Beauty for Ashes

Ek hoor Pappa sê hierdie is jou seisoen van “Beauty for ashes!” Die seisoen wat ek jou hartseer in blydskap verander want jy het lank genoeg gehuil en getreur oor hierdie seer! My Gees sal begin op borrel binne in jou soos ‘n rivier van vreugde wat al die hartseer verdrink! Jy sal rond soek maar dit nêrens vind nie!

Dis die seisoen wat ek depressie in krag en vreugde verander, hulpeloosheid in moed en hoop, ‘n gevoel van oorweldiging in die wete dat die Krag binne in jou groter is as die krag wat jou oorval, angs en vrees oorspoel deur my volmaakte liefde!

Jy sal ervaar hoe My Gees soos ‘n groot mag in jou opstaan en jou oorweldig met die vermoë om kragtig en selfbeheersd op te tree! My Gees sal soos ‘n vars seebries oor jou spoel en jou vul met My vreugde en vrede! My liefde sal jou oorval en alle onsekerheid verdryf! My majesteit sal uit jou uitstaal omdat jy My kind is en jy dit sal weet, oortuig wees daarvan!

Jy behoort aan My en Ek is oneindigend en volmaak lief vir jou! Dieselfde krag waarmee ek Jesus Christus uit die dood opgewek het is binne in jou (Ef1:19). Hierdie waarheid sal vir jou ‘n werklikheid word en jy sal alles word en beleef waarvoor Jesus vir jou aan die kruis gesterwe het!