Vader sê vandag Ek wil hê jy moet meer van My ervaar, die volheid wat daar in My is wil ek hê moet ‘n werklikheid in jou lewe wees! Want in my teenwoordigheid is daar volkome vreugde en genot vir ewig en vir altyd! My kind besef vandag dat Ek vir jou vreugde wil gee! My hart vir jou is om fun saam my te hê en die lewe in oorvloed te leef nie net meer te oorleef nie maar volheid lewe!
In My is daar die grootste bevrediging, oorvloed van liefde, tevredenheid, opgewondenheid en vervulling! Ek is asemrowend en ek wil jou lewe asemrowend maak! Die lekkerste lekker wat jy al beleef het, maal dit met ‘n ziljoen, dit is wat jy in my kan vind! Hardloop net in my arms en beleef hierdie nuwe fase in jou lewe: exhilaration in Me (om jou opgewonde te maak en vol van vreugde!)