God se doel met die huwelik

Deur Jonanda Burger

Om die antwoord te kry op hoekom God die huwelik ingestel het moet ons terug gaan na die Boek van oorspronge. Dit is daar waar ons drie Goddelike doelwitte vir die huwelik sal ontdek:

Wederkerige aanvulling:

In Gen 2:18 lees ons: “Verder het die Here God gesê: "Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke."

Wanneer God jou roep om te trou, gee Hy vir jou ‘n maat wat volgens Goddelike plan jou sal voltooi. Jou maat vul jou plekke tekortkominge aan en jul vul jou maat se tekortkominge aan.

Saam is julle sterker en meer effektief as wanneer julle alleen bly.

Byvoorbeeld, ek is baie georganiseerd en taak georiënteerd. My man is weer meer van ‘n dromer en geniet die lewe ten volle. So vul ons mekaar aan dat ek hom help om dinge te onthou en te vind. Hy help my weer om af te skakel en die mooi in die lewe te geniet.

Pasop dat die mooi wat julle in die begin na mekaar aangetrek het nou die oorsaak van jul bakleiery is nie. Sien die andersheid van jou maat eerder as die aanvulling in jou lewe sodat jy voluit kan leef.

Vermenigvuldiging van ‘n Goddelike erfenis:

Gen 1:28 wys ons na die tweede doel vir die huwelik: “Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: "Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit.”

Kinders is nie alleen ‘n geskenk en seën nie maar ook ‘n essensiële deel in God se plan om Sy Woord oor te dra aan die volgende geslag. Alhoewel nie elke paar hul eie kinders kan hê nie, is dit God se bedoeling dat elke paar tot in die volgende geslag sal bedien. Dus hul geloof in God oor te dra sodat die volgende geslag op hulle beurt dit kan oordra na die volgende.

Dit was God se oorspronklike plan dat die gesin ‘n “kweekhuis” sou wees waar kinders opvoeding sal ontvang in karakterbou, waardes en integriteit. In geen ander omgewing leer ‘n kind meer van die lewe en hoe om ‘n verhouding met God te hê nie.

Om God se beeld uit te dra:

In Gen 1:26-27 het God gesê: "Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip." God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.”

God het ons geskape om Sy beeld uit te dra. Dit beteken dat God gekies het om iets van Sy karakter en wese aan ons te openbaar deur ons verhoudings.

Byvoorbeeld, wanneer my man my liefdevol omhels en onvoorwaardelik aanvaar nadat ek hom seer gemaak het, weerspieël hy ons God wat ons onvoorwaardelik lief het en in Christus vergewe het.

Wanneer ‘n man en vrou verenig in ‘n huwelik waarin God die middelpunt van hulle verhouding is, sal hulle Sy beeld weerspieël. Die wêreld sal in so ‘n verhouding die uitbeelding sien van God en Sy liefde, vergifnis en geduld.

Lewe jy hierdie doelwitte in jou huwelik uit? Wat kan jy doen om dit deel van jou optrede teenoor jou maat te maak?

Bron: Rainey, D. 2002. Voorbereiding van die huwelik. FamilyLife

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s