Geesvervulde en gehoorsame lewe aan God wat Hom verheerlik

Wat is die sondige natuur:
Wanneer ons die Bybel bestudeer kan mens sien dat daar na die sondige natuur ook verwys word as die werke van die vlees of die vlees. Gal 5:19 verwys na die sondige natuur as: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Dit is alles wat teenoor die werke en wil van die Heilige Gees staan.

Die Amplified Bybel beskryf die sondige natuur as begeertes en drange of die menslike natuur sonder God.
John Piper beskryf die vlees as die deel van die mens wat behoeftes het (leegheid binne in self ervaar) en wat alle moontlike hulpbronne en kragte tot sy/haar beskikking buite / behalwe God gebruik om hierdie behoeftes te bevredig. Hy sê dit is die bewustheid van diepe begeertes en die idee om na God te gaan vir hulp of op Hom te vertrou om die begeerte te vervul, te verafsku en daarom die behoeftes deur eie kragte en hulpbronne te vervul. Eenvoudig gestel: dit is om behoeftes te bevrediging sonder God te doen.

Wat beteken dit dat jou lewe deur die Heilige Gees beheer word?
Dit beteken dat …
· Jy jou eie wil en begeertes neer lê en toelaat dat die Heilige Gees jou lei in wat reg en verkeerd is (Gal 6:16). Nie wat ek wil hê nie maar wat God wil hê, nie wat ek begeer nie maar wat reg is om te doen.
· Jy die vrug van die Heilige Gees in jou lewe dra (Gal 5: 22). Dus lewe jy nie meer in sonde nie maar in gehoorsaamheid aan God.
· Mens besef dat om die Christelike lewe te leef, het mens die bo natuurlike krag van God nodig. Ons kan dit nie deur ons eie krag lewe nie. Die Geesvervulde lewe is soos om ‘n wae aan ‘n stoomtrein te wees. Ons word getrek deur die stoomtrein op die spore om die wil van God te doen.
Dus, om deur die Gees van God beheer te word is die werk van God. Maar vir hierdie werk om plaas te vind moet ons dit baie graag wil hê. Ons eie wil hierin is baie belangrik. God sal nooit iets doen wat ons nie wil hê Hy moet doen nie! Ons moet dus verlang en smag daarna om deur die Heilige Gees beheer te word en nie deur ons sondige begeertes nie. Ons moet die sonde haat en vir God liewer word as vir die bevrediging van ons sondige natuur.

Hoe laat ek toe dat die Heilige Gees my lewe beheer?
· Ontwikkel ‘n behoefte om te sterwe aan sondes en gehoorsaam aan God te lewe.
· Erken dat jy nie sonder die Heilige Gees (God se krag) in oorwinning kan leef nie.
· Bid en vra God voortdurig om jou te help om deur die Gees beheer te word. Bid ook spesifiek vir elke area in jou lewe wat jy weet jy mee sukkel – waak en bid sodat jy nie in versoeking kom nie, die gees is gewillig maar die vlees is swak (Mat 26: 41).
· Glo en vertrou in God om jou oorwinning te gee deur Sy Gees. Glo ook in die beloftes van God om ryklik aan elkeen van ons behoeftes te voldoen in plaas daarvan om ons eie sondige begeertes onafhanklik van God te bevredig glo.
· Tree dan op of dit al so is.
· Dank die Heilige Gees voortdurend dat Hy jou help om jou sondige natuur te oorkom.
· Mediteer en bestudeer die Woord. Dit kweek geloof (Rom 10:17) en versadig jou siel.
· Kry elke dag jou hart tevrede in God. Wanneer jy tevrede is in God kort jy niks en sal jy ook nie ‘n behoefte kry om oor te gee aan versoekings nie.
· Besef wat wedergeboorte werklik beteken (Rom 1-3): wanneer ons besef dat Jesus aan die kruis vir ons die sonde oorwin het, die houvas van die sonde oor ons dood gemaak het en dat ons nou nuwe lewens in Hom het, sal mens radikaal anders begin lewe. Hoe meer mens tot hierdie besef kom hoe meer word ons verander om gelykvormig te word aan die beeld van Jesus (2Kor3:19).
· Hou gedagtes en lewe besig met die dinge van die Gees (Rom 8:5): waaraan ons dink beïnvloed ons optrede. As ons ons gedagtes die hele tyd besig hou met die dinge van die sondige natuur sal mens ook die begeertes van die sondige natuur bevredig. Maar as ons fokus, dink aan en ons self besig hou met die dinge van die Heilige Gees sal ons gelei en beheer word deur die Gees.
· Maak ‘n einde aan die sondige praktyke deur die Heilige Gees (Rom 8: 13): deur die Heilige Gees moet ons die dade van die sondige natuur dood maak. Hierdie is ‘n sleutel vir die Christelike lewe. Een manier om deur die Gees ons sondes dood te maak is om ons gedagtes te rig op die dinge van die Gees. So wat is die dinge van die Gees dan? 1Kor 2:13-14 verklaar dat die dinge van die Gees is die Woorde van God. Dit is nie menslike wysheid nie. Dus ons moet ons gedagtes rig op die Woord van God, die Bybel.

Voorbeeld van hoe ons ‘n einde maak aan ons sondige praktyke:
‘n Sendeling word gedwing om uit Tanzanië te wees binne die volgende 30 dae. Die man verklaar dat emosies van donkerheid en onbekende toekoms by hom wil op kom. Wat is die sondes wat dood gemaak moet word voordat dit die opper hand kry? Kwaad, mismoedigheid, self bejammering, ongeduld en geïrriteerdheid. So hoe maak mens hierdie sondes en die dade wat daaruit wil ontstaan dood? Die man verklaar dat hy aan die volgende waarhede vas hou: God is good, He is in control, He loves us more than we can comprehend, and He has plans to give us hope and future, plans to prosper us (Jer 29:11). Our spirits are understandably low, we are emotionally and physically exhausted. BUT “because of the Lord’s great love, we are not consumed, for his compassions never fail. They are new every morning” (Lam 3:22-23).

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s