Ons verskille maak die huwelik sterk!

Daar is soveel verskille tussen mans en vrouens. Hierdie verskille is nie daar om ons getroude lewe moeilik te maak nie. Nee dit is eerder daar dat ons mekaar kan aanvul. Jou maat is dalk goed daarmee om vinnig probleme op te los en jy dalk meer emosioneel ingestel, dus kan jou maat jou help om te fokus tydens uitdagings en om oplossings te vind. Jy kan weer jou maat help om ander mense te verstaan en meer sensitief vir hul emosies op te tree. Jul is dus sterker saam. As mens egter kies dat jou maat se verskille jou frustreer ontneem jy jouself en julle as ‘n paartjie om sterker te wees!

Hier volg sewe basiese verskille tussen mans en vroue:

1. Emosioneel: vrouens het ‘n groter limbiese sisteem wat hul meer in kontak stel met hul emosies asook om dit uit te druk of verwoord. Mans is meer logies as dit kom by hul denke.

2. Pyn verdraagsaamheid: die amagdilla is verantwoordelik vir die ervaring van pyn. In mans word pyn in die regterkant van die brein ervaar en by vroue aan die linkerkant. Die regterkant is meer sensitief vir eksterne stimuli terwyl die linkerkant meer sensitief is vir interne stimuli. Vroue voel dus pyn meer sensitief as mans alhoewel mans meer daaroor sal kla.

3. Rigting: mans is gewoontlik beter met ruimtelike redenasie. Hulle het ook ‘n beter sin vir rigting. Dit verduidelik dalk hoekom hul nie sommer vir aanwysings sal vra nie.😬

4. Om risiko te neem: mans is gewoonlik meer van kanswagers. Hoe groter die risiko hoe groter die toevloei van endorfiene. Vroue sal meer die risiko oorweeg voordat hul ‘n kans sal vat.

5. Geheue: vrouens het gewoonlik ‘n groter hoeveelheid aktiwiteit in die hippokampus as mans. Hierdie area is verandwoordelik vir die vorming en storing van herinneringe. Studies het bewys dat vroue dinge soos gesigte, name en gebeure beter onthou as mans. Niemand het iets gesê oor ou koeie nie😜.

6. Seks: mans is meer visueel ingestel terwyl vroue op meer goed ingestel is soos ambience (atmosfeer), reuk, emosies en visueel. Vroue is geneig om seks as ‘n vorm van intimiteit te sien terwyl mans meer geneig is om dit as ‘n aktiwiteit te beskou.

7. Woorde: vrouens is geneig om 20 000 woorde ‘n dag te praat terwyl mans meestal 7000 woorde in ‘n dag praat (regtig 😁). Dié dat meeste mans nie veel meer het om te sê as hul van die werk af kom nie.

Kies dus om jul verskille te vier en vul mekaar aan waar nodig sodat julle ‘n power couple kan wees!” #saammaakonsnspan #MyHuwelikInPraktyk

Maak tyd vir opwinding

Wanneer mens saam lag en aktiwiteite geniet, bind mense met mekaar. Soms, as jy nie werk daaraan, kan die huwelik net voel soos werk… kinders, administrasie, reëlings, finansies ens. Al hierdie dinge is belangrik, maar as mens nét dit doen, raak jou verhouding net ‘n ooreenkoms.

Om romanse en verliefdheid terug te bring moet jy tyd maak om te doen wat jul gedoen het toe julle nog net uitgegaan het. Toe jul nog mekaar se harte probeer wen het, het jul tyd gemaak om lekker dinge saam te doen, het jul moeite met mekaar gedoen en geluister na mekaar. Dit het julle verlief laat voel en die lewe sommer lekkerder gemaak.

Ek glo vas dat Vader God hoeka ons maat vir ons gegee het sodat die lewe lekkerder kan wees en avontuur kan inhou. Maar dan moet ons moeite doen, dit uitboek in ons dagboeke en voluit gaan as jy die kans het! Sal dit perfek wees? Nee heel moontlik nie, maar as jy kies om met dankbaarheid na jou maat te kyk en te fokus om met hom/haar te “connect” sal die opwinding vloei.”

Eenheid of Geheime

Wanneer jy en jou lewensmaat trou word jul EEN. Dus as jy ‘n stryery wen en jou maat verloor verloor jy ook eintlik want julle is EEN. 

So as ek dinge doen wat ek dink bevoordeel my of is lekker vir my maar nie noodwendig vir my maat nie dan benadeel dit ons albei. 

Net so is dit om geheime (of selfs openlike) verhoudings op jou foon met die teenoorgestelde geslag aan te kweek. 

Jou maat is veronderstel om jou beste vriend te wees waarmee jy alles deel en nie geheime van weg hou nie. 

Sodra jy jouself in ‘n situasie bevind waar jy dinge deel met iemand anders wat jy nie met jou maat sal deel nie is jy besig om: 

  1. jouself in ‘n situasie te sit waar jy versoek kan word. 

  2. jou maat nie ‘n kans gee om te deel in jou lewe nie. 

  3. ‘n behoefte te probeer bevredig (soos aan aandag en liefde of om goed te voel oor jouself) buite God se wil vir jou – jou maat en God is daar om daardie behoeftes te vervul. 

Hoe kom jy uit die situasie? Kom agter wat jy rerig nodig het en kommunikeer dit aan jou maat en aan God sodat hul die geleentheid kan kry om dit te bevredig. En indien jul reeds op so plek is waar daar net te veel seer is soek hulp sodat jul als kan beleef wat God bedoel het die huwelik moet wees!! 

God het immers nie die huwelik geskape vir swaarkry nie maar sodat jy en jou maat oorvloedig vol ‘n mean team kan wees teen die wêreld en sy druk!