Soos ons die Fees seisoen in beweeg, geskenke gekoop, voorbereidings tref vir familie wat kom of reis reëlings tref ens. mis ons soms die ware geskenk van Jesus Christus se koms, sterwe en opstanding.
Dis waaraan ek jou graag wil herinner met hierdie laaste uitgawe van die Riviertjie in 2009.
Wanneer ons in verbintenis is met Jesus Christus en Hom aanneem as ons Verlosser gee Sy geboorte, sterwe en opstanding vir ons die grootste geskenk ooit: Die Ewige lewe! Ef 2:8-9 verklaar: “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.”
Dit beteken dat ons nie die ewige lewe kan verdien deur ons eie werke en goeie dade nie maar ons verkry die ewige lewe deur te glo in Jesus Christus as die Seun van God wat vir ons sondes aan die kruis betaal en gesterwe het en uit die dood opgestaan het, satan oorwin het en opgevaar het na God waar Hy vir ons intree.
Maar dit is nie waar die Goeie Nuus op hou nie. Ek glo dat baie Christene onder ‘n halwe Evangelie leef. Die totale Evangelie getuig dat Jesus Christus se sterwe en opstanding vir ons soveel meer as net die ewige lewe as geskenk gegee. Christus se kruisdood gee dat ons hier op aarde in oorwinning kan lewe. Dit beteken nie dat ons nooit moeilikhede en uitdagings sal beleef nie maar dat Christus se kruisdood sekere gevolge in ons lewe het. Ons moet hierdie gevolge besef sodat ons alles kan wees en leef wat Christus se kruisdood vir ons as wedergebore Christene tot gevolg het.
Die wedergebore Christen is nie ‘n sondaars wat vergewe is nie maar ‘n verloste/vrygekoopte heilige. Ons kry nie net alleenlik iets – die ewige lewe- uit wedergeboorte nie maar ons word ook iets: heilig, nuut, ‘n kind van God, ‘n kind van die lig, ‘n burger van die hemel. En hierdie transformasie vind plaas tydens wedergeboorte nie eers die dag as jy fisies sterwe nie. As gelowiges probeer ons nie heilig te word nie. Ons is heiliges wat elke dag meer soos Jesus word.
Dit absoluut noodsaaklik om hierdie identiteit in Christus te besef as ons die Christelike lewe in oorwinning wil leef. Die mens kan nie aanhou om op te tree op ‘n manier wat nie ooreenstem met hoe hy homself sien nie. Wanneer jy jouself as ‘n sondaar sien tree jy ooreenstemmend op. Wanneer jy die waarheid glo en jouself sien as ‘n nuwe mens, dood vir die sondes en dat jy daagliks verander word om meer soos Jesus te wees sal jy ook ooreenstemmend begin op tree.
‘n Kennis van God, wat Christus deur Sy kruisdood bewerkstellig het en wie jy werklik in Christus is, is van die mees kardinale kennis wat ‘n persoon oor kan beskik.
Glo jy net ‘n halwe evangelie? Wie is Jesus Christus vir jou en wat glo jy het Sy kruisdood en opstanding vir jou bewerkstellig?
Hier is paar waarhede om jou siening te vernuwe:
Vry van die sondes:
Ef 4: 23-24, Kol 3:1
Vry deur God se Genade:
Rom 9: 14-16, Ef 2: 4-7
Vry deur God se Liefde:
Jes 43: 4, Jer 31: 3
Vry deur God se Getrouheid:
Deut 31: 6-8, Ps 89:1-2
Vry van Vrees:
Jos 1: 9, Ps 91: 1-12
Vry van Kwaad/Woede:
Ps 37: 7-8, Sp 15: 1 & 18
Vry van Mismoedigheid:
Ps 42: 5, Ps 138: 7
Vry van Frustrasie:
Jes 51: 17, Ef 4: 1-3
Vry van Depressie:
Jes 61: 1-3, Joh 16: 20-22
Vry om nie oor te gee aan versoekings:
Luk 22: 31-32, Joh 16: 33
Vry van Huweliksprobleme:
Gen 2:18, 21-25, Sp 10: 12
Vry van Finansiële bekommernis:
Ps 34: 9-10, Mal 3: 10-12
Vry om te vind wat God wil hê:
Ps 32: 8, Sp 3: 5-6, 16: 3
Vry om ander te Vergewe:
Mat 6: 14-15, 18: 21-35, Mar 11: 25-26
Vry om in Geloof te Groei:
Luk 17: 5-6, Rom 10: 8-10
Vry om Lief te hê:
Deut 6: 5, Mat 5: 43-48
Satan is oorwin en ek deel in hierdie oorwinning:
Kol 2:10, 15, 1Joh 4:4
Vry vir Lofprysing:
Ps 111, Jes 25: 1
Vry om te Bid:
Ps145: 17-19, Mat 18: 19-20
Vry om terug te draai na God:
Hand 3: 19, 2Kor 7: 9
Vry om Sterk te Staan:
Ps 31: 23-24, Jes 40: 29-31
Vry om die Ewige Lewe te ontvang:
Tit 3: 1-8, 1Joh 2: 24-25
Jesusliefde: jonanda
Indien jy hulp of ondersteuning nodig het kan jy my gerus skakel by 082 922 5081 vir ‘n afspraak.