Verander – hoe kry ek dit reg?

Deur Jonanda Burger

Ek is seker jy het ook ‘n klomp nuwe jaar voornemens gemaak? Of dalk is jy al so moedeloos om elke jaar soveel voornemens te maak net om teen die einde van die jaar nie eers een te bereik het nie?

Ek het slegte en goeie nuus vir jou. Die slegte nuus is dat deur voornemens te maak en werklik te wil verander nie noodwendig genoeg is om jou doelwitte te bereik nie. Die goeie nuus is dat jy KAN verander deur God se vernuwing en krag.

Voordat ons vêrder gaan, dink aan jou eie lewe en skryf dan ‘n optrede neer waarmee jy sukkel en graag wil verander neer. Ons sal later hierna terug kom.

Slegte vrugte, slegte wortels:

Vir elke verkeerde optrede (vrug) in jou lewe is daar ‘n verkeerde oorsprong (wortel) daarvoor.

Byvoorbeeld, Susan* toon vele vernietigende optredes. Sy erken dat sy ‘n drank probleem het en is al van klein tyd af besig met allerhande verkeerde praktyke. Sy vertoon hierdie optrede nie omdat sy graag so wil wees nie maar omdat daar ‘n oorsprong (wortel) is wat hierdie optrede veroorsaak. Susan is gemolesteer toe sy klein was en van daardie oomblik het sy begin glo (‘n leuen) dat sy sleg is, sy het haarself begin haat en dienooreenkomstig begin op tree.

Agter meeste van ons optredes is daar gedagtes, iets wat ons glo, gebeurtenis/e waarvan ons probeer ontvlug.

Jy sien, van die dag wat ons gebore is word ons geprogrammeer deur ons ouers, gebeure in ons lewe en ander mense se optredes om op ‘n sekere manier oor onsself, God en die lewe te dink (meestal verkeerdelik) wat dan aanleiding gee tot sekere optrede. Sp 23:7 verklaar: Want soos hy in sy siel bereken (dink) so is hy.

Dit wat ons dink beïnvloed ons emosies, ons emosies beïnvloed ons optrede. As ons iets oor en oor doen word dit ons karakter. En ons karakter bepaal waarheen ons oppad is.

Rom 12:2 verduidelik dat God ons wil verander deur die vernuwing van ons gedagtes.

In die geval van Susan doen sy verkeerde dinge, drink te veel en vermors haar lewe. Sy is ‘n wedergebore Christen maar baie van haar optredes het nog nie verander nie. Sy wil werklik nie meer so baie alkohol gebruik nie maar sy kry dit nie reg om op te hou nie. Hoe gaan die verander plaasvind? Daar sal natuurlik vergifnis en innerlike genesing moet plaas vind, maar die leuen/s wat sy oor haarself glo moet identifiseer word en dan vervang word met die waarheid. Dan kan sy deur God se krag teen dit kies (Geesvervulde lewe – Gal 5:16).

Ef 4: 21-22 sê : Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.

Nog ‘n voorbeeld van die krag wat daar is in wat ons glo: in 1833 is die slawe wet nietig verklaar. Al die slawe het egter nie dieselfde dag nog as vry mense begin lewe nie. Baie het nog nie die goeie nuus gehoor nie en aan gehou om as slawe te lewe. Baie het dit gehoor maar nie geglo nie en aan gehou om as slawe te lewe. Baie het die goeie nuus gehoor, dit geglo en vry begin lewe. Die feit dat hul vry was het nie verander omdat hul nie so geleef het nie. Hul was vry mense maar omdat hul nie so geglo het nie, het hul nie so geleef nie. So is dit ook met ons. Wat ons van ons self glo bepaal hoe ons lewe.

Satan gebruik ook mense en gebeure om vir ons ‘n verkeerde beeld te gee van wie God is. Bill Bright van campus crusade argumenteer dat elke menslike probleem gekoppel kan word aan hoe elkeen van ons God sien. Byvoorbeeld, as ons met angs sukkel is dit omdat ons nie weet dat God betroubaar, goed en liefdevol is en dus nie op God vertrou nie.

Ons moet dus nuwe (ware) gedagtes oor God en ons self kry wat dan nuwe optrede tot gevolg sal hê. Die waarheid vind ons egter nie in die wêreld nie maar in die Woord van God. Byvoorbeeld:

Gedagte: Ek is nie goed genoeg nie.

Waarheid: God het my na Sy beeld gemaak en ek is BAIE goed geskape. (Gen 1:27,31).

Kyk nou na die optrede waarmee jy sukkel. Wat is die gedagtes wat jy oor jouself, God en die situasie dink. Wat se leuens kan jy identifiseer? Wat is die waarheid uit die Woord?

Bid oor elke leuen en vra God om dit te vernietig en te vervang met die waarheid, om dus jou gedagtes oor die saak te vernuwe. Hou aan om vir God dit te vra totdat totale vernuwing plaas gevind het.

Die waarhede moet ook elke dag in die Naam van Jesus Christus oor self hardop uitgespreek word. Die redes hiervoor is: dat hoe meer ons iets hoor hoe meer glo ons dit (Rom 10:17); die Woord vernuwe ons gedagtes; daar is lewe en dood in die mag van die tong en ons sal die vrug pluk van dit wat ons sê (Sp 18:21); en dit neem ons gedagtes in beheer – dink doelbewus aan die waarheid (2Kor 10:5).

Daarom wil ek jou bemoedig om te dink waaroor jy dink, om dit wat jy glo oor jouself, die lewe en God te toets teenoor die Waarheid en die Woord te bestudeer want dit sal jou help om werklik te verander.

*Skuil naam gebruik om kliënt te beskerm

Indien jy sukkel met leuens of om sekere optrede in jou lewe te verander, sal ek jou graag wil help. Skakel my by 082 922 5082 vir ‘n afspraak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s