God het reeds ‘n plan met jou lewe gehaad en jou gawes en talente daarvoor gegee .

Vader sê vandag my kind nog voor die fondasie van die aarde gelê is, het ek reeds ‘n plan met jou lewe gehad! In jou moederskoot het ek dit reeds in jou DNA ingeskryf, dit klop in jou bloed, dit vloei in jou are! Eersten het ek jou geskape om jou lief te hê en die volheid daarvan oor jou uit te stort!

Tweedens, het Ek vir jou gawes, talente, passies en ‘n roeping! Al wat jy hoef te doen is om oor te gee aan My krag binne in jou en dit uit te leef! Ek wil hê jou lewe moet oorloop van vervulling soos jy jouself uitleef in jou passie! Ek wil hê jou lewe moet oorborrel van vreugde soos jy wandel op die pad van jou eindbestemming! My liefde en My roeping op jou lewe is onherroepbaar! Dit staan vas vir nou en vir altyd! Lewe voluit My kind!

20140326-113110.jpg