Vader sê vandag my hart vir jou my kind is dat jy moet heel wees: siel, liggaam en gees! My wil vir jou is ‘n vol en gesonde lewe! Ek stap saam met jou vandag terug in jou verlede en ek genees elke keer wat jy seer gekry het, minderwaardig gevoel het, verwerp was, getraumatisieer was, mismoedig was en leuens oor jouself, My of die lewe vir jou jou eie gemaak het! Ek verklaar dit op die oomblik as nul, verby en magteloos, dit sal geen negatiewe effek meer op jou lewe hê nie. Drink dit in op in die oomblik, drink dit in en maak dit jou eie!
Vir jou toekoms verklaar ek twee maal soveel as wat van jou gesteel is. Twee maal soveel aanvaarding, liefde, vrede, vreugde en voorspoed as waarvoor jy in die verlede verlang het! Op hierdie oomblik deponeer ek alles binne in jou wat jy gemis het in die verlede!
Ek is jou liefdevolle, sagmoedige en almagtige Vader en ek veg vir jou!