deur Roderick C Meredith
’n Uiters noodsaaklike vereiste vir ’n gelukkige huwelik is die bereidwilligheid om te VERGEWE. Wanneer twee mense hul hele lewe deel, wanneer hulle vir die grootste gedeelte van elke dag en nag saam is, sal daar wel soms wrywing ontstaan. Ons is immers steeds menslik. Die beste manier om hierdie probleem op te los, is op GOD se manier.
Om nukkerig te wees, bose gedagtes teenoor u lewensmaat te koester en om verkeerde bedoelings aan u maat toe te skryf, is sinneloos. Dit veroorsaak net meer moeilikheid, ontevredenheid en moontlik selfs egskeiding.
Praat eerderoor dinge wat u kwets en oor misverstande. Luister waarlik na u maat se standpunt – MOENIE net sit en dink wat u volgende gaan sê nie! MOENIE net dink hoe u hom of haar gaan antwoord of gaan “terugbetaal” nie. WIE moet terugbetaal word? As u die feit volkome begryp dat u en u lewensmaat “een vlees” is en deur
God SAAMGEBIND is vir die res van u lewens, sou u dan eintlik U SELF terugbetaal! U sal net uself seermaak. U sal dan letterlik ’n “teenaanval” op uself loods.
Wat is dan die regte ding om te doen? Doen eenvoudig wat God beveel vir so ’n situasie – VERGEWE die ander persoon!
“Maar dit was eintlik hulle skuld!” sê ons gewoonlik. “Hulle het ook nie eens om verskoning gevra nie, hoe kan ek hulle vergewe?” Deur innige gebed en God se leiding, kan u leer om elke persoon allerhande werklike óf denkbeeldige “onregte” teen u te vergewe.
Toe Christus baie erg seer gemaak is, het Hy gesê: “Vader, VERGEEF hulle, want hulle weet nie wat
hulle doen nie” (Luk. 23:34).
Ons moet almal begin besef dat die meeste mense nie “bedoel” om ons seer te maak nie. Hulle “bedoel” nie om iemand kwaad aan te doen nie.
Hulle is bloot menslik. Hulle slinger kwetsende woorde rond en doen verkeerde dinge sonder om te dink wat hulle werklik doen.
Die Een wat Sy lewe vir ons gegee het, gee dié opdrag aan ons: “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie” (Matt. 6:14-15).
As ons dan elke persoon op dié wyse moet vergewe, hoeveel te meer moet ons nie ons eie maat vergewe wat nou ons eie vlees en liggaam geword
het nie?
Wat daarvan as u man byvoorbeeld aanhou om grond uit die tuin of olie uit die motorhuis die huis in te trap? Wat daarvan as u vrou aanhou om een of twee keer per week die boontjies te verbrand?
Leer om met ’n opbouende gesindheid daardie probleem met u lewensmaat te bespreek. As party
van hierdie menslike swakhede jare lank duur, hou eenvoudig aan om te vergewe . Sou u eerder verkiesom u gebrande boontjies nou en dan af te krap, ofom ALLEEN te woon, u eie kos te maak en niemandte hê om mee te gesels of om snoesig mee te weesop ’n koue winteraand nie?
Moet nooit Jesus seopdrag vergeet nie: “Toe kom Petrus na Hom en sê:
‘Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe?’ Jesus antwoord hom: ‘Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe’” (Matt. 18:21- 22).
Die gees van vergifnis
Ons moet almal gereeld vir God in gebed vra om aan ons die “gees van vergifnis” te gee. Party mense vind dit blykbaar baie moeilik om ander te vergewe. Dis amper asof hulle dit “geniet” om die pyne en griewe vir jare met hulle saam te dra.
Onthou, u toorn teenoor ander maak hulle gewoonlik nie seer nie. Hulle is dalk nie eens bewusdaarvan nie! Maar dit maak u egter seer. Dit maak unors en ongelukkig en dikwels moeilik om mee saamte leef. Deskundiges het bevind dat hierdienegatiewe emosies baie bydra tot kankers,maagongesteldhede, hoë bloeddruk, beroerte ofhartaanvalle. U negatiewe emosies kan u letterlikDOODMAAK!
Weereens, vra u Hemelse Vader om u te help om dié neiging heeltemal te oorwin en leer om almal lief te hê en te vergewe, veral u eie lewensmaat!
Probeer om u denkpatroon te verander sodat u nie so maklik “seerkry” nie. Onthou, God word die “Vader van ontferminge” genoem (2 Kor. 1:3).
Namate u besef hoe baie daar is waarvoor God u moet vergewe, vra God om u te help om ander tevergewe.
Dink ’n bietjie hieroor – hoe moeilik dit dalk vir u lewensmaat is om al die selfsugtige dade en eienaardighede te verdra wat u (en almal van ons)
het! Indien die situasie omgekeer was, sou u dit met U SELF kon uithou?
“En eindelik wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik. Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe. Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie. Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag” (1Pet 3:8-11).
Ons behoort almal die huwelik te beskou as ’n soort “werkswinkel” waar ons leer hoe om te gee, hoe om te deel en hoe om ander mense op ’n voortdurende grondslag te vergewe.
Nie een van ons kan vreugdevol wees as ons met pyn en wrokke rondloop nie, vernaamlik nie teenoor ons lewensmaats nie! Leer dus om met God se hulp u lewensmaat op ’n daaglikse grondslag ten volle te VERGEWE, beweeg vorentoe en bou ’n werklik intieme en liefdevolle verhouding.