Vader sê: Ek is volmaak, volkome en onvoorwaardelik lief vir jou

heartVader sê vandag ek is volmaak, volkome en onvoorwaardelik lief vir jou! Ek was al lief vir jou voor die vaslegging van die fondasie van die aarde, nog voordat jy selfs gebore was! Niemand kan hierdie liefde wat ek vir jou het verander nie, nie ander mense nie, nie omstandigehede en veral nie wat jy doen nie! Jou sonde kan nie my liefde vir jou minder maak nie! My liefde vir jou staan vas!

Maar moet nie my liefde vir jou probeer meet aan wat met jou gebeur nie. Al gaan dit goed of sleg, my liefde vir jou staan vas! Kyk diep binne in jou harten roep die liefde wat ek reeds daar geplaas het om op te borrel! Op hierdie oomblik is My volmaakte liefde in jou hart! Laat toe dat dit jou oorstoom, jou gedagtes, emosies, herhinneringe, jou hele wese en laat dit jou verander en heel maak!