Eenheid of Geheime

Wanneer jy en jou lewensmaat trou word jul EEN. Dus as jy ‘n stryery wen en jou maat verloor verloor jy ook eintlik want julle is EEN. 

So as ek dinge doen wat ek dink bevoordeel my of is lekker vir my maar nie noodwendig vir my maat nie dan benadeel dit ons albei. 

Net so is dit om geheime (of selfs openlike) verhoudings op jou foon met die teenoorgestelde geslag aan te kweek. 

Jou maat is veronderstel om jou beste vriend te wees waarmee jy alles deel en nie geheime van weg hou nie. 

Sodra jy jouself in ‘n situasie bevind waar jy dinge deel met iemand anders wat jy nie met jou maat sal deel nie is jy besig om: 

  1. jouself in ‘n situasie te sit waar jy versoek kan word. 

  2. jou maat nie ‘n kans gee om te deel in jou lewe nie. 

  3. ‘n behoefte te probeer bevredig (soos aan aandag en liefde of om goed te voel oor jouself) buite God se wil vir jou – jou maat en God is daar om daardie behoeftes te vervul. 

Hoe kom jy uit die situasie? Kom agter wat jy rerig nodig het en kommunikeer dit aan jou maat en aan God sodat hul die geleentheid kan kry om dit te bevredig. En indien jul reeds op so plek is waar daar net te veel seer is soek hulp sodat jul als kan beleef wat God bedoel het die huwelik moet wees!! 

God het immers nie die huwelik geskape vir swaarkry nie maar sodat jy en jou maat oorvloedig vol ‘n mean team kan wees teen die wêreld en sy druk!