Deur Jonanda Burger
Is jy al ooit seer gemaak deur jou eggenoot/e? Indien wel, is daar ‘n moontlikheid dat jy kwaad gevoelens en bitterheid teenoor jou hom/haar voel.
Wat gaan jy met hierdie sterk emosies doen wat lyk of dit nie wil weg gaan nie?
Daar is twee negatiewe en een positiewe manier om te reageer wanneer jy kwaad en bitter voel:
Onuitgesproke kwaad is wanneer jy die kwaad gevoelens binne in jou hou en toelaat dat dit broei. Wanneer ons dit doen word die bitterheid soos ‘n kwaadaardige kanker want stadig maar seker jou lewe vernietig. Dit bereik niks goeds nie.
Dan is daar onbeheersde kwaad wat uitbarstings is van jou gevoelens. Soos ‘n ontploffing verwoes dit alles in sy omtrek. So ‘n uitbarsting is soos ‘n emosionele hartaanval wat permanente skade kan berokken. Dit bereik niks goeds nie.
Daar is ‘n beter manier: gee die gevoelens oor aan God. Dit begin deur vir jouself te sê: “ek is vreeslik kwaad, bitter en seer oor wat my eggenoot/e aan my gedoen het. Maar ek sal nie toelaat dat sy/haar verkeerde optrede my vernietig nie en ek sal ook nie probeer om hom/haar te vernietig nie. Ek sal my eggenoot/e oorgee aan God wat regverdig is. Ek sal ook my bitterheid oorgee aan God.”
Dan, bely teenoor God dat jy kwaad gevoelens binne in jou het en dat jy bitter is. Vra God om die seer, bitterheid en kwaad weg te vat en jou te genees. Vra God om jou te help om jou eggenoot te vergewe soos wat God jou vergewe.
Indien nodig, vind ‘n berader of betroubare Christelike vriend/in wat jou kan help om jou eggenoot vry te spreek. Vergewe en spreek jou eggenoot/e vry. Dit sal jou huwelik vry maak, herstel en jou help om voluit te lewe.
Bely dan jou bitterheid teenoor jou eggenoot/e en vra onvergifnis.
Paulis sê in Rom 12:17 vergeld niemand kwaad vir kwaad nie;
Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.
Maak nie saak hoe seer jou eggenoot/e jou gemaak het nie, dit is nie jou verantwoordelikheid om hom/haar te straf nie. Jou eggenoot moet vergelding doen oor sy/haar sonde teenoor God. Verbale aanvalle bereik geen konstruktiewe doel. Maar om die beste vir jou maat te wil hê, wat die Bybel liefde noem, het groot potensiaal vir baie goeie dinge.
Indien jy verbitterd voel of met kwaad gevoellens sukkel is jy welkom om my te kontak vir hulp. 082 922 5081