Deur Jonanda Burger
Die Bybel stel spesifieke en duidelike rolle vir ’n man en ’n vrou vas wat noukerig verstaan en prakties uitgevoer moet word.
Die wete dat God se voorskrifte vir ons nie beperkend is nie maar beskermend, help ons om met vrymoedigheid hierdie rolle te vervul omdat God se wil vir ons die beste insluit en uitloop op die lewe.
In die huwelik het beide man en vrou “kernrolle” en “kern reaksies”. ’n Kernrol is ’n essensiele funksie, wat God aan mans en vrouens gegee het om te vervul, binne ’n huweliksverhouding.
’n Kern reaksie is ’n primêre reaksie, wat God van mans en vrouens verwag wat hulle eggenotes in staat stel en aan moedig om hul kernrolle te vervul.
God se kernrol vir die Man: Dienaar – Leier:
Ef 5:23 sê: Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk. Volgens hierdie gedeelte is Jesus Christus die model vir ‘n man se dienaar-leierskap.
Vêrder sê Mar 10: 43-45: Jesus roep hulle toe nader en sê vir hulle: "Julle weet dat dit by die nasies so is dat hulle sogenaamde regeerders oor hulle baasspeel en dat hulle groot manne die mag oor hulle misbruik. Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen onder julle wat die eerste wil wees, moet julle almal se dienaar wees. Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense."
Ons kan drie tipes leierskap in die huwelik onderskei. Jesus se leierskap en die wêreld se leierskap: baasspelerige leier en passiewe nie-leier. As watter een kan jy jouself of jou gesin jou as klassifiseer?
In die huweliksverhouding roep God die man om ‘n dienaar-leier te wees. Dit is sy kernrol. Sy leierskap moet soos Jesus sin wees. ‘n Dienaar-Leier dien soos Jesus en het lief soos Jesus! Hy is ‘n kombinasie van beide ‘n dienaar en ‘n leier. Ef 5:25 verklaar: Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het.
Kernreaksie van die Vrou op die Man se rol: Onderdanigheid:
Ef 5: 22-24: Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.
Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk. Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees. Onderdanig beteken om die man die volmag te gee om die leier te wees; dit is ‘n vrou se kern reaksie op haar man se dienaar-leierskap. As die vrou kies om onderdanig te wees moedig dit haar man aan om sy rol as dienaar-leier te vervul.
Die pleidooi in vers 22 is per slot van sake tussen die vrou en haar Here is. Dus, den spyte van haar mans se optrede moet die vrou daarna strewe om hierin gehoorsaam aan God te wees.
God se kernrol vir die Vrou: Helper-Tuisteskepper:
Gen 2:18 sê: Vêrder het die Here God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke. Hieruit kan mens baie duidelik agterkom dat die vrou geskape is as die man se helper.
Maar om helper te wees is nie ‘n minderwaardige rol nie. In Heb 13:6 staan daar: Daarom kan ons met vertroue sê: "Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ‘n mens aan my doen? God beskryf Homself hier as ‘n helper en daarom kan die vrou met blydskap en trots die rol van helper vervul.
‘n Akkurate begrip van die vrou se rol as helper wys hoe essensieel hierdie rol is om die man te voorsien met wat hy nodig het om ‘volledig’ te wees. Vrouens is op ‘n unieke wyse toegerus om die leemtes wat mans in hulle lewens het, te vervul.
Die teenoorgestelde van helper is mededinger. Mededingers gebruik hul maats se swakhede om die oorhand te kry. ‘n Kompeterende vrou dryf ‘n man tot aggressie, vergelding en onttrekking eerder as sorgsaamheid, ondersteuning en voorsiening in die vrou se behoeftes.
Help jy jou maat en op watter maniere kan jy jou eggenoot meer help?
Kernreaksie van die Man op die Vrou se rol: Lof en Eer:
1 Per 3:7: Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.
Lof en eer is die manlike ekwivalent van onderdanigheid. Dit is die kern reaksie op lof en eer wat die vrou aanspoor en in staat stel om haar roeping as helper-tuisteskepper te vervul.
Bronne: Voorbereiding vir die Huwelik: ‘n hulpbron van familylife
Indien jy uitdadings in hierdie area van jou lewe het en bemoediging benodig is jy welkom om Jonanda te skakel by 082 922 5081.