Jes 61:1-3: “Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die mense in nood; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep ‘n jaar van die genade van die HERE en ‘n dag waarop ons God sy vyande straf maar al die treurendes vertroos; om vir die treurendes in Sion eer te gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer; sodat hulle genoem kan word Bome van Redding, die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder.”
Jes 61 verwys na die roeping van Jesus Christus. Die Bybels verklaar dat Jesus gekom het om die gebrokenes van hart – die wat hartseer is, verbitterd is, rou en treur – gesond te maak: die wat gevange is in allerhande verkeerde optredes en houdings vry te maak; en om vreugde en blydskap aan Sy kinders te besorg sodat hulle vol lewens kan lei en alles kan word wat God hul geskape het om te wees!
In Luk 4: 21 verklaar Jesus dat hierdie woorde reeds in vervulling gekom het. Met ander woorde hierdie belofte het meer as 2000 jaar terug waar geword vir die wat in Jesus Christus glo.
‘n Vry, vreugdevolle, geseënde en oorwinnaars lewe is nie slegs vir die hemel bedoel nie maar ons kan en moet reeds hierdie dinge hier op aarde beleef. Dit is God se opdrag en wil!
Dit is die rol wat berading speel. Berading is die proses van versoening met God en herstel van lewens. Tydens die proses is die berader ‘n instrument is in die hande van God sodat genesing gebring kan word aan gebrokenes se lewens en mense versoen kan word met God en nader kan beweeg in verhouding met Hom.
In Hand 1:8 staan die volgende: “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde.”
Die berader is ten regte slegs ‘n instrument in God se hande. Die Heilige Gees werk deur die berader om God se beloftes in mense se lewe te bewerkstellig.
Die beradingsproses is ook ‘n proses van getuienis vir en van Jesus sodat die gebroke persoon die waarheid sal ken en sodat die waarheid haar sal vry maak (Joh 8:32). Die eind doel is dat die stukkende persoon sal weet wat Jesus aan die kruis vir hom/haar gedoen het en dat hy/sy alles kan word wat God hom/haar geskape het om te wees.
Maar dis baie belangrik om te besef dat Jesus nie net as ‘n instrument gebruik moet word om te kry wat die gebrokene wil hê nie (genesing). Ons moet besef dat volkome genesing en heel wording kan slegs verkry word deur ‘n intieme verhouding met Jesus en alhoewel Jesus lewens heel maak tydens beradingsessies die gebrokene slegs alles kan word wat God wil hê hy/sy moet wees soos hy/sy nader beweeg aan Jesus en meer van Hom in haar lewe toelaat.
Die doel van die beradingsproses is om die volgende te bewerkstellig:
§ genesing van wonde wat ontstaan het uit seer gebeurtenisse van die verlede (Jes 53:5),
§ vrymaking van leuens oor self, God, ander mense en die wêreld wat ontstaan het uit wonde (Joh 8:32),
§ vrymaking van bindings wat ontstaan het uit wonde (2 Kor 5:19),
§ vrymaking van optredes wat mense bind en terug hou (Rom 6:11),
§ verandering van persoon en sy/haar optredes deur vernuwing van gedagtes deur God (Rom 12:2),
§ heiligmaking van persoon (2 Kor 3:19),
§ herstel van persoon se siel, liggaam en gees soos God bedoel het sy moet wees (1 Thes 5:23),
§ dissipelskap en oprigting van persoon vir diens aan God en uitreik na ander (Mat 28:19),
§ ontdekking van skeppingsdoel, gawes, passies en roeping (Jes 49:1) – hoe kan God jou storie gebruik vir Sy glorie?
Berading is nie ‘n proses waartydens situasies, omstandighede en mense in die kliënt se lewe verander kan word nie maar dit is ‘n proses waartydens die kliënt verander en vernuwe word om hierdie situasies, omstandighede en mense in haar lewe met oorwinning te kan hanteer.
BYBELSE OPDRAG EN GESAG VIR BERADING:
Luk 10:9: En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom.
Luk 10:18-20: Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val. Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.
Luk 4:18-19: Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.
Mar 16:17-18: En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.
Mat 28:18-20: En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
2Kor 10:3-5: Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,
Fil 2:9-10: Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is.
Ps 147:3: Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.
BYBELSE GENESINGS METODES:
Nie almal is op dieselfde vlak in hul geloof nie. Maar God maak genesing aan elkeen van ons beskikbaar net waar ons is om ons op ons vlak van geloof te ontmoet sodat ons genesing kan ontvang (Le Roux, 2004: 3).
Gebruik die outoriteit van die naam van Jesus Christus:
Fil 2:9-11: Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: "Jesus Christus is Here!" tot eer van God die Vader.
In my Naam:
§ By my authority, and using the power that I would in such cases, if bodily present.
§ By the authority and influence of the Almighty Jesus.
§ By the power and authority of Christ, and not their own, and by calling upon, and making use of His name, such miraculous operations were wrought by the apostles.
Outoriteit kom nie net deur die gebruik van die Naam nie maar deur ‘n verhouding te hê met die Een wie se Naam dit is.
Vra in die naam van Jesus Christus:
Joh 16:23-24: Daardie dag sal julle nie meer vrae aan My stel nie. Dít verseker Ek julle: “Wat julle die Vader ook al in my Naam sal bid, sal Hy vir julle gee. Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.
Jesus het gesê dat ons die Vader enige iets in Sy Naam kan vra en dit sluit genesing in. As ons dit doen sal ons dit ontvang en ons blydskap sal volkome wees.
Twee wat in eenheid saam bid:
Mat 18:19: Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle."
Die twee mense wat saam bid moet in ooreenstemming wees oor dit wat gevra word asook in harmonie met mekaar.
Salwing met olie:
Jak 4:14-15: As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word.
Die siek persoon word gesalf met olie in die Naam van Jesus Christus en deur ‘n gebed van geloof.
Oplê van hande:
Mark 16:18b: … hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word.
Dit is ‘n saak van gehoorsaamheid. Ons moet die hande oplê en God bring die genesing. Om te doen wat God ons beveel om te doen en dan ‘n verwagting te hê dat Hy sal doen wat Hy belowe, dit is geloof.
Genesing deur die Gawes van die Gees:
1Kor 12:9b & 11: aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees.
Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik ‘n gawe uitdeel soos Hy wil.
Gawes van genesing is ‘n bo natuurlike genesing gebeurtenis.
Indien jy sukkel met houdings, gevoelens, gebeure of enige iets wat jou terug hou om die lewe in oorwinning te leef of om alles te wees wat God jou geskape het om te wees, skakel asb. die kerkkantoor vir beradingshulp.