In tye van resessie?

Deur Jonanda Burger

In enige tyd van swaarkry en beproewings moet jy jouself die volgende vrae afvra: wie dink jy is God in jou moeilike situasie, wat sê God se Woord/beloftes oor jou situasie en waarop maak jy staat vir uitkoms in jou situasie. Jy sien wat jou antwoord op elkeen van hierdie vra is sal bepaal hoe en of jy deur jou swaarkry as oorwinnaar sal uit tree.

Wie is God as dit moeilik gaan?

Ons kan nie na ons omstandighede kyk om te beskryf wie God is nie. God is groter as die ekonomiese resessie, God is groter as siektes, as egskeiding – God is groter as enige probleem wat jy in die gesig mag staar! Luk 1:37 verklaar dat NIKS vir God onmoontlik is nie. Wanneer ons die waarheid glo sal ons ook met sekerheid weet dat die ekonomie nie God beperk om aan ons behoeftes te voldoen nie, dat mediese bewyse van vrugteloosheid nie God kan beperk om ‘n babatjie in daardie baarmoeder te vorm nie, dat die luste van ‘n buite egtelike verhouding nie God kan beperk om daardie huwelik te herstel beter as wat dit ooit was nie.

Jy sien God is groter en almagtiger as waarvoor ons Hom krediet gee. Ons kyk in ons omstandighede vas en vergeet om die Asemrowende God, waarvoor niks onmoontlik is raak te sien. Indirek sê ons eintlik vir God dat ons probleme groter as Hy is. Dit veroorsaak ook dat ons glad nie vertrou op Hom en Sy beloftes vir ons lewe nie.

‘n Verdere mis konsepsie wat ons het oor God is oor Sy goedheid. Die Bybel verklaar dat God goed is (Ps 90:17 / Tit 3:4). Goedheid verwys na alles wat goed is en dus kan daar niks slegs in God wees nie, die slegte kom ook nie van Hom af nie en dit wat sleg is kan Hy ten goede laat mee werk (Rom 8:28).

Ek ervaar egter dat baie mense twyfel aan die goedheid van God en daarom ook sukkel om Hom te vertrou binne in hul situasie. Glo jy werklik dat God goed is en voorspoed en nie teëspoed vir jou beplan (Jer 29: 11)? Glo jy dat, al voel dit nie so op hierdie oomblik nie dat God in beheer is en ‘n goeie plan het met jou omstandigheid en uitdagings het?

Die feit van die saak is dat die waarheid oor God bly die waarheid oor Hom – al voel dit nie asof God goed is nie, al lyk dit nie so nie, al hoor jy die teenoorgestelde in die wêreld – God is in beheer, Hy is almagtig, regverdig, liefdevol, goedhartig, ens.

Wat/wie kies jy om te glo? Jou gevoelens, die statistieke, mense se opinies of God en Sy beloftes?

Wat sê God se beloftes oor jou situasie:

Vir elkeen van jou probleme of vrese is daar ‘n belofte in God se Woord. Bestudeer die Woord en vind wie God is en wat Hy belowe vir jou. Dit sal jou vrese verander in vertroue in die Een wat werklik vertrou kan word, sal jou ongeloof vervang deur geloof sodat jy kan ontvang wat God belowe en jou hoop gee in situasies wat hopeloos is.

Waarop maak jy staat vir uitkoms in jou situasie?

Wie of wat sal jou situasie oplos? Sal meer geld al jou probleme weg neem, ‘n beter doktor dalk die siekte genees, as jy maerder word sal jou man jou weer bemin? Selfs al kan een van bg jou help, God alleen is die een wat oorwinning gee. Dit is tog God wat deur al hierdie dinge werk want alles wat goed is kom van God af (Jak 1:17)

God wil egter he dat ons op Hom en Sy krag alleen moet vertrou en nie op mense en geld wat mens net kan teleurstel nie.

Wat moet jy leer tydens swaarkry situasies?

Die een goeie ding waarvan ek seker is wat tydens swaarkry tye gebeur is dat God aan ons karakter werk om ons meer soos Jesus te maak. Ons moet dus vir God vra wat dit is wat Hy wil he ons moet tydens die tyd leer. Een van die dinge wat ek altyd tydens finansiële swaar tye moet leer is vertrou in God en Sy voorsiening. Jy moet ook God dan vra om jou te help om dit aan te leer en jou karakter te verander sodat jy meer soos Jesus kan wees.

Beloftes van God:

Num 23:19; Deut 7:9; Ps 18:31; Ps 34:10; Ps 72:12-13; Ps 89:34-35; Sp 16:3; Jes 30:18; 2Kor 1:19-20; Heb 10:23; 2Pet 3:9.