Luister daarna op Romeine8.WMA (9mb, 35 Min) (*Right Click Save As)
Word ons opgeroep om sondeloos te lewe sodat ons geregverdig kan word of omdat dit die manier is wat geregverdigde, vrygesproke Christene lewe?
Voordat ons ‘n einde wil maak aan die sondes wat ons doen, is dit belangrik om te besef hoekom ons as Christene die sondes moet dood maak. Dit is nie om die ewige lewe te verkry nie. Ons kan nie deur ons eie werke vrygespreek en in die hemel kom nie. Ons kan nie deur op te hou sondes doen geregverdig word voor God nie (Jak 2:10). Dit is reeds omdat ons uit genade, in geloof deur Jesus se perfekte werk aan die kruis vrygekoop en regverdig is, dat ons sondeloos wil en kan begin lewe (2Kor5:21). Wilberforce verklaar: “Christianity is a scheme for justifying the ungodly” [Rom 4:5], by Christ’s dying for them when yet sinners [Rom 5:6-8], a scheme for reconciling us to God – when enemies [Rom 5:10]; and for making the fruits of holiness the effects, not the cause, of our being justified and reconciled.”
‘n Lewe wat dus deur die Heilige Gees gelei word, is ‘n teken van die vryspraak van God. A.g.v. God se vryspraak wil ons nou en begin ons nou sondeloos lewe, begin ons nou oorlog verklaar teen die sondes en word ons elke dag heiliger en heiliger. Daar kan nie vryspraak wees sonder dat dit uitloop op heiligmaking nie.
Dus, die strewe om sondeloos te lewe is ‘n nagevolg van wat Christus alreeds vir ons gedoen het. “Right standing with God comes before right doing for God” (1-2). Dit is onmoontlik om ‘n sonde te oorwin wat nog nie vergewe is nie. Maar wanneer ons besef al ons sondes is vergewe deur ons geloof in Jesus Christus se werke vir ons aan die kruis kan en wil ons ook hierdie sondes begin oorwin deur die krag van die Heilige Gees. As vrygespreekte Christene kan ons nie anders as om oorlog te verklaar teen ons sonde nie.
Hoekom is dit nodig om ‘n einde te maak aan ons sondige praktyke:
Ons moet ons sondes dood maak anders sal ons sondes ons dood maak. Die dinge van die sondige natuur loop uit op die dood (6). Om ons sondige natuur te bevredig mag vir ‘n oomblik goed voel maar loop op die lang duur uit op gevangenskap, vestings bindings en dood. Byvoorbeeld verslawing wat vir ‘n oomblik die seer verdoof of ontvlug maar op die lang duur groter seer en slawerny veroorsaak.
Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou is vyandskap teenoor God (7). God haat die sonde. Hy haat nie ons wat sonde doen nie maar dit wat die sonde aan ons, Sy geliefde kinders doen.
Ons kan nie ons sondige natuur bevredig en ter selfde tyd die wil van God doen nie (8). Ons kan net die een of die ander doen. Ons moet kies.
As ons lewe deur die sondige natuur laat beheer gaan ons die dood tegemoet (13). As ons nog nie ‘n behoefte het om ons sondige natuur te wil dood maak nie besef ons dalk nog nie werklik wat by die wedergeboorte van ‘n Christen gebeur nie. As ons werklik besef dat ons dood is vir ons sondige natuur en lewe vir Christus, dat dit Hy is wat deur ons lewe sal ons nie anders kan as om ons sondige natuur neer te lê en beheer te word deur die Heilige Gees.
Hoe oorwin ons ons sondige natuur volgens Rom 8:
• Besef wat wedergeboorte werklik beteken (1-3): wanneer ons besef dat Jesus aan die kruis vir ons die sonde oorwin het, die houvas van die sonde oor ons dood gemaak het en dat ons nou nuwe lewens in Hom het, sal mens radikaal anders begin lewe. Hoe meer mens tot hierdie besef kom hoe meer word ons verander om gelykvormig te word aan die beeld van Jesus (2Kor3:19).
• Hou gedagtes en lewe besig met die dinge van die Gees (5): waaraan ons dink beïnvloed ons optrede. As ons ons gedagtes die hele tyd besig hou met die dinge van die sondige natuur sal mens ook die begeertes van die sondige natuur bevredig. Maar as ons fokus, dink aan en ons self besig hou met die dinge van die Heilige Gees sal ons gelei en beheer word deur die Gees. ‘n Goeie voorbeeld hiervan in die Bybel is in 2Sam11 waar David as koning op die oorlogsveld saam met sy manskappe moes wees maar tuis gebly het en versoek is met Batseba. As hy besig was met die dinge waarmee hy besig moes wees sou hierdie versoeking dalk nie oor sy pad gekom het nie en sou hy as dit het, dit kon weerstaan.
• Maak ‘n einde aan die sondige praktyke deur die Heilige Gees (13): deur die Heilige Gees moet ons die dade van die sondige natuur dood maak. Dus deur die Gees moet ons ons sondes dood maak. Hierdie is ‘n sleutel vir die Christelike lewe. Een manier om deur die Gees ons sondes dood te maak is om ons gedagtes te rig op die dinge van die Gees (5). So wat is die dinge van die Gees dan? 1Kor 2:13-14 verklaar dat die dinge van die Gees is die Woorde van God, gespreek deur die apostels en geleer deur die Heilige Gees. Dit is nie menslike wysheid nie. Dus ons moet ons gedagtes rig op die Woord van God, die Bybel. In Ef 6:17 verklaar Paulus dat in ons geveg teen die bose moet ons die helmet van verlossing en die swaard van die Gees, wat die Woord van God is, opneem. Met al die wapenrusting wat ons moet aansit in ons stryd teen die bose is die enigste offensiewe wapen waarmee ons kan dood maak, die swaard van die Gees – die Woord van God – die Bybel.
Paradoks?
So ons elkeen moet die sondes in ons lewe dood maak maar ons moet dit deur die Heilige Gees doen. Dus ons doen dit maar op so ‘n wyse dat dit Hy is wat dit doen. Om die Christelike lewe te lewe kan nie sonder God se krag gebeur nie.
Hoe bring ons dan die Heilige Gees in werking sodat Hy die sondes kragtige kan dood? Gal 3:5 vra Paulus of Hy wat vir ons die Heilige Gees gegee het en wonderwerke verrig dit doen deur werke of deur geloof? M.a.w. hy vra of die Heilige Gees in ons lewe werk deur werke of geloof. En die antwoord is baie duidelik: nie deur werke nie maar deur in geloof die waarheid aan te hoor. Die Heilige Gees kom en werk kragtig in ons lewens en vernietig sondes nie net deur geloof nie maar om die Waarheid in geloof aan te hoor en te aanvaar. Wanneer die Woord van God – die Swaard van die Gees – aangehoor en geglo word, beweeg die Heilige Gees om die sonde kragtige dood te maak.
M.a.w. die konneksie tussen jou en die Heilige Gees is die Woord van God en geloof. Dit is soos ‘n muurprop en die prop: wanneer die prop van ons geloof in die muurprop van God se Woord gedruk word, vloei die Heilige Gees. En wanneer Hy vloei vernietig Hy sondes.
Vêrder, ons maak sondes dood op die selfde manier as wat ons gered word. Ef 2:8-9 sê dat ons deur genade gered is en nie uit ons eie krag nie, dit is ‘n geskenk van God, nie as ‘n resultaat van ons eie werke nie sodat niemand kan spog nie. Deur geloof en nie werke nie, word ons regverdig deur God. En geloof nie werke nie, is die manier waarop die Heilige Gees die sondes in ons lewe vernietig.
Ons sal nooit die behoefte aan geloof ontgroei nie. Ons begin ons Christelike wandel deur geloof in God se geskenk van geregtigheid en loop die oorwinningspad van die heilige lewe deur geloof in die werke van die Heilige Gees.
Voorbeeld van hoe ons ‘n einde maak aan ons sondige praktyke:
‘n Sendeling word gedwing om uit Tanzanië te wees binne die volgende 30 dae. Die man verklaar dat emosies van donkerheid en onbekende toekoms by hom wil op kom. Wat is die sondes wat dood gemaak moet word voordat dit die opper hand kry? Kwaad, mismoedigheid, self bejammering, ongeduld en geïrriteerdheid. So hoe maak mens hierdie sondes en die dade wat daaruit wil ontstaan dood? Die man verklaar dat hy aan die volgende waarhede vas hou: God is good, He is in control, He loves us more than we can comprehend, and He has plans to give us hope and future, plans to prosper us (Jer 29:11). Our spirits are understandably low, we are emotionally and physically exhausted. BUT . . . “because of the Lord’s great love, we are not consumed, for his compassions never fail. They are new every morning” (Lam 3:22-23).
‘n Vrou wat graag gewig wil verloor het ‘n slegte dag beleef en word versoek om ongesonde kos te eet of te eet terwyl sy nie werklik honger is nie. Wat is die sondes wat dood gemaak moet word voordat dit die opper hand kry? Draai na kos vir ontferming i.p.v. na God, gebruik nie haar liggaam as ‘n werktuig vir geregtigheid nie, mismoedigheid en self bejammering. So hoe maak mens hierdie sondes en die dade wat daaruit wil ontstaan dood? Die vrou verklaar en hou vas aan die volgende waarhede: ek is meer as ‘n oorwinnaar deur Jesus Christus wat my lief het (Rom 8:37), ek sal nie swig voor hierdie sondige begeertes nie maar sal my laat beheer deur die Heilige Gees (Gal 5:16), kos is nie werklik ‘n ‘comfort’ nie, dit sal net tydelik my seer verdoof, ek sal na God draai want Hy bevredig elkeen van my behoeftes (Fil 4:19) en ontferm homself oor my (Jes 30:18). Ek sal die Woord van God eet want dit versadig my (Jes 55:2). Hierdie vrou moet dan ook dadelik haarself besig hou (dade) met die dinge van die Gees soos Bybels lees en waarhede glo, aanbiddingsmusiek luister asook bid om die versoeking te weerstaan.
Ons moet die sonde uit trek en die Gees aantrek!