Hoekom is romanse in die huwelik belangrik?

Het jy al ooit romantiese verlowings stories gehoor? Ek het al soveel sprokies verlowing stories gehoor. Daar is geen einde aan ons inisiatief wanneer ons die een wat ons lief het probeer wen nie.

So wat is dit aangaande die huwelik wat veroorsaak dat ons romantiese kreatiwiteit verflou? Op een of ander punt in min of meer elke huwelik besef die egpaar dat hulle verlowing die opwindende inleiding was tot ‘n vervelige boek.

‘n Daaglikse diet:

Romanse is nie die fondasie van ‘n huwelik nie. dit is die vuur in die kaggel – die warmte en sekuriteit van ‘n verhouding wat sê: “Ons mag probleme ondervind maar ek het jou lief en alles is reg!” Ons moet romanse deel maak van ons alledaagse diet in ons huwelik.

Kyk wat se die Bybel in Spreuke 5:18-19: “Sing die lof van jou eie fontein, verheug jou oor jou eie vrou, so vol liefde, so mooi soos ‘n takbok, soos ‘n ribbok. Geniet voluit van haar liefkosings, laat dit jou deurentyd bedwelm.”

Dit is ‘n baie kragtige beeld – om letterlik deur jou maat bedwelm te word. Hierdie tipe romanse is wat ‘n huwelik onderskei van ‘n gewone vriendskap. Jou huweliksmaat moet jou vriend wees maar jul verhouding moet ook vêrder as dit gaan – julle moet ‘n huweliksbed deel, saam drome droom en intimiteit deel wat met geen ander persoon op hierdie aarde gedeel word nie. Dit is wat God bedoel het met die huweliks verhouding.

God het romanse geskep:

Dit is interessant om te sien dat God romanse so belangrik ag dat Hy ‘n hele boek in die Bybel, Hooglied, daaraan toegewy het sodat ons bemoedig sal word om dit te ervaar. Hierdie poëtiese boek verskaf ‘n ryk beskrywing van wat ‘n romantiese, seksuele verhouding tussen man en vrou moet wees. Kyk net hoe begin die boek in Hooglied 1:2a & 4a:

Soen my, soen my weer en weer! Jou liefkosings is beter as wyn … Vat my saam met jou, kom ons hardloop.”

Deur die hele boek praat Salomo en sy geliefde entoesiasties oor romanse, seksuele liefde en mekaar se liggame. Romantiese liefde is deel van God se karakter. Hy het ons geskape na Sy beeld en het ons Sy emosies gegee. Net soos God ons aanmoedig om Hom te volg en ons liefde aan Hom te openbaar, moet ‘n man en vrou ook strewe om mekaar se toegeneentheid en liefde te wen.

Ons kan argumenteer dat ‘n egpaar modelleer wat God doen as Hy ‘n individue najaag. Dus is ons romantiese verhouding met ons maat ‘n getuienis oor hoe God verlorenes najaag. Hoe getuig jou romanse vir jou man/vrou van God se romanse vir die wêreld?

Oswald Chambers skryf in sy boek My Utmost for His Highest: “Human nature if it is healthy demands excitement. And if it does not obtain thrilling excitement in the right way it will seek it in the wrong. God never made bloodless stoics, He made passionate saints.”

Dit is hoe God sy mense lief het. Hy het ons geskape om opwinding, avontuur en sensasie te beleef. Romantiese liefde was bedoel om ons op ‘n stabiele stroom deur ons hele getroude lewe van ons voete af te sweep. Terwyl mens nie die huwelik totaal op romantiese gevoelens kan baseer nie, kan mens ook nie die menslike behoefte aan nabyheid en intimiteit ontken nie. sonder daardie kwaliteite in ‘n huwelik sal ‘n paartjie gedryf word tot isolasie.

Ontvlam weer die vuur:

Maak nie saak hoe goed ons huwelik is nie, meeste van ons kort meer romanse in ons huwelik. Christen huwelike was bedoel om ‘n opwindende avontuur te wees. So as jy die ‘spark’ terug in jou huwelik wil bring het Dennis en Barbara Rainey die volgende twee rade:

Word ‘n student van jou maat:

Mans en vroue sien romanse verskillend. Mans fokus op die fisiese: mooi nagklere of ‘n avontuurlustige seksuele ontmoeting. Vrouens word gemotiveer deur verhouding. Hulle mag dit eerder verkies om by ‘n vuur te sit, om tyd te spandeer om te gesels.

Neem dus elke dag die tyd om jou maat te bestudeer en om agter te kom wat sy/haar voorkeure is. Vra vrae oor wat hy/sy sal geniet en leer jou maat werklik ken.

Neem tyd om kreatiewe romanse te beplan:

Doen iets anders en buite gewoonte, iets wat jou maat se aandag sal vas vang. Neem tyd om die romantiese geleentheid te beplan en moet nie net iets doen om te sê dat jy romanties was en probeer het nie. doen dit asof jy die vir die Here doen – met uitnemendheid, passie en absolute entoesiasme. As dit jou nie motiveer nie, doen dit dan asof jy dit vir jou baas doen en dat jy betaal sal word vir jou moeite en vindingrykheid! Maak elke romantiese geleentheid asof dit die enigste en laaste keer is wat jy vir jou maat kan sê en wys hoe lief jy hul werklik het, asof dit sy/haar laaste dag is op aarde.

Die laaste raad wat ek kan gee is:

Hou aan maak nie saak wat nie:

Miskien reageer jou maat glad nie soos jy gehoop het hy/sy moet nie, dalk doen jou maat nie iets romanties terug vir jou nie, dalk flop jou eerste pogings onherstelbaar – hou net aan en bly volhard. Sukses en romanse sal kom met tyd en oefening. En jy sal die vrug van jou handwerk pluk. Jy kan niks verloor nie en al hoe jy kan verloor is as jy moet op gee!

Bronne:

Chambers, O. (1963). My Utmost for His Highest. Michigan: Discovery House Publishers.

Rainey, D. & Rainey, B. 1994. Simply Romantic Nights. Arkansas: Family Life.

Indien jy hulp en ondersteuning nodig het of huweliksberading benodig kan jy my gerus skakel by 082 922 5081.

Family life het ook die volgende boeke beskikbaar as hulpmiddele:

Moments Together for Couples.

Two Hearts are better than One.

Jesus liefde: Jonanda Burger

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s