit is wat God in Sy Woord belowe.

Twyfel jy ooit aan God se goedheid vir jou? Mat 7:11: As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?

Vra God om jou te help om Hom volkome te vertrou.

Hy wil hê dat jy siel, liggaam en gees gesond moet wees:

Jy sien, alhoewel God wil hê dat jy jou rol in die liggaam van Christus ten volle moet uitleef weet Hy ook dat ‘n siek, beskadigde lid van die liggaam nie so effektief is soos ‘n gesonde, lewendige lid nie. Dit is baie moeilik om weg te gee wat jy nie het nie. En as jy jou rol in Jesus se liggaam ten volle wil uit leef, sal dit soveel makliker en in uitnemendheid gebeur as jy gesond is.

Dink aan ‘n sprint atleet met ‘n gebreekte been. As die been gesond is kan sy werklik ten volle haar doel bereik.

Sommige van ons hier vandag is nie helemaal gesond nie. Gebeure in die verlede het ons stukkend en seer gelaat. Oorweldig deur pyn en teleurstelling, angs en bekommernis, kwaad en bitterheid. Ons gedagtes oor ons self is besoedel deur die wêreld se siening van wat goed en aanvaarbaar is. Ons siening van God en wie Hy werklik is, is deurdrenk van die leuens wat gesagsfigure aan ons Gods figuur gedoen het.

Maar om met seer en bindings te loop is nie Vader God se plan vir jou nie. Alhoewel swaar tye nie vry gespring kan word in hierdie lewe nie is dit nie God se wil dat ons met die seer en letsels daarvan moet rond loop nie. Dit hou ons kruppel en oneffektief om ten volle bruikbaar in Sy hande te wees.

Ps 86:15: Maar U, Here, is ‘n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou. God het medelye met jou seer. Hy treur saam met jou oor dit wat jou seer maak.

Mat 4:23-24: Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak.

Jesus wil jou revive– lewendig maak, lewe blaas in elke dooie deel van jou lewe, jou gedagtes, jou emosies, jou drome, jou optrede, jou liggaam, jou verhoudings….in elke dooie area wil Jesus herlewing bring, wil Hy sy lewegewende asem in blaas sodat jy alles kan wees wat God jou geskape het om te wees – ten volle! God wil dit wat dood is in jou lewe, lewendig maak!

Jer 17: 14: Maak Ú my gesond, Here, dan sal ek gesond wees! Bevry Ú my, dan sal ek vry wees! Dit is vir U wat ek wil loof.

Jesus Christus het ‘n doel met jou lewe:

Finale genesing is dan wanneer ons wegdraai van ons eie seer, ander se behoeftes begin raak sien en sodoende ons skeppings doel binne die liggaam van Christus begin uitleef.

2Kor 4:7: Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.

Elke vrou wat vandag hier sit is ‘n skatkis. Jy is ‘n skatkis. God het skatte in jou geplaas. Hy het jou geskape met ‘n doel voor oë, jy is nie toevallig of per toeval hier nie. God wil hê jy moet hier wees omdat Hy in ‘n persoonlike verhouding met jou wil wees en Hy ‘n plan met jou lewe het.

Binne in jou is wonderlike dinge opgesluit en God wil dit oop sluit. Hy weet wat se drome, vermoëns en gawes Hy in jou geplaas het. Hy weet hoe om dit aan te raak en dit uit te bring. Binne in jou dra jy skatte wat jy kan gebruik om God se doel met jou lewe te bereik en in die proses sal jy eer aan God se Naam bring.

Wanneer jy verby jou seer, lae-selfbeeld, verkeerde beeld van God en vergelyking met ander is, is jy in ‘n posisie vir God om alles ten voorskyn te bring wat Hy jou geskape het om te wees.

My vriendin vind uit wat se gawes, talente en vermoëns God binne in jou geplaas het want jou skatte is kosbaar in God se diens. Jy moet dit gebruik om Jesus se liggaam op te bou, ander lede gesond te maak, te versterk, te bemoedig en op te rig want as een lid in die liggaam swaar kry, kry die hele liggaam swaar. Vêrder, jy moet die wat nog nie deel is van die Liggaam deel maak daarvan.

Wil jy net oorleef of werklik leef. Wil jy alles besit wat jy kan maar wanneer jy sterf het jou lewe nie werklik iets beteken nie?

Of jy swart of wit, jonk of oud, arm of ryk is – solank as wat jy nog asem haal het God nog ‘n doel met jou en wil Hy jou hier op aarde gebruik. Sal jy Hom toelaat?

Ek wil jou aanmoedig, lê jou verlede en seer voor God neer sodat jy ten volle gesond kan wees om ten volle te kan funksioneer in die liggaam van Christus en ‘n Goddelike nalatenskap agterlaat, een wat dalk generasies kan beïnvloed!

HAAL AF DIE MASKERS

Lees Mat 23:25-26 en Joh 8:3-11

Kyk hoe drasties verskillend tree Jesus op teenoor die twee verskillende groepe.

1. Wat is ‘n masker?

‘n Masker is iets wat ek dra om die ware ek vir ander weg te steek.

Die VIA Africa Learners Dictonary beskryf die woord ‘mask’ as: “Covering for the face, used as disguise, for protection. Anything used to hide the real nature of something.”

2. Hoekom dra mense maskers?

Ons dra maskers want ons is bang as ons die ware ek vir ander wys hulle nie van ons sal hou nie en ons dan sal verwerp. Baie keer hou ons nie van ons self nie en dink ander sal ook nie van ons hou nie. Ons wil nie die ‘slegte dinge’ in ons lewens vir ander wys nie.

Die media is so vol van hoe die ‘ware, beeldskone, aanloklike, goeie’ en dus ‘perfekte’ persoon moet lyk dat ons dan begin voorgee om hierdie ‘perfekte’ persoon te wees en terselfde tyd verloor ons die ware ek.

3. Hoekom moet maskers afgehaal word?

Die andwoord is drieledig:

Eerstens, wat in ons hart aangaan maak baie saak vir God. Hy is meer geintereseerd oor wat in ons hart aangaan as wat ons sê of doen. 1 Sam 16:7 sê: “Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike maar die Here na die innerlike mens.” Dit is nie ons uiterlike eienskappe wat ons karakter bepaal nie maar dit wat in ons hart aangaan maak saak vir God.

As ons bly voorgee om iets te wees wat ons nie werklik is nie kan ons nooit verander word nie. As ons nie ons eie tekortkominge wil erken nie sal ons nie kan vernader nie. Maar as ons eerlik en opreg na God gaan met ons tekortkoming sal Hy ons gedagtes vernuwe en ons verander (Rom 12:2); Hy sal dan vir ons ‘n nuwe hart gee (Es 11:19). Dit sal ons ook help om voordurend te reflekteer sodat ons weet waaraan gewerk moet word.

Tweedens, Jak 5:16 sê: “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.” Wanneer ons kies om maskers te dra weerhou ons die wonderlike seën wat God vir ons wil gee deur Goddelike familie en omgee vir mekaar. Wanneer ons eerlik is teenoor mekaar kan ons:

l Luister en mekaar bemoedig: net om jou storie te vertel en die probleem in die lig te bring is al klaar genesend. Deur eerlik te wees help jy dus ook ander om hul hart met jou te deel en hulp te kry vir hul eie seer. Nog meer jy kan genesing ontvang deur iemand wat luister en die regte woorde op die regte tyd spreek. Jou mede Christen waarteenoor jy bely kan ‘n spreekbuis vir God word.

l Vir mekaar bid: as ons ons maskers afhaal kan ons opreg vir mekaar bid en gesond word. As ek nooit die ware ek met iemand deel sal ek nooit ware gebedsbedekking ontvang.

l Vir mekaar aanvaarding gee: ‘n plek waar die ware ek aanvaarding kan kry en ek ook onvoorwaardelike aanvaarding vir ander kan gee. As ons net aanvaar word vir die valse persoon wat ons voorgee dan word net die vals persoon eintlik aanvaar en nie die ware ek nie. Die ware ek is dan eintlik ongelooflik eensaam. Aanvaarding skep ‘n klimaat vir verandering.

l Christelik aanspreeklik teenoor mekaar wees: om mekaar verandwoordelik en aanspreeklik te hou vir die veranderings wat moet plaasvind.

Laastens, as ‘n mens ‘n masker dra verloor mens totaal en al wie God ons gemaak het om te wees. Ons verloor ons gawes, talente, passies in die lewe, waarvan ons hou ens. Ons probeer so hard om dit te wees wat die wêreld wil hê ons moet wees dat ons die kosbare skatte wat God in ons geplaas het onderdruk. Sodoende kan ons sonder ‘n doel en passie deur die lewe gaan. Hierdie wêreld het meer mense nodig om te weet wie hul is in Christus, wat se skatte en talente daar in hul is en dan dit passievol uit te lewe tot eer van God. Dit sal maak dat die wêreld ‘n beter plek word.

4. Hoe haal mens maskers af?

Dit is nie iets wat jy op jou eie kan doen nie. Dit is die werk van die Heilige Gees binne in jou.

· Bid en vra God om jou te help. Dit is God se wil dat ons opreg voor Hom moet staan, Hy sal ons ook help om opreg te word (Joh 15:7-8).

· Neem dan ‘n besluit om jou masker af te haal en kies dan om dit te doen deur God se krag binne in jou. Jy mag vrees ervaar maar doen dit al is jy bang, die vrees sal met tyd weggaan.

· Jy moet saam met God werk om jouself in ‘n posisie vir transformasie te plaas.

· Leer om jouself onvoorwaardelik te aanvaar en lief te hê. Bely jou sondes dadelik en vra God om jou te verander. Praat dan positief met jouself in plaas daarvan om jouself aftebreek oor jou foute en sondes.

· Leer om ander onvoorwaardelike te aanvaar. Mat 7:12 sê ons moet doen aan ander wat ons wil hê ander moet aan ons doen.

Onthou Christus het nie gekom om die gesonde mense te help nie maar juis die gebrokenes van hart. Sy genade is genoeg vir jou. Hy is sterk as jy swak is (2 Kor 12:9). Soos God Sy werk in jou voltooi sal jy nie meer ‘n valse beeld van jouself reflekteer nie maar die karakter van Sy Seun. Nou is die tyd om jou masker af te haal want God wil jou karakter vorm en jou identiteit in Hom ontwikkel sodat jy jou roeping kan vervul.

Indien jy graag met ‘n gekwalifiseerde berader wil gesels skakel gerus vir Jonanda Burger by 082 922 5081.

In tye van resessie?

Deur Jonanda Burger

In enige tyd van swaarkry en beproewings moet jy jouself die volgende vrae afvra: wie dink jy is God in jou moeilike situasie, wat sê God se Woord/beloftes oor jou situasie en waarop maak jy staat vir uitkoms in jou situasie. Jy sien wat jou antwoord op elkeen van hierdie vra is sal bepaal hoe en of jy deur jou swaarkry as oorwinnaar sal uit tree.

Wie is God as dit moeilik gaan?

Ons kan nie na ons omstandighede kyk om te beskryf wie God is nie. God is groter as die ekonomiese resessie, God is groter as siektes, as egskeiding – God is groter as enige probleem wat jy in die gesig mag staar! Luk 1:37 verklaar dat NIKS vir God onmoontlik is nie. Wanneer ons die waarheid glo sal ons ook met sekerheid weet dat die ekonomie nie God beperk om aan ons behoeftes te voldoen nie, dat mediese bewyse van vrugteloosheid nie God kan beperk om ‘n babatjie in daardie baarmoeder te vorm nie, dat die luste van ‘n buite egtelike verhouding nie God kan beperk om daardie huwelik te herstel beter as wat dit ooit was nie.

Jy sien God is groter en almagtiger as waarvoor ons Hom krediet gee. Ons kyk in ons omstandighede vas en vergeet om die Asemrowende God, waarvoor niks onmoontlik is raak te sien. Indirek sê ons eintlik vir God dat ons probleme groter as Hy is. Dit veroorsaak ook dat ons glad nie vertrou op Hom en Sy beloftes vir ons lewe nie.

‘n Verdere mis konsepsie wat ons het oor God is oor Sy goedheid. Die Bybel verklaar dat God goed is (Ps 90:17 / Tit 3:4). Goedheid verwys na alles wat goed is en dus kan daar niks slegs in God wees nie, die slegte kom ook nie van Hom af nie en dit wat sleg is kan Hy ten goede laat mee werk (Rom 8:28).

Ek ervaar egter dat baie mense twyfel aan die goedheid van God en daarom ook sukkel om Hom te vertrou binne in hul situasie. Glo jy werklik dat God goed is en voorspoed en nie teëspoed vir jou beplan (Jer 29: 11)? Glo jy dat, al voel dit nie so op hierdie oomblik nie dat God in beheer is en ‘n goeie plan het met jou omstandigheid en uitdagings het?

Die feit van die saak is dat die waarheid oor God bly die waarheid oor Hom – al voel dit nie asof God goed is nie, al lyk dit nie so nie, al hoor jy die teenoorgestelde in die wêreld – God is in beheer, Hy is almagtig, regverdig, liefdevol, goedhartig, ens.

Wat/wie kies jy om te glo? Jou gevoelens, die statistieke, mense se opinies of God en Sy beloftes?

Wat sê God se beloftes oor jou situasie:

Vir elkeen van jou probleme of vrese is daar ‘n belofte in God se Woord. Bestudeer die Woord en vind wie God is en wat Hy belowe vir jou. Dit sal jou vrese verander in vertroue in die Een wat werklik vertrou kan word, sal jou ongeloof vervang deur geloof sodat jy kan ontvang wat God belowe en jou hoop gee in situasies wat hopeloos is.

Waarop maak jy staat vir uitkoms in jou situasie?

Wie of wat sal jou situasie oplos? Sal meer geld al jou probleme weg neem, ‘n beter doktor dalk die siekte genees, as jy maerder word sal jou man jou weer bemin? Selfs al kan een van bg jou help, God alleen is die een wat oorwinning gee. Dit is tog God wat deur al hierdie dinge werk want alles wat goed is kom van God af (Jak 1:17)

God wil egter he dat ons op Hom en Sy krag alleen moet vertrou en nie op mense en geld wat mens net kan teleurstel nie.

Wat moet jy leer tydens swaarkry situasies?

Die een goeie ding waarvan ek seker is wat tydens swaarkry tye gebeur is dat God aan ons karakter werk om ons meer soos Jesus te maak. Ons moet dus vir God vra wat dit is wat Hy wil he ons moet tydens die tyd leer. Een van die dinge wat ek altyd tydens finansiële swaar tye moet leer is vertrou in God en Sy voorsiening. Jy moet ook God dan vra om jou te help om dit aan te leer en jou karakter te verander sodat jy meer soos Jesus kan wees.

Beloftes van God:

Num 23:19; Deut 7:9; Ps 18:31; Ps 34:10; Ps 72:12-13; Ps 89:34-35; Sp 16:3; Jes 30:18; 2Kor 1:19-20; Heb 10:23; 2Pet 3:9.

Rolle in die huwelik

Deur Jonanda Burger

Die Bybel stel spesifieke en duidelike rolle vir ’n man en ’n vrou vas wat noukerig verstaan en prakties uitgevoer moet word.

Die wete dat God se voorskrifte vir ons nie beperkend is nie maar beskermend, help ons om met vrymoedigheid hierdie rolle te vervul omdat God se wil vir ons die beste insluit en uitloop op die lewe.

In die huwelik het beide man en vrou “kernrolle” en “kern reaksies”. ’n Kernrol is ’n essensiele funksie, wat God aan mans en vrouens gegee het om te vervul, binne ’n huweliksverhouding.

’n Kern reaksie is ’n primêre reaksie, wat God van mans en vrouens verwag wat hulle eggenotes in staat stel en aan moedig om hul kernrolle te vervul.

God se kernrol vir die Man: Dienaar – Leier:

Ef 5:23 sê: Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk. Volgens hierdie gedeelte is Jesus Christus die model vir ‘n man se dienaar-leierskap.

Vêrder sê Mar 10: 43-45: Jesus roep hulle toe nader en sê vir hulle: "Julle weet dat dit by die nasies so is dat hulle sogenaamde regeerders oor hulle baasspeel en dat hulle groot manne die mag oor hulle misbruik. Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen onder julle wat die eerste wil wees, moet julle almal se dienaar wees. Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense."

Ons kan drie tipes leierskap in die huwelik onderskei. Jesus se leierskap en die wêreld se leierskap: baasspelerige leier en passiewe nie-leier. As watter een kan jy jouself of jou gesin jou as klassifiseer?

In die huweliksverhouding roep God die man om ‘n dienaar-leier te wees. Dit is sy kernrol. Sy leierskap moet soos Jesus sin wees. ‘n Dienaar-Leier dien soos Jesus en het lief soos Jesus! Hy is ‘n kombinasie van beide ‘n dienaar en ‘n leier. Ef 5:25 verklaar: Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het.

Kernreaksie van die Vrou op die Man se rol: Onderdanigheid:

Ef 5: 22-24: Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.

Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk. Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees. Onderdanig beteken om die man die volmag te gee om die leier te wees; dit is ‘n vrou se kern reaksie op haar man se dienaar-leierskap. As die vrou kies om onderdanig te wees moedig dit haar man aan om sy rol as dienaar-leier te vervul.

Die pleidooi in vers 22 is per slot van sake tussen die vrou en haar Here is. Dus, den spyte van haar mans se optrede moet die vrou daarna strewe om hierin gehoorsaam aan God te wees.

God se kernrol vir die Vrou: Helper-Tuisteskepper:

Gen 2:18 sê: Vêrder het die Here God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke. Hieruit kan mens baie duidelik agterkom dat die vrou geskape is as die man se helper.

Maar om helper te wees is nie ‘n minderwaardige rol nie. In Heb 13:6 staan daar: Daarom kan ons met vertroue sê: "Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ‘n mens aan my doen? God beskryf Homself hier as ‘n helper en daarom kan die vrou met blydskap en trots die rol van helper vervul.

‘n Akkurate begrip van die vrou se rol as helper wys hoe essensieel hierdie rol is om die man te voorsien met wat hy nodig het om ‘volledig’ te wees. Vrouens is op ‘n unieke wyse toegerus om die leemtes wat mans in hulle lewens het, te vervul.

Die teenoorgestelde van helper is mededinger. Mededingers gebruik hul maats se swakhede om die oorhand te kry. ‘n Kompeterende vrou dryf ‘n man tot aggressie, vergelding en onttrekking eerder as sorgsaamheid, ondersteuning en voorsiening in die vrou se behoeftes.

Help jy jou maat en op watter maniere kan jy jou eggenoot meer help?

Kernreaksie van die Man op die Vrou se rol: Lof en Eer:

1 Per 3:7: Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

Lof en eer is die manlike ekwivalent van onderdanigheid. Dit is die kern reaksie op lof en eer wat die vrou aanspoor en in staat stel om haar roeping as helper-tuisteskepper te vervul.

Bronne: Voorbereiding vir die Huwelik: ‘n hulpbron van familylife

Indien jy uitdadings in hierdie area van jou lewe het en bemoediging benodig is jy welkom om Jonanda te skakel by 082 922 5081.

‘n LEWE VAN AANBIDDING VIR GOD: ‘n ware lewe van oorwinning!


Rom 6:13: Do not yield your members (parts of the body) as instruments of unrighteousness to sin, but yield yourselves to God, as one alive from the dead, and your members as instruments of righteousness to God.

Wat is aanbidding (worship)?
Strong se Woordeboek beskryf aanbidding om te soen, soos ‘n hond sy meester se hand sal lek, dus stertswaai, kruip, vlei, pamperlang, witvoetjie soek, of om te hurk, buk, kruip, om verlief te wees, te vereer, te bemin.

Aanbidding is dus:

Om God intiem en bo alles lief te hê: aanbidding begin in die hart en moet uitvloei tot al ons dade.
Om hierdie liefde vrylik aan God te verklaar: ons moet verlief wees op God en ook so oprtree.
Om my hele liggaam, al my talente en gawes en alles wat ek het gebruik om God te eer: dit is ‘n leefwyse – om alles wat ek doen tot eer van God te doen (1Kor10:31). Aanbidding is nie net ‘n enkele aksie wat mens uitoefen tydens sang nie maar dit moet ‘n lewenstyl wees.
Om naby en intiem saam God te leef: God se passie moet myne word en wat Hom pla moet my pla. God se hartklop moet myne word.
Om dankbaarheid, liefde en ontsag aan God te verklaar: soos ek meer van God en Sy skepping ontdek, my eerbied terug aan Hom te kommunikeer.
Om God en Sy skepping te geniet: ons moet nie onderskei tussen Christelike take en nie-Christelike take nie. Elke menslike aksie kan ‘n aksie van aanbidding word as ons dit met ‘n aanbiddings houding doen. God is bly as ons Hom en Sy skepping geniet en word daardeer verheerlik.
Om te sing en te dans tot Sy eer: wanneer ons alleen is of saam met ander gelowiges liedere tot Sy eer te sing. Dus tot Hom ons hart te kommunikeer.
Om in die swaar tye te kies om God te loof en prys: ware aanbidding vind plaas wanneer ons nie so voel nie, wanneer ons omstandighede druk en ons moet kies om God se goedheid en karakter raak te sien.

Hoekom moet ons God aanbid?

Ons heel eerste doelwit van aanbidding moet wees om God te seën. Maar soos ons God aanbid laat God ook weer die seën terug reën op ons.
God verwag dit van ons: God het ons geskape om Hom te aanbid. Die glimlag van God moet die doel van ons lewe word.
Lof kom God toe: God is waardig om aanbid te word. Hy het ons gered deur Sy Seun en elke goeie geskenk wat ons ontvang kom uit Sy hand (Jak 1:17). Net soos ons daarvan hou om dankbaarheid en prys te hoor wanneer ons iets goeds doen, hou God ook daarvan om prys en aanbidding te ervaar vir al die wonderlike dinge wat Hy vir ons doen.
Dit laat ons nader beweeg aan God: soos ons intiem met God verkeer, Sy Woord bestudeer en Hom elke dag aanbid leer ons Hom ook beter ken en beweeg ons nader aan Hom. Wanneer ons God aanbid beweeg ons in Sy teenwoordigheid en kan mens Hom ook ervaar. Dit bring weer genesing.
As ons nie God aanbid nie sal ons iets anders begin aanbid: God moet die begeerte van ons hart wees. Hy het ‘n leemte binne in ons geskape wat Hy wil vul. Hierdie leemte vul ons soos ons tot God nader. As ons nie God in ons hart koester sal ons ander dinge in ons hart begin koester.
Dit kweek geloof by ons: hoe meer ons God se Naam groot maak en Sy lof besig hoe meer begin ons glo in Sy volle karakter want geloof kom deur te hoor en hoor deur die woord van God (Rom10:17).
Dien as getuienis vir ander: as ons ‘n lewe van aanbidding lei sal dit ander se lewens aanraak. God se Gees sal deur ons leef en skyn en mense se lewens vernader tot Sy eer.
Dit maak ons vry. Vry van wat ander dink asook vry van dinge wat ons wil bind. Want waar die Gees is is daar vryheid (2 Kor 3:17).
Dit gee ons vreugde: as ek hartseer of af voel sit ek aanbiddingsmusiek op en dit verander my gemoed dadelik. Wanneer ons God aanbid juig die Gees van God binne in ons. Wanneer ons God vreugde gee begin ons eie harte ook juig.
Dit gee vir ons oorwinning oor die vyand se aanslae asook oor moeilike situasies: aanbidding hou my oë gefokus op God en Sy krag en nie op die dinge van die aarde nie (Ps 138:7). Wanneer ons God aanbid en lof besig ten spyte van ons omstandighede vertel ons vir ons situasies hoe groot ons God is en nie vir ons God hoe groot ons probleme is nie. Wanneer ons God lof besing hou ons ook ons gedagtes besig met die waarheid wat voorkom dat die bose vir ons kan lieg en mislei.

Hoe kan mens ‘n lewe van aanbidding leef?

• Hê God lief bo alles. God soek nie ons offers nie, Hy soek ons liefde, Hy wil hê ons moet Hom werklik ken (Joh 4:23). God is most glorify when we are most satified in Him (J Piper).
• Kom na God net soos jy is. Met al jou sondes en tekorkomings. As ons eers wag om perfek te wees sal ons nooit God se aangesig soek nie. Ons sal ook nooit verander word nie want dit is God se aanraaking wat ons verander.
• Bely jou sondes voor God. Ons moet ons harte voor God oop breuk en rein voor Hom staan sodat ons Sy aangesig kan sien (Mat 5:8).
• Soek God se aangesig nie vir wat ons van Hom kan ontvang nie maar omdat ons graag by Hom wil wees.
• Sing en praat minder van God. Praat meer met God en sing tot Hom.
• Lewe nie meer vir eie plesier nie. Lewe vir die plesier van God. Laat jou lewe ‘n optrede wees vir ‘n ‘audience of one’.
• Laat toe dat die Heilge Gees jou vervul. Dan sal ons in Gees en waarheid aanbid (Joh 4:23). Ons sal ook elke oomlik ‘n behoefte het om God te aanbid.
• Soek voordurend na die goeie in jou lewe en dank God daarvoor.
• Bid vir ‘n gesindheid van dankbaarheid en aanbidding.

Hoe moet ons God aanbid?
Deur:
• Ons vermoëns, gawes en talente te gebruik om God te verheerlik. Dit verheerlik God en gee Hom vreugde.
• Die lewe en God se skepping te geniet. Elke aksie van genot word ‘n aksie van aanbidding wanneer ons God daarvoor dank.
• Sang (Ps 146:1-2).
• Musiekinstrumente (Ps 150:3-5).
• Praat (Ps 51:17).
• Dans (Ps 149:3).
• Getuienis (1Pet 2:9).

Aksies vir aanbidding:
1. Sit aanbiddings musiek op, sit met jou oë toe en fokus op God en die werk wat Hy vir jou gedoen het deur Sy Seun aan die kruis. Bely jou sondes. Gebruik dan jou eie woorde om dank en liefde aan God te verklaar. Sê vir God hoe lief jy Hom het, hoe nodig jy Hom het, hoe graag jy hom persoonlik wil ken, hoe honger en dors jy na Hom. Wees opreg.
2. Neem ‘n Psalm of loflied en lees vir tot God. Bedoel dit uit jou hart.
3. Sit ‘n bekende lofsang op en gebruik handgebare om die woorde in die liedjie aan God te openbaar. Gebruik later jou hele liggaam om God te verheerlik.
4. Dans in jou binnde kamer op Christelike musiek voor God.
5. Wanneer jy iets doen sê vir God dat jy dit nou vir Hom doen en doen dit dan tot jou beste vermoë.

Audience of One

I come on my kneesTo lay down before you
Bringing all that I am
Longing only to know you
Seeking your face

And not only your hand
I find you embracing me
Just as I am

And I lift these songs
To you and you alone
As I sing to you
In my praises make your home

To my audience of one
You are Father, and you are Son
As your spirit flows free,
Let it find within me
A heart that beats to praise you.
And now just to know you more
Has become my great reward
To see your kingdom come
And your will be done

I only desire to be yours,
Lord

So what could I bring
To honor your majesty
What song could I sing
That would move the heart of royalty
And all that I have
Is the life that you’ve given me
So Lord let me live for you
My song with humility

And Lord as the love song
Of my life is played
I have one desire
To bring glory to your name

To my audience of one
You are Father, and you are Son
As your spirit flows free,
Let it find within me
A heart that beats to praise you.
And now just to know you more
Has become my great reward
To see your kingdom come
And your will be done
I only desire to be yours,
Lord

And we lift these songs
To you and you alone
As we sing to you
In our praises make your home

To my audience of one
You are Father, and you are Son
As your spirit flows free,
Let it find within me
A heart that beats to praise you.
And now just to know you more
Has become my great reward
To see your kingdom come
And your will be done
I only desire to be yours,
Lord