Deur Jonanda Burger
As jy en jou maat voortdurend oor geld sake stry is dit dalk tyd om onder die oppervlakte te kyk!
Mitch Temple argumenteer dat finansiële konflik soos dit tip van ‘n ysberg is. En dat as ons na ‘n ysberg kyk sien ons slegs ‘n klien stukkie van die ysberg, die grootste deel van die ysberg, 80-90%, word onder die water weg gesteek.
Net so sien baie egpare geld as die oorsaak van hul huweliks konflik terwyl die ware bron van hul konflik iets groter is wat onder die oppervlakte skuil.
Indien mens gereeld oor finansies vas sit is dit maklik om finansies as die ware probleem te sien. Maar die feit dat dieselfde finansiële argumente oor en oor plaas vind sonder om opgelos te word dui aan dat die ware probleem iets dieper is. Daardie “iets dieper” is wat mens ‘n kern saak noem. As daar nie met kern sake afgehandel word nie, sal oppervlak sake – soos finansies – aanhou op duik. Dit is soos om ‘n opgeblaasde ballon onder die oppervlakte van die water te probeer hou. Jy probeer ter vergeefs om die ballon af te druk maar dit hou aan om weer op te kom.
Hier is ‘n paar vrae wat jy jouself kan afvra om vas te stel wat onder die oppervlakte lê?
Het ons ‘n defek in ons kommunikasie? Indien mens misluk om mens se emosies, gedagtes, behoeftes, voorkeure ens. te kommunikeer word jou maat daaraan oorgelaat om te raai wat dit is? Die raai spel lei gewoontelik tot misverstande wat tot emosionele wonde en selfs verwyte kan lei.
As die enigste keer wanneer jy oor finansies probeer gesels is wanneer jy alreeds ontsteld of kwaad is sal jou emosies in die pad staan, die gesprek sal heel moontlik tot harde woorde lei en in ‘n doodloop straat eindig. Dit is belangrik dat daar oor sensitiewe sake gesels word op ‘n manier wat gemaklik vir julle albei is.
Probeer om jou behoeftes en bekommernisse neer te skryf eerder as om dit te probeer te verduidelik wanneer jy emosioneel is. Wees duidelik oor wat jy benodig van die ander persoon aangaande spandering, begroting, hulp met balansering van die tjek boek en hoe om uit finansiële gate te kom. Moenie jou gesprek met ‘n negatiewe toon begin nie en verwag dat iets positief uit die gesprek sal kom.
Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar … (Ef 4: 32).
Huisves ek nog onopgeloste seer of verwyte? Somtyds is dit makliker om oor geld te argumenteer as om te erken dat mens nog seer gevoelens het. Indien jou maat jou seer gemaak het en jy huisves nog steeds daardie pyn, of selfs verwyte, sal jy alles deur daardie filter van pyn sien. Wanneer jou maat finansiële sake bespreek sal jy heel moontlik makliker oorreageer.
Skraap eerder die moed bymekaar om met die pyn af te handel as wat pyn en verwyte jul verhouding belemmer. Bring dit op ‘n gesonde manier in die lig. Doen dit voordat julle finansiële sake bespreek. Sodoende sal julle finansiële sake kan bespreek sonder die las van emosionele bagasie.
As julle kwaad word, moenie sondig nie en moenie ‘n dag kwaad afsluit nie (Ef 2:26).
Is ek bang om die waarheid in die lig te bring? Is jy bang om oor geld te praat omdat jy bang is dat jou maat sal agterkom dat jy dwase besluite geneem het aangaande geld, dat jy geld spandeer het wat jy nie moes nie, dat jy nie sekere rekeninge betaal het nie, of dat jy ander finansiële geheime het.
Oneerlikheid bring altyd ‘n negatiewe uitkoms ten vore. Jou optrede sal selde positief aanvaar word indien jy ‘n groot finansiële besluit neem sonder om jou maat in ag te neem of dit met hom/haar te bespreek. As jy iets weg gesteek het wat jy gedoen het of nie gedoen het nie is die ware probleem nie finansies nie maar om eerlik te wees. Oneerlikheid vernietig vertroue. Wanneer vertroue vernietig is sal jou maat jou nie vertrou om toekomstige besluite te neem nie wat tot gevolg kan hê dat jy verwyte koester en die hele kringloop hom self herhaal. Vertroue moet herbou word in ‘n huwelik voordat sensitiewe en belangrike sake soos finansies behoorlik aangespreek kan word.
Wat julle moet doen, is dit: Praat die waarheid met mekaar, laat die waarheid en die reg geld in julle regspraak sodat daar vrede onder julle kan wees (Sag 8:16).
Deur te kommunikeer op ‘n duidelike en liefdevolle manier, ontslae te raak van emosionele bagasie en om eerlikheid na te streef, sal jy en jou maat ‘n stewige en egalige fondasie lê waarop julle jul finansiële toekoms kan bou.
Bronne:
Temple, M. Cash Clash. Focus on the Family.
Indien jy hulp of ondersteuning nodig het in hierdie area van jou lewe of in jou huwelik kan jy my gerus skakel by 082 922 5081 vir ‘n afspraak.