Wat is dit wat jy in die geheim doen of doen wat jy nie wil he ander moet van weet nie? Vir wat in jou lewe hou jy aan om verskonings voor te maak? Of wat wil jy nie erken is ‘n probleem in jou lewe?
Wat is jou verwagtings vir die nuwe jaar? Wat wil jy rerig hê moet verander of verbeter in jou lewe, persoonlikheid, verhoudings of lewenskwalitieit die jaar wat voorle?
1 Kor 13:11: “Toe ek ‘n kind was het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind. Maar nou dat ek ‘n man is, is ek klaar met die dinge van ‘n kind.”
Waarmee moet jy die jaar klaar maak?
Die waarheid is dat meeste van die tyd kan God ons nie verander nie want ons wil nie die realiteit of die waarheid in die gesig staar nie. Die engels stel dit so duidelik: “we don’t want to face the facts.” En die waarheid is dat as ons nie die fiete wil aanvaar nie en bly verskonings maak vir ons humeur, spanning en angs, vrese, obsessies, haat, onvergewensgesindhede, bitterheid, twyfel en ongeloof, slegte verhoudings, oorgewig liggame, eetversteurings, bindings, afhanklikhede of wat ookal sal ons ook nie kan verander en alles word wat God ons geskape het om te wees nie.
Wil jy alles word wat God jou geskepe het om te wees. Wil jy die vryheid en volheid lewe waarvoor Christus vir jou aan die kruis gesterwe het? Dan moet jy ophou maskers dra en eerlik met jouself en God raak.
Soms besef ons nie eers wat dit is wat God vir ons wil gee en bewerkstellig het aan die kruis deur Christus nie. Dit is ‘n groot struikelblok vir verandering en ‘n vol Christusvervulde lewe!
God se verwagting vir jou in die nuwe jaar is tweeledig:
- Jou karakter: Hy wil jou verander sodat jy meer en meer soos Jesus Christus sal wees. ‘n Paar areas is onder andere:
- Om volheid in God se teenwoordigheid en liefde te lewe. Om werklik Sy liefde te ervaar en Sy stem te hoor. Wanneer dit gebeur sal jy ook vanuit ‘n bron van liefde lewe en duidelik weet wat God se wil is (Rom 5:5; Rom 8:38-39).
- Om in vryheid te lewe. God wil he jy moet vry wees van bingings, obsessies, seer en dinge wat jou agter hou. Wanneer jy besef jys werklik vry en jy begin ook so lewe is jy ‘n kragtig wapen in God se hand wat ander mense se lewens sal verander (Gal 5:1)!
- Om vry te wees van negatiewe emosies soos haat, angs, bekommernis ens (Gal 5:1).
- Om gesonde verhoudings te he. Al kom dit nie van die ander persoon se kant af nie maar dat jy ten spyte van ander mense se verkeerde optredes sal optree en voel teenoor hulle soos wat Jesus sou en het (Joh 15:12).
- Om ‘n gesonde liggaam en gees te handhaf. Om jou liggaam op te pas, te oefen en gesond te hou sodat jy fiks is om die wedloop voluit te hardloop (1 Tess 5:25).
- Jou roeping: God het ‘n plan met jou lewe gehad nog voordat jy gebore is. Hy het vir jou sekere talente, gawes, lewens ervarings‘n unieke persoonlikheid gegee sodat jy sekere spesiale take hier op aarde kan verig. God wil jou gebruik om groot dinge te doen en ander mense se lewens te verander.
Ons sal meer hieroor volgende week gesels.
So, wat is jou rol en verandwoordelikheid sodat jy God se nuwejaarsvoornemens kan bereik?
- Hou op verskonings maak.
- Wees eerlik met jouself en God oor dit wat moet vernader.
- Erken aan jouself en God dat dit net Hy is wat jou kan verander en vra Hom daagliks vir hierdie genade.
- Gee dit wat moet verander vir God en vra Heilige Gees om in daardie areas van jou lewe in te kom en genesing, bevryding en verandering te bring.
- Vra God elke dag om jou te help en soos die issues weer op kom nooi jy Heilge Gees weer elke keer in.
- Vetrou op God vir verandering.
- Spreek elke dag lewe oor die areas.
Mark 9:23: “’As U iets kan doen, sê jy’, antwoord Jesus. ‘Vir die een wat glo kan alles’.”