Hoekom moet ons vergewe:
God sê as ons nie vergewe nie kan Hy ons nie vergewe nie (Mat 6:15). Dus God verwag van ons om die wat teenoor ons oortree te vergewe. God se opdragte en wette is egter nie beperkend nie maar beskermend, Hy beveel ons om sekere ding te doen in hierdie lewe omdat Hy weet dat dit vir ons goed is. Byvoorbeeld, ‘n pa sê vir sy tiener dogter om 11:00 by die huis te wees omdat hy haar lief het en wil beskerm teen gevare en nie omdat hy haar pret wil bederf nie.
God beveel ons om te vergewe want vergifnis is ‘n voorvereiste vir genesing en ‘n lewe van oorwinning. As ons kies om nie te vergewe nie dan raak ons verbittered en die oortreding bly ons aanhoudend seer maak. Maar as ons kies om te vergewe dan sit ons die oortreder en die oortreding agter mens se rug, God genees die seer en ons kan aangaan met ons lewe. Seer kan ons beter maak of bitter, dit is elke persoon se eie keuse!
Hoe vergewe God ons:
Dit is belangrik dat jy moet besef hoe God jou vergewe as jy vergifnis vra sodat jy sal ervaar dat jy werklik vergewe en skoon is. Dit is baie moeilik om iets weg te gee wat jy nie het nie. Wanneer jy God se groot genade vir al jou sondes ervaar sal jy nie anders kan as om ook genade aan ander te bewys.
Ps 103:9-10: Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie. Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie, vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie, want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien. So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.
Jes 38:17: Want U het al my sondes agter u rug gewerp.
Jes 43:25: En tog is dit Ek wat jou opstandigheid vergewe. Ek is getrou aan Myself, Ek dink nie meer aan jou sondes nie.
Miga 7:19: Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak, U sal al hulle sondes in die diepsee gooi.
Hand 13:38-39: Daarom, broers, moet julle goed weet dat wat aan julle verkondig word, die vergewing van sondes deur Hóm is, en dat elkeen wat glo, deur Hom vrygespreek word van alle sondes.
1Joh 1:9: Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
Dus, wanneer ons self ons grootste sondes bely teenoor God vergewe Hy ons volkome, Hy dink nooit weer aan ons sondes nie en dit is asof dit nog nooit gebeur het nie.
Skuldgevoellens?
Lees Luk 7:36-50
Skuldgevoellens steel ons vreugde en vrymoedigheid om tot God te nader. Ons moet daarna strewe om op deurlopend, sodra ons van sondes bewus word onmiddelik ontslae te raak van die sondes asook skuldgevoelens.
Wat se sondes bind jou in skuld en stilte? Vra ook die Heilige Gees om jou te kom herhinner aan al die sondes wat jy nog nie bely het nie. Skryf al hierdie sondes op ‘n papier neer. Vat een vir een sonde en doen die hele proses.
1. Plaas die sonde voor Jesus se voete neer.
2. Bely dit voor God, wees opreg jammer met die behoefte om dié sonde nooit weer te doen nie.
3. Vra God om jou te kom heel en te vernader sodat jy nie meer dié sonde sal doen nie.
4. Vra God dan dat jy Sy vergifnis vir jou sal ervaar.
5. Vra God om die seer en sondes te gebruik vir Sy glorie.
6. Werk dan so deur die hele lys.
7. Deel met ‘n vriendin/vriend jou storie sodat die stilte gebreek kan word en God se transformerende krag deur ander gesien kan word.
Hoe kan God jou storie gebruik vir Sy glorie? Is jy gewillig om jou storie met ander te deel sodat die transformerende krag van Jesus Christus deur ander mense gesien kan word?
NS: As satan jou in die toekoms weer wil laat skuldig voel oor die sondes wat jy al bely het kan jy hom weerstaan en stil maak want jy is alreeds skoon van die sondes. Indien jy nog nie dit bely het nie volg dan gou weer bogendoemde proses sodat jy weer in vrede en rein voor God kan staan (Rom 5:1). En onthou die Heilige Gees kla ons nie aan nie (Rom 8:1) maar oortuig ons van ons sondes.
Wat is vergifnis:
Strong’s se woordebeok beskryf vergewe as om: te verlaat, eenkant neer sit, te los, alleen te los, weg te sit, verby te gaan, uit te laat, uit te skakel, oor te spring, op te gee, oor te gee.
Vergifnis is:
• Bewuswording en erkenning van seer en kwaad teenoor self, ander mense, omstandidghede en God.
• ‘n Keuse en nie ‘n gevoel nie. Byvoorbeeld ek is nie lus om die skottelgoed te was maar besef ek moet dit gou doen want ek kry geste later en sal dan vernederd voel as my kombuis so vuil is. Terwyl ek nie lus voel kies ek gou om die skottelgoed te was en doen dit dan gou. Beteken dit dat ek nie lus was nie dat ek dit nie kon doen?
• Om afstand te doen van die reg om kwaad te wees en mense terug te kry.
• Om die ongeregtigheid wat teenoor jou gepleeg is te vergewe en om nie meer mense of God te blameer nie.
• Al die rol spelers volkome, onvoorwaardelik en finaal te vergewe al vra hul nie onvergifnis nie.
• Om nie meer oor oortreding te broei en dink nie.
• Om soos Jesus op die kruis te bid dat God die oortreder moet vergewe en seën. Dit sal ons harte totaal vernader teenoor die oortreder.
• Te vergewe en vry te spreek net soos God dit doen.
• Soos ‘n ui. Laag vir laag moet afkom. As jy weer, nadat jy vergewe aan die oortreding dink moet jy kies om nie daaroor te broei nie maar weer die persoon vry te spreek. So kom laag vir laag af todat daar niks meer van die ui oor is nie.
• Om iemand vry te laat uit ‘n tronk, net om te besef jy was die een in die tronk.
Hoe doen ek dit:
1. Maak ‘n lys van almal waarvoor jy kwaad is, wat jou seer gemaak het of waar teenoor jy slegte gevoellens het. Dit kan jouself en God insluit.
2. Maak jou oë toe en raak bewus van God se teenwoordigheid.
3. Vat dan een vir een persoon en vra God in elke geval om jou te help om al die onderdrukte emosies en herhinneringe te onthou.
4. Praat dan met God in detail oor elke geval. Hoe jy gevoel het, wat jy gedink het en wat dit aan jou gedoen het.
5. Soos jy met God bogenoemde deel, lê elke ding wat jy opnoem by Jesus se kruis neer. Maak jouself binne helemal skoon van die gebeure, seer en herhinneringe.
6. Sien dan die persoon/e wat teenoor jou oortree het in jou geestes oog (indien nie weet hoe lyk, sien ‘n gesiglose persoon).
7. Neem dan ‘n besluit om die persoon/e te vergewe en vra God om jou te help om te vergewe soos Hy vergewe.
8. Sê dan hardop dat jy kies om …… (neem elke persoon se naam) te vergewe soos wat God jou vergewe.
9. Spreek dan die …… vry in die Naam van Jesus Christus en gee alle reg van kwaadgevoellens, om terug te kry, te blameer en daaroor te broei oor in Jesus se hande.
10. Vra dan vir Jesus om die seer binne in jou te kom genees en alle herhinneringe van die gebeurtenis weg te vat.
11. Elke keer as satan jou herhinner aan die geval verklaar hardop dat jy alreeds die persoon vergewe het en spreek hom/haar dan weer vry (totdat daar niks oor is nie).
Indien jy jouself moet vergewe vir iets, volg dan ook die bogenoemde proses. Ook so met God, maar vra ook dan weer vergifnis teenoor Hom want Hy is volmaak en kan nie sondig nie. Dit is egter belangrik dat jy vergifnis teenoor Hom moet uitspreek sodat genesing kan plaas vind.
Vergifnis lys: (Vul in en vergewe)
Name van mense wat ek moet vergewe: Waarvoor: