Die krag van ons denke:
Ons gedagtes en wat ons glo is baie kragtig. Dit het ‘n direkte invloed op wat ons doen en hoe ons lewe. Dit is nie ons omstandigede, situasies of mense wat ons lewe bepaal nie maar hoe ons dink en wat ons glo oor hierdie omstandighede, situasies en mense wat bepaal hoe ons lewe is.
Sp 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy;
Pro 23:7 for as he thinks in his heart, so is he;
1Jo 5:4 because everyone who has been born from God has won the victory over the world. Our faith is what wins the victory over the world.
‘n Tweeling het in ‘n huis groot geword by ouers wat albei alkoholiste was, die een seun het ‘n boemelaar geword die ander ‘n suksesvolle bestuurder van ‘n groot besigheid. Die twee is afsonderlik gevra hoekom hul is wat hul is. Die boemelaar het geandwoord: “my ouers was alkoholiste, wat verwag jy?” en die bestuurder het geandwoord: “my ouers was alkoholiste, wat verwag jy?”
Hierdie is ‘n kragtige voorbeeld van hoe ons denke kan bepaal hoe ons lewe uitdraai.
Jes 65:2 Ek het my hande die hele dag uitgebrei na ‘n opstandige volk wat wandel op ‘n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan;
Jer 18:12 Maar hulle sê: Dit is tevergeefs; want ons sal na ons gedagtes wandel.
Ons is vandag wat ons is, as gevolge van die gedagtes wat ons dink. En ons sal ons môre dit wees waaraan ons vandag gedink het.
Dus, die lewe is nie net per toeval of gebeur net met my nie. Nee ek kan kies of ek die lewe wil leef wat Christus gesterf het om vir my te gee. Op hierdie oomblik glo jy dinge oor jouself, God en die lewe wat jou lewe drasties kan beinvloed.
Hoe ontstaan die dinge wat ons glo omtrent ons self, God en die wereld?
Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
– Die gelowe wat ons opbou deur die jare deur: van geboorte tot en met die ouderdom van ses kan ‘n mens se hele karakter vorm. ‘n Persoon se karakter vorm deur hoe mens se ouers, vriende, onderwysers ens mens behandel en wat ons dan kies om daaruit te glo. Hoe meer ons dinge hoor en kies om daaroor na te dink hoe meer begin ons dit te glo. Dus, ons word van kleintyd af geprogrameer met leuens oor onsself, God en die lewe. Mens se karakter kan egter jou hele lewe lank verander en gevorm word.
– Die gedagtes wat ons elke dag kies om te dink: daar kom daagliks honderde gedagtes in ons denke op. Nie al hierdie gedagtes is egter die waarheid nie. Daar is drie bronne waarvandaan gedagtes kan in vloei: die duiwel, die self en God. Ons moet elke gedagte gevangenis neem, kyk of dit die waarheid is en dan slegs aan die dink wat die waarheid is (2 Kor 10:5). Die gedagtes wat ek elke dag dink word later wat ek glo.
Dus waaroor ek elke dag dink begin ek later glo en dan ook so te leef. Denke -> Glo -> Doen -> My lewe.
Wat glo ons van onsself-glo jy die waarheid of ‘n leuen?
In 1833 is die slawewet nietig verklaar. Al die slawe het egter nie dieselfde dag nog as vry mense begin lewe nie. Baie het nog nie die goeie nuus gehoor nie, baie het dit gehoor maar nie geglo nie, baie het geglo maar nie geweet hoe om dit toe te pas nie. Die feit dat hul vry was het nie verander omdat hul nie so geleef het nie. Hul was vry mense maar omdat hul nie so geglo het nie, het hul nie so geleef nie. So is dit ook met ons. Wat ons van ons self glo bepaal hoe ons lewe.
Dit is nie wat ek doen wat bepaal wat ek is nie maar wat ek van myself glo bepaal wat ek doen en hoe ek optree. Ons kyk elke dag in die spieel om te sien hoe ons lyk maar ons moet eintlik na die Bybel gaan sodat dit vir ons kan vertel wie ons werklik is en hoe ons werklik lyk.
Nie alles wat ek glo of dink is noodwendig die waarheid nie. En omdat ek nie iets glo nie beteken nie dit dat dit nie die waarheid is nie.
Kan ek verander wat ek glo?
Die goeie nuus is ons denke en wat ons glo kan verander word. Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gedagtes, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Hoe verander ek wat ek glo?
Soos jy jou gedagtes en denke wil terug neem van die vyand sal hy veg om die plek te behou. Jy sal moet oorlog doen teen sy leuens en verwarring. Volg die volgende stappe:
1. Verklaar hardop dat jy nie sal toelaat dat enige leuens beheer oor jou denke sal neem nie. Dit kan nie bly waar ‘n mens se wil nie dit sal toelaat nie.
2. Dink waaraan jy dink. Soos jy ‘n leuen erken beskerm jouself hardop. Weerstaan die duiwel en hy sal dan van jou af weg vlug (Jak 4:7). Neem dan elke gedagte gevangenis tot gehoorsaamheid aan Christus (aan die waarheid) (2Kor 10:5).
3. Neem ‘n besluit om nie op te gee nie (set your mind). Jy is nie alleen nie. God is by jou om jou oorwinning te gee. Ander gelowiges gaan ook dieselfde versoekings as jy deur.
4. Dink gedurigdeur doelbewus aan die waarheid. As jou gedagtes vol is van die waarheid is daar nie plek vir leuens nie en kan die duiwel jou nie daarmee versoek.
5. As jy sukkel roep om God se hulp en genade. Hy sal tot jou redding kom en die krag van die Heilige Gees gee om elke versoeking te oorwin. Gal 5:16 Laat julle lewens deur die Gees van God beheer word dan sal julle nie swoeg voor jul eie sondige begeertes nie – vra dat die Heilige Gees om jou te vervul en te lei en laatei laatl dan toe dat Hy jou lei.
6. Vra God en laat Hom toe om jou gedates te vernuwe. Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar laat God julle verander deur die vernuwing van julle gedagtes, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
7. Bestudeer die Woord sodat jy die waarheid kan ken en nuut kan dink oor dinge (Rom 10:17). Hoe meer ons die waarheid hoor hoe meer sal ons dit glo en ook so lewe.
8. Om die waarheid te ken en beheer terug te neem oor jou denke is ‘n proses. As jy sondig vra onvergifnis, staan op en begin weer die pad loop. Voor jy jou oë kan uitvee sal jy jou denke terug gewen het.
Praktiese hulp:
Wanneer jy ‘n leuen in jou denke hoor sê dan hardop:
2 Kor 10:5 Satan jy is ‘n leuenaar. In die Naam van Jesus Christus aanvaar en glo ek nie die leuen nie.
1 Joh 4:4 Hy wat in my is, is groter as die een wat in die wêreld is. Ek bevel jou om jou kniee te buig voor die Naam van Jesus Christus.
Fil4:8 Begin dan te dink aan die Woord van God of sing ‘n aanbiddingslied vir God.
Maak ‘n bewustelike keuse om jou gedagtes met goeie, rein en lieflike denke te vul. Maak ‘n lys van jou huidige gedagtes t.o.v. Leuen (onwaar) gedagtes: vs Waarheid in die Bybel.