Die dinge wat ons doen bepaal nie wie ons is nie. Dit wat ons glo van ons self bepaal wat ons doen en hoe ons lewe.
Wat glo jy van jouself? Dat jy depresief is? Dat jy ‘n sondaar is? Dat jy ‘n mislukking is?
Kyk wat staan in die Bybel oor ons wat glo in Jesus Christus as ons Verlosser:
Iemand wat aan Christus behoort is ‘n nuwe mens. Die oue is verby die nuwe het gekom (2 Kor 5:17)
Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo (Joh 1:12)
Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondigre bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie (Rom 6:6).
Jy mag dalk nou dink dat die skrif nie op jou van toepassing is nie. Wel, God tref nie onderskeid nie en dit is vir ALMAL wat in Jesus Christus glo.
God se Woord is nie waar omdat ons dit glo nie. Die Woord van God is en bly waar, irrelevant of ons dit glo of nie. Sy Woord is waar en daarom moet ons dit glo!
Soveel gelowiges probeer om die ou sondige self neer te lê (dood te maak) maar misluk elke keer. Hoekom? Want die ou self is alreeds dood! Ons kan nie vir ons self doen wat God alreeds vir ons gedoen het nie.
Baie Christene vra wat se belewenis of gebeurtenis moet hul ervaar voordat hul hierdie lewe sal leef, hierdie nuwe mens in Christus kan wees of oorwinning sal ervaar. Die enigste gebeurtenis wat plaas moet vind het ALREEDS 2000 jaar gelede tydens die Kruisdood van Jesus Christus gebeur. Die enigste manier hoe ons in die ervaaring kan beweeg is deur GELOOF! Ons moet kies om die waarheid te glo en dan moet ons daarvolgens lewe deur geloof.
Dit is soos ‘n straatkind wat se miljoenêr oom oorlede is en al die geld aan die straatkind nalaat. Die waarheid is dat hiedie kind nou ‘n miljoenêr is, of hy dit nou glo of nie. Hierdie kind moet nou net die goeie nuus hoor en glo, na die bank gaan, die geld trek en daarvolgens begin lewe.
So is dit ook met ons. Ons moet hoor en glo wat Cjristus vir ons aan die kruis gedoen het en dan daarvolgens lewe.
Moenie probeer om iemand te word wat jy alreeds is nie!
Dit is egter belangrik om te besef dat die wet van die sonde en dood nogsteeds in werking is.
Hoe kan ek dan lewe as ‘n nuwe mens in Christus vry van sonde? Deur die wet van die Gees van die lewe. Kom ons verduidelik dit as volg: kan ons as mense vlieg deur ons eie krag? Nee want die wet van gravitasie sal ons gebonde laat bly hier op aarde. Maar ons kan vlieg as ons onsself vereenig met ‘n krag groter as grawitasie. Solank as wat ons in die vliegtuig bly en funksioneer volgens daardie krag kan ons vlieg. Die oomblik as ons egter uit die vliegtuig klim sal ons baie vinnig agterkom dat die wet van gravitasie nogsteeds in werking is.
Solank as wat ons volgens die leiding van Heilige Gees lewe sal ons nie die begeertes van die vlees vervul nie (Gal 5:16). Maar die oomblik as ons nie meer afhanklik is van God nie en ons kies om deur die vlees te wandel sal ons misluk. Die oomblik wat ons glo dat ons deur ons eie kragte sukses kan behaal vaal ons alreeds. Ons kan sonde en die wereld slegs oorwin deur ‘n Krag groter as dit self: die krag van God ons Vader, die Heilige Gees.
Ons moet dus weet wie ons is in Christus, dit glo, vir God konstant vra vir hulp en dan deur die krag van die Heilige Gees lewe.
WIE EK IN CHRISTUS IS:
Ek is aanvaar….
· Ek is ‘n kind van God (Joh 1:12)
· As ‘n dissipel is ek ‘n friend van Jesus (Joh 15:15)
· Ek is geregverdig/verskoon (Rom 5:1)
· Ek is verenig met die Here en ek is een met Hom in gees (1Kor 6:17)
· Ek is gekoop met ‘n prys en behoort aan God (1Kor 6:19-20)
· Ek is ‘n lid van Christus se liggaam (1Kor 12:27)
· Ek is uitverkies deur God en aangeneem as Sy kind (Ef 1:3-8)
· Ek is vrygekoop/verlos en vergewe van al my sondes (Kol 1:13-14)
· Ek is volmaak in Christus (Kol 2:9-10)
· Ek het direkte toegang tot die troon van genade deur Jesus Christus (Heb 4:14-16)
Ek is vielig….
· Ek is vry van veroordeling (Rom 8:1-2)
· Ek is versekerd dat God in elke omstandigheid alles ten goede laat meewerk vir my (Rom 8:28)
· Ek is vry van enige veroordeling wat teen my gebring word en ek kan nie geskei word van die liefde van God (Rom 8:31-39)
· Ek is gevestig, gesalf en verseël deur God (2Kor 1:21-22)
· Ek is versteek saam met Christus binne in God (Kol 3:1-4)
· Ek is versekerd dat God die goeie werk wat Hy in my begin het sal voltooi (Fil 1:6)
· Ek is ‘n burger van die hemel (Fil 3:20)
· Ek is nie ‘n gees van vrees gegee nie maar van krag liefde en selfbeheersing (2Tim 1:7)
· Ek is gebore uit God en die duiwel kan nie aan my raak nie (1Joh 5:18)
Ek is waardevol….
· Ek is ‘n loot van Jesus Christus wat die ware wynstok is en ‘n kanaal van Sy lewe (Joh 15:5)
· Ek is uitgekies en aangestel om vrugte te dra (Joh 15:16)
· Ek is God se temple (1Kor 3:16)
· Ek is versoen met God, ‘n dienaar van versoening van God (2 Kor 5:17-21)
· Ek sit saam met Jesus in die hemel (Ef 2:6 )
· Ek is God se handwerk/maaksels (Ef 2:10)
· Ek kan God nader met vrymoedigheid en vertroue nadir (Ef 3:12)
· Ek kan alles doen deur Christus wat my krag gee (Fil 4:13)