LIEFDE IS ‘N KEUSE

Soveel van ons het ’n verkeerde idee oor wat die liefde werklik is. Ons word groot met die televisie en flieks waarin liefde slegs as ’n gevoel weerspieel word . Ons leer dat as dié gevoel weg is ons nie meer die ander persoon lief het nie.

Alhoewel dit waar is dat liefde ’n gevoel is, is dit maar een derde van wat liefde werklik is. Daar bestaan drie tipes liefde:

Eros liefde is romantiese liefde. Dit is wanneer mense sê: “ek is verlief” en verwys na enige iets vanaf skoenlappers in die maag tot sterk sensuele passie. Volgens Newton (2002) is daar drie interessante eienskappe van Eros liefde. Eerstens, Eros se bestaan hang af van die situasie en omstandighede. So lank as was ‘n paartjie ‘n romantiese situasie geniet kan Eros liefde seëvier. Maar sodra verkeerde woorde of aksies geuiter word of ‘n uitdagende oomblik beleef, word verdwyn Eros liefde net eenvoudig.

Tweedens, Eros word ook bepaal deur elke persoon se persepsie. As iemand ‘n stil aandete met kerslig as romanties beskou sal Eros liefde sterk brand. Maar die passie sal vernietig word sodra die huidige situasie ongewens is. Eros liefde ontvlam en verdwyn sommer weer soos ons persepsies verander.

Eros liefde kan nie ‘n betroubare basis gee waarop mens ‘n diep en doel volle verhouding kan bou nie omdat dit so maklik beïnvloed word en kan verander. Omdat daar onbeheerbare situasies in mens se lewe opduik soos siekte en ongelukke, is dit onvoorkombaar dat elke situasie romanties ervaar gaan word en Eros liefde dus nie beleef gaan word nie.

Alhoewel Eros liefde mens goed laat voel en dit lekke is, is dit dus baie gevaarlik om mens se huwelik te bou op Eros liefde omdat dit tydelik is en so maklik beïnvloed kan word.

Phyla liefde kom van die naam Philadelphia wat die stad van broederlike liefde is. Phyla liefde verwys na broederlike en vriendskaplike liefde. Om saam met daardie mense te wees wat jy geniet.

Phyla liefde is wonderlik en moet geoefen en toegepas word in die huwelik. ‘n Egpaar kan mekaar se beste vriende wees, saam aktiwiteite beoefen en tyd saam geniet. Maar die huwelik moet nie alleen op Phyla liefde gebou word nie. Dit word ook beïnvloed deur situasies en ander mense se persepsies en verwagtinge. Ons almal is seker bekend met ‘n vriendskap wat dood geloop het as gevolg van tyd, afstand, woorde ens.

Dan is daar Agape liefde. In teenstelling met die b.g. twee tipes liefde word Agape liefde nie beïnvloed deur situasies, omstandighede en mense se persepsies nie. Die rede hoekom Agape liefde bo hierdie dinge kan uit styg is omdat hierdie liefde gebaseer is op ‘n besluit. Dit behels onder andere die besluit om proaktief iemand anders se voordeel te soek. Omdat Agape liefde nie ‘n gevoel is wat gebaseer is op hoe ek behandel is nie kan dit bestaan binne in ‘n vyandige situasie. Byvoorbeeld, soos Jesus ons in Luk 6:35 leer om ons vyande lief te hê.

Jesus verklaar ook dat die wêreld sal weet dat ons Sy dissipels is as ons met agape liefde optree (Joh 13:35). Dit beteken dat ons die beste vir ons maat wil hê, dat ons soos Jesus ons maat behandel en nie moed op gee op ons maat al verdien hy/sy dit nie. Wanneer ons kies om met hierdie liefde lief te hê in ons huwelik kweek ons ook die omgewing waarin Eros en Phyla liefde kan ontstaan en styg ons bo ons omstandighede uit.

Verder, dit wat jy oor jou maat dink beïnvloed hoe jy oor hom/haar voel. Jy kan nie slegte gedagtes oor jou maat dink en verlief en lief voel vir hom/haar nie. Dit is hoekom Paulus ons vermaan om slegs aan die goeie en mooi dinge te dink (Fil 4:8).

So, voel jy dat jy nie meer jou maat lief het nie? Miskien moet jy dan bietjie ondersoek in stel oor wat jy oor jou maat dink en wat se besluite jy omtrent hom/haar geneem het. Sodra jy kies om aan die mooi in jou maat te dink en kies om hom/haar lief te hê ten spyte van hoe hy/sy optree, sal dit weer die liefde, vriendskap en romanse in jul huwelik ontvlam.

Onthou liefde is nie ‘n gevoel nie maar ‘n keuse wat tot ‘n gevoel oorloop.

Bronne:

Newton, B. (2002). A Short Handbook on Love. http://www.sjchurchofchrist.org/agape.shtml

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s