Vader se skatkus

Ek sien die heletyd Vader wys vir my ‘n skatkus vol munte. Die kus is so vol dat dit oorloop en ek hoor Vader sê dit is wat ek vir my kinders beskikbaar het. Hierdie munte verteenwoordig die oorvloed van my Gees wat ek vir my kinders wil gee. Die oorvloed van
my Gees is vreugde, vrede, liefde, oorwinning, krag om die onmoontlike te doen, die volheid van die vrug van die Gees, die volheid van wonderwerke en die bo natuurlike! Maar hoor mooi my kinders, dis in OORVLOED! Vreugde wat oorborrel, liefde wat oorloop, vrede wat als oorstroom en oorkom! Alles in oorvloed!

Dit is heel eerste vir jou my kind, om jou lewe te verander! Jou tot die volheid te bring van wie ek jou geskape het om te wees!

Tweedens is dit vir die mense rondom jou, wat ek na jou sal stuur! Of hulle my ken of nie, ek wil hulle lewens kragtig vernader deur jou! Jy is My history maker, My life changer! Jy is kragtig want ek gee jou My Gees in oorvloed. Ontvang dit vandag en lewe ‘n kagtige lewe! 20140608-175238-64358067.jpg