Ons verskille maak die huwelik sterk!

Daar is soveel verskille tussen mans en vrouens. Hierdie verskille is nie daar om ons getroude lewe moeilik te maak nie. Nee dit is eerder daar dat ons mekaar kan aanvul. Jou maat is dalk goed daarmee om vinnig probleme op te los en jy dalk meer emosioneel ingestel, dus kan jou maat jou help om te fokus tydens uitdagings en om oplossings te vind. Jy kan weer jou maat help om ander mense te verstaan en meer sensitief vir hul emosies op te tree. Jul is dus sterker saam. As mens egter kies dat jou maat se verskille jou frustreer ontneem jy jouself en julle as ‘n paartjie om sterker te wees!

Hier volg sewe basiese verskille tussen mans en vroue:

1. Emosioneel: vrouens het ‘n groter limbiese sisteem wat hul meer in kontak stel met hul emosies asook om dit uit te druk of verwoord. Mans is meer logies as dit kom by hul denke.

2. Pyn verdraagsaamheid: die amagdilla is verantwoordelik vir die ervaring van pyn. In mans word pyn in die regterkant van die brein ervaar en by vroue aan die linkerkant. Die regterkant is meer sensitief vir eksterne stimuli terwyl die linkerkant meer sensitief is vir interne stimuli. Vroue voel dus pyn meer sensitief as mans alhoewel mans meer daaroor sal kla.

3. Rigting: mans is gewoontlik beter met ruimtelike redenasie. Hulle het ook ‘n beter sin vir rigting. Dit verduidelik dalk hoekom hul nie sommer vir aanwysings sal vra nie.😬

4. Om risiko te neem: mans is gewoonlik meer van kanswagers. Hoe groter die risiko hoe groter die toevloei van endorfiene. Vroue sal meer die risiko oorweeg voordat hul ‘n kans sal vat.

5. Geheue: vrouens het gewoonlik ‘n groter hoeveelheid aktiwiteit in die hippokampus as mans. Hierdie area is verandwoordelik vir die vorming en storing van herinneringe. Studies het bewys dat vroue dinge soos gesigte, name en gebeure beter onthou as mans. Niemand het iets gesê oor ou koeie nie😜.

6. Seks: mans is meer visueel ingestel terwyl vroue op meer goed ingestel is soos ambience (atmosfeer), reuk, emosies en visueel. Vroue is geneig om seks as ‘n vorm van intimiteit te sien terwyl mans meer geneig is om dit as ‘n aktiwiteit te beskou.

7. Woorde: vrouens is geneig om 20 000 woorde ‘n dag te praat terwyl mans meestal 7000 woorde in ‘n dag praat (regtig 😁). Dié dat meeste mans nie veel meer het om te sê as hul van die werk af kom nie.

Kies dus om jul verskille te vier en vul mekaar aan waar nodig sodat julle ‘n power couple kan wees!” #saammaakonsnspan #MyHuwelikInPraktyk