‘n Lewe van tevredenheid-1

‘n Lewe van tevredenheid-1

Lees Fil 4:10-14: Ek was baie bly in die Here dat julle na so ‘n lang tyd weer gewys het dat julle nog aan my dink. Nie dat julle my ooit vergeet het nie, julle het net nie die kans gehad om iets te doen nie. Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Nietemin het julle goed gedoen deur my in my moeilike omstandighede by te staan.

Wat weet ons van Paulus se situasie toe hy hierdie brief geskryf het:
Paulus het hierdie brief aan die Filippense geskryf toe hy in die tronk was. Hy was dag en nag bewaak deur ‘n wag. Paulus kon nie die werk doen waarvoor hy lief was nie, hy kon nie sy passie uitleef nie, hy kon nie sy gunsteling kos eet nie, hy kon nie die avontuur van die lewe geniet nie, hy kon nie die mense waarvoor hy lief was gesien en tyd met hulle spandeer het nie ens. Maar tog herhaal hy 16 keer in hierdie brief dat die Christen bly moet wees. Hierdie brief is die mees verblydende en oorwinnende brief uit al die briewe wat Paulus geskryf het.

Hy verklaar ook dat hy in sy omstandighede binne die tronk nie gebrek ly nie want hy het geleer om in elke omstandigheid tevrede te wees terwyl hy al hierdie dinge kort kom.

Wat beteken dit om tevrede te wees? Wat is tevredenheid?
Wikipedia definieer contentment as (also called complacence) the neuro-physiological experience of satisfaction and being at ease in one’s situation.

Tevredenheid word in die Afrikaanse woorde boek beskryf as voldoening, bevrediging, genoegdoening, voldaanheid en versadig. Om te ontvang wat mens nodig het of wil hê.

Dit is egter belangrik om te besef dat as mens tevredenheid wil bereik mens die korrekte definisie van die woord tevredenheid moet het. Die wêreld het ons geleer dat tevredenheid bereik word deur dit te bekom wat mens graag wil hê. Hoe meer mens besit hoe meer tevrede is ‘n mens, hoe meer situasies is soos wat mens dit wil hê hoe meer tevrede is ‘n mense, hoe meer mense optree soos ons wil hê hoe meer is mens tevrede. As dit die waarheid is oor hoe om tevredenheid te bereik het ek baie slegte nuus vir ons almal: ons sal nooit tevrede kan wees nie, altyd voel of ons gebrek lei en ontevrede deur hierdie lewe gaan.

Tevredenheid begin nie met ‘n gevoel nie maar ‘n keuse wat mens maak, ‘n mindset wat ‘n tevrede gevoel mettertyd tot gevol sal hê. As ons die Bybel bestudeer kan mens die ware definisie van tevredenheid vind. Die Amplified Bybel beskryf contentment as satisfaction to the point where I do not feel disturbed or disquieted in whatever state I find myself in.

My definisie van ware tevredenheid is nie om alles te besit wat jy graag wil besit nie, dat alles is soos wat jy dit graag wil hê nie of dat mense optree soos jy wil hê hulle moet nie maar om tevrede te wees met dit wat jy het en hoe jou omstandighede is. Dit is die vermoë om jouself in elke situasie te verbly en vrede te ervaar.

Wat leer Filippense ons oor tevredenheid:
Tevredenheid moet aangeleer word (11):
die menslike natuur is om meer te wil besit en vir meer te strewe. Paulus wys ons daarop uit dat hy geleer het om in elke situasie tevrede te wees. Hier moet ons eerstens die ware definisie van tevredenheid leer volgens die Woord van God en tweedens moet ons dan aanleer om tevrede te wees. Wanneer ons gedagtes vernuwe word oor om tevrede te wees en ons besef dat dit nie begin by ‘n gevoel en bereik word deur alles te kry wat jy graag wil hê nie sal mens leer hoe om tevrede te wees in elke situasie.
Armoede en rykdom is gelykes in terme van uitdagings (13): die wêreld het ons geleer dat armoede ‘n erge uitdaging is en rykdom ‘n wonderlike seëning. 1Tim 6:17 verklaar: Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. Armoede en rykdom kan albei vernietigend wees vir die mens en ons moet soos Paulus leer om in oorwinning oor albei armoede en rykdom te leef sodat dit nie ons tevredenheid bepaal nie. 1Tim6:6-9 verklaar: Die godsdiens is ‘n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees. Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word.
Mens kan slegs deur die krag van Jesus Christus in elke situasie tevrede wees (13): ons kan nie deur ons eie vermoëns dit reg kry om tevrede in elke situasie te wees nie. Wêreld wyd groei die vlak van ontevredenheid daagliks al het ons soveel meer as wat die mens ‘n honderd jaar gelede oor die weg gekom het. Paulus sê dat hy het die geheim geleer van hoe om tevrede in elke situasie te wees (12 Amplified) en dit is dat hy tot alles in staat is deur die krag van Jesus Christus. Dus is elke Christen deur Jesus Christus se krag in staat om in elke situasie tevrede te wees. Of ons baie of min het om te eet of ons duursame label of no name gewone klere dra of ons mans ons romantiseer of nie of ons maer of vet is, in elke situasie kan ons tevrede wees.
Ontwikkel ‘n behoefte om ten alle tye tevrede te wees: alle verandering begin met ‘n behoefte om te verander. Niemand kan jou verander as jy nog nie wil verander nie. Nie eers God sal jou op Hom afdwing nie. Hy lei ons en druk dit op ons harte maar ons moet dit kies.
Bid en vra God: om jou te verander sodat jy nie meer sal begeer nie, dat jy sal leer om tevrede in elke situasie te wees en dat Hy jou ontevredenheid sal weg neem. Gebed is die krag wat alle verander te wee bring. Fil 4:6-7 verklaar: Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
Vergelyk die ware waarde van dinge (wat jy begeer) met die ware waarde van Jesus Christus en om Hom te ken: Fil 3: 7-11: Maar wat eers vir my ‘n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat ‘n mens in Hom glo. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. Paulus het besef dat alles in die lewe, selfs sy gawes, vermoëns en die werk wat hy doen nie kan vergelyk daarmee om Jesus Christus te ken en die ewige lewe te beërwe nie. Wanneer ons besef wat se waarde in Jesus Christus geleë is en wat se rykdom daar vir ons in Hom is sal alles anders ook vir ons waardeloos word. God het ons geskape om dinge te gebruik en mense lief te hê maar soveel mense gebruik mense en is lief vir dinge.
Ons moet ‘n Goddelike perspektief oor die lewe hê: ons moet dinge en situasies sien soos wat God dit sien en nie met ons menslike oë daarna kyk nie. Ons moet fokus op wat ons moet doen en nie wat ons wil hê of begeer nie.
Ons moet ‘n houding van dankbaarheid in neem: ons moet in elke situasie die dinge soek waarvoor ons dankbaar kan wees en nie fokus op die negatiewe en wat kort kom nie. Dus ons moet ons gedagtes in beheer neem. In plaas van ‘n kritiese gesindheid moet ons ‘n dankbare gesindheid in neem en fokus op alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig (Ef 4:8).
Moenie jouself met ander vergelyk nie: Paulus vergelyk homself nie met die Filippense wat nie in die tronk is of dalk beter af is nie. Hy aanvaar waar hy is en aanvaar ook ander mense se omstandighede. Wanneer ons onsself met ander begin vergelyk is wanneer die ontevredenheid ontstaan.

Vir volgende week:
• Soek nog skrif oor tevredenheid.
• Lees Ps 27:4, Ps 34:9-10, Ps 34:11, Ps 65:5, Ps 104:28.