Konflik is algemeen in alle huwelike. Neem twee selfsugtige mense met verskillende agtergronde en persoonlikhede. Voeg nog slegte gewoontes by, ‘n klomp verwagtings en maak dit nog meer warmer met daaglikse uitdagings. Raai wat? Jy sal definitief konflik beleef. Dit is onvermydelik.
Aangesien alle huwelike konflik beleef is die vraag nie hoe om die konflik te voorkom nie maar hoe om konflik op te los.
Die volgende stappe kan gevolg word om konflik in die huwelik op te los:
Ken, aanvaar en pas aan by jou maat se verskille:
Teenoorgesteldes trek mekaar aan. Dit is hoekom jy met jou maat getrou het. Die andersheid in hom/haar het jou aangetrek. Maar nadat mens trou verander hierdie aangetrokkenheid baie keer in die dinge wat mens af sit.
Dit is belangrik om hierdie verskille in jou maat te verstaan en dan om dit te aanvaar en daarby aan te pas. Net soos Adam God se geskenk van Eva aanvaar het, word jy ook geroep om God se geskenk vir jou te aanvaar. God het jou ‘n maat gegee wat jou aanvul op maniere wat jy nog nie eers besef nie.
Vernietig selfsugtigheid:
Al die verskille tussen jou en jou maat word vergroot omdat dit voed op die grootste bron van konflik – ons selfsugtige, sondige natuur.
Die antwoord tot selfsugtigheid kan gevind word in Jesus en Sy Woord. Hy het ons gewys dat in plaas daarvan dat jy eerste wil wees moet jy laaste wees. In plaas daarvan dat jy bedien wil word moet jy ander bedien. In plaas daarvan dat jy jou lewe wil behou moet jy dit verloor. Jy moet jou maat lief hê soos jy jouself lief het. In kort, as jy selfsugtigheid wil oorwin moet jy op gee, oor gee en alles gee!
Jaag jou maat na:
As mens in vrede met jou maat wil lewe moet mens vrede najaag. Dit beteken dat jy die inisiatief moet neem om konflik op te los eerder as om te wag dat jou maat die eerste stap neem. Dit beteken jy sal jou eie seer, kwaad en bitterheid een kant moet sit en die vrede moet najaag.
Liefdevolle konfrontasie:
In plaas daarvan om jou maat aan te val, te kritiseer en te blameer moet jy jou maat met liefde en genade nader wanneer jy oor ‘n saak wil praat.
Ondersoek jou motivering, jou houding en die omstandighede. Bespreek net een saak op ‘n slag en fokus op die probleem en nie die persoon nie. Probeer jou maat te verstaan en luister aandagtig wat hy/sy sê.
Vergewe:
Maak nie saak hoe hard twee mense probeer om mekaar lief te hê en tevrede te stel nie, hul sal mekaar teleurstel. Saam met teleurstelling kom pyn. En die enigste volkome verligting vir pyn is vergifnis.
Die sleutel tot ‘n oop, intieme en gelukkige huwelik is om vir vergifnis te vra en om vergifnis vinnig aan te bied. En die moontlikheid om dit te doen hang af van elke persoon se verhouding met God. Hoe meer ons besef hoe God ons volkome vergewe, wat Hy vir ons gedoen het en dat Hy dieselfde van ons verwag hoe makliker sal die proses geskied.
Vergifnis beteken om die wraak, kwaad en behoefte om te straf op te gee. Jy maak die ander persoon vry deur ‘n besluit te neem – ‘n keuse te maak.
Ons hoop:
Maak nie saak hoe moeilik dit is om deur konflik in die huwelik te werk nie, jy kan altyd vas hou aan God se beloftes. God sê nie alleenlik dat Hy jou moeite en handewerk sal seën nie maar dat Hy ‘n doel vir elke moeilikheid en versoeking het (1Pet1:6-7).
God se doel vir konflik is om jou geloof te toets, om uithouvermoë te bewerkstellig, om jou meer soos Jesus te maak en glorie aan Homself te bring. Dit is die hoop wat God ons gee: dat jy jou konflikte kan benader asof dit ‘n geleentheid is om jou geloof te versterk en aan God eer te bring.
Jesus liefde: jonanda
Bron:
Rainey, D. Staying Close. Thomas Nelson Publishers.
Indien jy hulp of ondersteuning nodig het in hierdie area van jou lewe of in jou huwelik kan jy my gerus skakel by 082 922 5081 vir ‘n afspraak.