God se genade bring verandering

1. GOD IS HEILIGVerandering

Ons almal het die begeerte om in sekere areas van mens se lewe te verander. Soms probeer mens oor en oor maar als tervergeefs. Die waarheid is dat ons nie ons self kan verander nie en hoe harder jy probeer hoe harder sal jy elke keer val. Verandering in eie krag loop uit tot mislukking. Paulus verklaar in Rom 7:19 (ESV) “I desire to do what is right but I do not have the ability to do it!” Beteken dit dat verander onmoontlik is? Verseker nie, verandering is ‘n werklikheid en God se plan vir jou lewe maar dit is alleenlik Hy wat ons kan verander. Ons kan ons self nie red nie omdat ons nooit sondeloos sal kan lewe nie daarom kom ons na Jesus en aanvaar Hom as Verlosser. Hoekom sal ons dan verder uit ons eie krag uit probeer om onsself te verander.

2. Die wet

Die Wet van God is kragtig en so belangrik in ons lewens. God het dit daar gestel om ons te wys wat verkeerd is en om ons daardeur te beskerm maar om die wet aan te hoor kan mens nie verander nie. Die wet is soos ‘n spieel, mens kyk daarin en sien wat verkeerd is soos dat jou hare dalk deurmekaar is maar om in die spieel te kyk kan nie jou hare nie verander nie. Dit is presies dieselfde met die Wet. Ons kyk daarin en sien wat ons kortkom en hoe ons moet optree maar dit kan ons nie verander nie omdat ons nie die krag in onsself besit om onsself werklik te verander nie.

3. God se aanvaarding

Skaamte oor ons tekortkominge en foute maak baie keer (eintlik meeste van die tyd) dat ons dit probeer wegsteek. God verwerp egter nie die deel in ons wat verkeerd optree of wat verander moet word nie. Hy het ons onvoorwaardelik en volkome lief, die goeie en die slegte en God aanvoor ook die goeie en die slegte in ons lewens en Hy wil hê ons moet na Hom toe kom net soos ons is. Dit is dan, wanneer ons naak na God toe kom dat Hy ons kan verander.

4. Genade

Joseph Cook sê genade is die gesig wat liefde dra wanneer dit onvolmaaktheid, swakheid, mislukking en sonde ontmoed. As mens kyk na die betekenis van die woord genade in die oorspronklike Hebreeus en Grieks vanuit die Bybel verwys genade na onverdiende guns en goedheid. Die woord word egter gebruik as een van die karakter eienskappe van God en het dus niks te make met die ontvanger. God is dus genadig teenoor ons ten spyte van of ons dit verdien of nie. Genade is chario in Grieks en beteken calmly happy, well off, that which gives joy, pleasure, delight, sweetness, charm and loveliness. Daarom kan ons weet dat wanneer ons vir God se genade vra ons kalm gelukkige en goed af sal wees en verder dat ons vreugde, plesier, verheugdheid, soetheid, sjarme en lieftalligheid sal ervaar. As mens calmly happy is kan mens nie sondig nie! Genade is dit wat God vir ons doen wat ons nie vir onsself kan doen nie.

5. Hoe kan mens God se genade ervaar

Besef jy kan dit nie verdien nie:

Solank as wat jy glo jy moet reg lewe om God se goedheid te ervaar sal jy nooit Sy genade kan beleef nie. Genade is reeds daar vir die wat nie perfek is nie, vir die wat dit werklik nodig het en nie hulself kan help nie. Rom 5:20 verklaar: “Die wet het bygekom om die oortredinge nog meer te maak; en hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword.”

Hou op om self te probeer en eie kragte staat te maak:

Solank as wat jy uit jou eie krag probeer sal jy bly misluk en aanhou sukkel. Sodra jy tot die besef kom dat jy nie jouself kan help of verander nie en dit bely teenoor God en vir Sy hulp vra maak jy plek vir Hom om Sy waardige plek van transformeerder in te neem.

Kom in eerlikheid:

1 Pet 5: 5: “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.” God soek jou alles, die goeie en die slegte en Hy wil hê jy moet met jou volle wese na Hom toe kom. Praat gereeld met God oor jou foute en die dinge in jou lewe wat jy graag wil he moet verander en vra Sy hulp en genade. Dit is Sy hart om jou te verander en Hy sal dit ook doen.

Glo God wil jou Sy genade gee:

In Rom 5:2 staan daar: “Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan.” Ons moet oortuig wees dat God ons Sy genade wil gee. Dit is Sy hart en wil vir ons om te verander, Hy weet ons kan onsself nie vernader nie en daarom het Hy genade daar gestel om ons te kan verander. Hoekom sal Hy dit dan nie vir ons gee as ons daarvoor vra nie?

Bely dadelik jou sondes

Die woord is soos ‘n pendelum wat swaai. Die waarheid wat mens ontvang kan een van drie optredes uit mens uitlok. Heel links sê mens ja ek hoor hierdie waarheid en ek gaan dadelik dit begin doen (uit my eie krag); tweedens heel regs se mens die wet is hopeloos te moelik en ek sal dit nooit kan doen nie en sal ook nie (rebellie); en derdens se mens jammer Here ek weet ek is verkeerd, ek kom kort hier, vergewe my en verander my, gee my U genade om anders te lewe.

6. Groei in genande

Om in God se genade te wandel en leef is ‘n proses en ons moet daagliks daarin groei en leer hoe om ons sondige natuur te weerstaan en oor te gee dat God se genade ons die oorwinning gee. 2 Pet 3:18 verklaar: “Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid! Amen.” Hoe meer ons kennis sal opdoen van God en Sy beloftes en sal ervaar hoe God se genade in ons lewe die oorhand kry hoe meer sal ons in genade groei. Elke oorwinning in genade sal vir ons ‘n verwysing en belofte word vir toekoms genade!

Joh 1:16: “Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.”

Joel 2:19: “The Lord answered and said to His people, ‘Behold, I am sending to you grain, wine and oil, and you will be satisfied; and I will no more make you a reproach among the nations.”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s