Die wonde in jou lewe kan veroorsaak dat jy emosioneel gestremd is wat beteken dat jy nie gesonde verhoudings wat uitwerk, kan onderhou nie. Jy is dalk in ‘n posisie waar jy desperaat is om liefde te ervaar en uit te deel maar nie voel of jy daartoe in staat is nie. Dit is heel moontlik omdat die wonde in jou lewe baie as (smart) agtergelaat het (Jes 61:3).
Ek was ook op ‘n plek waar ek alreeds Jesus as my Verlosser aangeneem het maar gevoel het asof ek nog steeds emosioneel en verstandelik in ‘n gemors was. Ek het geen vrede, vreugde of oorwinning in my lewe beleef nie. Ek het selfs gedink dat die probleem by al die mense waarmee ek nie oor die weg kan kom, lê en het nooit besef dat die probleem egter binne in my was.
Vrot vrugte kom van vrot wortels.
Voordat ons die hartseer in ons lewe kan verruil vir God se vertroosting en eer moet ons besef dat die vrugte (of optredes) in ons lewe van iewers af kom. ‘n Persoon wat kwaad is, is kwaad vir ‘n rede. ‘n Kritiese en veroordelende persoon tree so op vir ‘n rede. Slegte optrede is soos slegte vrugte wat gedra word deur ‘n slegte boom met slegte wortels.
As jy met ongewenste optrede sukkel, is dit baie belangrik dat jy die wortels in jou lewe moet bestudeer. Wat se tipe dinge het jy ervaar toe jy groot geword het as kind? Verhoudings in die verlede? In die kerk? Tans? As hierdie ervarings mishandelend was of jou seer gemaak het in enige opsig, wil God jou ontwortel uit die seer van daardie ervarings en oor plant in die goeie grond van Jesus Christus. God wil hê dat jy gewortel en gegrond moet wees in Sy liefde: Ef 3:17-19 verklaar: “sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.”
Die Woord sê ook in Kol 2:7: “gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging.”
Ek self het baie vrot wortels in my lewe gehad wat nie net my seer gemaak het nie maar ook die mense rondom my. Om slegs die vrugte af te pluk werk nie. Ek het probeer om reg op te tree om ontslae te raak van die slegte optrede maar sodra ek ontslae is van een slegte optrede sou die volgende een opduik in ‘n ander area van my lewe.
As ons werklik ontslae wil raak van die slegte vrugte in ons lewens dan moet ons ontslae raak van die slegte wortels. Onthou egter dat om wortels te ontwortel is soms ‘n seer proses. En om oorgeplant, gewortel en gegrond te word in Christus is ‘n proses wat tyd neem. Maar dit is alles die moeite werd.
Ware genesing kom deur God se perfekte liefde te verstaan.
Ek glo dat die grootste deel van die proses van ontworteling en om gegrond te word in Christus is om Sy intense liefde vir ons te begryp.
Glo jy werklik dat God jou lief het? Neem tyd en kyk ernstig na jou lewe? Glo jy dalk dat God jou net voorwaardelik lief het. Dus dat God se liefde vir jou beïnvloed word deur jou optrede. As jy goed doen is Hy liewer vir jou as jy wanneer jy sleg doen. Dat wanneer jy sleg doen is God minder lief vir jou soos wanneer jy goed doen.
Hoe mense in ons lewe ons in die verlede behandel het beïnvloed hoe geliefd ons voel. Die mishandeling van mense, veral die mense met outoriteit in mens se lewe, is nie ‘n refleksie van God se liefde vir ons nie.
Die waarheid is dat God se liefde vir jou onvoorwaardelik is. Met ander woorde, daar is niks wat jy op die oomblik kan doen wat kan maak dat God jou liewer het nie en niks wat jy kan doen wat sal maak dat God jou minder lief het nie. As jy op die oomblik iets wonderliks sal doen, bly God net so lief vir jou soos voor jou wonderlike optrede. Van die dag dat jy gebore is tot en met vandag het God se liefde vir jou nog nooit minder of meer geword nie. God het jou ongelooflik, onvoorwaardelik baie lief en niks kan dit verander nie. Jou waarde het ook nie verander tot en met vandag nie. Tydens elke prestasie of mislukking was jy nog altyd vreeslik en onbeskryflik waardevol vir God.
God se perfekte liefde vir ons is nie gebaseer op ons perfekte optrede of enige iets anders nie. God se liefde vir jou is gebaseer op Hom en Sy karakter alleen. God IS liefde, dit is nie sy beroep nie maar dit is WIE Hy is. Al voel ons nie geliefd wanneer ons verkeerd optree nie hou God nooit op om ons lief te hê in sulke situasies nie (Joh 4:16).
Ons moet God vra om ons gedagtes te vernuwe oor Sy liefde vir ons. Ons moet ook bewus wees van Sy liefde vir ons en ons geloof daarin plaas.
Wanneer jy dan iets verkeerd doen moet jy dit bely, God se vergifnis jou eie maak en Sy liefde vir jou ontvang. Moet nie ure en dae spandeer om skuldig te voel nie. Besef dat die duiwel se plan is om jou van God se liefde te skei omdat dit die hoof bestanddeel is vir jou genesing. Moet hom egter nie toelaat om jou daarvan te skei nie en kies om in God se liefde vir jou te glo.
God sal elke deel van jou gebroke lewe ten goede laat mee werk:
Mishandeling en slegte optrede van ander mense kan mens se lewe gebroke en in skerwe laat. Ons gedagtes, emosies en drome kan slegs ‘n klein deeltjie wees van wat dit veronderstel is om te wees. Maar gelukkig dien ons ‘n God wat niks mors nie. God sal elke deel van jou gebroke lewe gebruik en ten goede laat uitwerk (Rom 8:28)….as ons Hom toelaat!
God tref nie onderskeid tussen mense nie (Hand 10:34). Soos jy jouself oor gee aan God sal God jou gebroke lewe neem en jou gemors omdraai in jou boodskap (He will turn you mess into your message).
God se Woord (Bybel) is medisyne vir ons. Sp 4:20-22: “My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart. Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ‘n genesing vir hulle hele liggaam.” Ware vryheid kom deur in God se Woord te bly – om oor spesifieke verse te mediteer, dit te memoriseer en toe te pas op jou spesifieke wonde.
Wat gaan jy doen met jou seer?
Of jy vyf minute of vyf jaar gelede seer gemaak is, jy gaan altyd moet besluit wat jy met die oorblyfsels van jou seer gaan maak. Mishandeling en verkeerde optredes in mens se lewe los gewoonlik as na. Hierdie as kan manifesteer in ‘n verskeidenheid verslawing optredes. Met wat se as sit jy in jou lewe? Sukkel jy met ‘n eetversteuring? Sukkel jy met ‘n oormatige van vrees of het jy die geneigdheid om jouself te oorwerk? Of sukkel jy met bekommernis, negatiwiteit of passiewe gedagtes?
Indien jy jou as vir God se skoonheid wil verruil en werklik vry wil breek van die nagevolge moet jy met die wortels (oorsprong) van die seer afhandel. Jy moet vir die Heilige Gees vra om die seer gebeure van die verlede op te bring. Dit beteken nie jy moet al die seer van die verlede gaan op grawe nie. Die Heilige Gees weet wat om wanneer na jou bewussyn te bring. Sy tyd is perfek en wanneer Hy die wortel tot jou bewussyn bring sal Hy jou ook die krag gee om daarmee af te handel.
Jesus staan gereed en gewillig om jou te genees as jy reg is om met die genesings proses te begin. Jes 61:3: “om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die HERE, tot sy verheerliking.”
Ek bemoedig jou om soos volg te bid:
Hemelse Vader, ek glo dat U my lief het en dat U al die gebroke dele in my lewe, die as, kan neem en iets goeds daaruit kan voortbring. In Rom 8:28 staan daar dat U alles ten goede kan laat mee werk vir die wat U lief het en geroep is volgens U plan. Here ek het U lief. Vergewe my vir die seer wat ek ander veroorsaak het. Ek ontvang nou U vergifnis. Help my om die te vergewe wat my seer aan gedoen het. Here ek ontvang U genesing vir my gebroke hart in die Naam van Jesus Christus.