Vyf waarhede wat jou huwelik kan verander

Ek is verantwoordelik vir my eie houding:

Moeilikhede is onvoorkombaar maar om ellendig te voel is ‘n keuse. Houding het te doen met die keuse wat ek maak oor hoe om te dink oor dinge byvoorbeeld twee vroue het eggenote wat hul werk verloor het. Wendy sê: “My man het in die afgelope drie jaar nie ‘n voltydse werk gehad nie. Die voordeel daarvan is dat ons nie DSTV kan bekostig nie. ons gesels nou baie meer en ons het al baie uit hierdie ervaring geleer.”

Lou Ann sê: “my man het die afgelope tien maande nie ‘n werk nie. Ons het nou net een kar oor, geen fone en ons ontvang kos van die kerk. Die lewe is ellendig by ons huis.

Die verskil tussen die twee vroue is hulle gesindheid. Ons kies om negatief te dink en vervloek die donker of ons kies om die Silver randjie om elke donker wolk raak te sien.

My houding beïnvloed my optrede:

Die rede waarom houdings so belangrik is, is omdat dit my optrede en woorde bepaal. Ek mag miskien nie in beheer wees van my omgewing nie: siektes, alholistiese eggenoot, tiener verslaaf aan dwelms ens. maar ek is wel in verantwoordelik vir wat ek doen met my omgewing. My houding sal tot ‘n baie groot mate my optrede beïnvloed.

As ek vir die positiewe in my huwelik soek sal ek heel moontlik meer positief praat, opbouende woorde teenoor my maat spreek en iets doen wat die lewe vir albei van ons sal verbeter.

Maar as ek op die negatiewe fokus, sal ek meer geneig wees om teenoor my maat kritiese, veroordelende woorde te uiter. My optrede sal binne een van twee kategorieë val: ek sal dinge doen om my maat seer te maak of ek sal onttrek en dit oorweeg om my maat te verlaat. Ja my houding beïnvloed my optrede!

Ek kan nie ander mense verander nie maar ek kan ander mense positief beïnvloed:

Dit is waar, jy kan nie jou maat verander nie maar jy kan en beïnvloed elke dag jou maat. As jy nog steeds besig is om jou maat te wil verander is jy heel moontlik ‘n meester in manipulasie. Jou redeneer: “As ek dit doen sal my maat so optree.” “As ek hom ongelukkig genoeg of gelukkig genoeg maak sal ek kry wat ek graag wil hê.” Hierdie is ‘n doodloop straat. Al verander jou maat sal hy/sy jou kwalik neem omdat jy hom/haar manipuleer het.

‘n Beter metode is om ‘n positiewe invloed op jou maat uit te oefen. Jy kan ‘n invloed uitoefen deur jou woorde en optrede. Wanneer jy na iets positief in jou maat soek en hom/haar komplimenteer daaroor, oefen jy ‘n positiewe invloed op jou maat uit. Wanneer jy iets doen waarvan hy/sy hou beïnvloed jou optrede hom/haar op ‘n positiewe manier. Die werklikheid van die krag van positiewe invloed het baie groot potensiaal vir huwelike wat sukkel.

My optrede hoef nie beheer te word deur my emosies nie:

In die Westerse Samelewing plaas ons ongelooflike baie klem op emosies. Wanneer hierdie filosofie op ‘n huwelik wat sukkel toegepas word, is die advies: “Wanneer jy nie meer liefde voel nie erken dit en beëindig die huwelik.” “As jy kwaad en seer voel sal jy ‘n tweegesig wees as jy iets mooi vir jou maat sê.” Hierdie filosofie kom kort in die feit dat die mens meer is as net sy/haar gevoelens.

Ja ons het gevoelens maar ons het ook houdings, waardes en optredes. As ons van emosie na optrede spring en ons houdings en waardes ignoreer, sal ons ons huwelike vernietig. Stop, dink, soek die positiewe, bevestig dit en doen dan iets wat positiewe potensiaal het. Optrede wat deur positiewe houdings en waardes gelei word het ‘n groter waarskynlikheid om produktief te wees.

Om my eie tekortkominge te erken beteken nie dat ek ‘n mislukking is nie:

Meeste huwelike wat sukkel het ‘n steen muur tussen man en vrou wat oor die jare opgebou is. Elke steen verteenwoordig ‘n gebeurtenis in die verlede waar een die ander teleurgestel het. Hierdie muur van pyn en teleurstelling is ‘n versperring vir eenheid in die huwelik. Dit is belangrik om hierdie muur af te breek. Deur jou deel in die bou van die muur te erken maak nie van jou ‘n mislukking nie. dit beteken dat jy menslik is en bereid is om jou menslikheid t erken. Om jou foute in die verlede te erken en vergifnis daarvoor te vra is die eerste stap tot ‘n groeiende huwelik.

Vertaal uit Adapted from Loving Solutions: Overcoming Barriers in Your Marriage by Dr. Gary Chapman.

Indien jy hulp of ondersteuning nodig het in jou huwelik kan jy Jonanda gerus skakel by 082 922 5081 vir ‘n afspraak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s