Ontvlam die liefde : Beste vriende

deur Riaan Pienaar

(http://www.ekerk.co.za/alleartikels/2008/10/7/beste-vriende.html)

‘n Amerikaanse sielkundige Gottmann se navorsing het gewys dat mense wat beste maats is se huwelike die storms deurstaan het.

Gottmann het gewys dat ouens wat mekaar se beste maats is net soos ander huweliksmaats baklei het. Hulle alles vergeet wat ‘n mens moet weet oor konflikhantering en ‘n goeie geveg gehad het. Hulle het mekaar egter na die tyd vergewe.

Die ouens wat nie goeie maats was nie se huwelike kon ongelukkig nie die konflik deurstaan nie. Hulle het met tyd ontnugter geraak en geskei.

Huweliksmaats saai die saad van intimiteit wanneer hulle konsentreer om wedersyds in mekaar se behoeftes te voorsien. Wanneer hulle so teenoor mekaar optree saai hulle die saad van ’n ryker en vreugdevolle verhouding. Die mees aangenaamste ervaringe van menswees kom deur sulke optrede. Deur sulke optrede versterk en verleng ons die kosbare oomblikke in ons lewens.

Gottmann se navorsing versterk ook maar weer die feit dat ons gebroke mense is en nie altyd korrek kan optree nie en daarom is vergifnis so belangrik. Om maats te bly moet ons mekaar gereeld vergewe.

Om die pyn te ontken maak nie van jou ‘n goeie vriend nie. Jy moet die seer erken, maar aan die anderkant kan jy die seer vertroetel en dit kan in jou gedagtes begin maal.

‘n Mens kan begin deur te bid vir ‘n gees van empatie en dit te ontwikkel en jou maat te sien as ‘n gebroke mens wat ook foute maak en selfs dom foute maak. Voor jy begin met vergelding vra eers die Here in gebed vir nederigheid, want jy het ook al pyn veroorsaak. Jy kan begin dink aan hoeveel keer jy pyn veroorsaak het met jou woorde.

’n Mens kan versoening kies en daarmee bedoel ek ‘n gesindheid van begrip, empatie en onvoowaardelike aanvaarding. Ons het ‘n geskiedenis waar mense ons pyn aangedoen het en daarom kies ons dikwels om nie te versoen nie. Ons is bang om te versoen, want dan gaan ek weer seerkry.

Ek dink ek sal hom/haar laat wegkom as ek hom vergewe, maar jy is die een wat gebonde bly en nie hy/sy nie. Al wat gebeur is bitterheid kruip in jou lewe in en bitterheid is so goed jy te drink ‘n bottel gif en hoop die ander persoon gaan dood.

Mense sê ek moet eers gesond word dan sal ek vergewe. Navorsing wys egter dat vergifnis ’n mens gesond maak en nie andersom nie. ’n Mens word gesond wanneer jy vergewe.

Ons moet onthou vergifnis is ’n proses en nie ’n skielike gebeurtenis nie. Die pyn sal dikwels nog daar wees, maar ’n mens maak ’n keuse om te vergewe.

Indien jy ‘n begeerte het dat jou huwelik gevul moet wees met liefde, romanse en vriendskap, het ek vir jou goeie nuus: dit is God se wil ook! Jy kan die huwelik he waaroor jy nog altyd gedroom het.

Indien jy hulp nodig het, is jy welkom om Jonanda Burger by 082 922 5081 te skakel vir ‘n afspraak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s