2 Pet 3: 9: “Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.”
Mat 28:17-20: “Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
Die oomblik wat jy tot bekering gekom het, het jy ook ‘n dissipel van Jesus Christus geword. Daar is drie dinge wat moet gebeur as enige persoon tot bekering kom en dit is:
1. doop jouself;
2. groei geestelik: leer wat die Bybel oor jou, God, en jou lewe sê; neem grond gebied van satan terug en weerstaan hom, word vry van verlede …. met ander woorde jyself moet gedissipel word;
3. vertel ander mense van dit wat Jesus vir hulle aand die kruis gedoen het en dissipel hulle.
God voel baie ernstig hieroor. In Mat 5:13 verklaar Jesus: “Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie.” Ons as bekeerlinge het nou die lig van God binne in ons en moet ook
hierdie goeie nuus aan ander bring!
En verder verklaar Jesus in Mat 6:33: “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” Die koninkryk van God beteken hier die heerskapy van God hier op
aarde. Hierdie heerskapy is dat elke persoon die goeie nuus van die evangelie moet hoor en elke gelowige het ‘n opdrag en rol om te speel sodat hierdie heerskapy kan plaasvind. Om ‘n gelowige en kind van God te wees gaan nie net
oor ons self, ons eie groei en wat ek van God kan kry nie! Nee, dit gaan oor siele wat gewen moet word! Op hierdie huidige oomblike is mense besig om verlore te gaan, oppad na die hel en ons kan en moet ‘n rol daarin speel om dit
te verhoed.
In Mat 16: 24-25 lees ons : “Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My
verloor, sal dit terugkry.” Om dissipels te maak beteken om mens se eie wil, begeertes , vrese, selfsug en luiheid agter te los en te doen wat Jesus hier op aarde gedoen het. Ons sal tydens die proses ongemak, vrees en
onsekerhede ervaar maar vrees kom nie van God en dit is presies hoe satan ons wil weerhou om met ander mense die vreugde van die evangelie te deel!
- image00120
Maar hoor die belofte wat God in Hand 1:8 aan elkeen van ons wat graag Sy werk hier op aarde wil doen maak: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as
in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Jy het dus God se eie Gees tot jou besitting om mense van Jesus se werke te vertel en om hulle te dissipel. Verder, jy het tot jou beskikking dit wat Jesus tot Sy
beskikking gehad het om te doen wat die Vader vir Hom gesê het! Dit is kragtig!
Wees asb wel bewus van die feit dat nuwe bekeerlinge moet gedissipel word sodat hy/sy die basiese waarhede van die Woord kan leer en geestelik kan groei. ‘n Nuwe bekeerling kan nie op sy eie of net deur kerk by te woon homself dissipel
nie! Ons moet die voorbeeld in die Bybel volg soos Paulis Timmoteus en vele ander gedissipel het.
Hoor net die kragtige belofte in Mat 19: 29 wat Jesus aan elkeen van ons wat gehoorsaam aan Hom sal wees gee: “En elkeen wat ter wille van my Naam afgesien het van huise of broers of susters of vader of moeder of kinders of
grond, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe as erfenis kry.”
Buiten vir die wonderlike belofte van vergoeding is daar soveel vreugde daarin om iemand te lei om Jesus as Verlosser aan te neem asook om deel van die geestelike groei proses te wees!
Ons moet onsself egter toerus met die waarheid en gereedskap om die evangelie te deel asook om ‘n nuwe bekeerling te kan dissipel. Gelukkig het ons die Bybel asook verskeie kragtige Woord gebasseerde kursusse wat mense met hierdie kennis kan toerus soos byvoorbeeld EEIII en die Omega kursus asook die Pers boekie of een tot een vir dissipelskap.
Rus jouself toe met die nodige kennis, sê vir God jys gewillig om Sy groot opdrag uit te voer en neem dan daardie stap van geloof en sien en ervaar hoe kragtig God deur jou kan werk! Jy sal nooit spyt wees nie.