God het nie lief soos die wereld lief het nie. Hy het ons lief met ‘n eweige liefde. Die wereld se liefde is vals, selfsugtig, seksueel en kortstondig. Dit verwerp mens as dit klaar is met ‘n mens of as mens ‘n fout maak. Die werled se liefde wil he ons moet aan sekere vereistes voldoen voordat ons die liefde kan ontvang. Die werled se liefde is alles gebasseer op emosie en erotika. Maar God se liefde is anders.
Tipes liefde:
Eros
Phyllo
Agapé
Hoe wys God Sy liefde vir ons?
Deur Jesus wat vir ons aan die kruis gesterwe het (Joh 3:16).
Deur teregwysing (Heb 11:1).
Deur ons te verander om meer soos Jesus te wees (Fil 1:7).
Om dit op ons uit te stort soos ons tot Hom nader (Jak 4:7).
Om ‘n plan en roeping met ons lewe te hê (dis die een waarop ek eintlik wil fokus).
Ps 139: 13-17:
U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.
Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker:
geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.
U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.
Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal!
Jes 43: 1 en 4:
Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.
Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe.
Jy is die fokuspunt van God se liefde. Hy het jou geskape sodat Hy jou kan lief he, sodat Hy ‘n verhouding met jou kan he en sodat jy ‘n doel en roeping hier op aarde kan he. Jy is nie per toeval hier op aarde nie. God het besluit oor jou, jou lewendig gesoek en jou geskape. Dit is ware liefde! God smag op hierdie oomblik na meer intimiteit met jou.
Hoe weet ons wat is ons roeping:
Talente: wat se vermoens het jy? Dinge wat jy kan goed doen om ander te seen? Dit wys uit waarvoor God jou geskape het en wat se doel Hy met jou lewe het.
Gawes: geestelike gawes wat jy het om ander te seën.
Persoonlikheid: introvert of ekstrover? Kragdagig of sagmoedig? Jou persoonlikheidstipe wys uit hoe jy tewerk sal gaan om jou roeping uit te leef.
Passie: wat maak jou wakker en lewendig? Wat is vir jou vreeslik lekker om te doen? Wat onstel jou vreeslik? Wat sou jou wou verander in die lewe as jy geen beperkings gehad het nie? Dit wys uit wat jy sal doen in God se koninkryk.
Lewingservarings: wat het al in jou lewe met jou gebeur? Wat se seer en telleurstellings het jy al deurgemaak? Waarmee sukkel jy of het jy gesukkel. Dit wys vorm deel van jou bedieningsveld en is jou voorbereiding om ander mense te kan help wat deur die selfde ervaring gaan. Wie beter om iemand te help, bemoedig of te ondersteun as iemand wat self daar deur is.
Mense wat oor jou pad gestuur word: wat se mense en gevalle kom geduring oor jou pad? Dis mense wat deur God gestuur word wat hulp nodig het.
Jes 62: 4
Jy sal nie meer die verstote vrou genoem word nie, en jou land nie meer die een wat verlate lê nie. Jy sal genoem word: “Die een vir wie die Here liefhet,” en jou land: “Die een wat aan die Here behoort.” Die Here het jou lief, en jou land behoort aan Hom.
God seën jou met elke seëning wat daar in die hemel is, Hy gee vir jou oor genoeg in elke area van jou lewe sodat jy geseend is maar ook weer oorgenoeg het om vir ander te gee.